Bosfontein Karavaan Park - Bela-Bela, Limpopo
Kamp & Leef Gekose Oord
Onder die sterre, die mooiste sterre hemel in die middel van die bos tussen die diggeleë koeltebome, kan jy behoorlik kom rus. Bosfontein woonwa oord is op ‘n klein plasie geleë tussen Bela-Bela en Modimolle! Een van die twee natuurlike fonteine in die Tweefontein geskiedkundige area kan hier gevind word! Kom geniet die rustigheid, die kleinskaalse wild en pragtige bos! Stap langs ons dammetjie en geniet ‘n lekker stukkie vleis op die kole. Wifi “Hotspot” nou beskikbaar by die groot lapa. Toegangsbewyse is verkrygbaar by die winkel.
Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.
Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm
Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.
As ek die Girl na haar Ma toe vat ry ons elke keer da verby.
Wil nog eendag daar aanry en sien hoe dit lyk.
Is hierdie park ook slegs tydens skoolvakansies en naweke oop?
Hulle het altyd nice funksies wat hulle aanbied tydens spesiale geleenthede soos braaidag, vadersdag / moedersdag etes ensovoorts.
Het al twee keer daar gekamp. Baie chapperig.
Enigste oord wat ek van weet wat klein toilette en wasbakke veskaf vir die klein goed.
Ek was nog net een keer daar en sal beslis weer die oord besoek.
Paar jaar terug terwyl ons daar kamp het die yskas in die Penta se pype aan die agterkant begin lek.
Hel maar was daai amoniak reuk sterk. Het toe maar die yskas afgeskakel en waaiers in die wa gesit om die amoniak reuk uit te kry.
Ons het eers laat daai aand dit draaglik gevind om te gaan slaap. Memories by Bosfontein. Daai naweek was daar nog 'n saamtrek van die ou Wegsleep forum ook daar gewees.
Chris, ja ek dink Deon en Martie het die so verander. Ek weer die Kamp Midmal kampers bespreek die oord vir 'n mid-week.
Dankie vir die bevestiging Willem.