Ons wil Desember by Umoya gaan kamp. Ek sien die oord is onder nuwe bestuur. Ons kan met n baie woelige 12j seun, is daar genoeg vir kinders om te doen / vakansie program?
Ons wil Desember by Umoya gaan kamp. Ek sien die oord is onder nuwe bestuur. Ons kan met n baie woelige 12j seun, is daar genoeg vir kinders om te doen / vakansie program?
Bind hom aan n boom vas, maar moet hom asb nie slaan nie.
😷😷😷
Vat my saam, ek sal hom besig hou....
Pyl en Boog skiet.
Kettie skiet.
Klei teiken skiet.
Kan hy Whisky in gooi,..... toemaar ek sal hom wys.
Lol
As die vermaak vir kind belangrik is, sou ek liewer n ander oord kies. Die meeste oorde gaan seker vol wees wat so kinder vriendelik is, maar kyk bietjie wat bied n plek soos Thaba Morula vir kinders...n lekker vol program....hulle doen lekker fun goed soos kleilat gooi, foefie slide, swings waar hulle in dam beland, lantern bekruip, hindernis bane, giets toere deur die veld, ensovoorts.
Watter areas kyk jy na?
Ons verkies om nie meer as 200km van Pretoria te gaan kamp nie.
@Chuck - be careful what you wish for 😂😜
Ons verkies om nie meer as 200km van Pretoria te gaan kamp nie.
@Chuck - be careful what you wish for 😂😜
Ek weet Dinokeng Resort doen baie moeite met hul kinder programme gedurende vakansietye en hulle het baie opgraderings gedoen vir kinders.....supertubes ensovoorts
Ons verkies om nie meer as 200km van Pretoria te gaan kamp nie.
@Chuck - be careful what you wish for 😂😜
Toemaar ek n ook nou bang om seer te kry.
Het verskeie kere by Umoya gekamp. Nog nie sedert onder nuwe bestuur. Verstaan dit het vir tyd lank nie goed gegaan daar nie.
Desember nie vol nie. Was veilig vir jou kind om daar te speel en jy weet s/hy kan nie wegraak nie.
Nie vermaak program gehad nie. Swem, gewone goed in speelparkie, volleyball baan ens.
My voorstel is om te kyk of jy veral by van die ATKV oorde 'n plekkie kan kry. Daar is gewoonlik baie vir die kinders om te doen.
Umoya kan ek nie terugvoer op gee nie.
200km met n "woelige kind" is seker genoeg!
Ha ha ha, speel sommer. Julle bure wens seker julle kry n heerlike kamp waarnatoe julle elke naweek sal gaan. Ha ha ha. Gee hom 'n lepel vol "groen mamba" en neem self n Myprodol.