Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Raad nodig - op soek na kampeer plek.
Miskien soek ek nou na wors in 'n hondehok, maar miskien kan iemand tog raad gee.
Ek is op soek na 'n plek of twee binne sê maar 'n 200 kilometer radius vanaf Kaapstad waar jy teenaan viswater kampeer, waar die wind jou nie weg waai nie, en wanneer die wind nie waai nie die muggies, muskiete, vliee en brommers jou nie probeer opvreet nie.
Ek besef die wynplase in die Rawsonville omgewing is die logiese oplossing, maar as pensioenaris sien ek nie kans vir hulle tariewe teen wat hulle bied nie. Die Breërivier is 'n ander opsie, maar ai tog, dis of weg waai of raak opgevreet - jou keuse.
Dit lyk vir my asof die vele vlieghengel plekke nie 'n bestaan kon maak nie. Jy hoef net te kyk na die karige vlieghengel toerusting in die hengel winkels om te besef dit is 'n dissipline wat aan die uitsterf is in die Kaap omgewing. (du Toitskloof se strome kan jy nie ongewapen hengel nie).
Terloops, ek is 'n varswater hengelaar.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Wat van Onrus met so onder R4000 vir pensionaris maand tariewe. Daar is nou nie visvang nie.
Jy kan gerus vir Rivierzicht langs die Breërivier probeer. Kort voor Robertson. Lekker grasperk-kamp, lekker visvang, kano-ry, goeie geriewe. Tel 023 626 2013. Ons het die afgelope naweek daar gekamp. Iemand het n 6kg vis gevang.
You'll never never know if you never never go
Pieter, hier het Danie nou 'n lekker plekkie vir jou aanbeveel.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Silwerstrand op die walle van die Breederivier net buite Robertson is ook 'n moontlikheid. Ek ken nie Rivierzicht nie, maar dit lyk ewe gesellig. Ek skat die twee moet naby mekaar wees. Die kere wat ons by Silwerstrand was, het die wind nie gewaai nie en muskiete en muggies het ons nie aangeval nie, maar moontik was ons net gelukkig. Die eienaars handhaaf 'n hoë standaard en dwing hulle reëls streng af. Ablusiues is nuut gebou en puik en daar is ook 'n kouewaterswembad- weet nie of hulle dit dalk intussen verhit nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, ons is ook Silwerstrand-kampeerders, maar visvang is nie juis lekker daar nie, Kanneman soek daai grote. Ons laaste besoek by Silwerstrand was heerlik, MAAR daar was iemand wat twee speedboats getoets-rit het op die kort stukkie water tussen die keerwal en die "rappids" gedeelte stroom-op. Dit was nie aangenaam vir ons kajak-ouens nie.
Daar is ook Skurwekrans, langs Rivierzicht, wat ook groot-luuks is.
Kanneman, jy kan ook Bonnivale River Lodge probeer, ek het gesien hoe trek n man n reuse vis daar uit. Heerlike bome, baie goeie bestuur.
Klipkrans lê direk langs die R43, op die Breërivier, tussen Villiersdorp en Aan de Doorns kelder. Die rivier is breed daar, en word ook deur die Felix-Unite kano-mense gebruik.
Op die Weskus kan jy ook gaan staan by Dwarskersbos en gaan lyn natmaak in die grote Bergrivier.
You'll never never know if you never never go
Pierre, baie dankie. Ons ken Onrus maar alte goed. Ongelukkig moet 'n ou vêr ry om in varswater te hengel.
Danie, baie dankie. Hoe lyk die skaduwee daar? Februarie is mos die warmste maand, en ons wil vir 'n week gaan leeg lê. Is dit naby Skurwekop?
Fred, ons is goed vertroud met Silwerstrand. Inteendeel, ons is goed verstroud met die Breerivier. Dit is waar ons wind en/of insek ervarings vandaan kom.
