English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 999
Total Replies: 243 613
Total Views: 82 966 273
topics: 4 475
replies: 30 407
views: 17 419 791
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 429
replies: 29
views: 17 352 906
topics: 5
replies: 44
views: 39 279
Serengeti Caravan Park
Limpopo, Groblersdal
37
Total Ratings: 37
33   
4
Rated: 12 Nov 2019
Type of Resort:
Family with children: 2
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

SERENGETI GROBLERSDAL

replies: 20
views: 14814
06 Feb 2013 @ 08:44:33 am
LYNETTE
New Member
29% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 05 Feb 2013

Ek is so ongelukkig oor Serengeti in Groblersdal - ons wou van 21 Maart tot 1 April soontoe gaan, 2 volwassenes en 2 kinders maar hulle wil my eers R100-00 per dag ekstra vra vir my kinders se dome tent want dit neem meer plek in beslag en jy mag NET een karevaan en een tent he, maak nie saak of dit 'n klein of groot karevaan is nie!  Hulle redes is die gras wat in stand gehou moet word??  Maar as jy 'n Jurgens Exclusive het of tent met twee add a rooms of enige groot karevaan, neem jy meer plek in beslag as ek met my karevaan, tent en kinders se dome tent!!!  Watse redenasie is dit??  Die bestuur wou dit afbring na R50 maar hoekom R500 ekstra betaal vir 10 dae en ons is net 4 mense en neem nie eers plek in beslag soos 'n Exclusive, Classique of karevaantent met twee of een add a room nie?Die mense onderskat mens se intelligensie en dit is 'n baie goeie oord maar hulle het half die houding - vat dit of gaan soek vir jou ander plek! Gehoor die eienaar is 'n aangename persoon maar Elaine en Natasha wat daar werk het hierdie houding - ek het 'n e-pos gestuur waar ek vra om die redenasie hierbo te verklaar - tot nou toe nog nie 'n antwoord gekry!!!  Gelukkig is daar baie ander plekke - hierdie tipe besigheidspraktyk haal mens een of ander tyd in!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2013 @ 09:54:51 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Lynette dankie vir die info /ek teken dit so aan in my kamp book.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2013 @ 13:21:48 pm
Melanie
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 50
Joined: 11 Jan 2013
Experience: 18 years

That's just unacceptable! Most campsites are for 6 people anyways and like you say there are people who have far larger caravans and tents?? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2013 @ 15:33:18 pm
LYNETTE
New Member
29% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 05 Feb 2013

Melanie, that is the case - and the attitude these ladies in the office has is this is our rule and if you don't like it - get lost!!!  I normally abide to all rules and have not got a problem with anything at any resort - but this was unacceptable to me!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2013 @ 10:07:37 am
Karin*
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 100
Joined: 20 Feb 2012
Experience: 16 years
More, ongeag van die probleem met die pryse vir estra tente, kan ek asb terug voer kry oor die oord? Swem geriewe, fasiliteite ens. Groete, Karin
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2013 @ 12:05:33 pm
Elwen
New Member
29% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 22 Mar 2013
Het dieselfde probleem daar gehad, ons mag ook nie ons voertuig op die gras stop nie maar toe ons die dag ry het ons voertuig se wiele niks aan die gras gedoen nie maar waar die karavaan gestaan het was die gras dood. dit was ons 4de kamp daar en het ook gese ons sal nie weer gaan nie ons het altyd baie lekker daar gekamp maar hulle het baie inhalig geraak soos bv jy kry een rol toiletpapier per staanplek maak nie saak hoe lank jy staan nie en daar is ook glad nie toilet papier in die badkamers nie ek het nie toiletpapier in die karavaan gehad nie en toe ek by die winkel wou gaan koop toe is daar nie!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2013 @ 12:08:16 pm
Elwen
New Member
29% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 22 Mar 2013
Karen, oor die algemeen is dit 'n baie lekker oord, glybane vir die kinders wild ritte maar die swembaddens is baie klein net 2 wat verhit is en die koueswembad is lekker groot maar baie baie vlak, daar is 'n lieflike teetuin
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2013 @ 07:58:31 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

klink na n oort wat mens moet gaan kyk want smaak verskil  Laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar 2013 @ 07:21:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
In my opinie kan die oord hoe mooi wees, as die manier wat ek as kampeerder behandel word nie na wense is nie. Sien die plek my nie weer nie.

Vir my is dit soos Mbizi dis dalk 'n OK plek om te kamp maar die gesindheid daar staan my nie aan nie. Dus gee ek selfs hulle advertensie blaadjie vir hulle by die beeld se buitelewe skou terug.

