English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 443
Total Replies: 264 841
Total Views: 83 681 105
topics: 4 554
replies: 31 637
views: 17 480 181
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 437
replies: 87
views: 17 357 368
topics: 1
replies: 18
views: 332
Rondevue ini Bos
Limpopo, Bela-Bela
2
Total Ratings: 2
2   
0
Rated: 22 Nov 2021
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 1
Quiet and mature without children: 1

Rondevue ini bos - Terugvoering

replies: 18
views: 332
30 Nov, 2021 @ 08:24:51 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years
My persoonlike ervaring van Rondevue ini Bos is as volg:
Oord is in Limpopo provinsie, naby BelaBela.....Warmbad
Die laaste 3km na die oord is op n grondpad wat in n pragtige toestand is, geen probleme gehad om my pad karavaan daarop te sleep nie. Die atmosfeer in die oord was heel naweek lekker rustig, alle kampeerders het net lekker van die bosveld atmosfeer geniet en lekker gekuier en gesels om hul braai en kamp vure. Die ontspanning is hoofsaaklik gebasseer op die geniet van die bosveld. Lanks die hoofkamp by ingang is daar klompie heerlike chalets wat gehuur kan word. Daar is n 4bed en n 8bed en dan n chalet wat 5x dubbel gerief slaapkamers het...elkeen met sy eie vol badkamer, ideaal as klomp paartjies saam wil wegbreek. Dan is daar n restaurant en kroeg waar die kampeerders heerlik die rugby kon geniet op hul big screen. Die kos wat die restaurant maak is absoluut uit die boonste rakke en is uiters goeie waarde vir geld. Daar is kampeerders van die oorde in omgewing wat ook daar kom inloer om van hulle heerlike kos te kom nuttig. Dan is daar n heerlike koue rotspoel swembad om lekker in af te koel op daai warm somers dae. Vir die koeler dae is daar n klein onderdak warm water swembad...kan deure toetrek sou daar koue lug deurtrek. Klein jungle gym en sandput by chalet area vir klein kinders. Lekker gras afdak met jacuzzi is by die ope swembad vir kampeerders wat hulself bietjie wil bederf met n borrelbad sessie. Dan my gunsteling aantrekking daar.....die heerlike veld waarin mens kan stap en wilde diere kan besigtig. Op die stap het ek op die volgende afgekom: Kameelperde, Zebras, Blou wildebees, Goue wildebees, Impala, swart impala, Njala, Elande, volstruise, Duikers, squirels, Koedoes en Gemsbokke. By die dam is klomp ganse en baie voël lewe....ook Bloukraanvoëls wat op eiland kuier. Vir diè wat verkies om nie te stap nie, is daar wilds besigtigings toere beskikbaar op oord se voertuig. Dan het hulle n heerlike groot lapa onder by die dam waar daar ook n volledige kroeg en restaurant fasiliteite beskikbaar is. Hierdie fasiliteite kyk uit oor die dam wat n heerlike rustige atmosfeer skep waar mens heerlik kan afskakel van die stadslewe. Daar is ook n koue swembad, klimrame en springkasteel vir die kinders.
Daar is ook roeibootjies beskikbaar waar kinders lekker kan roei op die dam terwyl ouers n lekker koue kan geniet op die deck. Son ondergangs is absoluut fantasites vanaf lapa by dam. Daar is ook nuwe kampeer staanplekke uitgelê by dam area. Daar is glo mooi groot vis in die dam.....verstaan dit is "catch and release". Die vriendelikheid van personeel op oord tref jou direk by aankoms....jy word hartlik verwelkom by aankoms en vriendelikheid is dwarsdeur ervaar vanaf bestuur tot alle diens personeel op oord. Personeel is so persoonlik vriendelik, dit voel asof hulle vriende is met jou....hul bied oral aan om te help. Die ablusies was n plesier om te gebruik....dit was deurgaans skoon gehou en daar was genoegsame warm water gewees terwyl ons daar was met n stampvol oord. Opwas geriewe ook n plesier om te gebruik....onder n gras afdak in kampeer area. Ons het deurgaans veilig gevoel. Die oord is omhein met ordentlike elektriese omheining en ingang word beheer deur middel van n elektriese hekmotor. Daar is oral gemeenskaplike ligte in oord aangebring wat jou nie in donkerte saans laat nie. Ons het gelukkig nie krag onderbrekings gehad tydens ons verblyf nie, maar verstaan dat oord n kragopwekker tot beskiking het vir die doeleindes. Daar is nie n fisiese winkel op oord beskikbaar nie, maar hout, blitz en ys is by restaurant area beskikbaar....indien mens iets sou vergeet het, is daar n supermark 3km vanaf oord by die petrol stasie wat alle benodighede beskikbaar het. Soos reeds genoem was oord 100% vol tydens ons verblyf en steeds was dit n heerlike rustige atmosfeer met alle gaste wat net die lekker bosveld atmosfeer wou geniet. Daar is 20x staanplekke in die hoofkamp wat almal geplavei is met plaveisel blokke wat dit lekker gerieflik maak...kan sommer die grondseil by die huis los. Staanplekke is gelyk. Staanplekke is genommer, maar word as 1st come, 1st serve basis toegeken. Elke staanplek het sy eie kragpunt, waterpunt, asblik en wat altyd voordelig is, n lekker stewige braaier wat mens kan rondskuif. Die 5x staanplekke onder by die dam het egter n baksteen geboude braaier en het ook elkeen sy eie kragpunt en waterpunt. Ek voel dat hierdie oord uiters puik waarde vir jou geld bied....soos ek verstaan is daar geen hoog of buite seisoen tariewe nie....so oor n Desember is dit ekstra billik. Die oord nog eers nie n jaar oud nie en het reeds al onder klomp kampeerders se velle ingekruip....ek glo hulle gaan nog baie hoogtes bereik. Ek sal bitter graag in die nabye toekoms weer my tentpenne hier wil kom inslaan en kan hierdie oord met n ope hart aan mede kampeerders aanbeveel. Dis regtig soos my buurman dit beskryf het....n juweel van die Bosveld. Gaan bespreek gerus en gaan kuier daar....ek glo julle gaan dit net so geniet soos ons dit geniet het.
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 09:11:32 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 09:12:21 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 09:13:26 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Spyskaart

