English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 969
Total Replies: 225 251
Total Views: 82 165 009
topics: 10 683
replies: 122 214
views: 38 756 016
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Rekord gebreek

replies: 16
views: 336
23 Mar 2019 @ 20:49:21 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7351
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Met die wat ek so baie op die pad is breek ek my vorige rekord van 18 aande in n B&B in 2 maand.

Vir Februarie en Maart het ek nou al in 25 x B&B geslaap. 

Dit is darm vir werk. 

Met by die 9000km en ry maandag weer tot donderdag.

Wie slaap ook so baie uit en het wiele onder sy stert. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2019 @ 21:06:39 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1538
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hi Jin. Ek het my beurt gehad vir drie jaar lank. Dit was so rof ek was genootsaak dat vroutjie saam ry. Ons het Suid-Afrika plat gery soos reg om die kus van Richardsbaai se kant na Kaapstad, kleinsee, op waar die Oranjerivier in die see uitmond, selfs die binneland was ons te veel plekke om te noem. Dan deur Namibia, Caprivi,  Botswana en Swaziland.

Lekker saam gewerk. Baie baie foto's. Terwyl ek bestuur en by kliente aan stop doen vroutjie my admin en kwotasies op die laptop. Agtermiddag boek ons in waar ons is en geniet die B&Bs asof ons op vakansie is. 

Goeie tye maar nooit ons huis gesien. 

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 07:00:16 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2924
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Chuck

Ek het van 2010 tot 2016 gemiddeld 10 000km per maand gery. Het dit nou afgebring na 6000km per maand. Gelukkig min oor geslaap.

In die begin was dit hel. Ek was doodmoeg elke dag. Nou gewoond daaraan. 8 Hilux.e gehad. No 9 nou die langste 2014 model 2.5 Xtra Cab. 303 000km op klok. Gemiddelde diesel verbruik 11.7km/lt. Ek moet die een hou tot ek aftree of ander werk kry. Ry nogsteeds soos nuwe een

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 07:44:40 am
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 48 years

Hannes, my 2006 model D4D 3L ( nuut gekoop) staan nou maar op 90,100 km. Hy moet hou tot ek dood. Brandstof van nuut gemid 11.35 km/L

Sjoe Chuck dit is n rekord.

Ek werk gelukkig van die huis en slaap tuis. My staf slaap soms uit by B&B vir die werk.

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 07:52:02 am
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 48 years

Hannes, wou nog noem, myne het n Stormer plakker agter op. He He

Ook n verloorspan die naweek. Eina

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 08:43:43 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1024
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Met my werk was ek ook baie uit - arme Joanie het telling gehou.....

My rekord (??) was om uit die 365 nagte net 70 by die huis te kon slaap. Werklik erg gewees.

Probleem met die is dat wanneer ek huis toe kom, ek graag "huiskos", soos braaivleis ens. wil eet. Arme Joanie sou graag weer wou uitgaan, aangesien sy die heel tyd by die huis moes eet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 08:45:58 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1969
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Jin, klink vir my jy is permanent op vakansie. laughing 

Wat sê "die Girl " van jou baie uitslaap. laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 08:51:48 am
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 519
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

ek is ook 3 aande perweek uit maar vlieg gelukkig to naby werksplek en dan gebruik ek huur kar.

My vliegkaartjies vir 2019 belasting jaar was net oor die R296000  en gastehuise was R132000

Ek voel soos 'n koshuis kind.  Maar is dankbaar dat ek nog paar sent kan verdien. die ou gesegte as die pot se deksel oop is moet mens ske.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 09:03:41 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2673
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Een jaar, elf en 'n half maande weg van die huis (terwyl ek werk gehad het).

Kinders het my oom genoem, pa uit by die agterdeur.

Gaan nou ek minstens vyf jaar permanent van die huis af wees...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 10:38:38 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7351
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Die Girl het een jaar saam gery met 8000km en in 11 x B&B saam geslaap. Met drie weke op die pad.

Sy het gesê nie weer nie, maar het dit darm geniet. 

Dit was Noord Wes (Zeerust, Muffekeng, Khatu, Lohatla) Noord Kaap (Uppington) Wes Kaap(Landebaan) Kaapstad, Oudtshoorn.

Grahams town, Bloemfontein, Ladysmith, Mthuba Thuba, en Middleburg.

Kyk haar sterre was deur. 

Darm is ek die hele April op verlof en ry Karoo toe. 

Mei weer die roete van Februarie en Junie die van Maart. So tot die einde van Oktober.

