Dit klink baie goed. Ek het die week begin rondvra vir diue Sep lang naweek. Wel baie plekke is alreeds vol bespreek.
wou dis spot goedkoop
Ek glo nie ons was al by Weesgerus nie, kan dit beslis nie in herinnering roep nie (onthou, ek is oud!) maar sal bietjie kyk daarna!
Bargain.......
Nou is die vraag: Is die warm swembad nou warm of net liggies verhit? Dit sal alles bepaal.. Te warm is ook nie lekker nie maar in die winter soek mens nie net die byt uitgehaal nie, soek darem lekker hitte...

Die buite swembad is net lekker.......die binne een is vir my te warm, maar smaak gaan seker verskil. Maar dis koud as jy uitklim....
Hierdie foto is middel Junie geneem....mense geniet die warm water
Weesgerus se 2019 winter promosie....click op hierdie L I N K om hul spesiale tariewe te sien
Nou nie een van my gunsteling oorde nie. Tariewe is heel aanvaarbaar vir die winter tyd.
Eerskomende naweek....12-14 April kan mens vir R400 staan vir die hele naweek....R200/nag
Ek is erg lus vir kamp maar sal hom 'n mis gee dankie.
Geert, jou doring.
Dankie vir jou info. Vanoggend oppad terug van Toeka af in Bela-Bela na ń lekker plaas ontbyt, besluit ek toe om navraag te doen terug by Weesgerus.
Sowaar, hulle betaal R620 terug binne 48-uur.
Nog ń forum lid wat baat gevind het agv ń forum.
Dankie, Geert nou kan ek darem diesel gooi om by die huis te kom

Ja...epos het gesê dit geld vir besprekings reeds gemaak ook! Bly hulle het jou gehelp....so n oord verdien regtigwaar n groot pluimpie!
Eerskomende naweek is R400 vir hele naweek en dan nog groot spesiale aanbiedinge in hul restaurant en Damlapa vir moedersdag!
Eerskomende naweek weer net R400 vir hele naweek....
Kyk as 'n oord so aanbieding het teen so lae prys dan kan die "running costs" per dag per staanplek nie baie hoog wees nie.
Januarie en Februarie is dit slegs R500 vir die hele naweek per staanplek
Dankie. Ek staan binnekort by Drakensville vir 9 nagte vir minder as R800, net jammer dit is redelik ver vanaf die Wesrand, maar die ry is deel van die wegbreek.