Lalanathi - Port Shepstone, Kwazulu-Natal
Kamp & Leef Gekose Oord
Breek weg en neem die gesin na die Suidkus, 60min vanaf Durban en slegs 12km vanaf Port Shepstone. Vang vis vanaf ‘n pragtige ongerepte strand, slegs 50m vanaf die kamp. U kan na hartelus gaan swem, in die son bak en/of ontspan in die natuurlike, stil omgewing. U kan ook saans die kampvuur in die onbesoedelde lug geniet. Ideaal geleë met pragtige tonele en voëls in ‘n omheinde en veilige gebied. Geriewe sluit in: skoon ablusie en opwasgeriewe, ’n gemeenskaplike lapa en braaigebied. Daar is ook ‘n speletjieskamer met DSTV, ‘n swembad, ‘n vlugbal-baan, springmatte en speelgrond vir kinders.
Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.
Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm
Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.
Ons het al gehoor van hierdie oord. Baie goed geleë as jy net wil ontspan of as jy lus het om te gaan voetslaan.
Eers gedink dis Hlalanathi in die Drakensberg....maar sien dis Lalanathi by die see!
O nee......ek het die verkeerde oord hier beet. Ignoreer asseblief die vorige plasing.
O nee......ek het die verkeerde oord hier beet. Ignoreer asseblief die vorige plasing.
Ook eers gedink aan die een in die berge?
Ons het ‘n paar jaar gelede ‘n paar keer hier gekamp. Lekker sentraal geleë en alle geriewe was altyd skoon en netjiesen naby die see.
Hierdie is n oord waarvan ek oor die algemeen nie veel van hoor nie, maar as ek kyk na die terugvoering van hierdie oord lyk dit oor die algemeen heel goed!