English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 773
Total Replies: 269 498
Total Views: 83 850 807
topics: 12 297
replies: 149 295
views: 39 663 791
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Raak ons land te duur on hier vakansie te hou?

replies: 30
views: 655
08 Feb, 2022 @ 11:23:37 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Boys wat dink julle van die koste om in ons land vakansie te hou? Dit raak, vir my, darem nou n netelige berekening wanneer ek n uittog beplan. En ek hoor dat die einde van die petrolprys-spiraal nog lank nie bereik is nie. My sewe weke toer gaan my bykans R40D kos, alles ingesluit.  Ek vind GLAD NIE dat verblyfplekke hulle pryse afskaal vir plaaslike inwoners nie. Inteendeel, hulle probeer die Covit-verliese inhaal met n groot spoed. Sien julle ooit dat daar verskillende pryse is vir oorsee besoeker en SA-ners in die Kruger Wildtuin?

My broer is tans op n sewe weke toer in Engeland saam met sy dogter. Die toer kos hom presies R1000 per dag, vliegkaartjies ingesluit. R45 000-00. Ons laaste toer oorsee (om die Camino te gaan stap) was ongeveer R850 per dag, net onder R40 000-00, twee van ons SAAM.

Om nou na Botswana te reis gaan jou MEER as R1200-00 per nag kos (brandstof ingesluit) wanneer jy onder n boom kamp in die veld ver van alles af.

Soos dit nou gaan gaan dit vir ons SA-pleppe moeilik raak om ons pragtige land te geniet.

Hoe voel julle manne hieroor?

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
08 Feb, 2022 @ 15:32:48 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16815
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Ja ek stem saam.  Dit is asof die vakansie oorde en blyplekke net voorberei vir die buitelandse toeris.

As jy in $ betaal word is dit 'n lekker vakansie hier in SA.  Maar vir ons om by die verhoogde $ pryse kers te probeer vashou werk nou maar net nie.

 

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Feb, 2022 @ 16:19:43 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20039
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Is nie net vakansies wat die lug inskiet nie. Kyk maar in winkels....is nie snaaks as iets die afgelope paar maande met 20%+ gestyg het nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Feb, 2022 @ 16:21:38 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20039
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Is nie net vakansies wat die lug inskiet nie. Kyk maar in winkels....is nie snaaks as iets die afgelope paar maande met 20%+ gestyg het nie

Die nuwe Penta was n jaar en n half terug nuut te koop vir R259k. Sien vandag n "special" waar so n 2de handse een adverteer word vir R400k

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Feb, 2022 @ 17:29:52 pm
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1597
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Dit raak sonder twyfel duur om in ons eie land vakansie hou. Ek weet dit is nie vir almal moontlik nie, of dit is nie almal se "cup of tea" nie, maar jy kan groot spaar deur 'n maand of selfs langer op 'n sekere plek oor te staan. Of om gedurende gryskop-tyd (as jy kwalifiseer) in Nasionale Parke te gaan kuier. Ek praat uitetaard van kampering.

Ek het vir 1 nag 'n rondawel in Satara presies dieselfde bedrag betaal wat die voorafgaande se 7 nagte kampering in Krokodilbrug gekos het.

My twee en 'n half maande se verblyf by ATKV Eiland Spa was goedkoper as my seun se 12 nagte by dieselfde oord gedurende die wintervakansie-seisoen.

En sleep teen 90 kpu i.p.v. 110 kpu en bespaar sowat 15 - 20% op brandstof (my ervaring met 'n 2.8 Hilux).

As ons maar net kan gaan (Covid??) sal aansienlik goedkoper vakansie kan gaan hou by ons kinders in Roemenië as wat dit ons gaan kos om van die Kaap af wildtuin toe te toer. En dit beteken nie dat ons net by die kinders gaan afpak nie. Nee, dit sluit vele toertjies in daardie wondermooie land in. Akkommodasie kos goedkoper as in Suid-Afrika - standaarde dalk nie altyd dieselfde nie, maar baie aanvaarbaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Feb, 2022 @ 17:38:37 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4710
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Vir ons afgetredenes is kostes maar 'n probleem.  Ek vind darem ons kort toertjiee kos nie naastenby R816 per dag soos joue nie Danie.  Staankoste buite vakansie is seker 'n gemiddeld van R200.  Ons toer deesdae maar so vir sewe tot tien dae met die Skipper op 'n slag en staan dan by 'n aantal oorde. Die pryse wat gevra word, word ook maar getemper deur wat mense bereid is om te betaal.  Ek het pas op AirBNB vir 'n paar dae bespreek en minder as die helfte betaal vir 'n plek wat maar baie eenders lyk as die ander duurder plekke.  Ek het bietjie gaan kyk na ander datums by die plek en hulle is blykbaar gevul wat vir my sê die persoon kry 'n groter omset omdat sy pryse redelik is terwyl die konkurrente waarskynlik nie so vol is nie.

