Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21906 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17689 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6140 |
Bostoe | 5447 |
BrianB | 5226 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3215 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2566 |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2148 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1990 |
Swanie | 1855 |
Nico | 1758 |
steamer | 1694 |
Hennie Botha | 1670 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1235 |
Louvan | 1228 |
RichardJ | 1131 |
Gerden | 1113 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 844 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 767 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 591 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 426 |
Harv | 424 |
Andre Smit | 416 |
Rare Breed | 415 |
1Pierre2 | 382 |
LEEN | 381 |
Kamp is Koning | 372 |
survivalist | 352 |
Herman | 336 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Dieter | 265 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 237 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 195 |
BigG | 182 |
Trev1 | 181 |
Manyane - Terugvoering
Ons het die afgelope lang naweek by Manyane by Pilanesverg gekamp. Ons het onsself regtig geniet en sal weer terugkeer na hierdie oord. Ek sal via die volgende paar replies terugvoering gee oor ons ervaring by Manyane met n paar foto's waar moontlik.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Die staan plekke verskil vanaf tent staanplekke met/sonder krag tot karavaan staanplekke met/sonder krag. Karavaan staanplekke is oor die algemeen lekker groot....die staanplek waar ek opgestaan het kon mens seker 2x karavane opgestaan het. Die fotos wat mens op sekere websites sien waar mense op lower groen gras staan, is baie oud. Hier is nie staanplekke met gras nie. Krag en water en asblikke was lekker naby gewees. Grond was baie hard...gesukkel om tent penne in te slaan. Staanplekke is baie gelyk...no nodig vir leveling blocks nie. Van die staanplekke se kragpunt kan ver wees...so dit sal wys wees om voorsiening daarvoor te maak....my buurman moes n extension by my leen omdat sy kabel te kort was. By die kraan is n drein put gewees wat dit ideaal sou maak vir die karavane met storte in om jou afvoerpyp daarin te lei en sodoende ontslae te raak van grys water
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Die staan plekke verskil vanaf tent staanplekke met/sonder krag tot karavaan staanplekke met/sonder krag. Karavaan staanplekke is oor die algemeen lekker groot....die staanplek waar ek opgestaan het kon mens seker 2x karavane opgestaan het. Die fotos wat mens op sekere websites sien waar mense op lower groen gras staan, is baie oud. Hier is nie staanplekke met gras nie. Krag en water en asblikke was lekker naby gewees. Grond was baie hard...gesukkel om tent penne in te slaan. Staanplekke is baie gelyk...no nodig vir leveling blocks nie. Van die staanplekke se kragpunt kan ver wees...so dit sal wys wees om voorsiening daarvoor te maak....my buurman moes n extension by my leen omdat sy kabel te kort was. By die kraan is n drein put gewees wat dit ideaal sou maak vir die karavane met storte in om jou afvoerpyp daarin te lei en sodoende ontslae te raak van grys water
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Die badkamers is oud....maar was skoon gehou gewees. n Probleem vir ons was dat obs in die 4dae wat ons daar was nie eenkeer n warm stort gehad het nie. Die oird was vol en die geysers is nie genoegsaam vir die hoeveelheid mense nie. Dis nie net die kampeerders wat gebruik maak van die ablusie blokke nie, maar ook die huurders van die tent huise. Hulle sal dit moet oorweeg om iets hieraan te doen want dis regtig nie baie lekker om n koue stort te vat op n koue winters aand nie....dit was nog ekstra koud gewees met die koue front wat die naweek oorgekom het. Die skottelgoed opwas area se water was ook gedurig koud...1x bietjie lou gevang. Die foto is van ablusie blok B. Blok A se geriewe is opgegradeer met nuwe teels en wasbakke ensovoorts (ongelukkig nie foto daarvan nie). Ek dink die geriewe is te min vir die hoeveelheid mense...gesien dat mense in die oggend in n ry staan en wag vir n toilet / shower
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Die ontspanning fasiliteite binne die oord is niks besonders nie. Die swembad is seker n lekker pluspunt in die somer. Die area waar die putt putt bane is, is vreeslik verwaarloos....kon sien dat dit eens n lang tyd terug n pragtige aantrekkings punt moes wees. Daar is n voëlhok waar jy binne kan sit...maar nog net n paar duiwe in. Area waar jy tussen diere kon loop...heinings weg en vieslik verwaarloos. Ek sou sê hierdie hele area het geen aantrekkings krag nie. Was eintlik hartseer om te sien hoe iets wat so mooi kon wees, sò verwaarloos word.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Hierdie is fotos van die geriewe by ontvangs area....restaurant, kroeg ensovoorts. Ek kan nie terugvoeting hieroor gee nie...ons het nie van hierdie fasiliteite gebruik gemaak nie.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Die winkel in die kamp se voorraad was pateties toe ons daar aankom...geen brood...geen melk....geen eiers....geen hout....1x sak houtskool....nie n enkele koeldrank nie...geen roomys nie. Hulle het aanbeveel om na Bakgatla te ry of by die Pilanesberg sentrum in die reservaat. Voorraad is later die naweek aangevul.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Gelukkig het ek meeste goed self saamgeneem...pryse is maar aan die rowwe kant
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Hoogtepunt van ons naweek was natuurlik die wilds besigtiging. Ons was bevooreg gewees om die BIG5 te kon sien. Die mooiste was die luiperd wat van rots tot rots gespring het. Die leeus was mooi groot. Was selfs gelukkig om 2x op springbokke af te kom. Zebras is baie....voel of hul soms meer was as die rooibokke. Al die fotos het ek met die selfoon geneem...so die diere wat bietjie verder was kon ek nie mooi in die prentjie kry nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Die rooibokke is baie mak wat in die kamp rondloop. Hierdie een was seker minder as n meter van my af gewees. Dit was elke oggend so gewees....heeeerlik!
