English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 408
Total Replies: 232 555
Total Views: 82 435 107
topics: 4 416
replies: 29 727
views: 17 351 698
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 427
replies: 0
views: 17 348 707
topics: 1
replies: 9
views: 6 891
Rhemardo Holiday Resort
Limpopo, Mookgopong (Naboomspruit)
2
Total Ratings: 2
2   
0
Rated: 27 Feb 2018
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Rhemardo

replies: 9
views: 6891
07 Dec 2011 @ 12:49:59 pm
Gerhard
New Member
29% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 07 Dec 2011

Ons kamp die Desember by Rhemardo. Ons het 'n Luukse staanplek bespreek maar weet nie hoe dit daar lyk nie. Ek het die kantoor gebel en hulle kon nie vir my 'n lys gee met goed wat in die ko buis is nie.Ons kamp gewoonlik Desember by Monateng. Daar het ons die volgende op ons staanplek.Groot yskad/frieskas, dubbel wasbak, skottelgoedwasser,4plaat stoof met oond, ketel, touster en baie kaste om kos in te pak. Ons staan so 3 weke in desember.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2011 @ 14:04:17 pm
Mostert
Gold Member
40% Profile Strength
Posts: 128
Joined: 14 Nov 2008
Het al gelees van die plek maar sal vreeslik graag jou terugvoer wil lees na jou vakansie daar. Miskien met so foto of 2. Ons kamp ook gereeld by die luukse staanplekke by Monateng en dit is darem baie lekker en baie gerieflik. Geniet die vakansie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jan 2012 @ 22:01:48 pm
Gerhard
New Member
29% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 07 Dec 2011

Hi, ons is nogsteeds hier so dit kan nie te sleg wees nie. Maar defnitief nie soos by Monateng nie.Baie klein badkamer en nie eers te praat van die stort nie ek moet my maar skraal hou en dis nie maklik nie want ek is maar bietjie groot.Selfs my vrou wat 'n gwone bou het is dit te klein, en as sy weer een keer die seep bakkie af stamp gaan ek nie die stort skoonmaak nie.Verder is die kafee bietjie traag, vars brood word gebere tot net voor dit verval en dan uitgepak.Ek is nie 'n ou wat baie lees nie maar ek soek darem 'n koerant of tydskrif.Hulle kry so 5 koerante in vir 'n dag en as jy nie vroeg daar is nie dan kry jy ook nie een nie.Jy kan ook nie vra dat hulle een uithou nie want sy kan nie se of daar more 'n koerant gaan wees nie.Verder is die warm swembad BAIE lekker en omdat nie so besig is nie bly dit lank skoon.Ons was eendag die oog toe gewees maar daardie warm swembad was nie eers lou gewees nie en het baie na pie-pie geruik.Heeltemal te veet mense by daardie oord.Verder kuier ons lekker hier.As ek weer kom sal ek voorbereid wees.Bespreek luukse staanplek nr 2.Net nie nr 1 nie dis reg in die son en net gras en ek staan 3weke.Die gewone staanplekke is baie lekker met BAIE gras en hulle ablusie se storte is baie grootter as ons sinne.Ons het na little eden ook gaan kyk maar al wat my daar afsit is dat daar geen warm swembad is nie en wat doen mens as dit so reen en jy wil darem bietjie swem. Groete Gerhard

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jan 2012 @ 15:35:13 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6417
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Gerhard dankie vir die info.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2012 @ 13:46:02 pm
SP
Bronze Member
29% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 04 Jan 2012

Gerhard, ons is nog "nuwe" kampeerders.. waar is Rhemardo, ek lei af dis in die Noorde ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2012 @ 15:06:16 pm
Gerhard
New Member
29% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 07 Dec 2011

Hi, ry deur Naboomspruit in die rigting van die warm bronne(die oog, lekkerrus,libertas ens.)Rhamardo is skuins oorkant die oog. As julle by die olifant garagde kom kan julle regs ook draai en gaan kyk na Little Eden, baie lekker plek met privaat badkamer en kombuis by al sy 45 staanplekke. Ook nie te duur nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2014 @ 20:10:58 pm
Obie
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 88
Joined: 13 Jul 2012
Experience: 11 years
Was iemand onlangs by Rhemardo. Vriend van my beveel dit sterk aan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2014 @ 05:58:13 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4148
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Website looks good. We are on our way north next month and would also like to hear from anyone who has been there.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2014 @ 08:25:00 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

Ken nie Rhemardo nie  was die naweek weer by die oog gewees , het lekker weer gehad . Rhemardo is net oorkant die Oog dit lyk na n lekker plek

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2014 @ 17:35:53 pm
Kremetart
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 20 Jun 2014

Ons het al baie by Rhemardo gekamp. 

Die luukse staanplekke se kombuis is niks om oor huis toe te skryf nie. Dis net 'n kombuiswasbak en 'n muurprop.

Die gewone staanplekke is eintlik beter as die luukses. Baie groter en meer gras, met 'n gemeenskaplike ablusie wat oud maar skoon is. Probeer hulle gerus.

Die oord is baie lekker in die opsig dat dit nie baie groot is nie en gevolglik is daar nie honderde mense nie. Gedurende die week is daar maar min vakansiegangers, maar baie weermaglede wanneer daar opleiding is. 

'n Besliste nadeel is die ongelyktheid van die terrein. As jy probleme het met jou knieë, sit jou turf. Waar jy gaan, sembad toe, ablusie toe, is dit opdraend en afdraend. As gevolg hiervan, kom ons nou nie meer so gereeld daar nie.

Die winkeltjie is pateties maar gelukkig is daar 'n beter winkel by "Die Olifant".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required