Die plek is klaar in my swart boekie net deur die reel wat hy het. Baie ander plekke om van te kies.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar 2013 @ 08:02:31 am
Karin*
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 100
Joined: 20 Feb 2012
Experience: 16 years
Dankie vir die terug voer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2014 @ 20:57:10 pm
Annekeb
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 04 Jan 2014
Experience: 12 years
Ons was Desember 2013 daar en was baie beindruk. Staanplek: 1. Ruim met gras en plaveisel; 2. Amblusie - genoeg, netjies, modern en skoon; 3. Baie bome; Oord: 1. Hou kinders besig; 2. Swembaddens met glybane; 3. Winkel wat nie duur is nie; 4. Baie sitplek by swembaddens; 5. Genoeg skaduwee; 6. Restaurant met verskeidenheid en redelik geprys; 7. Musiek by swembad; Ons bevel die oord graag aan.
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2014 @ 22:11:26 pm
Fransie
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 06 Mar 2014
Experience: 6 years
Puik oord! Stem saam met al die goeie, en ongelukkig ook die slegte kommentaar.

1ste aand het ons klagte oor baie harde musiek vanaf die bure op dowe ore geland. Ons kon nie 'n oog toekry voor 1 uur die oggend nie. 2de aand het die "take it or leave it" kommentaar seevier gevind toe ek so betjie meer oemf agter my versoek om rus en vrede geplaas het.

Ons laaste dag het ons gegroet met 'n gedreun van industriele toerusting vanaf vroeg die oggend, die swembaddens was te koud vir swem.

Ons het die pragtige oord agtergelaat, met 'n bitter smaak in ons gedagtes. Die kinders het dit geniet, so ons sal waarskynlik weer eendag gaan, maar met die wete dat die 'n "Put up-or shut up" tipe plek is.

LW: Ek is n maklike mens, maar baklei vir regverdigheid - en dan kan ek baie moeilik raak. Jou ervaring mag anders as myne wees, moes net so betjie my frustrasie iewers afpak. Reels geld mos vir almal.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2014 @ 08:22:39 am
Anonymous

I have a problem with people, complaining about things which have NOTHING TO DO WITH THE QUALITY OF A RESORT.

If the rules say: only one van and one tent, so be it.

If those are the rules,abide by them and don't complain or tell people, that this resoret is "bad".

Jammer,as ek die beswaarde person in die gesig vat.......................

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2014 @ 08:36:21 am
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 384
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 15 years
My ondervinding by die oord n paar jaar terug sal my nie weer terug laat gaan nie gelukkig verskil smaak
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2014 @ 08:36:24 am
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 384
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 15 years
My ondervinding by die oord n paar jaar terug sal my nie weer terug laat gaan nie gelukkig verskil smaak
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2014 @ 08:48:13 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Soos ek reeds gese het die oord sal my nie weer sien nie. Ek respekteer jou siening Gerd maar moet ook beklemtoon dat vir my 'n oord in die besigheid is van diens lewering aan mense. Dus die manier waarop jy die klient hanteer met navrae of by ontvangs gee aanduiding van hoe jy hanteer word as jy van die dienste gebruik maak.

Op 'n stadium was ek by die Beeld vakansie skou en 'n oord wat ek reeds hier genoem het was die enigste wat dit nodig geag het om op daai tydstip daar 'n stalletjie te he. As die stalletjie se mense strooibiljette aan skou gangers wou uit deel dan het die mense hulle arms en hande weggetrek om nie die papier te vat nie. Ek het gestaan en die petalje met 'n gelag aanskou dat ek amper 'n klap gekry het van my wederhelf.

Dis nou wat daai swak gesinheid gedoen het aan daai oord. Ek glo dit gaan beter met hulle. Die mense wat daar kamp weet net nie daar is beter plekke teen goedkoper teriewe nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2014 @ 12:49:49 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4219
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

Soos ek reeds gese het die oord sal my nie weer sien nie. Ek respekteer jou siening Gerd maar moet ook beklemtoon dat vir my 'n oord in die besigheid is van diens lewering aan mense. Dus die manier waarop jy die klient hanteer met navrae of by ontvangs gee aanduiding van hoe jy hanteer word as jy van die dienste gebruik maak.

Op 'n stadium was ek by die Beeld vakansie skou en 'n oord wat ek reeds hier genoem het was die enigste wat dit nodig geag het om op daai tydstip daar 'n stalletjie te he. As die stalletjie se mense strooibiljette aan skou gangers wou uit deel dan het die mense hulle arms en hande weggetrek om nie die papier te vat nie. Ek het gestaan en die petalje met 'n gelag aanskou dat ek amper 'n klap gekry het van my wederhelf.

Dis nou wat daai swak gesinheid gedoen het aan daai oord. Ek glo dit gaan beter met hulle. Die mense wat daar kamp weet net nie daar is beter plekke teen goedkoper teriewe nie.