Oor die stelling wat gereeld deur binnelanders gemaak word as hulle Desember see toe kom,  dat winkels hulle pryse gedurende vakansies opstoot, sien ek nie.  Ons is sedert vroeg Desember by 'n kusdorp en ons het nie gevind dat dit die geval is nie.  Maar daar is twee kettingwinkels op die dorp wat dalk die verskil maak.

Jou broer het beslis 'n geheim wat ek graag met hom wil deel.  Watter verblyf het hy gebruik?  As jy deur AirBNB bespreek wat gewoonlik die laagste pryse bied, kos verblyf alleen ongeveer wat jou broer in totaal per dag betaal het.  Ek praat uit ondervinding want ons doen dit so nou en dan en natuurlik soek ek die beste aanbiedings.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Feb, 2022 @ 18:52:10 pm
Gisi
Silver Member
51% Profile Strength
Posts: 50
Joined: 14 Jan, 2021

Ek geniet die uiteenlopende sienswyse wat hier ter sprake is ivm vakansie in SA of oorsee aangesien ek nou in Engeland woon is ‘n mens se keuse onbeperk maar daar is heelwat wat enige vakansie in enige land maar pros en cons het.

kostes van vliegtuig kaartjies en onkostes ivm Covid wat uiteraard vinnig kan verander en die reistyd vanaf die bestemming tot jou einddoel

Na die skietery by die Numbi hek is daar heelwat Britte wat hulle vakansies gekanselleer het dit sal  nogal intressant  wees hoeveel buitelandse toeriste nou werklik in SA is

waarde vir geld , is daar nog kostes wat ekstra betaal moet word byv hoeveel etes word ingesluit in jou prys veral vakansies in byv Portugal, Griekeland as ‘n mens in ‘n hotel bly

Dan natuurlik wat  is die aantrekkingskrag  wat jou keuse gaan  beïnvloed en jou besluit om na ‘n spesifieke land te reis veral as familie lede wel daar bly en nou uiteindelik weer die grense oop is om by hulle te kan kuier 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Feb, 2022 @ 19:46:20 pm
Dries
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 87
Joined: 20 Sep, 2017
Experience: 39 years

En ek kan dit nie in my ingedampte brein kry waarom jy in die week R150 p/n betaal en dan naweke en "skoolvakansie R960 p/n vir dieselfde staanplek sonder fieterjasies, betaal nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Feb, 2022 @ 07:28:30 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20039
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek dink die grootste uitgawe is brandstof en tolgelde. As mens mooi soek is daar baie oorde wat billik geprys is om lekker vakansie te hou. Ek sien byvoorbeeld gister op TO Strand se website hulle het n aanbod van R900 vir 7 dae wat baie billik is, maar dit kos mens derduisende aan brandstof en tolgelde om daar uit te kom. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Feb, 2022 @ 08:52:01 am
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1507
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Ja, ek is geneig om saam te stem - dinge word duurder by die dag

Ons het ook afgeskaal met ons Desemberkamp - eerder nader aan Parys gekamp instede van 1450 km verder. Ons soek maar die laer geprysde kampe (let wel, nie "goedkoper" of swakker kampe nie) en probeer so waarde vir geld te kry. Sommige karavaankampe ruk regtig die mat onder die hoender uit!!

Dinge raak moeilik, en as jy nog 'n pensioenaris is, dan is dinge REGTIG moeilik.

Ons is nog bevoorreg genoeg om wél te kan kamp .... vriende van ons het maar tou opgegooi en sit nou by die huis ..........

