English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 832
Total Views: 82 286 280
topics: 10 756
replies: 123 553
views: 38 810 971
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Race Chip

replies: 32
views: 494
09 Jul 2019 @ 07:03:05 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 866
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Het enigiemand ondervinding van die goed? Hulle beweer meer krag, minder brandstof ens ens...Ek bly maar skepties 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2019 @ 07:48:18 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Nee wat....ek hou maar my kar standaard. Baie van daai chips is nie baie duur nie, dan wonder mens hoekom verkoop hulle dit nie aan Ford of Toyota ensovoorts nie as dit so baie voordele bied? Ek vat byvoorbeeld Ranger 3.2....hoekom miljoene aan tegnologie spandeer en n 2l Bi-turbo ontwikkel om bietjie meer krag te bied en bietjie brandstof te bespaar......hoekom nie net hierdie manne se gadgets koop wat soms minder as R600 kos nie?

 

 

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2019 @ 08:54:17 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ek het een van hulle op my 3.2  Pajero Sport 4 spoed laat sit n paar jaar terug. Die 4 spoed ratkas was die probleem met sleep, 4de (en self 3rde) rat was te swak vir lang opdraendes en 2de het gou uit revs gehardloop. Die chip het beslis meer krag gegee wat baie gehelp het opdraendes en verbysteek. Dit was die enigste twee redes hoekom ek een laat insit het.  Anders het ek normaal gery en nie gejaag van robot tot robot nie en daarom nooit probleme gehad nie

Petrol verbruik het nie so verander om daaroor te spog nie. As jy een wil insit vir beter petrol verbruik glo ek jy mors jou geld.   

Vandag se diesel enjins en ratkaste is baie beter en gee genoeg krag in elke rat om lekker te sleep. Dus glo ek nie dis nodig vir n chip nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2019 @ 09:01:51 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1648
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Frans. As jy so iets wil doen gaan duur, gaan met wel gerekende supplier. 

Ek het dit op my 320 D laat doen.  Nooit probleme gehad en getrek soos jy nie kan dink.

Broer van my het op omtrent 4 van sy Hilux-bakkies laat doen het almal uitgehaal, te veel probleme.

My seuns het het dit probeer op hul BMW M4 en M2. Het dit uitgehaal te veel probleme. Ry wat jy het en maak vrede daarmee want die ander goed se kanse om te werk is baie skraal. Dan hardloop jou engin warmer en dit is ook nie goed. Laastens is jou waarborg daarmee heen. 

Beslis nie n wen wen ding die nie.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2019 @ 11:13:51 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Die raad wat ek gekry het is dat 'n mens maar moet wegbly van diesulke modifikasies. Vra jouself die vraag "hoekom sal die vervaardiger dit nie self in sy produk sit nie?". Hou maar jou voertuig standaard en leef saam met sy werkverrigting. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2019 @ 11:18:10 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 866
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Dankie vir julle insette. Julle bevestig my gedagtes...sal maar los!

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2019 @ 12:41:36 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Behalwe vir die masjien is iets wat mense wat "rechip" nie aan dink nie, die turbo.  Die manier om die masjien meer krag te laat lewer, is om, meer lug/brandstofmengsel in die silinders in te forseer.  Dit word gedoen deur die turbo te dwing om vinniger te loop- vinniger as wat hy voor ontwerp is.  Dit beteken dat hy baie warmer word en dat onder andere sy laers kan ingee en dan spat die ding waarskynlik uitmekaar.  Dit is waarskynlik 'n duur onderdeel so saammet die masjien wat kan beskadig, kyk jy dalk na R200,000 of meer se skade, en dit vir 'n twyfelagtige voordeel.  Dis net nie die moeite werd nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2019 @ 12:44:27 pm
Ian
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 47
Joined: 04 May 2007
Experience: 42 years

I have had a race chip on my 2.5 D4D Toyota Hilux for a year now and it has definitely help with both power, torque and fuel consumption while towing.  I went straight to the Race chip dealer in Nelspruit and paid R3500.00 for the basic version.  They then look at your vehicle and what you use it for and set the chip accordingly. It is very easy to install and remove if your vehicle is still under warranty. Racechip gives a 2 year warranty on the engine if you install the chip.  Race chip is an international company and develop chips only for turbo charged vehicles.  I have had not problems with the chip and have done 30 000km so far in a year.

