Ek was aangenaam verras met die netheid en rustigheid van Phalaborwa Safari Park, A Forever Resort se kampeer geriewe. Oord bied 45x netjiese kampeer staanplekke aan. Hierdie oord is 300m vanaf die Phalaborwa KNP hek. Goeie opsie om te oornag voor jy volgende oggend in wildtuin wil gaan of alternatief buite die wildtuin kamp en daagliks die wildtuin as dagbesoeker geniet. Dis teerpad tot oord en paving tot by jou staanplek. Alle staanplekke is grond. Netjiese plaveisel paadjies tussen staanplekke lei jou na die netjies onderhoude ablusie blokke. Die 45 staanplekje word deur 2x ablusie blokke bedien. Dit was regtig n plesier om hul ablusie geriewe te gebruik wat baie mooi afgewerk is en netjies skoon gehou word. Die oggend gesien hoe skoonmaker fisies die badkamer vloere skrop in plaas van net mop. Die storte is ook van die beste wat ek al gebruik het. Kraan en asblik word met jou kampeer buurman gedeel wat op grens is. Daar is n koue water swembad vir warmer somersdae. Ons het deurgaans veilig gevoel.. sekuriteit beheer 24h die toegang tot oord. Alle personeel was deurgans baie vriendelik en behulpsaam. Elke staanplek en tenthuis word voorsien van n ordentlike staal braaier. Kragpunt is binne 10m vanaf jou karavaan / tent. Hout, ys en baie basiese items kan by ontvangs gekoop word. Spar, Tops, OK en garage is so 1km vanaf oord....is ook gerieflik om voorraad aan te vul voor KNP binne gaan. Op perseel is paar Speedqueen wasmasjiene en tuimel droeers in puik toestand wat gratis gebruik kan word deur kampeerders en inwoners. Vir diè wat nie wil kamp nie, is daar chalets en tenthuise beskikbaar. Tenthuise het ook elkeen sy eie lugversorger in. Ek kan hierdie oord met ope hart aan mede kampeerders aanveveel wat ook rustigheid van natuur en wildtuin atmosfeer wil ervaar. Ek self sal graag weer in nabye toekoms weer my tentpenne hier wil kom inslaan
Ek kan met reg onderskryf wat jy van hierdie oord sê. Ons het ook verlede jaar een aand daar oorgestaan voor ons die volgende dag by Phalaborwahek ingegaan het. Ons moes nou wel vir twee aande betaal (dit was die Saterdagaand van 'n langnaweek), maar het dit met 'n "smile" gedoen.
Dit is regtig 'n netjiese oord wat ek ook met vrymoedigheid kan aanbeveel.
Dit is ń perfek onderhoude oord. Ons het al menige keere daar gekamp. Net ń plesier.
It is a super resort I remember when we were there in Sep 2012. We enjoyed our stay and as far as I remember there was no charge to use the washing machines either.
Puik oord nog nie daar gekamp nie maar draai gereeld as ek by my ma draai in Phallas gaan in toekoms vir week plus daar kamp
Baie dankie Geert, waardeer.
Oord plan
are you and red overlander/camper stalking each other
been in the photos of 2 resorts 😁
are you and red overlander/camper stalking each other
been in the photos of 2 resorts 😁
That big one in Panorama and Blyde Canyon?