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb, 2022 @ 08:21:39 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4710
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Almal is maar ongelukkig oor allerhande kostes wat styg, maar ek dink darem nie vakansiehou hoef buite ons as pensionarisse se bereik te wees nie.  Buite vakansietye is uitkamp nog heel bekostigbaar.  Hier by ons was 'n spesifieke kamp se Desemberfooie byvoorbeeld R750 per nag en vanaf 20 Januarie R195 vir pensionarisse,  As pensionarisse egter daarop aandring om in die duur tye uit te kamp by die baie populêre plekke, moet hule maar bereid wees om die tariewe te betaal.  Ek weet daar is pensionarisse wat graag saammet hulle kinders en kleinkinders wil gaan uitkamp, maar 'n mens moet maar jou rieme na jou vel sny.  Binne skoolvakansies was verblyf nog altyd duurder, dis nou maar so, so hoekom kla ons nou skielik daaroor? Die Desembertariewe het tog seker nie skielik hemelhoog gestyg terwyl dit nog 'n jaar gelede billik was nie. Ons moet ook onthou dat vakansiehou nie 'n mensereg is nie, dis 'n luuksheid wat nie almal beskore is nie  en kampeienaars is nie welsynsdienste nie- hulle bedryf 'n onderneming en netsoos elke ondernemer in watter bedryf ookal, doen hulle dit om 'n inkomste te verdien.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb, 2022 @ 08:47:06 am
Piet Ford
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 717
Joined: 05 Apr, 2019
Experience: 36 years

Alles het baie duurder geword. Petrol is so duur dat ons nou al twee keer dink om ons gunsteling plekke soos Kgalagadi /  Richtersveld / Namaqualand (Groenrivier) te besoek. Die KNP is amper n derde van die afstand.  Spaar amper R4000.00 (met die karavaan) in diesel om eerder KNP toe te gaan. 

Toe die kinders nog nie eens op skool was nie het ons (as reg onthou) R18.00 n dag betaal vir kamp by Natalia elke jaar. Waar trek ons nou al om daar te kamp. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb, 2022 @ 09:28:25 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4710
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek het nou sopas 'n berekeing gedoen oor hoeveel 'n vakansie nou sou kos teenoor die middel negentiger jare toe ons so elke tweede jaar die hele Desembervakansie saammet ons kinders gaan toer het.  Ek het toe 'n dertiende tjek ontvang waarvoor belasting elke maand afgetrek is sodat ek die volle bedrag aan die begin van Desember ontvang het.  As ons gaan toer het, het die dertiende tjek ten volle vir die toer gegaan.  As ek nou met die salaris wat ek waarskynlik sou ontvang as ek nog gewerk het, sou gaan vakansie hou, sou dit ongeveer ook 'n volle maand se salaris, selfs ietwat minder, kos.  Dit dui daarop dat vakansiekoste maar tred gehou het met inflasie en dat dit nie nou duurder is as in die verlede nie.  Ons is geneigd om vandag se pryse met toentertyd s'n te vergelyk en vergeet dat ons inkomste destyds baie laer was as nou.

Ek dink ook pensionarisse wat nie 'n dwingende rede (soos kinders en kleinkinders) het wat hulle half verplig om Desember te gaan kamp nie, is selfsugtig.  Hulle neem 'n kampplek op wat ouers met kinders op skool dus nie kan benut nie. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb, 2022 @ 11:20:56 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Fred ek onthou ook hoe ons n hele vakansie kon gaan hou met ons bonusse, met n bietjie vooraf-betalings. Die verskil is dat ons vakansies gehou het as n GESIN, vier van ons. Dit maak die huidige koste n bietjie uit balans, waar ons nou vir net TWEE mense voorsiening moet maak. Ons het ook nooit gedink aan die petrol-koste nie, dit was nie n faktor nie. In vergeleke met die verblyfkoste was petrol niks nie. Deesdae kyk jy met groot oë na die distansie en begin jou berekening daar. Toe ek jonk was was daar nie n kompetisie tussen luukse lodges en karavaanparke nie, deesdae is dit vir my asof dit een begrip is : lodges en parke. 

En dan is daar ons vrees dat goedkoper kampplekke oorgeneem word deur mense wat net goedkoop kan hanteer. Ons is vasgevang in die nuwe Suid Afrika, of ons dit wil erken of nie.