I feel it definitely works for me and was worth the money.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2019 @ 13:13:12 pm
viv
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 27 Jan 2014
Experience: 33 years

Ek het my triton op 60000km gedoen het nou 140000km .Wat n plesier en diesel  verbruik is ongeveer .5 - 1 l per 100km beter.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2019 @ 14:34:16 pm
Anonymous

Behalwe vir die masjien is iets wat mense wat "rechip" nie aan dink nie, die turbo.  Die manier om die masjien meer krag te laat lewer, is om, meer lug/brandstofmengsel in die silinders in te forseer.  Dit word gedoen deur die turbo te dwing om vinniger te loop- vinniger as wat hy voor ontwerp is.  Dit beteken dat hy baie warmer word en dat onder andere sy laers kan ingee en dan spat die ding waarskynlik uitmekaar.  Dit is waarskynlik 'n duur onderdeel so saammet die masjien wat kan beskadig, kyk jy dalk na R200,000 of meer se skade, en dit vir 'n twyfelagtige voordeel.  Dis net nie die moeite werd nie.

Baie waar wat jy verduidelik, Fred.

Gewoonlik is dit die turbo se ''wheel and shaft'' wat onklaar raak wat beteken dat die turbo, soos hulle in engels noem "Beyond Economical Repair'' is.

Gewoonlik gebeur dit nie oornag nie, maar as jy daaraan dink om die voertuig, bv vir 'n jaar of 2 wil ry en dan weer 'n ander voertuig koop, kan die chip voordelig wees, maar ons ouens wat vashou wat ons het en weet wat ons het is dit nie voordelig om te chip nie.

Noodwendig is dit ook nie slegs die turbo se lewe wat verkort word nie, maar daar is ander klein onderdele wat ook deurloop agv die ekstra krag.

Indien daar nie na die regte spesifikasies gekyk word nie of die regte voorbereiding getref word nie, gaan daar wel skade wees oor die lang tydperk.

Ek het bv 'n Golfie so ''opgesupt'' sonder die regte voorbereiding en die nagevolge was dat die ''chassis'' gekraak het agter die voor regter strut omrede die wringkrag op die wiele te veel was as wat die spesifikasie voorskryf het.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2019 @ 15:17:28 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7617
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het een op my Hilux 4x4 D4D manual gehad van 500km op tot ek hom verkoop het op 120000km en oorgedra na die Fortuner 4x4 D4D auto.

Hom laat stel vir brandstof en krag. 18kw meer en 2km/lt meer. 

Na 3x maande se ry het hy hom betaal met dit wat ek gespaar het op tank volmaak. 

Wat n plesier in byde voertuie, het hom uit gehaal toe ek die 2.8 G6 4x4 auto koop en gebêre. 

My PA het in sy Hilux ook een wat by die 500000km amper het en geniet hom. 

Dit is maar suur druiwe as jy nie een het of weet hoe hy werk nie. 

Nie vir speel en jaag nie, daar is ander vir dit. 

Maar vir sleep 100%.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2019 @ 16:23:11 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2959
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

R5000 vir my Vitara. Spaar 1km/lt.

Nie die geld werd nie. Vitara het genoeg krag 122kw en genoeg torque 225nm.

Met R5000 kan ek ver ry......in plain Afrikaans.........moer ver!!!!