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Geert baie dankie vir jou terugvoer en mooi fotos. Sjoe die pryse lyk vir my ook rof en duidelik lyk dinge maar sleg in die winkel as hulle nie eers hout, ys, roomys ens het nie.
Ek was baie beindruk toe ek laas daar was en moet se die blok a ablusies was baie mooi en ook jammer dat hulle nog nie na die 2 ander gekyk het en dit op dieselfde manier verbeter het nie.
Ons het 'n gewone naweek daar gaan kamp en warm water was nooit 'n prbleem nie. Dit lyk dus asof dit 'n enerme probleem is as die kamp vol raak.
Jy was weer baie gelukkig met al die diere wat julle kon sien.
Dit lyk baie lekker.
How great is our GOD
Dit is hoe ons Manyane ken.
Daar was op ons staanplek net vreeslik baie papier doringtjies gewees.
Voorwaar kan dit 'n goudmyne wees as dit reg bestuur word.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Wonder of dit sal help as SANPARKS die park kan oorvat. dan sal ek elke naweek daar kamp.
Hoe is die geraas met die shebeens in die area in die aand? het baie mense hoor kla daaroor?
Die wildtuin is so ver en die is die ideale plekkie as substitute, maar weet ook nie so mooi nie.
Ons ry maar net vir dag trippies gewoonlik
As long as everything goes my way...I'm totally flexible
Ek dink nie Sanparks sal beter doen nie. Ek persoonlik dink dat Manyane beter lyk en onderhou word as meeste van die KNP oorde. Wat dit aantreklik maak by KNP oorde en oorde soos Manyane en Bakgatla is die wildsbesigtiging wat op jou voorstoep is. As dit nie vir wildsbesigtiging was nie, sou ek nie een van bogenoemde oorde besoek het nie...KNP oorde ingesluit.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
As mens egter kyk hoe baie dinge soos paaie agteruit gegaan het dan kon dit dalk hier en KNP nog slegter gelyk het. Mens sou dit nooit wou he nie maar dit is alles deel van hoe dinge deesdae lyk.
Gegewe die "plaaswerf" sal mens steeds graag hier kamp.
Hoe werk die toegang na die Pilanesbergwildreservaat nou-het in die verlede slegs eenkeer relatief min betaal vir 'n toegangspermit wat geldig was vir die duur van jou kampverblyf in Manyane/Bakgatla. Verneem die stelsel het verander en jy moet elke keer betaal wat jy ingaan-wat is die koste nou (ons is afgetree). Ons het gereeld( sowat 4tot6 keer per jaar daar gaan kamp maar was ongelukkig seker so'n jaar laas daar. 'n Ander ding wat lastig kan wees is die veiligheid op die pad daarheen-veral as daar protes is by die dorpie waar jy van die N4 afklim-ek ken nie enige alternatiewe roetes nie so is nou maar versigtig!
As jy jou verblyf disc wys by reservaat, betaal jy half prys. Sover ek weet is dit normaalweg R100 per kar en R80 per volwassene wat dan R50 en R40 word. Sal later op my papiere net seker maak.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ons het Saterdag hierdie groot trop olifante voor ons in die pad gekry....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ons het vrydag oggend op hierdie dooie renoster afgekom....hartseerðŸË¢
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