Hi,
Would like to know if someone could help.
Looking for an add a room and rally tent with side for my 2002 Jurgens Exclusive. Need to be African print.
Have been looking for quite some time and struggling to get hold of a set.
Heinrich
Heinrich,
welkom hier op die forum.
Hulle is so skaars soos hoender tande.
Ek soek een vir die classique, sal maar vir my een laat maak.
Sterkte
Hi,
Would like to know if someone could help.
Looking for an add a room and rally tent with side for my 2002 Jurgens Exclusive. Need to be African print.
Have been looking for quite some time and struggling to get hold of a set.
Heinrich
The rally tent is dedicated made to the Exclusive size. The roof color of that models were a light gray. That material is still available on the market so if you can't get one you can have one made.
As for the sides I truly hope you can get them from someone. You can look at sides for the Penta and Palma as well. They will fit also as the Rally roof of the Exclusive comes down far enough, similar to the height of the pop up caravans.
This goes the same for the Add-A-room. One add-a-room will fit on the side of a Exclusive, Palma and Penta or even the Fleetline.
Nou net of Facebook gesien wat jy soek...
Anzelle 076 412 6870
Luhman
Sal die add a room op rally ook werk?
Ja die Add-A-room sal aan die kant van 'n rally ook werk. Jy moet net seker maak dat daar 'n horisontale paal van die kant van die karavaan na die hoek paal toe is.
Welkom by die Forum Heinrich
Ja die Add-A-room sal aan die kant van 'n rally ook werk. Jy moet net seker maak dat daar 'n horisontale paal van die kant van die karavaan na die hoek paal toe is.
Ek het gedink om add a room op die leisure awn ook te gebruik, maar sien dat die horisontale paal seker te hoog gaan wees? Iemand dit al probeer?
Ek het gedink om add a room op die leisure awn ook te gebruik, maar sien dat die horisontale paal seker te hoog gaan wees? Iemand dit al probeer?
Jy kan 'n horisontale paal net laer tussen karavaan kant en die hoekpaal van die awning instaleer dan sal die Add-A-Room werk. Die paal sal net 'n spesiale bracket moet hê wat om die regop hoekpaal vas klamp.
Ek het 'n antwoord vir dit. Kos so bietjie verduideliking te lank vir die forum.
Ek is bevrees ek is besig om julle ouens verkeerd te verstaan, of liewer, glad nie te verstaan nie. Help my asb. reg as ek die kat aan die stert beet het.
My verstaan van 'n Add-a-room, terloops, ek het een vir my Jurgens gehad, is dat dit met ritsluiters aan die hoof tent geheg word. Hier teenoor is die Multi-room, ek het tans nog een vir my Romany, glad nie afhanklik van ritsluiters nie, maar benodig slegs 'n horisontale en vertikale kant paal om teenaan die hoof tent of rallye tent te staan. Inteendeel, indien jy daardie twee pale met guy ropes kan staan maak kan die Multi-room op sy eie staan gemaak word sonder dat die hoof tent of rallye opgeslaan word.
Soos ek dit dus ervaar het gebruik die Add-a-room en Multi-room heel verskillende aanhegtings metodes. Die een het ritsluiters wat versoenbaar moet wees met die hoof tent, en die ander een staan soort van onafhanklik met behulp van die sy-pale.
Die ander verskil tussen die twee waarvan ek eerstehandse ondervinding het is dat die een 'n ingeboude vloer het, en die ander een benodig verkieslik 'n los grondseil van die een of ander aard.
Wees ook versigtig indien jy een laat maak. Daar is 'n verskil tussen die digtheid van "dak" seil en "muur" seil. Indien die vervaardiger muur seil vir die dak gebruik gaan daardie tent se dak soos 'n sif lek. Vra my, hulle moes my Jurgens een se dak oor maak met die regte seil. Uiteraard was dit nie die nuwerwetse ripstop nie.
Die 2x Add-A-rooms wat ek saam met my Penta gebruik het het die ritsluiters gehad om in die plek van die hoof tent se paneel in te zip.
Dan het ek hom ook sonder die ritsluiters saam met die Rally gebruik. En ek het hom net as 'n tent op sy eie gebruik deur 'n ekstra stel pale te maak.
So hy werk puik of jy die ritse gebruik of nie.
Dan het beide die wat ek gehad het ingeboude grondseile gehad. Die een was 'n 1995 model en die ander 'n 2000 model.