English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 676
Total Replies: 221 327
Total Views: 81 982 212
topics: 59
replies: 778
views: 15 178
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Remme verstel

replies: 24
views: 397
01 Jun 2019 @ 20:53:47 pm
globaljaco
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 13 Apr 2019
Experience: 5 years
Naandsê
Wil graag by die mense hoor wat hul eie remme verstel. Ek het onlangs nuwe remskoene laat opsit op my Palma maar die remme is te styf gestel. Die hubs en rims raak redelik warm. Ek sal die remme moet afstel maar wil net graag weet of ek die verstellingsboud aan die agterkant van die drom kan verstel (terwyl die wiele in n vorentoe rigting gedraai word), sonder om al die rods wat van die coupler af kom los te maak? Of sal ek eers al daai rods moet skiet gee voor ek aan die versteller agter op die drom begin stel?
Dankie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 10:00:43 am
Kroniese Kamper
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 82
Joined: 21 Jan 2014
Experience: 37 years

Hallo Jaco, 

Die stel van jou karavaan se remme bestaan uit drie fases. Volg die volgende prosedure en dit sal korrek gestel wees.

1. Lig die karavaan op aan elke kant met ‘n bokkie onder elke kant van die as sodat die wiele vrylik kan draai. 

2. Draai elke wiel met die hand en hoor of die remskoene raak. Indien wel, stel die rem af aan elke kant tot die wiel net net vrylik loop..

Indien die wiele reeds vrylik loop, stel die remme op tot die remskoene begin vat en stel dit dan weer terug tot dit net net vrylik loop. Die idee is om te verseker dat jou remme aan elke kant gebalanseerd vat.

3. Die handrem behoort nou redelik styf te wees indien jy dit sou op trek. Vermy om dit onnodiglik te hard op te trek. Jy gaan net die kabel rek. Op die tweede klik behoort die wiel reeds dood vas te trek.

4. Laat skiet die rem tot net die eerste klik. Gaan kyk onder die wa of die “balance bar” gelyk is. M.a.w. Of die twee rem kabels ewe veel spanning het en of die een kabel stywer trek as die ander. Indien onewerededig, verstel tot eweredig.

5. Herhaal die vryloop verstelling op elke wiel indien jy die balance bar verstel het. 

Jou remme behoort nou korrek te wees. Onthou om “lock nuts” na te gaan by jou kabels.

6. Neem jou wa vir ‘n toets sleep deur jou woon buurt. Die wiele sal warm word a.g.v remme wat werk. Stop na so 3 km en voel of die hitte aan elke kant dieselfde is. Indien een kant warmer as die ander laat skiet die vertstellingaan die warm kant met ‘ halwe draai. Herhaal toets tot hitte beide kant korrek is.

Op oop pad moet wiele nie abnormaal warm word aangesien die remme vry loop. 

Met wiele bedoel ek die rim tussen die wiel moere waar die wiel drom hitte oordra na die rim.

Jy sal let dat ek nie karring aan die verstelling voor by die inloop meganisme nie. Dit is gewoonlik reg en bly onveranderd.

Hoop dit help

 

If al else fails, go camping!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 12:45:08 pm
globaljaco
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 13 Apr 2019
Experience: 5 years

Dankie Bazil, dit is baie goeie advies. So terloops, behoort daar n baie klein ‘ply’ te wees as nuwe wheel bearings ingesit is of behoort die hele hub sonder enige ’ speling vrylik te loop? Ek sien myne het geen speling en as ek die split pin uithaal en die nut net effens losser draai dan het hy n baie klein speling. Ek verbeel my ek het iewers gelees dit is reg dat dit so effense speling het?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 12:58:57 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3900
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Jaco my siening is dat daar wel effens speling kan wees om voorsiening te maak as dit uitsit. Hierdie speling is beter as om die roller vas teen die "cup" te druk. Die speling glo ek moet baie min wees. Toyota beveel bv 'n 20Nm torsie aan op die moer en dan sluit jy dit. Die algemene gevoel is om die moer tot omtrent 20Nm te draai of matig styg sonder die meet v d torsie en dan 60 grade terug en plaas dan die sluit meganisme op die moer. Na die 60 grade terug is dit los genoeg en die speling is nie juis 'n maatstaf nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 13:21:13 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek glo deur jare se ondervinding geen speling. Draaie hom goed vas en so ongeveer halwe draai los. Die wiel moet gemaklik draai maar nie spin. n Speling sal ontstaan na alles geseat is na n ruk se gebruik. Los jy n speling dan na dit geseat het is daar nie n speling maar n gap. Hierdie is critical want dit is wat jou gaan  weg gooi langs die pad. As jy nie seker is kry gekwalifiseerde persoon om te help.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 14:07:08 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3900
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

