I've always wanted to camp right in the heart of the Hex River Valley so as to experience it to the core... there, between those huge mountains and lush vineyards...
We are planning a trip through the Hex River Valley, as travelled between Touwsriver and Paarl, during March of 2022.
Which Caravan Park or Camping Site would you recommend as the site ideal for our expectations.
Hex River Valley experience
Go to https://hexrivervalley.co.za and download a copy of the map
Contact
KLIPHEUWEL 023 357 9018 or 082 901 1381 gerda@hexvallei.co.za
IMPANGELE MOUNTAIN RESORT. Laetitia Jordaan 083 292 0348 impangele@hexrivervalley.co.za
Julle kan ook Goudini Spa naby Worcester van die ATKV oorweeg, maar daar was onlangs 'n paar negatiewe terugvoerings oor dronkenskap by die oord, as ek reg onthou, oor naweke. Ons was 'n paar jaar gelede daar en het dit heel aangenaam gevind, maar ek aanvaar omstandighede kan verander. Dit was toe aansienlik goedkoper as Klipheuwel waarskynlik oor die afslag wat ons as ATKV lede ontvang.

Was nou April daar, Al betaal hulle my vir n maand se gratis bly, dankie maar nee dankie.
Hex River Valley experience
Go to https://hexrivervalley.co.za and download a copy of the map
Contact
KLIPHEUWEL 023 357 9018 or 082 901 1381 gerda@hexvallei.co.za
IMPANGELE MOUNTAIN RESORT. Laetitia Jordaan 083 292 0348 impangele@hexrivervalley.co.za
Dankie Hennie, die kanse is baie goed dat ons wel by "Klipheuwel Farm Venue" gaan oornag... dit lyk heel goed en is inderdaad midde in die Hexriviervallei.... hmmmmmmm ons sien baie uit daarna!
Geniet die omgewing, daar is baie om te sien en te doen.
WAARSKUWING
moet asb nie in die De Doorns omgewing, op die N1, vir vrugte of groente Stop nie. Baie gevaarlik.
Groete
Geniet die omgewing, daar is baie om te sien en te doen.
WAARSKUWING
moet asb nie in die De Doorns omgewing, op die N1, vir vrugte of groente Stop nie. Baie gevaarlik.
Groete
Dankie Hennie, ons sal verseker nie.
Maar ek kan my nie indink dat die gevaar van roof so erg kan wees op daardie pad nie! Dis tog 'n besige pad en in die oopte... ek verwonder my hieroor.
Fanie - ek kan beaam wat Hennie noem t.o.v. motoriste wat beroof word wanneer hulle by druiwesmouse langs die N1 in die Hexvallei stilhou.
En sou jy hulle druiwe koop, bevorder jy ook die diefstal van produsente se druiwe. En jy het ook geen sekerheid dat die druiwe eers na die wettige onthoudingsperiode (die vereiste periode tussen laaste chemiese bespuiting en oesdatum) gepluk is nie.

Dieselfde tipe probleem in Hartebeespoort / Brits area. Knape met kettingsae vaar in op oop plase en gronde en sny al wat boom is voor hulle af, verpak in sakke en verkoop langs die pad as "droeë braaihout". Moenie by hulle koop nie....hie meer hul verkoop, hoe meer vernietig hulle die velde met onwettige boom slopery
In Limpopo is daar baie informele padverkopers wat onder andere veselperskes die tyd van die jaar verkoop. Dit lyk baie aantreklik. Ek vermoed dit is ook van boere gesteel. Ons Buurtwag het trouens gewaasku dat die wat in Pietersburg naby ons verkoop word, wel van plase gesteel word. So 25 jaar gelede het ons naby Grahamstad perskes by so 'n plek gekoop en alvyf van ons was vir 'n paar dae siek met diarrea en braking. Een dogter het so ontwater dat sy vir twee dae in die hospitaal met 'n drip gelê het. 'n Aantal jare gelede is 'n vrou êrens in ons land dood van 'n vrug wat sy by so 'n plek gekoop het wat opsetlik vergif is. Ons bly dus maar weg van sulke verkopers en koop eerder by behoorlike plaastalletjies waar jy redelik seker is dis veilig en nie gesteelde goedere nie, wat jy koop.
Ons sal maar hou by regte padstalle soos Veldskoen en die ander al langs die R62 en af tot in die Paarl... en ook die Saterdag Markte... ek sit nou juis hier en wonder of daar in die omgewing van Ceres so 'n Saterdag Boeremark is?
Ons het dan ook, soos beplan, vroeer die week vir een nag binne-in die Hexriviervallei kampeer, reg tussen al die blokke- en blokke wingerde met al daai majestieuse berge om ons.
Dit was n belewenis. En ons het dit gelukkig getref om sommer so langs die kampeerplek ook aan die oorblywende trossies tafeldruiwe te kon proe... natuurlik met die hulp en kort lesings van die baie gasvrye eienares van die kampeerplek - nogal groot wit korrels en die stroopsoetste rooi druiwe ook. Die eienaries is Mara le Roux, en haar eggenoot, van Klipheuwel Farm, en hulle kontaknommer vir besprekings of reelings is: 0828214600
Die kampeerterrein is lieflik en maklik bereikbaar op n goeie pad. Nie groot nie, maar met die heerlikste groenste gras, en een enorme Wilgerboom reg in die middel van die kamp - daar is ook ander bome met die lyndraad langs aangeplant.
Dit is baie veilig daar en daar is n sekuriteitswag wat die boorde oppas.
Die ablusieblok het drie ruim storte en daar is vier ruim toilette, met genoeg wasbakke in die spasie tussen die storte en toilette. Die hele plek is baie netjies, en ons het dit baie geniet om daar te kampeer.
Daar is selfs 'n groot yskas/vrieskas op die stoep vir kampeerders se gerief met die opwasbakke ook op die stoep.
Ek kan sien dat hierdie kampeerplek in die toekoms verseker baie gewild gaan word, omdat dit reg in die hart van die Hexriviervallei is, en nie ver van die N1 en die Treinspoor af is nie - maar net ver genoeg dat mens nie diee verkeer kan hoor nie maar wel die treinfluit so veraf... dit was mooi! Dit bied aan mens die geleentheid om so in die deurry, oppad miskien na n ander oord, buite die Hexriviervallei, toe, vir die nag oor te staan. Ons het ook die ou De Doorns pad gery, en die heerlike herinneringe van vroee dae se reise herleef. Dis mooi daar.
Wat hierdie oord vir my verder laat uitstaan, is dat die eienaars direk en onmiddelik betrokke is by kampeerders se gerief.
Baie dankie vir dioe terugvoer Fanie. Ek knoop dit êrens vas vir die toekoms.