Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22120 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17865 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6317 |
Bostoe | 5503 |
BrianB | 5409 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3224 |
mulderpm | 2728 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2153 |
Chris Boucher | 2006 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1874 |
Nico | 1775 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1691 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1470 |
Mars Member | 1000 + |
DK | 1308 |
George | 1281 |
Louvan | 1260 |
RichardJ | 1191 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 859 |
JohanMarais | 821 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 665 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Douglas Green | 577 |
Willie54 | 454 |
Platinum Member | 250 + |
1Pierre2 | 441 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 422 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 387 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 370 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
captiva | 279 |
Meerkat | 271 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 199 |
BigG | 187 |
Stephan | 182 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |





Remme
Ek het gister net alles weer nagegaan by my wa, die linkerste rem skoene het so effense krap as ek die wiel draai. Regs is stil. Die krap is nie die sagte Sjoes geluid wat mens hoor as jy n kar met rem skoene se wiel draai nie. Dis amper of daar klippies in is, of asof die skoene gedaan is.
Ek het die wiel afgehaal maar dit lyk my om die drom af te kry moet ek die bout wat die bearings in plek hou afdraai. Is ek reg?
As dit wel so is wat is die torque specs om daai bout terug te sit. Ek het op die forum gelees, "laat staan die bearings as hulle stil is, en nie speling het nie" So ek wil nie daar torring nie. Ek wil net graag altwee kante se remskoene se "vleis" nagaan en dan of vervang, of net skoon maak en verstel.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Andries om die drom af te haal en die remme en bearings na te gaan is nie so groot issue nie.
Eerstens ja jy moet die splitpin verwyder en die Castle nut heelte mal los maak.
Tweedens is daar 'n gaatjie in die agter plaat wat, as jy daar in kan loer 'n ratjie in het wat jy met 'n plat punt skroewe draaier kan draai. Jy druk die skroewe draaier punt in die rat in en deur die skroewe draaier as 'n hefboon te beweeg kan jy die ratjie tant vir tant in 'n rigting beweeg. Deur die rat te beweeg verstel jy die rem skoen weg van die drom af en kan jy die drom afhaal.
NB As jy die drom kan afhaal sonder om die ratjie te verstel kan ek jou nou al se die remme was nie reg verstel nie. Want daar is 'n effe lip op agter kant van drom rant en die remskoene behoort daar te gehak het.
As jy die drom af trek pasop die Outer bearing gaan maklik uitval. Die Inner bearing word deur die olie seel in plek gehou.
Vee die blink rem gedeelte van die drom skoon met 'n nat petrol lap om al die rem poeier te verwyder. Vat 'n kwas en was die agterplaat en remskoene op hul plek met petrol af. Laastens vee die skoene se rem gedeeltes skoon. Die petrol verdamp vinnig en sal niks maak aan die remskoene nie.
As jy bereid is om sover te gaan sal ek aanbeveel dat jy die bearings skoonmaak en dit inspekteur.
1. Was deeglik met petrol of parafien maak 110% seker daar is geen vuil geit tussen die bearing rollers nie. Ek spoel dit gewoonlik met skoon petrol om dubbel seker te maak.
2. Kyk na die bearing se rollertjies en as enige van hulle toon dat hulle verkleur het (begin so blou skynsel kry) selfs net op 'n gedeelte van 'n rollertjie vervang jy daai bearing met 'n nuwe. Onthou die loopvlak van die ou bearing moet uit gedruk/gekap word sodat die nuwe een kan in gaan.
3. Kyk na die ghries tenminste as jy nie die bearings wil uithaal nie. Soos genoem sal die Outerbearing maklik uitval. Die ghries moet sag en maklik smeerbaar wees. Kyk in die drom na die area tussen die Inner en outer bearings daar is gewoonlik opgehoopte ghries daar. Dit moet sag en smeerbaar wees sonder effort met jou vinnger. As dit nie is nie, is dit al redelik oud en stel ek voor jy moet maar die bearings skoonmaak en oor ghries.
Laastens kan ek jou info aanstuur wat ek al sedert 1998 gebruik hoe om die remme REG te verstel.
Hoop jy kom reg. Jy moet onthou dat die enigste gedeelte van die wa wat jou langs die pad kan laat staan is die wiele. Het sy die bande of die bearings wat onklaar geraak het. So dit is iets wat jy wil sekermaak is altyd reg.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Hi Leon
Dankie vir die raad. Ja assebleif stuur vir my aan. My epos is: avanwyk17@gmail.com
Ek sal graag jou raad volg. Ek diens karre nou al vir jare en verstaan die remme en bearings maar ek weet daar is n triek met hoe styf die castle nut gedraai moet word en ej wil dit nie oor of onder torque nie. Karre se verskillend spesifikasies kan ek in die handde kry maar karrevane, alhoewel dit maar eintlik dieselfde is wil ek net seker maak ek doen dit reg. En daai krap geluid klink nie vir my reg nie.
Ek stem saam, met bande, remme en bearings vat jy nie kanse nie.
Baie dankie
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Dries ek diens en herstel ook al lank, amper 60 jaar my eie en familie se voertuie. Wat die karavaan se laers betref, doen dit netsoos jou voeruig se AGTERWIELE, nie die voorstes nie . Jy torque dit dus nie want dit moet vry loop anders as jou voorwielaangedrewe voertuig se voorwiele. Draai dit net so styf as wat jy dit net met jou hand kan doen en dan terug tot jy die pen kan insit. En moet tog nie due fout maak om jaarliks die laers te pak nie. Dis nie nodig op jou sleepvoertuig nie en nog minder op die karavaan
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Leon stuur vir my ook die prosedure rakende die rem verstellings .Ek het ook my prosedure hoe ek dit doen wil net sien of joune van myne verskil,want ek doen myne ook self . willie54@vodamail.co.za