Maar baie dankie sovêr ouens. Ek hou duim vas daar kom nog heelwat goeie raad.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Dankie Dansan. Ons het al die genoemde plekke insluitend Nightsky by Bonnievale al gereeld besoek. My vrou is gaande oor Klipkrans, want WiFi is verniet, en haar iPad hou haar besig solank ek hengel, maar ai, die muggies vreet jou op!
Skurwekop het seker die mooiste ablusie langs die rivier, en dan het ons ook by Boetie se plek gekamp waar die toilet met deursigtige net omhein is. Daar is nog 'n plek in die onmiddelike omgewing waar die ablusie van hout geboutjies gemaak is. Die naam het my ontval.
Ons was ook al by Silwerstrand nadat die Montagu Karavaan Park ouens die plek oorgeneem het. Die bote op die rivier is nie 'n lekker ding vir 'n hengelaar nie, en hulle het geen beheer daaroor nie.
Ons is goed bekend met Dwarskersbos. Ek wag geduldig vir die elwe om te kom.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Cape and no wind, since moving down to Gansbaai, we have found that the two go hand in hand. It's not question of if the wind will blow, but how hard ðŸËÂ.
Gansbaai Caravan Park is right at the harbour on the rocks.
One too many wasted sunsets, one too many for the road.
This is getting a bit off Pieters's question but what the heck- let the discussion go on! We had a look at Gansbaai caravan park next to the harbour and did not like it. Standsfontein near Franskraal to my mind is a better option. It is much neater and safe, although I don't know if Gansbaai is unsafe. The other municipal camping ground at Uilenkransmond (Franskraal) looks better but I don't feel safe there- too acccesable to the criminal poacher element.
Pieters, ek hengel nie, so of 'n plek goed is daarvoor of nie, weet ek nie. Ek het nogal gedink as ek wou hengel, lyk Silwerstand goed. Ons koop maar ons vis verkieslik by die winkel op die hawe as daar een is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
What I can tell you is that rock and surf fishing around here is incredibly difficult. The stocks are so badly depleted that many popular species are sitting at less that 15% of their pristine levels. In the last 18 odd attemp's up and down the area my boet and I have not caught one decent edible fish. We catch small Sand Sharks and Pyjama Sharks mainly. Catching is mainly done off a boat in the kelp beds or over a reef.
For this reason I would suggest that you may have more success estuary fishing and being slightly away from the coastline. This way you can target Grunter and the like.
Yellowtail is predominately caught offshore.
Kabeljou is now at 5% of their pristine level.
Geelbek is about 10 - 11% of their pristine levels. These are caught mostly off the boat.
It's tough standing for 4/5 hours in the early morning / late evening, wind blowing and not catching anything. Even the seasoned local fishermen battle.
My suggestion would be a campsite on a estuary / river system if angling is important.
Down here the locals have two terms for fishing. I someone asks "wil jy gaan visvang" then understand that you will be going out on a boat. But if someone asks "wil jy gaan hengel" then know that you will stand on the sand or rock rod in hand.
One too many wasted sunsets, one too many for the road.

