Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |






Mahai - Terugvoering
Ons het Desember oppad see toe eers by Mahai aangegaan. Dit was ook weer aangenaam om vir Pieter {Brommer} daar raak te kamp.
Toegang tot die oord is heel maklik bereikbaar met n padkaravaan....teerpad met kleinerige potholes {niks ernstigs nie} die laaste 10km voor oord. Die ontspanning is hoofsaaklik om die rustigheid van natuur te geniet en verskillende staproetes aan te durf. Deur staproetes aan te durf kom mens af op asemrowende uitsigte en raak stil van die mooi skepping waardeur mens kan stap. Roetes verskil vanaf n paar minute se roetes tot n vol dag se stap....so die keuse is groot!. n Swembad in kamp terein sou voordelig wees vir warm dae aangesien Cascades se poele soms oorvol kan wees deur dagbesoekers. In die kamp self is nie veel te doen vir kinders nie....net n klimraam. Die personeel was deurgaans vriendelik. Ablusies is aan die ouerige kant, maar deurgaans skoon gewees. Het deurgaans veilig gevoel....mens is binne die Royal Natal park. Winkeltjie is n entjie van kampeer terein af....het darem die basiese benodighede plus paar ekstras soos roomysse ensovoorts. Atmosfeer is deurgans lekker rustig....almal wat daar kampeer is daar vir dieselfde ding en dit is om die rustigheid van natuur te geniet.....geen musiek gehoor of enige laat nag kuiers nie. Die staanplekke is baie groot....baie van die staanplekke kan jy met gemak met 2x karavane op staan. Ek dink mens kry goeie waarde vir mens se geld. Ons het nie buite die kamp gegaan om na omgewing se aantreklikhede te gaan loer nie....net die stap roetes geniet vanaf kamp. Al wat probleem was in kamp was dat daar vreeslik baie kakkerlakke was en dat dagbesoekers en drank n onaangenaamdheid veroorsaak by die gebruik van Cascades.....ek het dit adresseer aan bestuur en hoop dat hulle aandag daaraan sal gee. Ek sal mede kampeerders aanbeveel om hier te kampeer as jy van stap en van natuur hou.
Ek plaas n paar fotos.....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Staanplekke verskil vanaf vol gras tot geen gras. Jy kan staanplekke kies met krag of sonder krag. Dit wil voorkom of die staanplekke met krag heelwat groter is. Sommige staanplekke is so groot...jy kan met groot gerief met 2 karavane daarop staan. Uitsig met die berge in agtergrond is regtig pragtig!
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Gemeenskaplike skottelgoed was plek....

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Kamp terein is daar onder waar donkergroen bome is....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Cascades is baie naby aan die kamp.....en n maklike stappie....die eerste gedeelte is rolstoel vriendelik.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Baie dankie vir die inligting en pragtige foto's.
Hulle het vreeslik baie bome in die kamp omgesny....blykbaar almal wat hoër was as 50m wat n gevaar inhou vir omval. Op die fotos kan mens mensself voorstel watter pragtige staanplekke dit moes gewees het toe die bome nog daar was....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Baie mooi Geert. Dit lyk of ons op een van jou fotos pronk ;-) Sien my wa staan daarso op sy plekkie.. Ekt seker nie toe al daardie klomp sonpanele uitgehaal nie ;-)
Die oorspronklike klomp kan jy nie op foto sien nie....agter die tent. Die ander wat jy plat op gras laat lê het by trekstang het jy eers later uitgehaal.
Pieter {Brommer} het daar "off the grid" gekamp....het via solar panele krag vir homself opgewek.....inverters....batterye
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dit lyk baie mooi sal moet n plan maak daai kant toe
How great is our GOD

Thanks for the photo's have placed it on the Bucket list
Baie mooi. Sal eendag daar uitkom.
Dankie.
Al weer oppad iewers heen.

Dankie vir die mooi foto's. Ek dink dit is een van die juweel kampe in ons land. Vriende van ons het jare terug in die winter in die sneew daar gekamp.
Ek sal verseker eendag daar n draai maak. Dankie vir die fotos Geert
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Sjoe...dit moes soos n sprokies wêreld gelyk het.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dankie vir puik terugvoer Geert. Voorwaar 'n pragtige omgewing.
ââ¬ÅHe was a wise man who invented beer.ââ¬Â ââ¬â Plato

Ons het Kersfees by Hlalanati daar naby gekamp en wou eendag gaan kyk maar daar het 'n lang tou voor die park se hek gestaan en toe maar gelos. Mooi kamp.
Watter dag wou julle inkom want ons was ook daar vanaf 27ste December en het nie een dag lang toue gesien nie?? Baie vreemd. Kan dalk Kersdag verstaan of dalk 26ste maar vanaf 27ste het ons heel lekker gebly en was baie in en uit by hek.