Leon dankie vir die e pos. Man ek gaan die lees geniet. En Fred dankie vir jou bydrae. As dit soos n ker se agterste skoene is voel ek gemaklik. Leon se literatuur het ook n deel van hoe om die overrun brake te diens. dit gaan interresant wees.
Ja nee Fred ek het op ander gesperkke gelles hoe julle ouens verduidelik dat mens nie elke jaar nuwe bearing in insit nie. Ek wil eintlik net kyk wat is die geraas wat in die drom is. Toe ons hom gekoop het het hulle gese hy is gediens en die bearings is gepak, so ek sal vinnig kan sien of daai 2004 model van ons se ghries 2 maande oud is of 21 jaar. Maar my doel is die skoene en hulle toestand.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Soos bo verduidelik is heeltemal reg.
- Wat ek gewwoonlik gedoen het om laers te pak na skoonmaak.
- Plaas Ghries in die "Palm" van jou hand en druk gepaste vinger deur en druk laer todat Ghries anderkant uitstoot.
- Draai die laer n paar omwentelinge en doen bogenoemd dieselfde teenoorgesteld.
- Te veel Ghries kan nadelig wees. Die vergelyking = 75 persent teenoor 100 persent inhoud en oppervlakte.
- Om speling te stel: Plaas alles in posisie, stof vry.
- Sit die Castle nut op en draai hom styf sodat Ghries kan "Set", draai dan die wiel 1x omwenteling na voor en 1x omwenteling na agter.
- Draai die Castle Nut n 1/4 draai terug na los en draai "Liggies" vas tot jy voel hy "Lock".
- Draai die wiel dan weer 1x Omwenteling na voor en 1x na agter.
- Voel die speling, die wiel moet vrylik draai sonder enige uitermatige speling. Jy moet die speling effens voel.
- Ek het myne altyd met n Dialgauge gemeet: Tussen 0,2 - 0,5mm.
Ek het aan "Haulers" gewerk en sodoende die pak van Ghries tot laer verskil.
Haulers het baie groter laers daarom het ons Ghries in hand "Palm" gesit en heen en weer gegooi vanaf een hand na ander hand tot jy dieselfde effek kry as die vinger metode.
Die geluid wat jy hoor is moontlik dat die rem drom - "ge-skim" moet word agv "Ovality"
We had our time as campers as well as permanent.
The time has come and go to say G/By.

Andries, ek is tans in PTA.
As jy wil, is ek bereid om te verken en te help.
Ek beskik ook oor al die gereedskap.
Leon het my komtak besonderhede asook Relaxed Camper (Geert).
Stuur w/app.
We had our time as campers as well as permanent.
The time has come and go to say G/By.

Hi Gerden, Ek diens karre al vir 30 jaar, so sideline terwyl ek skool hou. Ek doen remme, dienste, cambelts, cv's you name it. Maar ek is so pieperig en bang om aan die karavaan se remme te werk. So ek sal jou oog en hulp baie waardeer. Ek weet nie of jy dalk Vrydag middag of Saterdag oggend beskikbaar is nie? Ek sal jou vanoggend n Whattapp stuur. Ek dink jou nommer eindig met - twee 6 nege 3 - as ek reg is.
Baie dankie vir jou aanbod om my tou wys temaak. Dink dis oor die wa nog nuut is vir my en ek ook nog nie aan een gewerk het nie.
Ons praat op Whattsapp vanoggend.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Dries en Willie
You've got mail.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dankie Leon
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Hi Leon.ja gekry het deurgelees is soos ek dit oom doen ek het ook so hele werksprosedure by die huis en afskrif in n leër in my karavaan, want ek glo ek moet my wielbearings en remme self doen ,dit is al kritiese komponente op n karavaan .

Jammer Leon vergeet om tesê baie dankie .

Plesier hoop net dis van waarde vir julle ook.
Ek het vir baie lank al die papiere in 'n file gedruk maar dit raak 'n beslommernis. Het toe alles wat ek het gescan en op 'n hardeskyf gestoor. Het so klein Laptop tipe rekenaartjie wat puik werk vir huislike dinge, en gebruik dit om die goete op die hardeskyf te stoor ens.
So as daar enige waarde volle inligting is wat julle het deel asb. Sal 'n nuwe topic begin vir dit.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