Het Grand Vitaratjie nou gekry op 12km/lt

 Bestuurstyl.....jip ek gee gratis lesse teen R250/h

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2019 @ 20:17:27 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 866
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

My common sense se vir my meer krag beteken ook meer slytasie. Daar is niks in die lewe wat jy verniet kry nie.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2019 @ 21:31:16 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Nee wat. Los uit. Ry jou mouster sonder saal. Sommer laf om alewig dinge te verander

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2019 @ 08:21:46 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5595
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ek dink dit is iets wat beter werk op die ouer Diesel's.

Ek het by Dastek in Centurion een op die Territory ST (4.0L Petrol Turbo) laat sit en dadelik het ek probleme met uitsny en soort van turbo lag gekry.  Het hom laai uithaal en hulle het my geld terug gegee.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2019 @ 08:26:58 am
Anonymous

Ek dink dit is iets wat beter werk op die ouer Diesel's.

Ek het by Dastek in Centurion een op die Territory ST (4.0L Petrol Turbo) laat sit en dadelik het ek probleme met uitsny en soort van turbo lag gekry.  Het hom laai uithaal en hulle het my geld terug gegee.

'n Vriend van my het presies dieselfde probleem gekry met sy BMW X5 en ook die ding uitgehaal en lê iewers in sy werks kamer en stof opgaar.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2019 @ 18:25:07 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Jin dit wys net dat dit met sukses gebruik kan word. Watter chip en by wie het jy die instel werk laat doen? 2km/L is 'n goeie bonus saam met die krag. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2019 @ 23:05:33 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1648
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Race chip het internasionale toetse suksesvol gedoen werk baie goed. Ek self het een gehad en baie tevrede. Baie werk nie. Is dit nie dalk hoe dit geïnstalleer word deur van ons ""tegnikuste"" wat dink hul kan die wiel re-invent met hul verstellings.

Sal ook daarvan hou om te weet watter bakkies is die grootste verbruiker van chip tuning / die behoefte om meer krag te hê ?

 

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 05:57:55 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Nee wat....ek hou maar my kar standaard. Baie van daai chips is nie baie duur nie, dan wonder mens hoekom verkoop hulle dit nie aan Ford of Toyota ensovoorts nie as dit so baie voordele bied? Ek vat byvoorbeeld Ranger 3.2....hoekom miljoene aan tegnologie spandeer en n 2l Bi-turbo ontwikkel om bietjie meer krag te bied en bietjie brandstof te bespaar......hoekom nie net hierdie manne se gadgets koop wat soms minder as R600 kos nie?

 

 

 

Ek is maar dom as dit by engins kom. Ek sien hier is paar manne wat positiewe terugvoering gee op die gebruik van chips. Nou vra ek hoekom sit n plek soos Toyota/Ford ensovoorts dit nie as n standaard in nie? Van hierbo getuig van n 20% brandstof besparing en dan nie eers gepraat van krag nie? Sou dit nie n groot verkoopsvoordeel hê as vervaardigers kon spog met hierdie addisionele besondere specs wat chip doen teen n minimale koste nie? Chip prys gaan basies nie eers n verskil maak aan verkoop prys nie, maar gaan getalle opjaag as mens kyk na waar baie in vasstaar....krag en brandstof verbruik

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 08:05:03 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Het dit gehad vir my Navara. Nee wat pot gemors Tipper het beter getrek net soos hy was.

Weer een geleen om te toets met vorige ranger.  Al wat ek wel van gehou het was die pedal box wat die auto rat wisseling snappy gemaak het. 

Terug gegee.

Ek het dit elke keer basies getoets vir beter brandstof verbruik en sorry dit het my glad nie beindruk nie.

Dan kry jy ook dat die voertuig in limp mode ingaan net as jy die krag werklik nodig het.

