ATKV Eiland Spa - Letsitele, Limpopo
Kamp & Leef Gekose Oord
ATKV Eiland Spa Vakansie-Oord is die ideale vakansiebestemming. Ons het ‘n verskeidenheid vermake en die oord is naby die Kruger Nasionale Park. Warm en sonnige weer reg deur die jaar. Die oord met sy uiteenlopende natuurlike skoonheid en klimaat, voorsien ‘n geleentheid wat die meeste behoeftes sal bevredig. Die ATKV Eiland Spa vakansie-oord bied ‘n groot verskeidenheid verblyf-opsies. ’n Ideale plek vir natuurliefhebbers, voël- en wildkykers.
Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.
Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm
Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.
Baie lekker Kamp.
Die kampeerders wat nou daar oorwinter het....hoe het julle afgelope winter ervaar...warmer as ander jare?
ATKV Eiland bly n wenner klimaat lekke heel aar deur
Ek het nou onlangs vir die eerste keer n vinnige draai daar gemaak en baie lekker gekamp. Die oord het n baie lekker admosfeer en n mens voel sommer vinnig tuis.
Die Eiland lê baie na aan ons harte. Dit is 'n wonderlike oord met uitstekende bestuur en werkers en die beste mede-kampers.
Wie het plek daar bespreek vir Desember wat nie kan gaan nie.
Laatweet my asb.
Is hulle vol bespreek vir Desember?
Ons staan nou-al hier vir 2 maande (nog bietjie meer as 3 weke wat oorbly). Wat 'n wonderlike oor-winter oord. En ja, ons het verlede week nogal vrekkit warm dae beleef. Tans is dit meer soos wat ek Eiland in die winter ken.
Ons staan sedert 29 Mei hier by Eiland.
Dit wil vir ons (my se gade en my sigself) voel of hierdie 2019 winter warmer is as in 2018.
Baie van die langkampers praat daaroor. Dit beteken dat die warmer winter temperature hierdie jaar opvallend is.
Eiland Spa Oktober Promosie
Geldig vanaf 1 - 31 Oktober 2019
RONDAWEL
Ontvang 25% afslag per midweek nag.
KAMPERING
Ontvang 40% afslag vir besprekings van 3 nagte
of meer.
Ja, ons het daar gestaan op 11 Aug vir vier aande en het ook daai hittegolf beleef, een dag was dit bykans 38 grade. Gelukkig het ons reg langs die koue swembad gestaan en het feitlik die hele dag gewissel vanaf die water en die bier in die yskas. Ons het heerlik gekuier saam met regtig-nice mense langs ons, maar ongelukkig het iemand op die derde dag die hek oopgelaat en was daar 'n uiters raasgat-mors-klomp toegelaat wat veroorsaak het dat ons bly was om die volgende oggend te ry. (Ek dog dan dis 'n AFRIKAANSE TAAL vereniging plek.) Ek sal graag volgende keer langer wil aanbly, my werk is op die oomblik my grootste belemmering, maar sodra ek besluit om af te tree (wat waarskynlik nooit gaan gebeur nie) gaan ek by julle gelukkige boggers aansluit.