 

Stem saam met Leon on hierdie een

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 13:08:50 pm
R E
New Member
37% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 21 Sep 2015
ONVRIENDELIKE EN ONBEHULPSAME PERSONEEL.

Die diens wat 'n mens van die ontvangs by Serengeti Karavaan Park is glad nie aangenaam nie. Ek sou die langnaweek daarnatoe gekom het maar as gevolg van kar probleme moes ek kanseleer. Die dag met my bespreking is ek onbeskof geantwoord en gemeld sorg dat u deposito binne 48 uur betaal is of ons kansseleer. My deposito is betaal. Ek het Woensdag die 16 aan u 'n email gestuur en versoek hoe lank voor die tyd moet 'n mens kansseleer want ek weet nie asgevolg van omstandighede of ons dit nog sal kan maak daarna toe. Die vrou van die ontvangs kantoor het my geskakel waar ek haar verduidelik wat my probleem is en dat ek nie weet of ons daarheen sal kan gaan nie. Sy was kortaf met my en aanbeveel dat ek so spoedig moontlik kansselleer want daar is baie mense wat wag vir plek. Is dit hoe die mense gehelp word, word liewers weggewys. Ons het maar besluit om te kansseleer al kan ons die voertuig voor die tyd regmaak want dit klink glad nie na 'n lekker plek as jy so behandel word nie. My skriftelike email soos julle versoek is donderdag oggend 9:41 gestuur waar daar vriendelik aan u verwys word ek kansseleer en wat u benodig vir die terugbetaling van my deposito. Tot vandag 21 September 2015 is daar niemand wat my iets laat weet het nie. Na ek vandag 12:21 self moes opvolg is daar meegedeel dat my bespreking reeds gekanseleer is maar dat hulle eers vrydae die gelde terugbetaal maar dit word nie van my versoek waarheen nie waar hulle dit al verlede week kon afhandel. Snaaks dat jy moet spring om die deposito oor te betaal maar hulle kan sloer om diens en terugbetalings te doen...

Dus wil ek u inlig dat die twee ontvangsdames waarmee ek gedeel het uiters onvriendelik, glad nie behulpsaam was nie. Hulle laat u toekomstige kliente soos skurke voel inplaas van mense. Ek stel defnitief nie belang om by so vakansie oord te rus nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 14:27:45 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5760
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ons gaan Serengeti toe en het op hierdie forum na die terugvoering gekyk en die jongste brief vir hulle gestuur en terugvoering van die oord gekry.  Ek het sommer dié ou draad gebruik aangesien ek nie op hierdie forum terugvoering gee nie.

12 November 2019 Barbie - Gauteng
Type of Resort: Family with children
a Very neat maintained resort with not so good Ablutions
02 October 2019 Preta - Mpumalanga

Type of Resort: Family with children

The resort is ok, but a few things bothered us. The access road is very dusty and like a corrugated sheet. Staff was friendly and the leisure is good, but the heated pool is not warm at all. Sites with grass ware fine, but some only have sand, lots of loose sand. Not really any attractions around the area. Security was not a problem. Atmosphere, shops and restaurant (take away) not bad at all. The biggest problem was the ablutions. NO toilet paper, NO soap to wash hands afterwards, no drier for hands, not even paper towels and the showers in the men's shocked (electric) the men. When toilet was flushed, showers went to extremely hot. Would I return? Maybe, if something was done regarding the immense amount of dust and the ablutions are upgraded. Rates are quite high for what is offered so not really value for money. We paid R650.00 per site for 4 people and an additional amount for the aircon in our caravan per day. If rates are lowered I might re-consider visiting again

Hier is die terugvoering wat ek gekry het van Serengeti af.

Hello Willem

Die dame kla oor die stofpad - ongelukkig is dit nou maar plaas en as dit nie reen nie is dit maar stowwerig

Die swembaddens is nie warm nie - ons het wel 'n onderdak swembad maar die water word net effens warmer gemaak met 'n heater (ons adverteer nie dat ons warmwater swembaddens het nie )

Sy kla oor daar nie orals Gras is nie - Ons probeer ons bes om orals Gras te he en groen te hou. Ons is tans weer besig om Gras aan te plant

Van ons staanplekke is plaveisel en ander is klip en sand wat gemeng is en vas gestamp is ( as jy seil oorgooi pla dit nie)

Ons sit nie toiletpapier in die badkamers nie (dit word ook so aangedui op ons besprekingspapier) want dit word gemors deur die kinders

(van hulle gooi sommer 'n hele rol in die toilet of maak dit Nat en gooi dit teen die dakke en mure)

Van ons badkamers het wel handdryers maar nie almal nie

Ek hoop die verduidelilings help as daar nog enige iets is jy welkom om ons weer te kontak

