English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 532
Total Replies: 252 829
Total Views: 83 250 425
topics: 11 578
replies: 139 239
views: 39 343 478
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Regte soort bande vir karavaan

replies: 22
views: 5263
06 Apr 2016 @ 09:03:27 am
Wessel
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 22 Mar 2016
Experience: 6 years
More almal, eerstens dankie vir 'n puik forum wat oorloop van wenke, raad en algemene inligting rakende kampeer en sleep. Dit is nogal verslawend om dit te lees...!

Ek het ‘n 1988 Caravette 4. Sy bande begin nou krakies maak en ek wil hulle maar eerder vervang, netnou bars hulle met die sleep. Nie seker wat die ouderdom van die bande is nie, ek lees in die forums dat ek die serial nommer moet kyk vir die week en jaar van vervaardiging.

Die size wat op die tyre aandui is “TUBELESS 155 SR 13 RADIAL 78 S”. Dit lyk vir my na baie ou bande. Ek is nie seker van die rim se size nie. Ek het by 'n handelaar uitgevind watter bande ek moet opsit, hulle het genoem dat ek 'n 165/13 kommersiele band moet opsit - teen ongeveer R950 per band wat nogal baie is vir 'n 13" bandjie.

Die spaarwiel het ek sommer my ou golfie se spaarwiel gevat en dit pas op die karavaan, dit is ‘n 155/80R13 79T Radial. Danksy hierdie forums het ek gelees dat dit nie baie veilig is om met 'n gewone motorband te sleep nie. Omdat dit spaarwiel is, en hy hopelik nie baie gebruik gaan word nie, oorweeg ek dit om hom so te hou.

My raad wat ek eintlik wil weet by al die kenners en raadgewers hier op die forum, is of dit nodig is om vir so 'n ligte karavaan die kommersiele bande op te sit, of is hy lig genoeg om gewone motor bande op te sit. Dit klink dalk soos 'n "stabiliseerder: Ja of nee"-vraag, maar ek hoor graag raad en wenke van julle kant af.

Groete van huis tot kampstaanplek!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 13:01:09 pm
bassbuster
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 73
Joined: 10 May 2010
Experience: 45 years

Wesseltjie you must put on commersial/bakkie tyres on the van. Reason being they have stronger side walls for the load bearing of the caravan. I would still put commercials on the Caravette 4 (as well as the spare).

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 13:23:19 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Beslis comercial bande. Daai prys klink in die kol te wees vir sulke bande.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 13:23:46 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years
Gebruik bakkie bande
Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 13:25:45 pm
Anonymous

Wessel, baie welkom en lekker saam gesêls

Ek stem saam met bo genoemde ivm kommersiële  (bakkie) bande, dit het hoër dra vermoë. 

Kyk op die baande se "side wall" daar sal jy sien hoe oud isjou bande, onthou, bande het 'n 5 tot maks 6 jaar leef tyd.

Ek heg vir jou 'n foto van hoe die datum stempel lyk aan. Die bande is eerste twee syfers is die week van die jaar, en die tweede twee is die jaar van vervaardiging.

Op die foto is dit dus week 42 van 2013 vervaardig.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 13:31:38 pm
Anonymous

Wat jou spaar wiel betref, solank hy nie ook te oud is nie, en regte band druk, (vir ligte wa, sou ek 2.6 tot 2.8 bar aan beveel)  sou ek sê, hou dit vir nood geval.

Maar, as jy dit wel moet gebruik, ry maar liewer stadig tot by naaste handellaar en kry jou regte band weer gesond.laughing

Net my 2c 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 13:32:09 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Welkom op die forum.

Sien jy het opgelet in die klas, deur die forum te lees.

Voorkoming is beter as genesing. En goedkoop koop is duur koop aan die einde van die dag.

Jou gesin se veiligheid kom eerste. Die prys is regverdig.




As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 13:43:21 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16141
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Welkom hier by ons. Bly jy vind die dinge waaroor ons gesels insiggewend. Maar dit sal mos want ons praat oor kamp.

Jy moet maar kyk wat is die bruto voertuig massa (GVM) van jou Caravette en dan kyk wat is die bande se dra vermoë. Kom ons sê die GVM is 860kg dan moet die dravermoë van die bande bymekaar getel meer wees as dit. 

Dit is maar eintlik net die "Commercial" bande wat mens 'n gerustehart dra vermoë gee. Jy kan seker die spaar wiel so hou want dis net 'n nood wielmaar dan moet jy hom sien as 'n noodwiel en stadiger ry as jy hom moet gebruik. Steeds sal ek seker maak dat sy klasifikasie van so aard is dat hy helfte van die Caravette se gewig kan dra.

Ek het gelukkig op 'n swaar/maklike manier geleer van bande op jou karavaan. Eerstens het my broer se karavaan papband gekry as gevolg van krake in bande toe ek nader inspekteur het ek 'n skok gekry oor hoe diep die krake tussen die groewe van die band is.

Ek het gesien hoe lyk dit as 'n band onklaar raak en die stukke rubber slaan die karavaan voordat daar gestop is. Die skade op die ou einde meer as R40 000 en dit omdat mens nie die band eerder na 5 jaar wou vervang nie want "Hulle lyk mos nog goed.........."

