Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |






Manyane Augustes 2022
Sedert 2015 kampeer ons 1x n jaar by Manyane Resort by Pilanesberg. Ek weet nie of dit net my gevoel/ervaring is nie, maar hierdie jaar was nog die heerlikste kamp ervaring wat ons ooit daar gehad het. Personeel was regdeur opmerklik baie vriendelik.....elke oggend as skoonmakers verby loop, kry mens n vriendelike groet. Ook by ingang van oord waar werkers toegangsbeheer toepas....word hartlik welkom geheet en elke dag n vriendelike groet en glimlag. Saans ook vriendelike sekuriteitswag wat kortkort sy draaie loop om te sien of alles okay is. Ek het hierdie hele lang naweek nie een persoon gehoor musiek speel nie.....weet nie of sekuriteit mense daaroor aangevat het nie. Badkamers was ook deurgaans skoon gewees en plesier om te gebruik. Gemeenskaplike area by restaurant en swembad area ook baie netjies. Die generator wat hele oord aan die gang hou tydens load shedding was ook n groot pluspunt gewees. Oor die algemeen het Manyane en personeel my baie beindruk. Die grondpaaie binne in die reservaat self kort egter dringend aandag na swaar reen skade vroeer vanjaar
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Lyk baie netjies dankie vir terugvoer Relaxed Camper!! Ek sit hom op my "to camp to do list"
If its worth doing, its worth doing well.

Paar keer lekker picnic gehou in die reservaat self
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dankie vir die deel Geert, pragtige fotos. En jou picnic braai laat my honger pyne kry...
Sjoe Geert, dit is nou goeie nuus omtrent Manyane ..... baie bly hieroor! Moet erken dit laat my onmiddelik wonder of dit nogsteeds dan - met al julle besigtinge - die moeite werd is om al die pad KNP toe te gaan? Vroeër, tydens vorige kampe by Bakgatla, was ons ook uiters tevrede met die wild wat ons gesien het, maar terugvoering wat ons later van dae gekry het was maar teleurstellend. Sal beslis weer 'n draai daar maak! Dankie!!
Geert dankie vir update verseker n plek om na te gaan
Haak daai wa kamp bly koning
Dankie Geert, waardeer.
ââ¬ÅHe was a wise man who invented beer.ââ¬Â ââ¬â Plato

Really nice pics.
two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
Geert, my vriend Tinus hulle was ook daar gewees met sy Sprite Scenic.
Oppad na die volgende kamp.

Baie duidelik dat hulle die plek opgeknap het.
Wonder op Bagatla dieselfde upgrade gekry het. Weet iemand dalk?
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dis nie dat hulle fasiliteite fisies ge-upgrade het nie....dis meer dat dît wat hulle het, mooier versorg en skoner gehou word en dat vriendelikheid regtig verbasend opmerklik was.
Ons het tydens verblyf gaan inloer by Bakgatla. Oord, badkamers en swembad was mooi skoon. Dit was wel verbasend om te sien hoe stil dit daar was....ons was oor die lang naweek daar, en waar Manyane stampvol was, was Bakgatla seker 15% vol. Ek weet nie of die rede is dat almal nog nie weet dat hul weer oop is nie nadat hul eers weer Desember oopgemaak het nie, maar ek dink Manyane is maar meer aantrekliker met mooier staanplekke en skaduwee.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ja dis verseker meer aantreklik met die skadu in Manyane. Laaste wat ek daar gekamp het was in 2012 net voor ek my Navara verkoop het.
Het op daai stadium in 'n vlakte van papierdoringkies gekamp. Is die vyf doringkies steeds so opmerklik baie?
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Nee....hier en daar n patch, maar hoofsaaklik grond soos in wildtuin
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Julle ouens wat gereeld in Pilanesberg kamp en/of ry - is dit julle ervaring ook dat die paaie in die park só fenominaal agteruit gegaan het soos in die jongste Wegsleep & Ry berig word. Die berig en foto's maak dat ek maar wye draai om dié park sal ry.

Ja....die grondpaaie kort dringend aandag. Die baie reens vroeer vanjaar het baie skade agter gelaat aan grondpaaie. Selfs ons met "hi clearance" voertuie het maar gesukkel vroeer die maand......ek kry die besoekers met gewone sedans baie jammer, baie dink ek ry dit nie eers nie. Eintlik skande dat dit nog nie aandag geniet het nie. Ek persoonlik dink dis nie baie werk nie en hoef ook nie baie te kos nie aangesien dit net sekere gedeeltes is wat met n padskaraper geskraap moet word. Die teerpaaie is heelwat beter as ander jare....die potholes is almal "ge-patch", nie so n smooth ry soos KNP nie, maar darem beter as heeltyd moet uitswink vir potholes.
Daar was mos laasjaar or die R50m goedgekeur vir paaie in en om Pilanesberg......wonder of geld op is?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Nee dankie. Nie vir my.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.