Wil darm nog gaan Kamp ook maar moet die Gras sny en tuin werk doen oor n naweek  

En die Girl gelukkig Hou... Hehehe....... Lekker man

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 11:48:30 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek salueer julle. Het 35 jaar by een maatskappy gewerk en ons verteenwoordigers het ook so baie gery. Ek het hulle baie keer jammer gekry want daar is nie n huislike lewe nie. Ek was maar die beancounter daar. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 12:13:31 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2217
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek is laat 1995 vanaf Pietersburg Kimberley to gestuur vir ses maande.  Ek kon darem so een maal per maand huistoe gaan en was Desember af, maar dit was hel!  Ek is gemaak om tuis by my familie te wees.  Ek het groot respek vir julle manne wat dit kan volhou.  Maar as 'n man 'n gesin het, het jy nie altyd die keuse om die lekker ding te doen nie né.  Ek weet van mense, onader andere ingenieurs, wat permanent in plekke soos Dubai werk terwyl hulle gesinne hier bly.  Ek sou dit nie maak nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 19:19:04 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1409
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Reis vir besigheid was nog nooit lekker nie. Soms interessant bv toe ek deel van 'n span was wie 2 weke in Uganda besig was met uitvoerbaarheidstudies.

Oor die algemeen het ek nie baie daarvan gehou nie. Wegslaap van die huis af en kafeekos is ook nou nie die lekkerste nie.

Die mense by die kantoor het altyd gereken dit lyk so lekker om vir besigheid te reis, totdat ek die sekretaresse laat bereken hoeveel tyd ek weg van my mense is.

Dankie tog ek is klaar daarmee. As ek nou vir besigheid reis is dit my besigheid of vakansie of hoeookal.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 22:03:23 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7351
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Reis vir besigheid was nog nooit lekker nie. Soms interessant bv toe ek deel van 'n span was wie 2 weke in Uganda besig was met uitvoerbaarheidstudies.

Oor die algemeen het ek nie baie daarvan gehou nie. Wegslaap van die huis af en kafeekos is ook nou nie die lekkerste nie.

Die mense by die kantoor het altyd gereken dit lyk so lekker om vir besigheid te reis, totdat ek die sekretaresse laat bereken hoeveel tyd ek weg van my mense is.

Dankie tog ek is klaar daarmee. As ek nou vir besigheid reis is dit my besigheid of vakansie of hoeookal.

 

Jip almal dink dis lekker.

Maar ek slaap swaar in n ander bed en winkel kos.

Dan nog die tyd op die pad en daar is paaie wat regtig nie mooi is nie. 

Af Nelspruit toe werk hulle en staan vir 20min.

Oor Bosbokrand nie lekker nie. 

Hoedspruit na Phalaborwa staan vir 20min.

Op Venda toe pad ook vol gate en so ook Louis Trighart toe. 

Ry maar stadig om veilig by die huis te wees. 

Dan was die krag ook af by al mal. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 23:43:15 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1538
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Jin ek het ook niks van restaurante en weg neem etes gehou. Nog minder vreemde kooie. Altyd eers n baie goeie inspeksie gehou om te kyk of dit skoon is. Dan voor TV gesit tot ek aan die slaap raak. Kroe en kuier plekke het ek nog nooit van gehou. Ek het altyd so probeer werk om groente, vleis wat gaar is by n spar of iets te koop met n koffie en koeldrank en ek was sorted. So kon ek eet en klaar eet dan rus.

 

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar 2019 @ 07:12:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13384
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek praat met JIN oor die naweek wat verby is................. Hoor of hy al by die huis is en wanneer gaan ons KAMP?

Sy antwoord...................

Ek het nou net by die huis gekom dan wil jy my oor naweke ook hier weg vat! ! ! ! ! !

JIN jy het vergeet..................... jou wa is jou tweede huis....................... kry 'n werker om die gras te sny dan kan jy gaan kamp.

tongue-outlaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar 2019 @ 21:35:51 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7351
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek praat met JIN oor die naweek wat verby is................. Hoor of hy al by die huis is en wanneer gaan ons KAMP?

Sy antwoord...................

Ek het nou net by die huis gekom dan wil jy my oor naweke ook hier weg vat! ! ! ! ! !

JIN jy het vergeet..................... jou wa is jou tweede huis....................... kry 'n werker om die gras te sny dan kan jy gaan kamp.

tongue-outlaughing

Hy kan nie my Gras sny nie..... 

Sal my snyer breek... surprised

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required