Ek is dit nou net eens al my Tippers het beste gewerk soos wat hy uit die fabriek uit kom.  Net die Mazda 2.5 Tdi het werklik beter presteer maar dit was slegs met 'n groter intercooler en dikker uitlaat pyp.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 09:15:34 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Hoekom groot vervaardigers nie sulke chips insit om hulle voertuie se krag en brandstofverbruik te verbeter nie?  Dis tog baie logies- dit werk nie op die langduur nie.  Hulle waarborg hulle voertuie vir 'n sekere tyd en met so 'n woerts-warts opgradering gaan hulle talle reuse eise vir herstelwerk moet betaal.  As mense sulke chips gebruik en hulle voertuie breek nie, is hulle bloot gelukkig of hulle maak nie gebruik van die ekstra krag nie.  Indien so, waarom dan enigsins duur skade waag?  Dit kos miljoene rande se ontwikkeling deur die vervaardiger om 'n opgradering op 'n bestaande voertuig te doen soos om die Kuga se krag van 120 na 135 Kw op te stoot en nou dink mense hulle kan kortpad kies en met 'n paar duisend rand se katoeter dieselfde bereik!  Wees tog realisties!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 10:16:43 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1648
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Die rede hoekom vervaardigers nie die regte goed installeer is want hulle speel ons. Dit is hoekom daar soveel facelifts en GT, Gs ensovoorts is. Want ons gaan n goeie voertuig inruil om die meer in tel te koop.

Vat byvoorbeeld die Diahatsu. Baie nice en ek vra toe hoekom daar nie n groter Engin vir hulle is. Antwoord wat ek gekry het. Diahatsu is Toyota en sou hulle n groter engin installeer gaan dit Toyota se verkoop syfers in sekere segmente knock. Toyota se GT hilux het hulle dié stickers ge upgrade en praat van suspensie, lag wekkend, niks aan engin gedoen. 

Ek krap rond in Toyota se trucks (bakkies) in Amerika en daar is dit dieselfde as hier by ons. Die verslaggewers kla oor under performance en kla Toyota aan dat Toyota stagneer met hul spesifikasies.

 Tog selfs daar ook loop Toyota voor in sekere afdelings met verkope. Dan moet jy hul Toyota trucks sien waar oor hulle kla. Dit is mos van te droom. Hier in Sa moet ons aan die speen suig. Maar dit is ons verbruikers se skuld. Alles reg altyd reg Toyota. Nou waarom sal Toyota hul hand in hul sak druk om die verbruiker meer te gee. So gaan dit met al die vervaardigers. My opininie is dat Ford en VW se verkope teen Toyota nie te waffers was en moes beter voorsien. Toe skop hulle Toy se agterweë en siedaar hier kom n lang verwagte upgrade. En selfs daar is nie n wow! nie want ons is n derde rangse land en ons is so ge spoon feed om tevrede te wees met derde rangse goed. Ek knock nie alleen vir Toyota, almal is skuldig. Toyota bietjie meer want hulle kan bekostig om die verbruiker te gee wat hom toekom.

Laastens is ek dankbaar vir Ford se poging om beter na vore te bring. Ons verbruikers verdien dit

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 10:50:54 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 668
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

R5000 vir my Vitara. Spaar 1km/lt.

Nie die geld werd nie. Vitara het genoeg krag 122kw en genoeg torque 225nm.

Met R5000 kan ek ver ry......in plain Afrikaans.........moer ver!!!!

Het Grand Vitaratjie nou gekry op 12km/lt

 Bestuurstyl.....jip ek gee gratis lesse teen R250/h

Daai lesse gaan dit vinniger betaal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 14:03:14 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 724
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ek het 'n dieseltorque chip im my 2009 300 d-teq Isuzu ingesit. 'n Baie groot verskil in krag maar nie met die dieselverbruik nie. Die rede seker omrede mens nou gewoond raak om die krag meer te gebruik en vinniger wil ry. Met sleep wel 'n groot verskil aan krag.

Ek ry nou meer as 1 1/2 jaar sonder die chip en my bakkie doen nogsteeds sy werk. Hoeveel ekstra krag wil mens tog eintlik he?

