Ons het daar gaan inloer as dagbeskoekers jare gelede....moes baie vroee 90's gewees het. Daai tyd was daar nie al daai ekstra toerisme aantreklikhede soos zipline ensovoorts gewees nie....net natuur besigtig. Meeste het fotos geneem van daai oorhang klip. Ek kan nie onthou of daar toe al n kamp terein was nie. Wat ek wel kon onthou was.....daar naby was n pragtige roete tussen n tonnel van bome.....amper gelyk soos daai klein paadjies onder by Stormsrivier brug
Dit sal jy onthou. Horse Shoe en die hangklip links op die foto.
Die is een van die uitkyk plekke in Lake Eland.
Lankste longdrop in die wereld.
Terug na die onderwerp.
Waar kamp ek?
Is dit nie weer Rondeberg nie?
Vergeet! Iemand het dit al geplaas.
Hierdie oord het ek ook net 1x besoek in die vroeë 90's. Was toe nog baie stil en afgeleë
Port O Call naby Travalgar.
My swaer het gereeld daar gekamp. Nie te lank gelede daar verby gestap tydens 'n strand skoonmaak veltog. Ook nie te ver van die nudiste strand nie.
Port O Call naby Travalgar.
My swaer het gereeld daar gekamp. Nie te lank gelede daar verby gestap tydens 'n strand skoonmaak veltog. Ook nie te ver van die nudiste strand nie.
In die kol. Toe ek nog op skool was, het ons heelwat keer daar saam met my ouers gegaan....maar in n huis. Trafalgar was toe vreeslik verlate.....net hier en daar n huis gewees. Dit was so stil....soms oor paas vakansies was ons op n mooi dag so 30 op die strand. Die meeste het dan van San Lameer se kant gekom. Vir ons kinders was die plek maar aan die boring kant gewees...het lewe gesoek....Margate
Die reuk is erg wanneer die wind van die weste waai. Waar?
Dit is waarskynlik iewers aan die Weskus waar daar 'n rob-kolonie op 'n naby-geleë eiland is. Yzerfontein met Dasseneiland na die weste?
Nee.
Ek vermoed die een sal dit weggee.
Ek het gewonder of ek nie dalk Lambertsbaai moet raai nie.
Ekself was jare gelede (1998) laas daar toe ons net een aand daar oorgestaan het.
My suster-hulle het in die mid-70's daar gewoon. Ek het lekker herinneringe aan ons kreef-uithaaldae.
Die eerste foto was geneem op die strand voor die munisipale woonwapark. Twee dae gestaan om die area te verken. Staanplek met privaat ablusie. Weet nie of die plek nog aan die gang is nie maar was toe al afgeleef.
Heelwat om te sien in die omgewing waarvan Bird Island 'n moet is.
Daar is ander kampplek buite die dorp in die rigting van Muisbosskerm maar die naam ontgaan my nou. Het nie daarvan geweet nie toe ons daar was.
Malkoppan?
Ja. Dis hy. Blykbaar aangenaam.
Waars dit?
No idea Geert, other than Mopani bushveld? And very regimentally laid out.
Die padtekens waarsku geen woonwaens. Dis darem net sleepwaens.
Relaxed camper- dit lyk soos Dinokeng Camp and leisure?
Dis hy ja! Tans een van ons gunsteling plekke om te gaan kuier
Gister daar gaan inloer. Dis 'n gawe kamp maar die koelte is maar skaars en ek is nie mal oor die uitleg(lyk soos dambord so langs mekaar in blokkies)! Sal hom egter merk vir winterkamp-intussen kamp ek graag by ALMEGA met baie meer spasie, koelte en privaatheid (maar my persoonlike opinie).
Gister daar gaan inloer. Dis 'n gawe kamp maar die koelte is maar skaars en ek is nie mal oor die uitleg(lyk soos dambord so langs mekaar in blokkies)! Sal hom egter merk vir winterkamp-intussen kamp ek graag by ALMEGA met baie meer spasie, koelte en privaatheid (maar my persoonlike opinie).
Dis waar......ek dink baie van die kampeerders broei uit daar oor n maand soos Desember. Ons het nou beide keer op 20 gestaan wat ook maar baie son is, maar gelukkig in koeler maande waar dit nie veel pla nie. Ek hou baie van die spasie en groot staanplekke....paving ook n bonus