John solank die gekwalifiseerde persoon net nie die mense is wat baie laers doen en dalk bydra tot die feit dat soveel laers oppak wat wel deur handellaars gedoen word. My gevoel is ons hoor nou meer van laers wat vasbrand as jare gelede. Ek dink baie van ons mense wat self hul werk doen ry met laers wat al baie jare oud is.

Ek persoonlik het bv laers wat 20jr oud is op my Venter en hulle word nie warm nie. Ek is baie gesteld daarop om na die temp te voel op 'n gereelde basis. Mens kry gewoonlik 'n "early warning" as jy voel vir temp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 14:32:28 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1627
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ek glo deur jare se ondervinding geen speling. Draaie hom goed vas en so ongeveer halwe draai los. Die wiel moet gemaklik draai maar nie spin. n Speling sal ontstaan na alles geseat is na n ruk se gebruik. Los jy n speling dan na dit geseat het is daar nie n speling maar n gap. Hierdie is critical want dit is wat jou gaan  weg gooi langs die pad. As jy nie seker is kry gekwalifiseerde persoon om te help.

Bak oor, ek is teenstrydig met geen speling.

Ek stel my laers met ń "dial gauge".

Daar is wel speling, maar word bykans gevoel.

Die wat nie beslik oor ń dial gauge nie, maak soos volg:

- Draai die laer vas.

- Draai die wiel 360 grade na voor en agter.

- Draai los sodat net dit "nip" van die moer los is.

- Draai die moer tot hy slegs net weer "nip".

- Voel of daar uitermatige speling is.

- Indien so, draai effe vas tot uitermatige speling verdwyn.

- Voel dan of die wiel vrylik draai na voor en agter.

Ek kry gewoonlik die wiel se swaarste punt deur dit te merk.

Na die verstelling en die speling is reg:

- "Spin" met die hand na voor en los tot hy weer stop waar die swaaste punt is.

- Herhaal die proses in die teenoorgestelde rigting.

 

 

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 15:04:59 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1485
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years

Jaco,goeie advies vir deeglike selfdoen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 15:16:06 pm
globaljaco
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 13 Apr 2019
Experience: 5 years

Dankie almal. Soos ek genoem het het ek karavaan teruggekry van n diens af en 35km gery huis toe. Dadelik aan die wiele gevoel en albei was baie warm (kon nie my hand daar hou nie so warm was dit). Ek het nou self die remme gestel en die wiele loop meer vrylik. Ek het ook die nut op elke wiel net n klein bietjie losser  gedraai  (net na die vorige gaping vir die splitpin) aangesien die nut vir my net té styf was na my sin. Ek sal maar moet haak en n ent gaan ry om die remme te toets en weer te kyk of die spul warm word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 17:30:07 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1627
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ek is onbekend met ń Palma.

My Swift se remme stel ek vanaf die binnekant met ń "feeler gauge" op 0,7mm op die hoogste punt van die "primary en secondary " remskoene.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 17:36:51 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12851
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Gee my jou epos adres daaaaan stuur ek more oggend die voledige prosedure in pdf vormaat.

dan kan jy dit sommer hou vir toekomstige verwysing.  Ek diens my eie karavaan remme en ander hier volgens vir al baie jare.

Dis n uitreksel uit Caravan Clinic van Caravan and Outdoor boek jare terug.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 19:42:46 pm
globaljaco
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 13 Apr 2019
Experience: 5 years

Gee my jou epos adres daaaaan stuur ek more oggend die voledige prosedure in pdf vormaat.

dan kan jy dit sommer hou vir toekomstige verwysing.  Ek diens my eie karavaan remme en ander hier volgens vir al baie jare.

Dis n uitreksel uit Caravan Clinic van Caravan and Outdoor boek jare terug.

