English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 433
Total Replies: 233 358
Total Views: 82 468 919
topics: 4 421
replies: 29 852
views: 17 361 266
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 427
replies: 9
views: 17 349 194
topics: 8
replies: 126
views: 60 117
ATKV Eiland Spa Holiday Resort
Limpopo, Letsitele
102
Total Ratings: 102
101   
1
Rated: 08 Oct 2019
Type of Resort:
Family with children: 4
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Krag probleme en oormatige slange

replies: 24
views: 5163
23 Jan 2017 @ 22:59:42 pm
Leandro
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 06 Jan 2015
Experience: 29 years
Hi. Ek het onlangs gehoor by mense wat by ATKV Die Eiland gekamp het oor Desember tydperk dat dit nagmerrie was t.o.v lang krag onderbrekings en baie slange (as gevolg van baie ren). Was iemand daar gewees oor fees tydperk en dieselfde probleme ervaar? Ek het alreeds vir Des 2017 bespreek.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2017 @ 00:05:35 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14276
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
So ver ek weet was WJ daar...miskien sal hy kan terugvoering gee
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2017 @ 09:10:28 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2576
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Leandro, van die kragonderbrekings weet ek nie, maar slange bekommer my beslis nie.  Die Eiland is in die (Bos)veld en in die veld is baie slange- selfs waarskynlik in die oop plekke in Gauteng.  Baie meer mense word deur motors doodgery as wat deur slange doodgepik word en slange, anders as karre, probeer mense vermy.  Loop net oop-oog en op plekke waar jy kan sien- nie deur lang gras nie.  As jy dalk 'n slang sien, staan net stil en gee hom kans om weg te kom- hy is meer bang vir jou as jy vir hom en jy is nie sy prooi nie.  As  die slange jou regtig bang maak, moet jy maar eerder in Gauteng bly.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2017 @ 09:16:46 am
Leandro
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 06 Jan 2015
Experience: 29 years
Nee ek stem saam Fred dankie. 'n Mens is maar net versigtig met die kinders. Wil ook nie kinders heeldag op my skouers dra net omdat hul skrikkerig is oor die slange nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2017 @ 10:15:40 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5643
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Al raat wat ek kan gee.
Daar is sulke paadjies deur die bosse. Moet nie dat die kinders kortpad vat daardeur nie..
Soos gese, cobras, mambas en boomslange is gevaarlik maar hulle sal padgee as jy aankom.
Pofadders, ook gevaarlik en lui en sal dalk bly l. Hou julle o oop.
Ek glo glad nie daar is n gevaar van slange wat julle le en inwag nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2017 @ 11:38:36 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 698
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Al raat wat ek kan gee.
Daar is sulke paadjies deur die bosse. Moet nie dat die kinders kortpad vat daardeur nie..
Soos gese, cobras, mambas en boomslange is gevaarlik maar hulle sal padgee as jy aankom.
Pofadders, ook gevaarlik en lui en sal dalk bly l. Hou julle o oop.
Ek glo glad nie daar is n gevaar van slange wat julle le en inwag nie.

Oom Koos, jy gee goeie raad. Ek ken ook so paar pofadderstongue-out (natuurlik nie hier op die forum)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2017 @ 14:06:03 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 870
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years
Ons het in 1994 vir die eerste keer by Eiland gekamp (toe nog 'n Aventura oord). In die C-blok gestaan teenaan die dam - ek dink vandag is dit C4 of C5. Agter ons karavaan was 'n stapel klippe wat blykbaar vroer jare deel van 'n watervalletjie was. Die dag voor ons vertrek, het ek my kar langs die klipstapel gewas. My destydse buurman, Berthold Alheit, het 'n geselsie kom aanknoop terwyl ek kar was. Hy merk toe op dat die vols besonder baie raas in die boom bokant ons, maar dat hulle afkyk na die rotsstapel. Sy woorde was: "Chris, hier moet 'n slang wees" - wat hy toe ook begin soek. Die volgende oomblik toe roep hy my om by die klipstapel te kom kyk. 'n Reus van 'n luislang (volgens die dikte van sy lyf) het tussen die klippe gel. Jy kon nie uitmaak watter kant sy kop of stert was nie - jy kon net sowat 'n meter van die lyf sien. Ons was verstom dat kleiner vols (soos glansspreeus en tiptolle) so opgewonde kon raak oor 'n luislang.

