Die Kaapprovinsie is droog. Ek het gister 'n video gesien van die leë damme in Kaapstad. Hier in die Baai is die damme nog bietjie voller, maar ons het streng waterbeperkings. Alles is dor en bleek en stowwerig.
Gisteraand het alle weervoorspelling gereken vandag is die dag wat ons reën kry in die Baai. Ons het een geut wat oorloop as dit hard reën en Colin het tot gisteraand 'n groot houer daar neergesit. Toe ek vanoggend 5.30 opstaan, is die wêreld toe onder die mis en nou is dit omtrent warm. Geen druppel water sovêr uit die hemel.
Ek het sopas gehoor dit sous lekker in die Kaap. Ek hoop dit is langdurig en dat julle goeie reën kry daar. Na sulke mis en hitte in die Baai, kom daar normaalweg reën, so miskien teen vanmiddag kan ek in die reën in my tuintjie gaan staan.
Ja Freda dit sal lekker wees as die reen aan hou daar onder, vernaam na al die brande daar.
Hier by ons het die donker wolke later vanoggend vanaf die weste begin aankom en dit was asof jy die reën kon voel in die lug. Ons het vas geglo nou gaan dit reën, maar dit het alweer verbygetrek. Ons bly maar hoop.
Ai, mens kan net bid vir reen vir die droe dele, hier by ons is dit darem nou ons reen seisoen, en dit is sover die beste seisoen sedert 2010.
Ek weet nie wat aan gaan hier by ons nie, ons weer wys geen reen, en 10minute nadat ons braai vuur aan steek, dan gooi dit. Dit het nou die laaste 3 kaar wat ons braai so gemaak. So raai wat doen ons elke tweede dag? Nie die week nie, ons maak swembad pomp en pype reg, moet vandag oop grou om lek plek te soek.
Die Noord Kaap is die afgelope twee to drie weke baie geseen met baie goeie reen. Die wereld hier lyk sommer mooi groen.
Het gisteraand weer heel nag aan en af gereen en nog besig hier op Rustenburg. Die gate wat ons gegrou het om die swembad pype oop te maak is nou een modde massa. Ek wou mos se ek soek nie die week reen nie, " Dis nou wragtig Blinde Sambok".
Geert dit is verblydend dat die vlakke styg, maar (altyd 'n maar) dit is jammer dat dit nie al die damme is nie, en dat dit so lank neem.
Die seën van reën kom net van EEN.
Dankbaar vir dit wat reeds geval het. Kan net bid en hoop op nog seën.
Stem Leon
Praat vandag met my vriend wat naby Kathu boer, hy sê hulle juig daar, vir Januarie sover oor 200mm gehad. Veld is besig om so mooi te herstel dat hy die beeste en wild kan sien herstel en vet word.
Prys Hom wat in beheer is.
Praat vandag met my vriend wat naby Kathu boer, hy sê hulle juig daar, vir Januarie sover oor 200mm gehad. Veld is besig om so mooi te herstel dat hy die beeste en wild kan sien herstel en vet word.
Prys Hom wat in beheer is.
Johann my seun boer 45km van Kathu af en soos jy se die veld is nou baie mooi daar. Hy het al 230mm gemeet.
Johann my seun boer 45km van Kathu af en soos jy se die veld is nou baie mooi daar. Hy het al 230mm gemeet.
Piet, ek wonder of hy dalk my ou maat ken, Willen en Marinda Scholtz, die boere ken mekaar mos gewoonlik.
Jamme vir die draai Freda, jy verstaan darem maar mos al hoe ons kan dwaal.
Geen probleem, Johann, gesels soos jy wil op my drade.
Eergisteraand toe val daar 'n lekker harde bui reën wat so rukkie aanhou, toe dog ons hier is die reën nou. Net die een bui gewees ongelukkig. Die tuin het darem bietjie nat geword. Hul voorspel weer reën vir ons vandag en more. Dit is bietjie bewolk op die oomblik, maar lyk nog nie na reën, so ek het maar 'n bondel wasgoed ingesit.
