English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 446
Total Replies: 251 981
Total Views: 83 205 440
topics: 11 525
replies: 138 748
views: 39 321 583
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Reën tydens lang verlof

replies: 14
views: 351
07 Dec 2019 @ 22:24:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17352
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As ek gaan kamp tydens lang verlof, geniet ons altyd so nou en dan n dag wat reënerig is....word dan sommer ekstra lui en kry ekstra slaapies in, begin  sommer n pot stook deur die dag.....of lekker pannekoek of plaatkoekies maak. Maak dit gesellig. Maar hier by dag 3 begin ek krapperig raak.....dan het ek gewoonlik genoeg gehad

Geniet julle sulke dae? Hoe lank? Waarmee hou jul julself besig op sulke dae?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2019 @ 08:52:33 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2179
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Geert ek en Susan doen dieselfde. Dit is die dae waarop ek my leeswerk op datum kry. Omdat dit net ons 2 ou bejaardes is, is dit gewoonlik nie n erge probleem nie. Die kampeerders wat nog kinders by hulle het tel gewoonlik die meeste probleme op om hulle besig te hou. As jy in n dorp kamp dan kan jy ook n dag daar in die "mall" en sy koffie shop spandeer. Kamp jy egter op n afgelee plek het dit ook sy eie uitdagings as die reen dae aaneen bly val. Maak voorsiening daarvoor en geniet ook n lekker kuier saam met jou bure wat dieselfde probleem ervaar. Kaartspeel saam met die bure sorg ook vir n lekker tydverdryf.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2019 @ 09:52:33 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3429
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons het eenmaal, seker meer as vyf en twintig jaar geede, aan die Natalse Suidkus gekamper vir twee dae.  Dit was uiters droog en die kraanwater wat darem nog beskikbaar was, was bitter.  Toe, seker so die derde dag van ons kamp, begin dit reën, en dit reën aanmekaar vir omtrent vyf dae.  Ons en ons drie dogtertjies was in die karavaan vasgekeer. Ons het net die rally tent op die sementblad opgeslaan, maar die water het so gespat dat ons nie eers daarvan kon gebruikmaak nie.  Ons het wel die tent gebruik om water op te vang, wat baie soeter was as die bitter kraanwater.  So nou en dan het die reën bietjie opgehou en dan het ons gaan stap, net om telkens weer terug te hol as dit weer begin afkom.  Na vyf dae het dit bietjie opgeklaar vir so twee dae en toe weer begin neerkom vir die res van die kamp, seker so drie dae. Nogtans het niemand gekla nie.  Ons en ons kinders is groot lesers en almal het genoeg boeke saamgebring, so dit was eintik heel gesellig, net baie bekrompe in die karavaan vir vyf mense.  Soos hulle sê: "If life hands you a lemon, make lemonade".  Vakansies is lekker- moenie dat 'n bietjie nattigheid dit vir jou bederf nie!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2019 @ 09:54:40 am
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 422
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

3 days rain gets too much. Only so much sleeping and reading you can do for days.Before we bought the new Skipper with a really decent tent we used to get cold and miserable with our old Sherpa as we only had L shaped side awnings and not a full tent. The roof awning also used to collect a pool of water and eventually leak. Then the Sherpa was so small inside you felt claustrophobic after you were trapped inside for a day .

The Skipper is absolute luxury in comparrison so I imagine people with Classiques etc must have it quite good. But we have been lucky in all the 55 years of camping in that i cannot recall 3 days of continuous rain whilest camping.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2019 @ 11:55:23 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2231
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Met ons toer na die Kaap in Mei vanjaar het ons slegte weer gehad vir so 8 dae. Reën en wind in Oos London, Hartenbos en PE. In die Kaap een dag reën en res van die vakansie mooi weer. 

Elmarie en ek was so afgesloof dat ons die dae wat ons nie op die pad was nie regtig omgeslaap het. Neem leesstof en na so 3 bladsye val die oë toe. Met onself gespot en gesê ons ry vêr om te slaap.

So die weer het ons gepas en kon ons behoorlik rus en die vakansie daarna geniet. 

Was bly dat ons goedkoop gekamp het en nie nie duur woonstel of hotel betaal het om net te slaap nie. laughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2019 @ 13:14:17 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3429
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons het tweemaal kampplek gekry omdat dit die vorige dae gereën het: eenmaal op Richardsbaai en eenmaal op Struisbaai.  Die plekke was volgens die amptenare tjok en blok maar 'n paar mense het vroeg gery omdat dit gereën het. Ironies dat vir die tyd wat ons daar gekamp het, die weer toe perfek was- jammer vir die natkomberse! 

