English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 271
Total Replies: 230 103
Total Views: 82 380 916
topics: 779
replies: 12 488
views: 4 978 568
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Ranger - Drop plate

replies: 20
views: 495
20 Feb 2018 @ 16:54:23 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13776
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Ek wil nie nou die ander draad kaap nie....so begin maar nuwe.

Hoeveel gat drop plate stel julle voor moet ek op n Ranger gebruik?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2018 @ 23:46:49 pm
Anonymous
Het nou die dag bietjie gekyk. Die gate op die drop plate is 75mm uit mekaar. As jou bakkie se bal 550mm hoog is dan kan gaan 'n vier gat hom sak na 475mm, so omtrent level en 'n 6 gat na 400mm,redelik neus af. Dis nou as jou karavaan so om en by 450mm hoog is om gelyk te staan.
So ek is geneig om te dink, as die bal onder 550mm hoog is 'n 4gat,en as hy hoër is 'n 6 gat.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2018 @ 05:54:56 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13776
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Dankie Chris..waardeer...ek sal gaan meet en daarvolgens besluit
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2018 @ 06:15:20 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Toe ek nog die Classique gesleep het, het ek gebruik gemaak van 'n 6 gat dropplate waarvan ek net die onderste 4 gate gebruik het. Met ander woorde 'n 4 gat dropplate sou vir my goed gewerk het.

Maar neem kennis dat my Ranger ongeveer 60mm (gemeet by die wielboë) gelig is.  Dus vermoed ek dat dit dalk nie nodig sou wees vir 'n dropplate as ek nie die tipper gelig het nie.

As jy moet koop sal ek voorstel 'n 4gat is meer as genoeg.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2018 @ 10:56:07 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 283
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years
Ek reken ook die 4 gat behoort genoeg te wees. My BT50 is baie dieselfde hoogte en ek het 'n 6 gat plaat, maar ek gebruik die boonste 2 vir 'n bike carrier.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2018 @ 12:52:53 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4244
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Verloor ek iets. As mens 'n 4 gat gebruik om die drop plaat vas te bout is daar nie dan geen "drop" tov die 4 gate wat alreeds op die sleepstang is nie. Ek kyk hier na oom Johan se foto waar mens die 5e en 6e gate of 7e en 8e gate sal gebruik vir die "drop" van die bal.

Ek verwys na die foto geplaas op die "nose up - level or dow" draad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2018 @ 12:55:35 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 283
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years

Verloor ek iets. As mens 'n 4 gat gebruik om die drop plaat vas te bout is daar nie dan geen "drop" tov die 4 gate wat alreeds op die sleepstang is nie. Ek kyk hier na oom Johan se foto waar mens die 5e en 6e gate of 7e en 8e gate sal gebruik vir die "drop" van die bal.

Ek verwys na die foto geplaas op die "nose up - level or dow" draad.


Myne bout met 2 boute vas, dus is daar 2 bo en 2 onder oop.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2018 @ 13:03:43 pm
Anonymous

Verloor ek iets. As mens 'n 4 gat gebruik om die drop plaat vas te bout is daar nie dan geen "drop" tov die 4 gate wat alreeds op die sleepstang is nie. Ek kyk hier na oom Johan se foto waar mens die 5e en 6e gate of 7e en 8e gate sal gebruik vir die "drop" van die bal.

Ek verwys na die foto geplaas op die "nose up - level or dow" draad.


Nie almal het die plaat met 4 gate op hulle towbar nie. Ek dink dis elk geval net daar sodat jy die bal se hoogte kan aanpas, die bal kom in elk geval net deur twee gate vas.
So om 'n plat deur al 4 gate vas te maak gaan dalk kosmeties mooier lyk, maat dit maak nie regtig saak of jy dit doen of nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2018 @ 17:06:19 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4244
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dankie Chris. Ek het nog nooit so iets gebruik nie en gedink nie gedink mens sit dit net deur 2 gate vas. Gedink meeste sleepstange het reeds 4 gate.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2018 @ 19:05:13 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13776
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Ek het nou n 6-gat drop plate gekoop. As ek 4 van die gate gebruik, is die karavaan gelyk. Sal julle voorstel om nog te sak na die 6gat sodat neus na onder loop of sal julle hou by die 4gat waar hy gelyk is?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2018 @ 19:16:32 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3665
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Hou by 4de gat. Wanneer die bakkie gelaai is dan gaan die neus effe na onder loop.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2018 @ 20:55:27 pm
Antony
Gold Member
59% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 08 Jun 2010
Experience: 31 years
I tow a Penta and dont use a drop plate on the Ranger, the rig is level.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2018 @ 12:38:42 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2004
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Het 'n 4gat op my Ranger gesit vir die Swing maar in die Wiltuin dit afgehaal want hak was te laag en ketting naby die grond gehang. 