Dankie Leon. Dit is globaljaco@icloud.com 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 20:53:54 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dennis wat jy beskryf sal daar geen speling wees as jy die wiel wikkel. Ek doen my bearings net so. As die rim en tyre terug is en jy wikkel dit en vind n speling maak dit meer vas want jy sal een of ander tyd met n breakdown sit en met n verkorte bearing leeftyd. 

As jy jou wiel van die grond lig en die rim en tyre wikkel en n speling kry is die bearings nie vas genoeg  en sal moet die axle nut meer vas draai.

Geen speling want na n paar kilometer seat alles in plek en die bearing assembly sal meer los wees as wat jy dit vasgemaak het.

Ek het die ding vir 15 jaar gedoen en ook mense opgelei van n Venter tot n 120 ton abnormale sleepwa. Nog nooit hoef ek  brouwerk langs die pad gaan regmaak nie, nog nooit n dial gauge of torque wrench gebruik nie en dit in diens van die mees vooraanstaande sleepwa vervaardiger in ons land. 

Daar om sê ek n gekwalifiseerde persoon moet so iets aanpak. Ek het al gestaan en kyk hoe n welbekende karavaan herstelwerk afdeling n griesdop terug sit sonder n split pin in plek. Ja nie almal kan vertrou word.

 

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 06:53:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12851
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dankie Leon. Dit is globaljaco@icloud.com 

You've got mail.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 11:06:29 am
Wegisons
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 07 Dec 2015
Experience: 53 years

Leon  stuur vir my ook die file  asb .

Baie dankie

rotaryfan@lantic.net

none
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 11:13:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12851
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hy's is gestuur Pierre

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 11:45:25 am
Wegisons
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 07 Dec 2015
Experience: 53 years

Thanks Leon

none
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 11:57:16 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3900
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dennis wat jy beskryf sal daar geen speling wees as jy die wiel wikkel. Ek doen my bearings net so. As die rim en tyre terug is en jy wikkel dit en vind n speling maak dit meer vas want jy sal een of ander tyd met n breakdown sit en met n verkorte bearing leeftyd. 

As jy jou wiel van die grond lig en die rim en tyre wikkel en n speling kry is die bearings nie vas genoeg  en sal moet die axle nut meer vas draai.

Geen speling want na n paar kilometer seat alles in plek en die bearing assembly sal meer los wees as wat jy dit vasgemaak het.

Ek het die ding vir 15 jaar gedoen en ook mense opgelei van n Venter tot n 120 ton abnormale sleepwa. Nog nooit hoef ek  brouwerk langs die pad gaan regmaak nie, nog nooit n dial gauge of torque wrench gebruik nie en dit in diens van die mees vooraanstaande sleepwa vervaardiger in ons land. 

Daar om sê ek n gekwalifiseerde persoon moet so iets aanpak. Ek het al gestaan en kyk hoe n welbekende karavaan herstelwerk afdeling n griesdop terug sit sonder n split pin in plek. Ja nie almal kan vertrou word.

 

John daar is natuurlik die oplossing as mens bang is dit is te los gestel en moet eers "seat" Jy ry so 5km en kom terug en lig weer die wiele en voel of daar speling is wat dalk nie daar was na die werk gedoen wat nie. As dit finaal reg is na 'n 2e toetslopie dan is mens reg vir jare. Ek glo maar aan die gereelde voel vir hitte as mens sleep want laers sal aandui lank voor dit oppak dat daar fout is.

Ek dink net vir so eenvoudige ding wat mens net moet op die regte skoon manier werk is daar net te veel ongelukkige eindes.

Ek plaas op hierdie draad ook wat ek op die ander draad geplaas het wat SKF se voorskrifte is vir die stel v d laers. Hierdie is wat ek nog al die jare volg en nog nooit probleme onderving nie. So ons kry van Toyota se raad om 'n 20Nm pre-load te stel tot net effens wrywing as jy die wiel draai tot 22 tot 45 grade terug na dit styf was.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 12:00:54 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 452
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Kroniese kamper ek stel ook my boswa se remme presies soos jy dit daar beskrywe. Ek het dit al in die veld gedoen terwyl ek toer.  Die boswa het ook n handige aparte verstelling aan die voorkant waar mens die "slack" kan stel.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 13:23:06 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek is tegnies gestremd en raak nie sommer aan die goed nie.