My filosofie is dat as ons vakansie hou, hou ons vakansie en basta met die weer.  Jy kry nie altyd goeie weer nie, veral nie by die kus nie, so jy berei jou emosioneel voor dat jy gaan kamp en dat jy dit gaan geniet, kom wat wil. Vakansies is te waardevol, en te duur,  om toe te laat dat klein dingetjies dit bederf.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2019 @ 13:30:42 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3429
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Daar is natuurlik 'n groot verskil tussen 'n karavaan en 'n tent as dit reën.  Ons het onder andere by Pelgrimsrus, Satara en Scottburg gesien hoeswaar tentkampeerders kry as dit swaar en lank reën.  Veral as jy met 'n tent kampeer, is dit wys om mooi te kyk waar jy die tent opslaag.  Enige duik of geringe slootjie gaan opvul met water, en dan gaan jy maar probeer om in die ablusiesblok te slaap.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2019 @ 16:36:13 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9708
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dal ook so drie fae se reën kan trotseer.

Verder gaan loop ons in die winkels rond, dis gewoonlik nie my plek by die huis nie, maar wat anders as dit reën.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2019 @ 17:37:19 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 809
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Dal ook so drie fae se reën kan trotseer.

Verder gaan loop ons in die winkels rond, dis gewoonlik nie my plek by die huis nie, maar wat anders as dit reën.

 

stem maar mens kan ook net soveel. My kwota winkels is na 'n uur of twee opgebruik dan is ek moeilik.......

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 00:51:14 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17352
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As ek kamp by n oord, kies ek gewoonlik n oord waar ek sekere aktiwiteite kan doen. Om dan langer as 3 dae vasgevang te wees in wa is nie my idee van pret nie. Om malls te gaan besoek doen dit nie vir my nie...ek bly naby een en vermy hom ook maar sover ek kan, hoekom dan nou een gaan opsoek. Ek sien mense van kleiner dorpe geniet dit gewoonlik. Dit was gelukkig darem nog nooit nodig gewees om vroeer op te pak weens goor weer nie, maar kan verstaan as mense dit wel doen

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 06:06:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16105
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ons het speletjies in die karavaan gehad. Sommer 'n klompie van hulle.  So met die tyd het ons die weggegee.  Al wat oor is, is Rummy Cub en Jenga.

Dan is ek ook uitgesorteer met NETFLIX.  So ons is redelik geholpe as dit lank reën.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 06:10:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16105
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Met ons trippies Dolphin toe in die verlede het ons ook maar verskeie Malls besoek of die pad gevat Suid kus toe want dit is min dat dit noord en suid van Durban reen.

Ander oorde gaan besoek langs die kus af.  Om dalk 'n change te maak vir die volgende jaar se vakansie.

Plekke soos die Haai bestrydings raad in Unhlanga Rocks besoek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 06:57:57 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 383
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Vir my hang dit af waar ek is. As ek by die see is wil ek nie reen he vir dae aanmekaar nie. Maar, met ons laaste besoek aan Mozambique het ons reen gekry elke dag om en by 2 uur die middag vir n uur en dan weer sonskyn. Dit is lekker want dit breek die hitte so bietjie, geen modder nie en niks raak vuil want jy staan op seesand.

Het al in die wildtuin gekamp waar dit vir 3 dae plus bewolk was en aan af gereen het. Die reen het nie gepla nie, maar ons het nie warm goed gehad vir die skielike koue nie.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 16:50:57 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 401
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

The way I see it is we all have choices for holidaying,  Hotels, too expensive,  Time share apartments or bungalows,  also expensive but usually less so than Hotels, but with more facilities. Then there is Caravaning and camping.

We have all already made our choice for whatever reasons, but it is much less expensive than both of the above, It is more flexible with regard to what you can do in less than good weather as well as in good weather.

In all cases the local attractions, Museums, Theaters, Malls, Restaurants  and so on remain remain the same. 

If the weather is totally intolerable and you decide to pack up and go, you lose less  Rands if you are caravaning.

For most of us there is no question. Caravaning / Camping is the greatest.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 22:28:27 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1831
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ons vat hom soos hy kom. Was gelukkig nog nooit langer as twee dae deur reën vasgekeer nie.

Kinders het saam gekamp en ons het die twee dae in ons Conqueror se tent gekuier, en dit was heerlik. Koffie en goeie geselskap het dit gedoen. Dit was by Silver Rocks en effe uit die dorpe uit.

Langer as twee dae sal ons wel iets vind om te doen soos bure oornooi en net kuier met koffie en dalk saam eet of so.

Andersins gaan soek ek iets om te doen as ek vasgekeer voel. Gaan dalk by die bure kuier en hulle koffie drink. 

Sal maar plan maak as ons daar kom.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za