 

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 14:53:52 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Hennie jy se dit. Mens kan op 'n punt kom wat dit genoeg is maar van ons mense in SA wil altyd meer he. Dis dan ook die rede hoekom ons so maklik gevang word met al die scams. Verder toets ons mense oor die algemeen nie om eers 'n klompie geld in iets te sit en te kyk of dit oor 2 jaar werk. Nee ons sit sommer al ons pensioen in hierdie briljante manier om geld te maak.

Ek is heel gelukkig met my 260Nm maar vir ander moet mens 450-500 kan gebruik. 260 is immers net minder as wat 'n BMW 530 petrol van jare gelede kon voorsien.

Jare gelede vertel 'n verkoopsman wat lank verkope doen. Jy kan 'n V8 op 'n grassnyer sit en daar sal kliente wees wat dit sal koop. Nie omdat dit nodig is nie maar dit gee ook "bragging rights" om die braaivleisvuur.

Dan kry ons die ander kant v d muntstuk waar mens nie by ander sal leer nie en mense met ondervinding kan al die data verstrek en ons sal onsself glo al is ons dalk bietjie v d pad af. Chip is een van daai sake. Een ou kry 'n chip wat werk vir R1000 en iemand anders betaal R5000 en dit werk nie dan is kan geen chip mos werk as die duurder een nie enige voordele het nie.

Interessant toe ek eendag met 'n chip plek praat oor die Landy toe se die persoon eerlik hy het nog nooit so enjin gedoen nie en kan nie se of daar voordele gaan wees nie. Baie plekke sal dadelik jou probeer oortuig om dit te doen.

Met tye moet ons maar na die feite kyk en die data wat presies op datum gehou is om by die regte antwoord uit te kom. Sou mens bv Jin se syfers gebruik en jy het 2km/L gespaar as jy steeds ry soos voorheen het jy meer as R11 000 gespaar wat 'n goeie transaksie sou wees as die chip R5 000 gekos het met die instelling wat baie nodig is. Nie net plug en play nie.

Dan aan die ander kant soos Willem wat geen besparing getoon het nie dan kan mens dit seker verwyder om nie die risiko te neem nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 12:09:14 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Het enigiemand ondervinding van die goed? Hulle beweer meer krag, minder brandstof ens ens...Ek bly maar skepties 

Ek ry met baie voertuie....

Ek het nou die dag gery met D4-D 3.0 Hilux en onmiddelik opgemerk die is nie standaard krag nie, hy trek amper soos my Fortuner en ek skakel toe die klient en vra of hy gechip is, want ek kom dit agter, hy het dit bevestig......

Ek sal dit nie in my eie voertuig sommer insit nie, maar ek het die verskil dadelik agtergekom....

Wat die newe-effekte gaan wees is heel ander vraag


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 13:46:13 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2959
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ek het my hond by die SPCA laat chip.

Baie terleurgesteld.....hys glad nie vinniger nieπŸ˜πŸ˜πŸ˜πŸ˜‰

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 13:50:18 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Grumpy/Hannes, Wys jou- die chipping werk nie!laughing

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 16:11:03 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het my hond by die SPCA laat chip.

Baie terleurgesteld.....hys glad nie vinniger nieπŸ˜πŸ˜πŸ˜πŸ˜‰

laughinglaughingsurprisedtongue-outtongue-outtongue-out

Lekker man lekker.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 16:13:00 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het my hond by die SPCA laat chip.

Baie terleurgesteld.....hys glad nie vinniger nieπŸ˜πŸ˜πŸ˜πŸ˜‰

Dit wys jou, dis n woefie.....ag foefie😜

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 16:15:10 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

tongue-outlaughinglaughingtongue-out

Julle is pittig met die se goed ne.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 16:15:37 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek dink weer ons moet Leon laat chip dan kan ons sien wanneer loop hy net rond of werk daar in die vreemde. Die chip moet net 'n kamera ook op he.coolcoolcool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required