Selfs by plekke soos Die Eiland en Tsipize het busse vol "studente"opgedaag en was die atmosfeer skielik nie meer soos wat "ons" dit sou wou verkies nie.  

You'll never never know if you never never go
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb, 2022 @ 11:28:15 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Ek voeg net by : Dit hang ook af WIE die bestuur is wat daar toegelaat word.

Dis tragies dat n plek soos Beloftebos by Stanford so getreiter word deur twee gay meisies wat daar wou trou en die bestuur as gevolg van hulle geloof die troue geweier het. Die saak dien nou in die hof en die meisies is bloot hardegat, ek is nie eens seker WAT hulle eis nie. Maar dit plaas n ernstige probleem op die term "toegang word voorbehou" wat, dit lyk my, niks beteken nie. Beloftebos het alle troues by hulle nou gestaak, ek sou ook. Wie de hel beskou hom/haar so verhewe dat hy/sy hulle teenwoordigheid wil afdwing. Dis dieselfde as wanneer n klomp sataniste by n lodge wil oorbly en katte begin slag en die eienaar mag hulle nie verbied nie.  

You'll never never know if you never never go
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb, 2022 @ 12:00:13 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4710
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ja, dis maar 'n probleem wie om toe te laat en wie nie. Ek beny die oord-eienaar wat met so-iets gekonfronteer nie, want soos die Engelse sê "If you do you die, if you don't, you die".  Ek moet sê ek dink nie ek sou die twee dames toegang geweier het nie.  Ek hoop nie dit bring nou 'n nuwe polemiek nie.

Wat die kosteberekening betref, dit is wel waar dat ons in die negentiger jare vyf was en nou net twee, maar einlik is die verskil net voedsel en vermaaklikheidskoste. Eintlik moet voedsel uit die vergelyking gelaat word want dis 'n koste wat daar is ook by die huis.  In ons geval is die verskil in sleepvoertuie sekerlik ook 'n verskil aangesien sleep met die Kuga veel ekonomieser is as vroeër met 'n Kombi.  Maar soos ek genoem het, dit lyk of die huidige kostes goedkoper sal wees as voorheen, so en meen my stelling is reg dat vakansies nie juis duurder geword het nie.  En die vraag was tog of vakansies aansienlik duurder geword het of nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb, 2022 @ 12:14:27 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

As jy by Baden (Montagu) gaan kamp MOET jy n LID van die plek wees. Om n lid te word moet jy handtekeninge van TWAALF huidige lede kry. As jy nie n lid is nie moet jy nie eens probeer aanklop nie.  Geen mans met oorbelle word toegelaat nie. Geen tatoo's nie. Daar is geraas-meters by die swembad. GEEN radio's laat aand nie. Jou kinders is JOU verantwoordelikheid.

DIS my plek daai.

Warmwaterbron

Koue swembad

Pragtige skoon geriewe, permanente skoonmakers

Baie bome

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb, 2022 @ 12:30:39 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4710
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ons het 'n paar jaar gelede daar gekamp vir 'n paar dae en toe was daar nie sulke vereistes nie, so ek skat hulle het seker hulle reëls verander. Oor die kwaliteit van die plek stem ek saam. 

Ek het gou op hulle webwerf gaan kyk en dit sê nie-lede kan wel buite seisoen toegelaat word. 

Montagu park in die dorp en Silwerstarnd by Robertson pas ook hulle reëls streng toe, hoewel dit nie so ekstremisties is nie.  Geen van hulle reëls pla ons nie, so ons bly lekker daar.  Reëls wat afgedwing word,  maak die verblyf vir beskaafde mense aangenaam.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb, 2022 @ 12:51:10 pm
Hennie Botha
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1458
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

As jy by Baden (Montagu) gaan kamp MOET jy n LID van die plek wees. Om n lid te word moet jy handtekeninge van TWAALF huidige lede kry. As jy nie n lid is nie moet jy nie eens probeer aanklop nie.  Geen mans met oorbelle word toegelaat nie. Geen tatoo's nie. Daar is geraas-meters by die swembad. GEEN radio's laat aand nie. Jou kinders is JOU verantwoordelikheid.

DIS my plek daai.

