Toegang tot oord is teerpad en grond tot jou staanplek. Ablusies is oud maar was deurgaans skoon gewees. Staanplekke is almal mooi groen gras, maar heelwat is maar baie ongelyk....nie baie ideaal nie. Jy kan kies tussen staanplekke met krag en sonder krag. Krag, kraan, asblik en braaier was gerieflike afstand. Daar is nie veel ontspanning nie. Vir die kinders is daar n klein klimraam en swaai by tee tuin area. n Swembad sou n pluspunt gewees het vir die warmer dae. Tans moet jy afloop na die berg poele wat maar n stywe afstand is. Die oord is basies die vertrekpunt van vele staproetes wat dit ideaal maak as jy van stap hou. Van die roetes is nogals rof, maar paadjies is pragtig duidelik en omgewing waar roetes is, is asemrowend mooi. Gelukkig kon ons van die watervalle se water drink, want ons het nie genoeg saamgeneem nie. As jy kampeer hoef jy ook nie die fooie te betaal wat dagbesoekers moet betaal om roetes te stap nie. Ons het deurgaans veilig gevoel. Oord was vir ons goeie waarde vir geld. Die winkel se voorraad was maar swak gewees....het nie basiese goed soos ys, blits, melk, eiers gehad nie. Gelukkig is Dragons Peak se winkel net 5 minute se ry vanaf oord.....daar kry jy alles. Almal kan daar koop, want hul winkel is buite die oord se heinings. Ons het paar plekke besoek in omgewing, waarvan ek bietjie meer verwag het.....soos die kaas plek -ek het n groot plek verwag, maar is n winkeltjie van nie meer as 100m2 nie met een kaasbord met seker 8 stukkies kaas op. Die sjokolateur was lekker. Die brouery is lekker kuierplek, maar teen R47 n bottel bier raak dit n duur kuier. Die roofvoël vertoning was regtig iets baie besonders en sal dit baie sterk aanbeveel om te gaan besoek.....hulle het daagliks om 10h30 n vertoning as die weer saamspeel. Tydens ons verblyf was daar nie n vertoning van die Drakensberg se seunskoor nie wat blykbaar ook aanbeveelbaar is. Daar is egter heelwat interesantte eetplekkies en winkeltjies op die roete na oord toe. Die personeel is vriendelik, maar sommige van hulle verstaan moeilik engels. Die atmosfeer is absoluut heerlik en rustig...net lekker om by jou karavaan te sit en die natuur en stilte kan geniet.....pragtige uitsigte. Ek sal weer hierdie oord wil besoek en kan dit aanbeveel vir enige iemand wat hou van rustigheid en daarvan hou om staproetes te stap. Dis nie n oord wat vermaak aanbied en jou besig hou nie...dis vir natuur liefhebbers.
Hier volg n klompie fotos....
Daai poele is jou naaste swemplek aan kamp.
Daai gebou is die teetuin en winkel in die oord
Geerd you description of the camp site is pretty accurate. If you are in to hiking for day hikes the camp is well situated, and as you say there is a lot to do and visit around there. Have done the walks from there in the past but after my knee replacement cannot walk more than a few km on easy paths.
We prefer Mt Splendour as they have a pool , level sites with electricity , beautiful ablutions and some sites with good views but will not knock Monks Cowl. Its a more rustic kind of camping if you are happy with out near pools.
Dankie Geert
Die voëls is vrek mooi.
Dankie vir die deel Geert. Nog net daar vir die dag uitgespan. Pragtige plek.
Hello Geert,
What can I say? You have just got my imagination running wild again, we will have to visit that area again in a hurry, in fact Skipper have a gathering there in March at Mountain Splendor, I was wavering a bit, but after seeing all your photos has made up my mind, we will be going there in March.
Thanks I enjoyed your account of your visit.
Die plek lyk vir my heel skaflik. Ons het ookal so roof voël vertoning by gewoon en dit is verseker iets wat ek vir almal sal aanbeveel.
Thank you for the photo's Geert It is really beautiful. The security, or the lack thereof, at Monk's Cowl however bothered me when we last visited it for a day trip about two years ago. Is it still something to be concerned about?
Dont think there are fences around the site but it is so far from everything that the only local population will be those working at near by Champagne Castle hotel, so i cannot see it being much of a problem.
Brian im still tempted to go to the Skipper get together at Mt Splendour but it does put me off not being able to get a site with mountain view in March.
Thank you for the photo's Geert It is really beautiful. The security, or the lack thereof, at Monk's Cowl however bothered me when we last visited it for a day trip about two years ago. Is it still something to be concerned about?
Ja....mens voel gou "veilig" as mens kampeer. As mens die meeste van die oorde se sekuriteit by jou huis moes hê en rate, sal dit soms seker n sukkel 1/5 kry. Ek neem byvoorbeeld die oord wat ek onlangs besoek het....jy loop net in, sonder enige vrae, elektriese omheining is uitmekaar, maar tog raporteer almal hulle voel veilig. Kyk hoe baie kusoorde is oop aan strand....enige iemand kan net inloop, maar hulle voel steeds veilig terwyl hy tuis onveilig voel met n heining en verskeie alarm stelsels. Soms wonder ek hoe lank sulke oorde nog so oop kan bly en mense steeds veilig voel....tye verander vinnig