Warmbaths, ‘n Forever Oord - Bela-Bela, Limpopo
Kamp & Leef Gekose Oord
Verkwikking vir die siel: Warmbad, A Forever Resort is geleë in die hart van Bela-Bela in die Limpopo Provinsie. Bekend vir sy pragtige natuur, sy minerale-waterbron en warm baddens. Daar is geen beter plek om in die natuur te rus terwyl u denke, liggaam en siel ontspan nie. Die oord bied verblyf aan in goed toegeruste, selfsorg chalets en ook in luukse hotelkamers. Indien u egter ‘n ywerige buitelug entoesias is, waarborg die kamp/woonwa-staanplekke (met krag voorsien) om aan al u verwagtings te voldoen. Besoek die “Hydro” vir die baie nodige verligting van spanning, ontspan in die Jacuzzi of geniet een van die vermake.
Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.
Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm
Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.
Moet net nie soontoe gaan na middel maand pay day of einde van die maand pay day nie.
Dis dan chaos daar.
Andersins baie lekker. Ek geniet die Hydro en die cable ski baie.
Nee wat....ek bly maar permanent weg van daai oord. Ek het nog nooit daar verby gery dat daar nie hordes busse buite staan vol dagbesoekers nie....enige tyd van die maand. Gelukkig is daar darem ander keuses in daai omgewing....
Ons het al baie daar gekamp. Jy moet net weet wanneer om daar te wees.
Self het ons ook al baie daar gekamp en fotos geplaas van hoe lekker ons basies alleen daar kamp en die swembad basies vir onsself gehad het. Veral in die wintertye... My vrou wil heeltyd net warmbad toe.....
Crowd and noise control is very highly enforced, go and enjoy yourself