English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 127
Total Replies: 227 598
Total Views: 82 275 853
topics: 4 359
replies: 29 234
views: 17 318 834
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 441
replies: 158
views: 17 249 525
topics: 1
replies: 2
views: 10 413
Bhanga Nek Camp
KwaZulu-Natal, Kosi Bay
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Sizakala Banga Nek Kosibay

replies: 2
views: 10413
09 Jan 2012 @ 11:39:52 am
jenny
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 24 Apr 2007

Ons het die Desember 2011 vakansie plek bespreek by Sizakala, Banga Nek, Kosibay.  Wel hiermee ons indrukke.  Die pad na die ingangspad is onder konstrukie en plek plek regtig lelik.  Daar is feitlik geen aanwysing borde nie (selfs die Garmin verloor sein) en jy voel die heeltyd of jy verdwaal, die ingang pad is baie dik sand en net geskik vir 4x4, die oord self het ons nie beindruk nie, ablusie fasiliteite is BAIE swak, daar is geen stort gordyne nie net gewone huis gordyne wat aan 'n draad hang en wat met wasgoedpennetjies vasgemaak is, die storte is so vuil dat jy selfs met plakkies aan iets gaan optel, die toilette is ook ongelooflik vuil en het ook net 'n gordyn voor, daar word gespog van buite storte - wel al wat ons gekry het was 'n hoop riete wat omgeval het, die pad na die meer is oorgroei, sou jy 'n boot wil launch moet jy ongeveer 50km terugry na Kosibay (2 ure se ry) en dan oor die meer ry om by Sizakala te kan kom, jy word glad nie toegelaat om by Sizakala te launch nie, ons het gevoel dat geen toerusting veilig is nie en het besluit om nie die boot te launch nie aangesien jy nie die boot kan sien van jou kampplek nie en jy mag ook nie die boot weer op die treiler sit as jy dit nie by Kosibay doen nie.  Ons het vir meer as 2 weke bespreek maar het na 1 dag opgepak en ander blyplek gaan soek. Die staanplekke was groot en netjies versorg maar dit het nie ons mening verander nie.  Ons het meer as R6000,00 betaal vir die tydperk en kan met eerlikheid sê dat dit nie die moeite werd was nie.  Ons het vir 'n terugbetaling gevra maar daar is aangedui dat daar geen terugbetaling sal wees nie. Die kamp was heel moontlik 'n geruime tyd terug een van die beste plekke om 4x4 te kamp maar nou dat die gemeenskap dit bestuur het die oord geweldig agteruit gegaan.  Sal ons teruggaan - ja maar net as daar drasties gewerk word om die fasiliteite op te gradeer. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2012 @ 16:40:17 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6379
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Jenny dankie vir die info ek teken dit so aan was van plan om Des daar te draai.

16:39:57

2012-01-09

Yell

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2012 @ 10:18:46 am
jenny
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 24 Apr 2007

Hi Willem.  Dit is altyd moeilik vir my om negatiewe terugvoer te gee.  Hierdie oord het soveel potensiaal maar die gevoel wat ons gekry het is dat die gemeenskap nie die nodige kennis het om die oord ten beste te bestuur nie.  Hartseer want dit kan maklik een van die beste plekke wees waar mens van alles kan wegkom.  Alle voorspoed met die soeke na 'n plekkie om julle voete te laat rus in Desember.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required