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 09:14:21 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Chalets 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 09:16:24 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Swembad en kroeg

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 09:17:51 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Dam area

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 09:19:02 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 09:20:18 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Lekker gekuier en braai....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 09:21:53 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Lekker stap in die veld....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 09:23:02 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ablusie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 09:24:23 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Karavaan park

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 09:25:43 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Oppad na die oord.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 09:26:05 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1382
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

Dankie Geert vir hierdie goeie terugvoer/opsomming en fotos.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 14:50:17 pm
Tjaart
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 454
Joined: 02 Jan, 2014
Experience: 17 years

In Oktober vir 2 weke daar gekamp Baie lekker oord met Vriendelike en behulpsame Eienaars en personeel 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov, 2021 @ 16:32:56 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1638
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Dankie Geert

sal die plek moet gaan toets bestuur

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec, 2021 @ 15:20:50 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10876
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Kyk dit was nou my lekkerste naweek van die jaar.

Ons was al van die donderdag be af daar.

Met goeie bure Soos Geert en sy broer en die res kan jy nie meer vra nie.

Daar word sommer vroeg oggend voor ontbyt gedans.

Ons het almal saam gekuier heeldag elke dag.

Die oord bestuur is min en heeltyd besig.

Vriendelik en hulpvaardig met enigeiets.

Dis regtig rustig en pensioners kry afslag.

Dankie aan John vir jou reelings en kuier.

Dankie Geert vir jou mooi terugvoer en fotos. 

 

 

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec, 2021 @ 00:19:13 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19028
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Kyk dit was nou my lekkerste naweek van die jaar.

Ons was al van die donderdag be af daar.

Met goeie bure Soos Geert en sy broer en die res kan jy nie meer vra nie.

Daar word sommer vroeg oggend voor ontbyt gedans.

Ons het almal saam gekuier heeldag elke dag.

Die oord bestuur is min en heeltyd besig.

Vriendelik en hulpvaardig met enigeiets.

Dis regtig rustig en pensioners kry afslag.

Dankie aan John vir jou reelings en kuier.

Dankie Geert vir jou mooi terugvoer en fotos. 

 

 

 

 

Ons maak weer so....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec, 2021 @ 06:26:22 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10876
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Darm staan die kameelperd langs my........lol

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za