Nou gladnie drop plate op nie en wa is mooi gelyk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2018 @ 16:20:30 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Gebruik ook nie 'n plaat op my Ranger nie.  SABS het bevestig op navraag dat as jy dit doen, negeer jy die sertifisering van die sleephak omdat geen kombinasie van sleephak en plaat al ooit getoets is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2018 @ 17:29:56 pm
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years
https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Easy-Hitch.htm?forumaction=1&loadcategory=1022&loadpost=250047557#ForumsAnchor

Check this post. Best drop plate ever.
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2018 @ 17:31:17 pm
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years
Or even easier, go back 3 pages in "Active Topics" & look at "Easy Hitch"
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2018 @ 08:30:22 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ek sou sê die belangrikste is die kwaliteit van die plaat, die boute asook van die trekhaak.

N 12 mm plaat kan net nie goed genoeg wees nie. Ek glo die stremming moet nie sodanig wees dat dit van die boute afhang om al die las te dra nie. Dis die rede hoekom ek so'n dik plaat gebruik en is gelukkig om dit met vier boute te kon vasmaak. N plaat wat net vier gate het moet die boonste twee gebruik word om aan die trekhaak te heg. Ek sou dink dat die boute nou grootendeels die las moet dra. As die plaat n groter oppervlakte het wat teen die trekhaak vaskom, verminder die las op die boute.

( verwys na die vasvat advert van jare terug waar n bulldozer met slegs twee opmekaar plate opgehys is. ) 

Dws die lugleegte tussen die plate doen die meeste werk. Moral of the story is kry vir jou n buisie vasvat. 😁

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2018 @ 09:40:24 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years
Minimum bolt strength is 8.8
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2018 @ 11:54:05 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13776
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Het 'n 4gat op my Ranger gesit vir die Swing maar in die Wiltuin dit afgehaal want hak was te laag en ketting naby die grond gehang. 

Nou gladnie drop plate op nie en wa is mooi gelyk.

Ek wonder waar die verskil tussen ons sleep kombinasies inkom. Toe ek die Splash gehad het, het karavaan ook heelwat na bo gestaan....nou met die Swing dieselfde....en nogal heelwat. Ek sal kyk of ek nog n foto het waar hy gehaak is. Met jou drop plate moes hy seker dan effens "nose down" geloop het...kon jy enige verskil in stabiliteit van kombinasie agterkom...beter of dieselfde?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2018 @ 12:29:59 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Gebruik ook nie 'n plaat op my Ranger nie.  SABS het bevestig op navraag dat as jy dit doen, negeer jy die sertifisering van die sleephak omdat geen kombinasie van sleephak en plaat al ooit getoets is nie.

Ek wonder wat is die toets wat uitgevoer moet word.

Sou jy se SABS gaan self toets. Waar  en hoe  ?

Sal nogal belangstel in die toets en die uitslag. Behoort interesant te wees.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2018 @ 09:06:33 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is waar dat die kombinasie van "dropplate" en sleep haak nie getoets is nie.  Ek dink die rede vir dit is waar trek mens die lyn vir die spesifikasie vir so toets.

Die mense daar buite gebruik 4 gat, 6 gat en 8 gat sak plate en dan is daar dinge soos Easy Hitch. Met elke tipe drop plate en hoe hy werk is daar ander kragte wat werk hetsy dit minder of meer is.

Ek dink wat belangrik is om te weet is die feit dat die uitwerking van die gewig van jou wa op die  sleepstang beduidend verskil van met of sonder 'n "drop plate" sleep en dan moet jy maar meer aandag daaraan gee tydens die versiening en diens van jou voertuig. Nie net so seer die bal se boute nie maar ook die hele sleepstang se hegting aan jou voertuig want die hefboom kragte met 'n "drop plate" is groter daarop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required