Jy kan gerus vir Rivierzicht langs die Breërivier probeer. Kort voor Robertson. Lekker grasperk-kamp, lekker visvang, kano-ry, goeie geriewe. Tel 023 626 2013. Ons het die afgelope naweek daar gekamp. Iemand het n 6kg vis gevang.

Ek het ouder gewoonte eers na die terugvoer op Google gaan kyk. Daar volgens behoort ons liewer verby te hou. Julle het dit duidelik gelukkig getref.
Maar dankie vir die deel van julle ervaring.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.

Jy kan gerus vir Rivierzicht langs die Breërivier probeer. Kort voor Robertson. Lekker grasperk-kamp, lekker visvang, kano-ry, goeie geriewe. Tel 023 626 2013. Ons het die afgelope naweek daar gekamp. Iemand het n 6kg vis gevang.

Dansan, ja ......, en moes hom toe terug-gooi, Hul 'n catch +release policy , anders sou ek ook bitter graag daar wou gaan staan eendag.
One is never too old too learn


Miskien soek ek nou na wors in 'n hondehok, maar miskien kan iemand tog raad gee.
Ek is op soek na 'n plek of twee binne sê maar 'n 200 kilometer radius vanaf Kaapstad waar jy teenaan viswater kampeer, waar die wind jou nie weg waai nie, en wanneer die wind nie waai nie die muggies, muskiete, vliee en brommers jou nie probeer opvreet nie.
Ek besef die wynplase in die Rawsonville omgewing is die logiese oplossing, maar as pensioenaris sien ek nie kans vir hulle tariewe teen wat hulle bied nie. Die Breërivier is 'n ander opsie, maar ai tog, dis of weg waai of raak opgevreet - jou keuse.
Dit lyk vir my asof die vele vlieghengel plekke nie 'n bestaan kon maak nie. Jy hoef net te kyk na die karige vlieghengel toerusting in die hengel winkels om te besef dit is 'n dissipline wat aan die uitsterf is in die Kaap omgewing. (du Toitskloof se strome kan jy nie ongewapen hengel nie).
Terloops, ek is 'n varswater hengelaar.

Kanneman, ka jy vir my vlieghengel areas uitwys asb. innie verskeie provinsies, waar jy al geniet het.
Sal hoog waardeer.
One is never too old too learn

Kleine Paradys just outside Piketberg on the road to Veldrif. On the banks of the Berg River. Most sites have shade cloth covering and all have private ablutions. Have seen people catch fish there. I'm not a fisherperson so don't ask me the fishy details!!


Kanneman, ka jy vir my vlieghengel areas uitwys asb. innie verskeie provinsies, waar jy al geniet het.
Sal hoog waardeer.

Ek het vir baie jare aan die Lourensford Vlieghengel Klub hier by Somerset Wes behoort, maar nie meer nie. Die kostes het buitensporig geraak. Ek het een maal per week gaan hengel teen R 182 per week net vir brandstof. Toe ek sien dit kos my meer as R 13000 per jaar, slytasie en vliëe uitgesluit, het ek tou op gegooi. Jy moet die forel ook terug gooi.
Ek het al 'n paar keer by Jozini dam in Noord Natal tiervis gehengel met die vlieg, en taamlik gereeld by Dullstroom in Mpumalanga gaan forel vang. By Clarens het ek gehengel terwyl daar ys op die water was. Ek weet nie of ek weer die karavaan so ver sal sleep nie. My inkomste hou nie tred met die lewenskoste nie.
Ek het in du Toitskloof ook gehengel, maar daar breek hulle jou kar oop en loop rowers rond. Net anderkant Caledon is daar 'n plaas met 'n paar damme.
Rawsonville het 'n paar plekke, en ook in die omgewing van Stellenbos en Tulbag.
Ek vermoed baie van die plekke hou nie meer forel aan nie aangesien jy voorraad moet aanvul, en dit raak ook nou onbetaalbaar. Die goed teel mos net onder sekere omstandighede, en glad nie in 'n dam nie.
Die beste raad wat ek jou kan gee is om by hengel winkels wat vlieghengel toerusting aanhou navraag te doen rakende plekke in hulle omgewing.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.

Kanneman, ka jy vir my vlieghengel areas uitwys asb. innie verskeie provinsies, waar jy al geniet het.
Sal hoog waardeer.

Belfast en Dullstroom hier in MP lekke vlieg hengel
Haak daai wa kamp bly koning
Jy kan ook Rondeberg Resort buite Clanwilliam probeer. Daar is gewone staanplekke en ook staanplekke met privaat ablusie fasiliteite. Dit is langs die Bulshoekdam, so varswaterhengel is deel van die ervaring.

Dankie aan almal wat hengel-plekke voorgestel en insette gelewer het.
Ek maak noukeurig opname in my swart-boekie.
Dankie weereens.
One is never too old too learn

Ek dink nou aan De Hollandsche Molen 🤷ðŸÂ¼ââ¢âï¸Â
Oppad na die volgende kamp.