Lekker dag 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 15:18:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15675
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek sien dit nie noodwendig as kla nie. Daai is terugvoering hoe dié spesifieke kampeerder die oord ervaar het.....en daarvan hou ek. Ander sal dit seker anders ervaar....dis wat dit handig maak as mense terugvoering skryf....jy lees hoe verskeie ander kampeerders dit ervaar het en besluit dan self of dit vir jou is of nie. Op facebook mag jy niks negatiefs sê nie anders word dit onmiddelik verwyder....hier kry jy eerlike terugvoering, of dit nou positief is of negatief.....en dis juis wat vir my waardevol is. Om nie terugvoering te gee nie help nie, want dis juis ons kampeerders onder mekaar wat die mense is wat so n stelsel moet laat werk. 

Hierdie kan ook nuttig wees vir oord eienaars. Afskrifte van ratings word aan hulle gestuur en hulle kan sien waarvan mense hou en nie hou nie.....en kan daarvolgens aandag aan gee.....of behou waar kampeerders van hou.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 23:22:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15675
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons gaan Serengeti toe en het op hierdie forum na die terugvoering gekyk en die jongste brief vir hulle gestuur en terugvoering van die oord gekry.  Ek het sommer dié ou draad gebruik aangesien ek nie op hierdie forum terugvoering gee nie.

12 November 2019 Barbie - Gauteng
Type of Resort: Family with children
a Very neat maintained resort with not so good Ablutions
02 October 2019 Preta - Mpumalanga

Type of Resort: Family with children

The resort is ok, but a few things bothered us. The access road is very dusty and like a corrugated sheet. Staff was friendly and the leisure is good, but the heated pool is not warm at all. Sites with grass ware fine, but some only have sand, lots of loose sand. Not really any attractions around the area. Security was not a problem. Atmosphere, shops and restaurant (take away) not bad at all. The biggest problem was the ablutions. NO toilet paper, NO soap to wash hands afterwards, no drier for hands, not even paper towels and the showers in the men's shocked (electric) the men. When toilet was flushed, showers went to extremely hot. Would I return? Maybe, if something was done regarding the immense amount of dust and the ablutions are upgraded. Rates are quite high for what is offered so not really value for money. We paid R650.00 per site for 4 people and an additional amount for the aircon in our caravan per day. If rates are lowered I might re-consider visiting again

Hier is die terugvoering wat ek gekry het van Serengeti af.

Hello Willem

Die dame kla oor die stofpad - ongelukkig is dit nou maar plaas en as dit nie reen nie is dit maar stowwerig

Die swembaddens is nie warm nie - ons het wel 'n onderdak swembad maar die water word net effens warmer gemaak met 'n heater (ons adverteer nie dat ons warmwater swembaddens het nie )

Sy kla oor daar nie orals Gras is nie - Ons probeer ons bes om orals Gras te he en groen te hou. Ons is tans weer besig om Gras aan te plant

Van ons staanplekke is plaveisel en ander is klip en sand wat gemeng is en vas gestamp is ( as jy seil oorgooi pla dit nie)

Ons sit nie toiletpapier in die badkamers nie (dit word ook so aangedui op ons besprekingspapier) want dit word gemors deur die kinders

(van hulle gooi sommer 'n hele rol in die toilet of maak dit Nat en gooi dit teen die dakke en mure)

Van ons badkamers het wel handdryers maar nie almal nie

Ek hoop die verduidelilings help as daar nog enige iets is jy welkom om ons weer te kontak

Lekker dag 

Ek wonder hoeveel keer gebeur dit dat kinders dit doen? Seker "once in a blue moon". Om nou al jou kampeerders te straf omdat jy n geval gehad het waar n kind n hele rol toilet papier in die toilet gegooi het? Jammer hulle kon nie die kind vang nie.....dan kon hulle daai R3.50 skade van die ouer verhaal het. Miskien moet die oord dink aan "toilet roll dispensers" .....dis maar n algemene verskynsel by meeste oorde.....dit sal verhoed dat kind n hele rol in die water kan gooi.

Die toiletpapier teen muur gooi....om nie papier te verskaf nie, gaan dit die probleem oplos? Kan sy eie papier ook teen die muur gooi. Sou dit gebeur is ook nie duisende rande se skade nie....verwyder dit eenvoudig met n nat lap. Ek praat nie aksie goed nie, maar wragies, oord maak of hierdie hul finansiele ondergang kan  beteken 

Klink vir my meer dat hulle sukkel om beheer uit te oefen op hul toilet papier voorraad....nou moet kampeerders daaronder ly. 

Neewat....oord ook nie op my bucket list nie. Gelukkig is daar ander oorde wat bereid is om toiletpapier te verskaf as jy R650 n nag betaal

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za