Wel behalwe vir die min bome en dat jy oor die treinspoor via 'n brug moet stap strand toe is dit heel netjies daar. Die staanplekke is in so sirkel uitgele en almal kan mekaar sien. Dan is daar 'n minuut se stap dan is mens by 'n mooie Protea Hotel wat op dieselfde perseel is en ook die chalets. Die chalets is tussen die kampplek en die hotel. Goeie sekuriteit en ook 'n speelpark reg langs die hotel met swembad ens.
Ek het nog nooit daar gekamp nie maar het gereeld in die hotel tuisgegaan as ek op veld besoeke was in die Durban omgewing en ek het altyd verkies om buite die stad tuis te gaan en te ry waar ek moet gaan werk.
Dis dan ook baie naby aan die Natalie oord v d ATKV wat baie mense hoog aanslaan.
Karridene is seker die goedkoopste park aan die Natalse kus en die geriewe is baie goed. Ons kamp gereeld daar en alle staanplekke is gras. Soos genoem nie baie bome nie maar ons het dit nog altyd daar geniet.
Karridene Fotos.
Verskoning. Wou die album van Karridene oplaai maar is dom vandag.
Jan dis altyd lekker om van iemand wat naby bly wat kan kies en keur waar daar gekamp word so 'n goeie verwysing te kry. Sal tog daar gaan kamp op 'n kol.
Enigste plek waar ons n gazebo verloor het was by karridene ;) wind kn soms lol...
Jan meyer watter staanplek het jul op daai foto?
Dis maar hoekom ek vra
Ons het weer vir Desember bespreek by Karridene, maar het besluit om maar liewers elders te gaan kampeer. Dis n baie lekker oord met goeie geriewe, maar teen R 1440 / nag vir 4 mense raak dit bietjie rof…..