Het wel na my laaste waarborg diens by handelaar in Gauteng waar ek die wa gekoop het en waar ek vir regstel van remme betaal het, my skoonseun gevra om te kyk. Hy is die tegniese man wat kan.

Die remkabel se skroefdraad by die 'balance bar' was so beskadig, dat die moertjies nie gevat het nie. My seun moes dit laat hergroef want kon nie nuwe kabels in die hande kry nie.

Ergste is, ek het daarvoor betaal by die handelaar.

Die betrokke handelaar sien my nie weer nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 15:17:00 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 493
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

Naandsê
Wil graag by die mense hoor wat hul eie remme verstel. Ek het onlangs nuwe remskoene laat opsit op my Palma maar die remme is te styf gestel. Die hubs en rims raak redelik warm. Ek sal die remme moet afstel maar wil net graag weet of ek die verstellingsboud aan die agterkant van die drom kan verstel (terwyl die wiele in n vorentoe rigting gedraai word), sonder om al die rods wat van die coupler af kom los te maak? Of sal ek eers al daai rods moet skiet gee voor ek aan die versteller agter op die drom begin stel?
Dankie

rim en hubs wat warm raak kan veroorsaak word deur die Wiel laers wat te styf is ook

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 17:43:26 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12851
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

rim en hubs wat warm raak kan veroorsaak word deur die Wiel laers wat te styf is ook

 

Stem saam.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 18:33:20 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5551
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

rim en hubs wat warm raak kan veroorsaak word deur die Wiel laers wat te styf is ook

 

Of ook te veel ghries.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2019 @ 10:02:35 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4769
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Hallo Jaco, 

Die stel van jou karavaan se remme bestaan uit drie fases. Volg die volgende prosedure en dit sal korrek gestel wees.

1. Lig die karavaan op aan elke kant met ‘n bokkie onder elke kant van die as sodat die wiele vrylik kan draai. 

2. Draai elke wiel met die hand en hoor of die remskoene raak. Indien wel, stel die rem af aan elke kant tot die wiel net net vrylik loop..

Indien die wiele reeds vrylik loop, stel die remme op tot die remskoene begin vat en stel dit dan weer terug tot dit net net vrylik loop. Die idee is om te verseker dat jou remme aan elke kant gebalanseerd vat.

3. Die handrem behoort nou redelik styf te wees indien jy dit sou op trek. Vermy om dit onnodiglik te hard op te trek. Jy gaan net die kabel rek. Op die tweede klik behoort die wiel reeds dood vas te trek.

4. Laat skiet die rem tot net die eerste klik. Gaan kyk onder die wa of die “balance bar” gelyk is. M.a.w. Of die twee rem kabels ewe veel spanning het en of die een kabel stywer trek as die ander. Indien onewerededig, verstel tot eweredig.

5. Herhaal die vryloop verstelling op elke wiel indien jy die balance bar verstel het. 

Jou remme behoort nou korrek te wees. Onthou om “lock nuts” na te gaan by jou kabels.

6. Neem jou wa vir ‘n toets sleep deur jou woon buurt. Die wiele sal warm word a.g.v remme wat werk. Stop na so 3 km en voel of die hitte aan elke kant dieselfde is. Indien een kant warmer as die ander laat skiet die vertstellingaan die warm kant met ‘ halwe draai. Herhaal toets tot hitte beide kant korrek is.

Op oop pad moet wiele nie abnormaal warm word aangesien die remme vry loop. 

Met wiele bedoel ek die rim tussen die wiel moere waar die wiel drom hitte oordra na die rim.

Jy sal let dat ek nie karring aan die verstelling voor by die inloop meganisme nie. Dit is gewoonlik reg en bly onveranderd.

Hoop dit help

 

Mooi verduidelik!


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2019 @ 13:10:18 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 452
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Net om te wys hoe maklik dit is om jou remme mooi te stel terwyl jy toer. Foto's by Molopo Lodge geneem, op pad na Mabuasehube. Dit het vir my gevoel asof die wa nie genoeg rem nie en toe stel ek hulle gou-gou nog voordat ek n tweede bier kon geniet. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First