Warmwaterbron

Koue swembad

Pragtige skoon geriewe, permanente skoonmakers

Baie bome

 

Gaan hulle my toelaat met my tatoo op my boud?🤣 Ek glo nie hulle sal so ekstreem raak soos vroeer jare by 1 Valskerm battaljon, en jou laat ontklee om te sien of daar enige tatoos is nie.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb, 2022 @ 16:43:09 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1346
Joined: 15 Dec, 2012
Experience: 9 years

Hennie die aanteken van tattoes was soos die rekord van jou tande - om uitkenning te vergemaklik sou dit nodig wees.  'n Tweede rede was om te kyk of jy nie dalk verdere tattoes aangebring het nie aangesien dit teen die reëls was - juis om te verhoed dat lede dalk besmet word deur onsteriele plekke te besoek.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb, 2022 @ 19:52:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

En ek kan dit nie in my ingedampte brein kry waarom jy in die week R150 p/n betaal en dan naweke en "skoolvakansie R960 p/n vir dieselfde staanplek sonder fieterjasies, betaal nie.

Het n paar plekke vandag bespreek vir Maart. 

Midweek R150 p/n en naweek soveel as vir die hele week.

Verstaan dit ook nie.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb, 2022 @ 21:12:39 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20039
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Daar is n ou wat ek op facebook volg wat tent en karavaan kampering doen. Hy doen gewoonlik Desembers toere onder andere die Weskus. Hy het uitgewerk wat die verskil in vakansie kostes sou wees as hy al dieselfde plekke besoek, maar tussen karavaan en tent. Hy kry met trailer met tent in so 11-12km n liter en met sy karavaan so 7km as hy mooi ry. Net aan brandstof op sy toer sou hy R4800 gespaar het op brandstof as hy sy luuksigheid van karavaan sou opgee vir tent vakansie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Feb, 2022 @ 07:52:08 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20039
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het oor naweek n kwotasie vir n ou gedoen wat omtrent 22x eiendomme besit. Hy vra my toe hoekom soveel, want 2x boytjies van die straat kos R**.00 en materiaal R**.00 en ek vra R**.00. Ek sê toe vir hom...is reg, ek sal teen kosprys doen, maar sal dan graag ook sy eenheid wil huur teen kosprys {wat basies net levies is} Hy het gou die boodskap gekry dat almal iets moet verdien om kos op die tafel te sit. 

Oord eienaars het ook uitgawes en personeel wat betaal moet word. Hulle wens is miskien ook om met n R1miljoen sleep kombinasie te koop soos baie van ons het. En waar kry ons daai R1miljoen vandaan? ......profyt wat jy gemaak het van jou kliente. En hoe het daai profyt gekom....deur minimaal te vra, of mees moontlike profyt?

Ek lees gedurig op n ander blad waar lank staanders kerm en kla sodra tarief oor die R2000 per maand gaan....snedige opmerkings word soms gemaak teenoor oord eienaar. R2000 n maand is R65/dag.....wonder of hulle bereid sal wees om vir R65/dag iemand se gras te sny, stort en badkamers skoon maak, elektrisiteit betaal {Waar baie aircon permanent aanlos}, sekuriteit bied, erfbelastings betaal, water betaal.....en as daar probleem sou opduik soos lekasies of ander standaard onderhouds probleme. Ek kan noem...daar is bittermin huise wat se munisipale rekening onder R2000 per maand is en dit sluit nie eers al daai dienste in waarop mens aandring nie.

Party keer dink ek baie van ons kla nie met n witbrood onder die arm nie, maar met n sak biltong en rump steak...

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Feb, 2022 @ 08:47:48 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4710
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Netso Geert, dis hoe ek ook voel.  Ek moet net noem dat ek nog nooit enige werk as kontrakteur gedoen het nie, so ek dink ek is onpartydig. Ek was maar lewenslank 'n salarisverdiener, maar ek verstaan dat elke ou geregtig is op billike vergoeding vir die dienste wat hy lewer.  Ons is almal geregtig om te onderhandel en die beste prys te soek, maar ons moet nooit verwag iemand moet iets vir ons doen op sy koste nie. Ek kry die idee dat baie mense meen hulle is welsynsgevalle as hulle iets wil koop maar as hulle die dienste moet verskaf, soos deur 'n salaris te verdien, moet hulle topdollers betaal word. Ek dink 'n mens moet maar altyd die beginsel in gedagte hou dat jy aan ander moet doen soos jy wil hê hulle moet aan jou doen. En as jy nie iets kan bekostig nie, aanvaar jy dit eenvoudig. Almal kan nie alles hê wat hulle begeer nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Feb, 2022 @ 09:11:08 am
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1507
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Ware woorde beide Geert en Fred .... maar, ek het ook 'n ander sy in hierdie "prys" sage ondervind.

