When you say 'roof surround' do you mean the soffit (canvass)?
As Coenie has sugested you must not lift the roof to it's full extend. This will give you some hold on the material to work with it. The opening in the aliminium to remove the surround top and bottom should be close to the actual break in the material.
Seing that you gona replace it. Spray it with silicone spray. (Only if you will not use it again) This will lubricate the material and it will slide through the aliminium more easily.
To replace the new one you can spray the aliminium (Only) again with the silicone spray. Wait a minute or two for the areosol part of the spray to dry then pull the new surround through. It is the areosol part in the can that can damage the sealant in the material the silicone in it self will do nothing.
Pieter, send me an email to birkenhead16@gmail.com. I will mail you an article on how to do it. Only at the weekend. Am currently in Letaba KNP.
Pieter, 'Wilkommen"!
How much & where are you getting the new one?
Pieter, jammer om weer hierdie onderwerp aan te haal - soos jy sou merk het ek skade op my Sprite SC gehad die afgelope naweek.
Het jy enigsins oorweeg om die skade te laat herstel, of is dit die aangewese ding om maar 'n nuwe een te koop? Ook, wanneer jy melding maak van 'n plaaslike stoffeerder, waar het jy joune gekoop? Is die goed nie beskikbaar (en meer volgens mate) vanaf die vervaardiger nie?
Mag ek vra dat jy my kontak by nicow039@gmail.com?
Nico wat se skade het die wa opgedoen???
Leon, ons was by Ezemvelo vir die afgelope naweek. Daar gekamp terwyl ek ook die Ezemvelo MTB wedren gedoen het.
Daar is hordes apies wat eenvoudig oorneem - sal selfs kos van jou tafel af kom steel terwyl jy daar sit. Ons het dus gesorg dat daar niks is wat hulle kan aanlok nie en elke keer, saans, en as ons weg is van die karavaan, alles toegesluit, ens.
Ons het die Sondag besluit om 'n veldrit te doen om na die diere te kyk, alles weggesit, selfs die yskas van die Sprite SC teruggeskuif, maar, onnosel genoeg, vergeet om die dak te laat sak of die ritsgedeeltes by die gaasvensters toe te maak. Die apies het twee van die gaas ruite bo by die dak geskeur, in die karavaan ingekom, my vrou se Cholestrol pille verorber (!), haar grimering vernietig, pakkies skyfies gesteel, karavaan bemors, en toe gevlug.
Hartseer, maar nou ja. Ek gaan vandag die seil uitskuif en kyk wat die volgende stap is.
Groetnis.
Sterkte met daai een. Ai dat die natuur waarvoor ons so lief is mens so skade kan berokken.
Johan, gestuur.
Dankie Baie Butts...
Sukkel nou net om uitrygplek op te spoor...
Beide Lang Kante is in middel gelas, ek glo nie dis daar nie en Wil ook nie by die lasplekke op glybane karring nie.
Die bymekaarkompek vd seil se punts is op die draai... Gedink om die spore so 300mm van hoek af effe oop te buig (binnekant vd karavaan) met bree groot skroewedraaier of daai oh play yster waarmee ons hare gelede die wieldoppe afgedruk het...??
Glo dit kan week?
Dom vraag.. Die silikonsproei, waar kry ek die? Naam? Ken net die Q ene... Lol...
Dankie..
Johan
Ek kan nie antwoord op jou hoofprobleem nie. Wat die silicon betref, dis vryelik beskikbaar as smeermiddel by motoronderdele en hardeware winkels. Ek gebruik die Q-maak asook ander. Jy kry dit in aerosol kannetjies onder verskillende name. Kyk maar op die kannetjie vir die bestanddele. As dit nie pertinent sê die silikon nie, sal die minerale olie wees. Ek het selfs een van Shield genaamd SHEEN SILICONE in 'n plastiek 'trigger' bottel wat vir die behandeling van buitebande bedoel is. Sover ek kan sien, werk almal ewe goed. Laasgenoemde het die voordeel dat die gas nie verdamp sodat jy sukkel om die laaste vloeistof uit die kannetjie te kry nie.
Dankie Baie..
Danksy almal se raad, het ek die seil nou aan die beweeg en n stuk reeds uitgetrek.. Man Allen maar die huidige vog in die lug maak dit effe moeiliker. Sal naweek fat vrou en kinners help.
Net so 'n stkkie raad oor die inryg van die seil: Die spoortjie raak vol stof wat die 'beading' van die seil vuil maak. Ek hou 'n dikkerige sagte tou van seker so 60cm byderhand wat ek eers deur die spoortjies trek voor ek dioe seil inryg. Die hoeveelheid stof wat aan die tou kleef, sal jou verbaas.
Wederhelf vanmiddag kom help, eerste stuk effe stadig, daarna vinnig en gou. Noudat die spoor pop is, blyk dit dat op een draai en op n stukkie van die 1e langng kant effe toegebuig is, vandaar die aanvanklike sukkel. Sal voor ons dit terug ryg, dit effens oop buig in lyn met die res.
Dankie Fred, self gedink om die spore ook skoon te maak.
Waardeer manne.
Dankie baie
Dankie Baie Butts...
Sukkel nou net om uitrygplek op te spoor...
Beide Lang Kante is in middel gelas, ek glo nie dis daar nie en Wil ook nie by die lasplekke op glybane karring nie.
Die bymekaarkompek vd seil se punts is op die draai... Gedink om die spore so 300mm van hoek af effe oop te buig (binnekant vd karavaan) met bree groot skroewedraaier of daai oh play yster waarmee ons hare gelede die wieldoppe afgedruk het...??
Glo dit kan week?
Dom vraag.. Die silikonsproei, waar kry ek die? Naam? Ken net die Q ene... Lol...
Dankie..
Johan
Silicone spray verkrygbaar by Builders Warehouse teen R40. Hy vlek nie jou tent nie