DEit reen an en af die heel tyd sedert gister middag hier op Rustenburg. My tuin voor en agter het weer oorstroom. (van die sand wat ek uitgegrou het om by die swembad pype uit te kom, le nou in die swembad en verspreid op die paving. Ek moes bak stene pak om te keer dat die sand verderb weg spoel). Ons word werklik geseen.
Piet, ek wonder of hy dalk my ou maat ken, Willen en Marinda Scholtz, die boere ken mekaar mos gewoonlik.
Jamme vir die draai Freda, jy verstaan darem maar mos al hoe ons kan dwaal.
Johann ek het hom gevrae maar hy ken hulle nie. My seun is Leon en Karlien Venter.
As jy van Kathu af ry na Postmasburg, so 9km verby die Olifantshoek afdraai ry jy oor n bult en daar ry jy deur sy plase.
Reg so Piet, dit is groot area daai.
Mens is so dankbaar as jy hoor daai boere het reen gekry.👍👏
Dit was veronderstel om verlede nag te begin reën hier by Van Stadens, volgens die YR weerberig. Dit het nie, maar deur die loop van die oggend het hier so bietjie reën geval, ook in Port Elizabeth. Dit was bewolk maar die son het later deurgekom. Die weer het weer daai kant toe getrek, so ek hoop Addo het darem heelwat gekry en nie so min soos ons nie.
Die weer voorspelling vir die Kaap is dat daar 'n tweede front op pad is en reen en sneeu word voorspel. Ons hier in die noorde gaan die naweek se koue front eerskominde naweek voel. En ek is dan in die Vrystaat se veld besig om biltong te soek, ek gaan vrek van die koue.
Ons het Saterdagaand hier in Brackenfel vanaf 20:00 lieflike reën gehad - 27mm om presies te wees ! Dit was wonderlik.
Vanoggend 'n lekker koue wintersoggend met 'n voorspelling van koue, sneeu, vloede, reën van tot 50mm met see-deinings van tot 8m - fantasties en net wat ons nodig het!
Ons gebede is verhoor !
Lekker Kaapse winter wat vir julle voorle.
Ons is saam met die Kaapenaars bly en hoop die damme gaan water kry.
Dis korrek, al die skole is môre gesluit as gevolg van die komende storm vannag, môre en Donderdag. See-deinings van tot 12 meter hoog word voorspel !
Kyk daar gaan weer 'n klompie mense wees wat 'n bad tyd in die gesig staar met die water wat aantkom is. Maar ai daai water is so brood nodig daar in die Kaap. Vasbyt mense vasbyt. Ja skade gaan daar wees maar die water verligting daarna is darem iets positief om na uit te sien.
Hier by ons in Brackenfell, een van die noordelike voorstede van Kaapstad, was die reën glad nie so erg nie. Vanaf 20:00 gisteraand to 07:30 vanoggend het ons maar 17mm reën gehad - natuurlik baie dankbaar, maar behalwe vir erge wind verlede nag, was dit nie erg nie. Die voorspelling is dat tussen 08:00 vanoggend 13:30 vanmiddag kom die kwaai reën, maar ek was nou net buite en dit trek al kol-kol oop.
As dit binne 24 uur 50mm sou reën, sou die dam-posisie net 5% verbeter het na 17% - nog baie ver van droogte-verligting. Maar ons bly dankbaar - elke druppel tel !
Soos ons weet was die posisie in Gauteng ook maar sleg maar na die einde v d reenseisoen toe is alles weer reg. So kan ons ook net hoop en bid dat aan die einde v d reenseisoen in die Kaap is die damme ook vol.
Lambertsbaai Dinsdagaand
Bogemelde is 'n vals foto.
Dit is nie in Lambertsbaai aan die Weskus nie, maar wel 'n foto van 'n sikloon in Bangladesh.
Hul moet die naam "Face Book" na Fake Book" verander.