Daardie aand lees ek in 'n slanggids dat luislange (soos menige ander slange) grootliks oornag aktief is. Kan jy jou voorstel as jy in die nag uit jou karavaan klim om 'n draai te gaan loop - en jy trap op so 'n dik koue ding wat voor jou karavaandeur in die tent l. Net daar hoef ek nie meer toilet toe te gaan nie - maar ek sal 'n kraan benodig om myself skoon te kry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2017 @ 14:12:20 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Chris, jy maak my sommer weer van vooraf bang.   My grootste vrees is altyd dat ek op 'n slang sal afkom in die ablusieblok.   DK het eendag vir my vertel hulle kom soek hitte as dit koud is.  Sedertdien check ek altyd eers vir 'n slang daar binne, veral as dit bosserig is naby die ablusieblok.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2017 @ 14:13:08 pm
Leandro
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 06 Jan 2015
Experience: 29 years
Hahahahaha Chris, of as jy dink dis jou vrou se hand op jou been in die bed.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2017 @ 15:51:50 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

TIP....

Learn to PLATS when you are walking....Teach the kids as well

Stomping chases snakes away... except for pof-adders, they cant feel the vibrations

 

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2017 @ 14:15:07 pm
Mr D
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 13 Oct 2015
Experience: 44 years
Was die eerste week in Januarie daar en het geen krag problem ervaar nie, maar kan nie van die vorige weke getuig nie. Slange soos reeds genoem sal ons altyd in die bosveld kry, maar ons kuier die afgelope 4 jaar gereeld by die Eiland en het nog nooit van 'n slang gehoor of gesien nie. Het ook al op C4 gestaan en geen slange daar gekry nie. Ek persoonlik dink indien die kinders van die veld af weg bly daar geen problem kan wees nie.
Loof en prys die Vader, want Sy genade is onmeetbaar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2017 @ 15:23:23 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5651
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Hi. Ek het onlangs gehoor by mense wat by ATKV Die Eiland gekamp het oor Desember tydperk dat dit nagmerrie was t.o.v lang krag onderbrekings en baie slange (as gevolg van baie ren). Was iemand daar gewees oor fees tydperk en dieselfde probleme ervaar? Ek het alreeds vir Des 2017 bespreek.

Lean

Ons het Desember 2013 en 2014 daar op die "C" blok gestaan vir 'n maand elk en nooit probleme gehad nie.  2014 het die "Transformer" wel opgepak maar was gou weer vervang.

Wil weer daar gaan staan.

 

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2017 @ 15:25:22 pm
Leandro
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 06 Jan 2015
Experience: 29 years
Dankie Wilsur. Lyk my ek hoef nie van my staanplekke ontslae te raak nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2017 @ 15:35:07 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5651
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Neewat, julle gaan dit geniet in daai bosveld hitte, hoop net die Mopanie wurms is nie te erg nie.  Anders tel dit op vir die mense wat die plek skoon hou, hulle druk dit uit en maak dit droog, lekker soutige happie (vra hulle gerus).

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2017 @ 19:50:47 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8268
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Geniet dit.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2017 @ 19:56:53 pm
Leandro
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 06 Jan 2015
Experience: 29 years
Thanks Chuck
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2017 @ 01:24:22 am
Piet
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 16 Apr 2016
Experience: 61 years
Daar is mense wat doodeenvoudig net nie naby 'n slang wil wees nie. Maar, aan die anderkant, die Bosveld is hulle plek en dis eintlik nie so erg soos wat sommige mense dit sien nie. 'n Belangrike vraag is egter dit, en ek sien nie dat iemand daarvan praat nie; Soos wat ek die ATKV ken sal hulle teenvoeter serum op die perseel aanhou. Kan iemand bevestig of dit wel so is en dat die serum nog nie verval het nie? ATKV behoort hierdie gerusstelling al by die hek deur te gee as dit waar is. Lekker kamp en gril!
Piet Human
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2017 @ 09:06:43 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2576
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Snaaks dat almal so klem lê op die Bosveld se slange. Die land is vol slange.  In die Kaap is daar oral pofadders, wat eintlik van die gevaarlikstes is omdat hulle nie padgee as 'n mens nader kom nie, en ek is nie bewus daarvan dat die Kapenaars in vrees en bewing leef nie.  Ek het self by Stormsriviermond amper 'n onderonsie met een gehad wat ek nie betyds gesien het nie.  Dit het by nie uit die bos laat vlug nie.  Op Stilbaai, waar ons baie kom, is daar gereeld pofadders by die huise maar so what?  Dis steeds lekker by die see.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 08:43:57 am
EvWyk
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 68
Joined: 25 Nov 2015
Experience: 44 years