In my tyd was ek, onder vele van my pligte, lp 'n tyd ook die Kontrakte bestuurder by ons groot, internasionale maatskappy.

As sulks moes ek dan die pryse van ons verbruikers items met tye aanpas, hetsy dit vervaardiging verhogings, invoere, aanpassings vir inflasie, of die Dollar/Suid Afrikaanse Rand wisselkoers was. Ek sal erken dat ons Maatskappy die reel baie mooi toegepas het en slegs skommelings van 5% - hetsy dit op of af (!) was - goed toegepas het. Wanneer 'n prysverlaging op die tafel gekom het was die kliente (myne, kragstasies, motorvervaardigers ens.) baie vriendelik, maar boeta, met 'n prys verhoging wqs dit oorlog! Vergaderings op vergaderings, "potlood skerpmaak"sessies en dies meer.

Maar dan .... wanneer krag, steenkool, ander kommoditeite se pryse verhoog was, was dit sommer net gedoen!

Was ook maar moeilike tye!

Was ook opmerklik hoe verskillende motorvervaardigers hulle pryse op sogenaamde "O.E" pryse beding het. Ons het menigmaal motoronderdeel items  ens. in die verskillende vervaarders se "boksies" gepak en geweet dat die prys tussen elke vervaardigers hemelsbreed sou verskil teen die prys wat dit by ons aangekoop was!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb, 2022 @ 17:12:56 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Die naweek by Mbizi is R 599.00 p/n. 

Plus n R100.00 addissioneel.

So R1400.00 vir die naweek en jy hoor n paar sangers sing.

Dis nou sonder die diesel en en.

Nee wat dis nie die moeite werd nie.

Geen afslag vir pensioenaris nie.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb, 2022 @ 07:08:16 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20039
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Sjoe...is dit wat Mbizi al vra? Dis nou een plek op my lys waar ek nie eers gratis heen sal wil gaan nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb, 2022 @ 19:30:24 pm
Kierie
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 164
Joined: 01 Feb, 2021
Experience: 13 years

Sjoe...is dit wat Mbizi al vra? Dis nou een plek op my lys waar ek nie eers gratis heen sal wil gaan nie.

Wat maak dit so sleg daar? Ons het n naweek geboek in Maart daar..my meisiekind het n netbal toer daar naby nou gaan "hou ons n ogie".

If its worth doing, its worth doing well.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb, 2022 @ 19:45:39 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20039
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Wat maak dit so sleg daar? Ons het n naweek geboek in Maart daar..my meisiekind het n netbal toer daar naby nou gaan "hou ons n ogie".

Oord is okay.....bestuur

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb, 2022 @ 06:42:16 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20039
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek lees daar is n karavaanpark in die mark aan Natalse suidkus wat reg op die strand is. In advertensie word ook genoem dat koper die plek kan ontwikkel in eenhede. Ek kan amper nie glo dat daar n koper sal wees om daai aardige bedrag te betaal en dan kry mens hordes kliente wat nie gemaklik is om meer as R2000 per maand of R150 per dag te betaal nie. My gevoel is dat daar n koper sal wees wat die plek sal ontwikkel en ons aan nog n karavaanpark totsiens sal sê.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb, 2022 @ 20:21:06 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4710
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ons was pas vir drie dae by Chapman's Peak karavaanpark en hy is ook in die mark. Dis glo al vir drie jaar en die waarskynlikheid is dat n koper ook hier n luukse oord sal oprig. Die park is nie die beste wat ons al besoek het nie, maar heel gesellig en rustig en die ablusies word goed onderhou. Die omgewing is regtig baie mooi en dis n ideale plek om die suidelike skiereiland vanaf Muizenberg suid te verken.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required