Kry maar die beste want spyt kom altyd te laat. R40 000 teenoor R2000 daar is nie 'n vergelykking nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 14:57:53 pm
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Klein krakkies is definitief die tyd waar die band al vervang moes gewees het. Voor ek van beter geweet het, het ons ook so gery en `n band bars gehad. (gelukkig op die hoofweg sonder karre naby). Ek dink dit kon anders ge-eindig het as dit op `n enkel pad met `n draai of twee gebeur het. Van die insident af gaan ek maar op die verval datum.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 16:37:50 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 39 years
Welkom op die forum. Hier sal jy die regte raad kry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 20:56:12 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1591
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Welkom by ons forum,hier leer ons elke dag nuwe ding by.Geniet die kampery.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 06:14:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16141
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Beste is druk jou hand maar in die sak en koop ordentlike bande. Ja dis duur maar wat is dit vir jou werd om tussen êrens en nêrens NIE met 'n papwiel te sit nie.

Want as 'n band nie reg is nie los hy jou doer in die vlaktes langs die pad nie in jou erf naby die motorhuis waar als gemaklik en naby is nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 06:18:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16141
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Nog iets om aan te dink is die vrag en dra vermoë van jou karavaan. Gaan lees  "Weegbrug tussen Rustenburg en Brits" as jy nog nie daarby uitgekom het nie.  

Die verkeers beamptes begin hul messe slyp vir karavaan slepers.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 08:00:35 am
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 46 years
Jy moet onthou dat as jy n band bars is dit nie net lewens gevaarlik nie maar hy slaan als stukkend. Hy kan selfs die karavaan se sy kant vlenters slaan. Hy slaan jou vloer bord eerste in stukke. GROOT skade
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 09:10:20 am
Anonymous

Stem, met spaar wiel sal ek nog kans vat (mits daai band nie ook al te oud is nie) en teen lae spoed aan karring tot naaste hulp punt, maar my kar en karavaan se bande is net kwaliteit en op standaard goed genoeg.

Ek dink mens moet maar jou karavaan bande met die spaar wiel periodiek ruil, help ook nie jy sit met spaar wat tien jaar oud is, en op die oog af "lyk" dit nog goed vir 1000de kilometers nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 09:21:10 am
ouvrou
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 145
Joined: 28 Dec 2014
Experience: 45 years
Hou maar die spaar ook goed, as hy probleme gee en alles is ver kan die ongerief meer kos as die band. As jy die wa iewers langs die pad moet los is die kanse goed dat jy hom gestroop gaan kry.
Groete, Hennie.
Do it now or leave it.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 09:44:16 am
Wessel
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 22 Mar 2016
Experience: 6 years
Dankie almal!

Elkeen se raad en voorstelle het ek ter harte geneem, en ek gaan defnitief my Ministeres van finansies se arm draai om volgende maand 'n inskrywing in ons maandelikse begroting te doen vir twee ordentlike bande.

Die spaarwiel sal vir eers moet oorstaan na 'n volgende maand, want ons volgende kamp is (ongelukkig) eers September by Doornlaagte. Dis nou as ek nie intussen vir Mamma kan oortuig dat Kleinsus (4weke oud) al groot genoeg is vir kamp in die Wes-Kaapse herfs-Winter seisoen nie...!

Groetnis!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 11:38:04 am
Henk D
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 213
Joined: 07 Oct 2014
Experience: 28 years

Kyk by Dunlop zone, Hulle stock Duran wat n commercial band het in 13`s het maart laasjaar R550 per band betaal. N vriend van my ook van hulle toe opgesit en hy het al baie km die jaar op dit gesit en is baie happy. Ek self kan ook nie kla oor wat hulle doen nie. 

Altyd lus vir Kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 11:53:36 am
Wessel
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 22 Mar 2016
Experience: 6 years

Kyk by Dunlop zone, Hulle stock Duran wat n commercial band het in 13`s het maart laasjaar R550 per band betaal. N vriend van my ook van hulle toe opgesit en hy het al baie km die jaar op dit gesit en is baie happy. Ek self kan ook nie kla oor wat hulle doen nie. 



Dankie Henk, ek sal hulle kontak.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 12:20:30 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

Wessel, baie welkom en lekker saam gesêls

Ek stem saam met bo genoemde ivm kommersiële  (bakkie) bande, dit het hoër dra vermoë. 

Kyk op die baande se "side wall" daar sal jy sien hoe oud isjou bande, onthou, bande het 'n 5 tot maks 6 jaar leef tyd.

Ek heg vir jou 'n foto van hoe die datum stempel lyk aan. Die bande is eerste twee syfers is die week van die jaar, en die tweede twee is die jaar van vervaardiging.

Op die foto is dit dus week 42 van 2013 vervaardig.

 

Thanks johan, you've been a great help to me as well

TA

 

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2016 @ 12:55:44 pm
Stephan
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 8 years
Dankie almal!

Elkeen se raad en voorstelle het ek ter harte geneem, en ek gaan defnitief my Ministeres van finansies se arm draai om volgende maand 'n inskrywing in ons maandelikse begroting te doen vir twee ordentlike bande.

Die spaarwiel sal vir eers moet oorstaan na 'n volgende maand, want ons volgende kamp is (ongelukkig) eers September by Doornlaagte. Dis nou as ek nie intussen vir Mamma kan oortuig dat Kleinsus (4weke oud) al groot genoeg is vir kamp in die Wes-Kaapse herfs-Winter seisoen nie...!

Groetnis!


Ag nee Wessel. Ons kleinkind is nou 10 weke oud en haar eerste kamp was op 2 weke (nou al 3 agter die rug)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2016 @ 14:51:09 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Welkom op die forum.
8-ply bande
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2016 @ 16:57:30 pm
Rene
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 47
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years

I have had commercial bakkie tyres on my Gypsey for many years and have never experienced any problems . Just keep the tyre pressure around 2.8 bar, same as the rear tyres of your car for good stability. Don't forget to reduce your car tyre pressuer again when not towing. I always carry a good quality tyre pressure pump with me when caravaning.

"What a life"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za