Ja, 'n mens moet onthou dat jy in die natuur is met al die elemente wat daarmee saamgaan. Ek het nou in Desember ook met 2 te doen gehad (Strandskloof anderkant Gansbaai). Die een slang is doodgemaak (deur een van die werkers). Ek was eintlik baie vies daaroor. Die 2de keer het ek darem 'n foto geneem en die slang laat gaan. Dit is waar wat almal sê, die slange is eintlik vrek bang vir jou en sal slegs aanval indien hy bedreig voel. Ek het die slang "ge-google" - was toe 'n Skaapsteker. Dit is eintlik 'n mite dat hy skape steek (slegs ander slangetongue-out) en is eintlik heel onskadelik.

Wat ek probeer sê, miskien is dit beter dat ons bietjie ingelig raak oor watter slang dit is (nie almal is gevaarlik) instede van alles voor die voet dood te maak. My vrou was egter minder in haar noppies (ek moet sê was ook eers bietjie ongemaklik). Volgens google werk Jayes Fluid. Het toe maar 'n spuitbottel by die "R10 store" gekoop en het die hele "erf" om die karavaan gespuit. Die reuk was net vir 'n paar uur merkbaar maar het nie weer slange gesien nie. Jays Fluid gaan beslis volgende kamp saam.

Lekker kamp

Edwin

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 19:42:59 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4456
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Ja wees versigyig hou jou oe oop wat ek wel kan se Eiland is n puik oord
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 20:02:00 pm
Piet Pad
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 87
Joined: 16 Feb 2016
Experience: 32 years
Ek sit nou met my voete op die tafel en rondkyk.Brrrr Vrrrrrekk bang vir enige slang. Groot, klein, gevaarlik of nie. Kamp bly egter bo en die Jayes Fluit werk regtig. Geniet.
'n Glimlag is gratis!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2017 @ 16:45:17 pm
Warren G
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 31 Jan 2017
Experience: 9 years
We were at Eiland over Christmas and New Year, and there were big electricity problems. Almost every day there was a power cut. On some days the power was off for more than 10 hours. And in summer, that's a big problem for food. I wish they had warned us before we arrived, but they didn't. Not sure I'll go there again...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2017 @ 16:56:17 pm
Leandro
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 06 Jan 2015
Experience: 29 years
Thanks Warren, noted
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2017 @ 17:43:52 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14276
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ja, 'n mens moet onthou dat jy in die natuur is met al die elemente wat daarmee saamgaan. Ek het nou in Desember ook met 2 te doen gehad (Strandskloof anderkant Gansbaai). Die een slang is doodgemaak (deur een van die werkers). Ek was eintlik baie vies daaroor. Die 2de keer het ek darem 'n foto geneem en die slang laat gaan. Dit is waar wat almal sê, die slange is eintlik vrek bang vir jou en sal slegs aanval indien hy bedreig voel. Ek het die slang "ge-google" - was toe 'n Skaapsteker. Dit is eintlik 'n mite dat hy skape steek (slegs ander slangetongue-out) en is eintlik heel onskadelik.

Wat ek probeer sê, miskien is dit beter dat ons bietjie ingelig raak oor watter slang dit is (nie almal is gevaarlik) instede van alles voor die voet dood te maak. My vrou was egter minder in haar noppies (ek moet sê was ook eers bietjie ongemaklik). Volgens google werk Jayes Fluid. Het toe maar 'n spuitbottel by die "R10 store" gekoop en het die hele "erf" om die karavaan gespuit. Die reuk was net vir 'n paar uur merkbaar maar het nie weer slange gesien nie. Jays Fluid gaan beslis volgende kamp saam.

Lekker kamp

Edwin


Dankie vir die advies...Jayes fluid👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2017 @ 20:30:26 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year


Dankie vir die advies...Jayes fluid👍

Ek stem, Geert.  Ek gaan Jayes Fluid saamvat.  Sommer voor die ablusieblok ook spuit.

Nie ek of Colin sal die moed hê om hom dood te maak nie, hou hom eerder net weg van my omgewing af.  Hy op sy plek, ek op myne.yell

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required