Dagse.
Is daar enige forum lede wat by Riverside. Kimberley kamp gedurende Desember. Of voornemende kampers.
Kom maak kennis .
Ek en Elma sal vanaf maandag tot 18 Desember weer daar wees terwyl Lucy en Phillip weg is.
Sien julle 27 Desember by Parys.
Lyk my jy gaan hierdie vakansie lekker rondrits?
100% sodra ons terug is van Riverside, ry ons Parys toe. Het n afspraak die 21 ste daar met Elma se kinders.
Jip ons is rond-reisendes. 😁😎
Sal dalk 'n draai maak by Parys as ons terug is van Merry Pebbles af. Net so dag besoekkie.
Welkom enige tyd. Ons beplan om te bly tot in Januarie.
Chapperig dalk bring ek net 'n tent saam net so vir 'n nitecap!
Ons 2 karavane (saam met Faan Rabie) het by Riverside gekamp tydens ons blomme toer gedurende Oktober .... pragtige plek, en hoogs aanbeveel
Laat weet GERUS wanneer julle hier in Parys is - sal graag ontmoet!
Nico by nicow039 by (@) gmail.com
Werks vriende het ook al daar oornag oppad huistoe gedurende Des vakansie. Hulle het die plekkie ook sterk aanbeveel.
Ons 2 karavane (saam met Faan Rabie) het by Riverside gekamp tydens ons blomme toer gedurende Oktober .... pragtige plek, en hoogs aanbeveel
Laat weet GERUS wanneer julle hier in Parys is - sal graag ontmoet!
Nico by nicow039 by (@) gmail.com
Dankie. Ons hou julle posted. Soos gesê.. ons gaan hele ruk daar staan.
Miskien moet ons n braai reel vir 27 Des by Parys die middag. Kan lekker wees.
Klink goed. Ek wag vir julle.
Hoor net wat se Leon en Jin (Chuck) om n dag vas te maak. Schalk glo ek sal daar wees..
As ons so aanhou.. kaap ons sommer die draad om n mini saamkamp te reel.
Yep. Wa moet km op kry.....lol
Stem, anders word sy wiele ovaal. Hulle moet rond bly.
Ek en Bekkie Bokkie Baby het daar verby gery omdat ons program bietjie beter verloop het as wat ons geskat het en ons het toe by Orania ge-eindig. Sal volgende keer beslis daar wil inloer.
Klink goed. Ek wag vir julle.
Hoor net wat se Leon en Jin (Chuck) om n dag vas te maak. Schalk glo ek sal daar wees..
Wat van die 28 Desember.
Ons ry die 27 Des van Hartbeeshoek af na Parys toe.
Tensy julle gou gaan help opslaan dat ons kan braai......lol.
28 klink ook reg, hoeka n Saterdag. Of wat praat ons oom Johan. Gaan ons dit so reel.
Jin, het een ding geleer, niks is GOU nie. Sal jou moet los dat jy vertroud kan raak met opslaan. LOL
Wel. Dis dan saterdag die 28ste.
Enige ander kampers wat wil kom saam geniet.
Welkom.
Laat weet dat ek kan orders uitdeel.
28 klink ook reg, hoeka n Saterdag. Of wat praat ons oom Johan. Gaan ons dit so reel.
Jin, het een ding geleer, niks is GOU nie. Sal jou moet los dat jy vertroud kan raak met opslaan. LOL
Ek kan dit doen, dit gaan net stadig met die 9 x ribbes wat 12 x gebreek het.
Darm is hulle nou aanmekaar en nog styf.
Julle moet dit geniet. Ek sal eers op 'n ander daggie daar 'n draai kan maak. Ek kamp in die Laeveld tot die 30ste toe.
Onthou die tyd van die jaar is elke dag 'n Saterdag behalwe natuurlik op 'n Sondag.
Hoe ver is dit van jy afdraai van die Kimberley Kaap pad en hoe is die pad se toestand na die plek toe.
Naand.
By die Rirchie kruising by Modderrivier. (+- 30kilos vanaf Kimberley.)
Regs af vanaf N12 na Ritche. = +- 2 kilos teerpad. Sien die afdraai na Riverside.
Ongeveer 400meter links af na rivier en oord.
Baie dankie oom. Sal dit een of ander tyd besoek