English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 443
Total Replies: 264 841
Total Views: 83 681 068
topics: 4 554
replies: 31 637
views: 17 480 179
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 170
replies: 110
views: 9 672
topics: 10
replies: 89
views: 30 262
Swadini, A Forever Resort
Mpumalanga, Blyde River Dam
52
Total Ratings: 52
50   
2
Rated: 14 Oct 2021
Type of Resort:
Family with children: 6
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Swadini - Terugvoering

replies: 10
views: 456
09 Jun, 2021 @ 15:48:58 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Terugvoering van ons ervaring van hierdie oord gedurende April 2021

Toegang tot Swadini is al die pad teerpad tot by jou staanplek. Die pad na die oord is asemrowend met die pragtige berge wat al hoe nader kom. Die uitsig oor die berge is een van die mooiste uitsigte wat ek by n oord beleef het. Daar is genoeg te doen vir oud en jonk. Daar is n warmwater- en koue water swembad, lekker restaurant en n kroeg area vir n lekker kuiertjie, pragtige winkel wat baie goeie voorraad dra en is billik geprys. Netjiese putt-putt bane. Klompie korter stap roetes op die perseel beskikbaar. Daar is paar tennis bane. Kampeerders kan ook jukskei toerusting huur by die winkel waar hulle dan agter blok 3 se bane kan speel. Op die oord is daar n adveture centre waar kampeerders vir aktiwiteite buite die perseel kan bespreek....dit sluit in paintball, quad bike trails, tubing op die lower Blyde rivier, warm lugballon ritte, microlight vlugte en selfs wildstoere na die Kruger wildtuin. Ons het egter die boot rit op die Blyde Rivier dam vreeslik geniet.....dit is hoogs aanbeveelbaar.....om die skepping van die dam af te aanskou was iets wat mens amper nie in woorde kan beskryf nie. Personeel is deurgaans baie vriendelik....van ontvangs, sekuriteit, skoonmakers, tent joggies tot bestuur, elkeen met n vriendelike groet en behulpsaam. Ablusies was deurgaans baie skoon gewees, ek dink net ablusie geriewe kan bietjie min word as die oord stampvol is. Daar is netjiese laundromat by elkeen van die 6x ablusie blokke. Sekuriteit was sigbaar deurgaans wat kampeer area patrolleer het. Ons het buite seisoen gekampeer, so dit was heerlik rustig gewees....medekampeerders was aangenaam en bedagsaam....geen probleme met lawaai makers nie. Meeste van die staanplekke het plaveisel staanplekke.....dis meer die staanplekke onder die teras wat gras/gronderig is. Een van die groot pluspunte by Swadini was dat alhoewel ons buite seisoen gekampeer het, was alle fasiliteite steeds oop vir gebruik en nie soos sommige plekke net operasioneel tydens spits tye nie. Ek dink dit was goeie waarde vir geld gewees en sal graag weer in die nabye toekoms my tentpenne hier wil kom inslaan. Ek kan die oord met ope hart aan my mede kampeerder aanbeveel en glo hul sal hul verblyf daar net so baie soos ons geniet. Dis egter n "moet" kamp vir natuur liefhebbers.....pragtige omgewing

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun, 2021 @ 15:53:44 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Fotos

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun, 2021 @ 16:56:54 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10876
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Dankie Geert.

Het gereeld daar gaan kamp, toe ek in Phalaborwa gebly het.

Was darm ook op Mariepskop, te voet en helikopter. Een nag op hom geslaap ook.

Kan wyd sien daar van bo af.

Julle was nie by die reptiel park nie.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun, 2021 @ 17:43:25 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2281
Joined: 31 May, 2014
Experience: 55 years

Stem 100% saam. Een van ons gunsteling oorde waneer ons in daardie omgewing is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun, 2021 @ 09:18:53 am
Willie54
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 241
Joined: 29 Dec, 2009
Experience: 46 years

Ek staan op oomblik in Swadini .Dit is my 37 ste jaar wat ek gedurende die winter maande hier kamp .Ons het gedurende my kinders se skool jare gereeld hier gekamp, gedurende die Junie en Julie vakansies .Nadat ek afgetree het 12 jaar gelede, kom ons elke jaar vir 3 tot 4 maande hier staan, en ek kan getuig hierdie is n wonderlike oord .Die natuurskoon is asem rowend dit is veilig, en die oord word baie goed onderhou .Die personeel is baie vriendelik en behulpsaam .As ek kan sal ek vir nog 37 jaar hier wil kamp .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun, 2021 @ 15:09:16 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10876
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Ek staan op oomblik in Swadini .Dit is my 37 ste jaar wat ek gedurende die winter maande hier kamp .Ons het gedurende my kinders se skool jare gereeld hier gekamp, gedurende die Junie en Julie vakansies .Nadat ek afgetree het 12 jaar gelede, kom ons elke jaar vir 3 tot 4 maande hier staan, en ek kan getuig hierdie is n wonderlike oord .Die natuurskoon is asem rowend dit is veilig, en die oord word baie goed onderhou .Die personeel is baie vriendelik en behulpsaam .As ek kan sal ek vir nog 37 jaar hier wil kamp .

Jy het nie laatweet jy ry by my verby nie.

Maar geniet dit.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun, 2021 @ 07:52:45 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Dankie Geert.

Het gereeld daar gaan kamp, toe ek in Phalaborwa gebly het.

Was darm ook op Mariepskop, te voet en helikopter. Een nag op hom geslaap ook.

Kan wyd sien daar van bo af.

Julle was nie by die reptiel park nie.

 

 

Nee...waar is reptiel park? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun, 2021 @ 10:22:04 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5060
Joined: 11 Dec, 2013
Experience: 37 years

N puik oord was wel lank laas daar daai berge bly maar mooi en Hoedspruit omgewing

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec, 2021 @ 14:46:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Vriende wou Januarie / Februarie gaan kuier het by Swadini....kon nie regkom nie, blykbaar oord bespreek deur Duitsers wat film gaan maak daar

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec, 2021 @ 21:19:01 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4601
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Vriende wou Januarie / Februarie gaan kuier het by Swadini....kon nie regkom nie, blykbaar oord bespreek deur Duitsers wat film gaan maak daar

Dieselfde gebeur so 'n paar jaar gelede toe 'n Survivor reeks daar verfilm was. Gehoor die deelnemers het lekker in die chalets geslaap na die dag se eskapades.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec, 2021 @ 16:11:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Dieselfde gebeur so 'n paar jaar gelede toe 'n Survivor reeks daar verfilm was. Gehoor die deelnemers het lekker in die chalets geslaap na die dag se eskapades.

Miskien weer so iets....ek weet nie wat daar verfilm gaan word nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za