Het een van julle onlangs die R57 vanaf Sasolburg na Kestell gery, ook vanaf Kestell na Harrysmith?
Ek is van Potchefstroom en ry gewoonlik Villiers oor maar wat ek hoor is die pad maar sleg met n karavaan.
Hello en welkom hier op die forum .
Ja die Villiers Frankfort pad is vrot en jy wil nie me t `n karavaan daar ry nie.
En so ook die Sasol Heilbron pad . Eksal dit nie aanbeveel nie
As jy van Potch kom , hou maar op die N3 tot Harrismith en asjy dan wil drakensberge toe wil gaan , ry Oliviers hoek pas . Pad is nuut oorgedoen .....
Welkom op die forum.
Die enigste manier vir my om op die N3 te kom is met die N12 tot in JHB en van daar na Heidelberg of R57 en dan na Harrysmith
Ek is nou eers deur mekaar oor die toestand van die R57. Ses persone op Facebook sê die pad is ok en 1/2 dosyn sê bly weg. Wie moet jy nou glo?

Ja dis 'n moeilike een. Die feit dat dit op facebook is beteken van hulle of dalk almal het die pad solo gery (nie gesleep nie).
Tensy hulle spesifiek noem hulle het iets gesleep. In elkgeval sal ek dan eerder nie die pad met 'n karavaan ry nie.
Ek is nou eers deur mekaar oor die toestand van die R57. Ses persone op Facebook sê die pad is ok en 1/2 dosyn sê bly weg. Wie moet jy nou glo?
Ja...ek het dit ook onlangs op fb gehad oor n sekere pad. Van die mense sê bly af want dis vol potholes en diere wat in die pad is (pad is nag).....en n ander klomp sê die pad is lieflik. Na omtrent 30 antwoorde daar weet ek nog steeds nie.
Het een van julle onlangs die R57 vanaf Sasolburg na Kestell gery, ook vanaf Kestell na Harrysmith?
Ek is van Potchefstroom en ry gewoonlik Villiers oor maar wat ek hoor is die pad maar sleg met n karavaan.
Johan
Ek kan vir jou 'n goeie pad beduie vanaf Drie Riviere tot by die N3. Dit is stil, het geen slaggate nie en bitter min vragmotors op. Dalk is dit so hier en daar bietjie ongelyk ("springerig") maar ek dink mens sal dit lekker ry met 'n karavaan.
Dit lyk vir my of jy reeds weet hoe om op die R54 (Drie Riviere - Villiers pad) te kom. So vanaf Drie Riviere vat jy die R54 na Villiers. Dis die pad wat jy sê jy nie wil ry nie, maar die eerste stukkie is nie sleg nie.
So 6.5 km op daai pad sal jy die Jan Haasbroek Skietbaan op regterhand kry en 2 km verder 'n pad wat van links inkom, die bord daar sê (R51) Balfour. Draai daar links.
Na omtrent 11.5 km op die pad sal jy by 'n 4 rigting stop kom. Gaan reguit oor.
Na omtrent 36.5 km op die pad sal jy sien jy gaan oor die N3. 'n Entjie verder aan word die pad 'n grondpad, maar jy draai regs net na die N3. Die bord daar sê (N3) Villiers.
Na omtrent 5 km is daar 'n pad vanaf links, die bord sê Grootvlei, maar jy gaan dit verby en hou net reguit aan.
Na omtrent 8 km sal jy 'n bord kry wat sê (N3) Leeulaagte 28. Draai daar regs en dadelik weer links om die oprit na die N3 (Suid) te vat. Net voor dit sal jy plotte op linkerhand kry en die Dasville vulstasie, maar die vulstasie het nie tans enige borde op nie.
So 26 km verder op die N3 is die Engen One Stop by Villiers en so 31 km is die Wilge Tolplaza.
Die pad is so 10 km verder as die R54, maar baie baie beter om te ry.
Hoop dit help.

Ek het die pad gister met my karavaan gery maar van die teenoorgestelde kant af as hoe beduie is.
Dis n goeie, stil pad. Net 2 vragmotors teegekom en geen potholes nie. Ook nie springerig met die karàvaan nie.
Ek gaan dit definitief weer ry.
Johan
Ek kan vir jou 'n goeie pad beduie vanaf Drie Riviere tot by die N3. Dit is stil, het geen slaggate nie en bitter min vragmotors op. Dalk is dit so hier en daar bietjie ongelyk ("springerig") maar ek dink mens sal dit lekker ry met 'n karavaan.
Dit lyk vir my of jy reeds weet hoe om op die R54 (Drie Riviere - Villiers pad) te kom. So vanaf Drie Riviere vat jy die R54 na Villiers. Dis die pad wat jy sê jy nie wil ry nie, maar die eerste stukkie is nie sleg nie.
So 6.5 km op daai pad sal jy die Jan Haasbroek Skietbaan op regterhand kry en 2 km verder 'n pad wat van links inkom, die bord daar sê (R51) Balfour. Draai daar links.
Na omtrent 11.5 km op die pad sal jy by 'n 4 rigting stop kom. Gaan reguit oor.
Na omtrent 36.5 km op die pad sal jy sien jy gaan oor die N3. 'n Entjie verder aan word die pad 'n grondpad, maar jy draai regs net na die N3. Die bord daar sê (N3) Villiers.
Na omtrent 5 km is daar 'n pad vanaf links, die bord sê Grootvlei, maar jy gaan dit verby en hou net reguit aan.
Na omtrent 8 km sal jy 'n bord kry wat sê (N3) Leeulaagte 28. Draai daar regs en dadelik weer links om die oprit na die N3 (Suid) te vat. Net voor dit sal jy plotte op linkerhand kry en die Dasville vulstasie, maar die vulstasie het nie tans enige borde op nie.
So 26 km verder op die N3 is die Engen One Stop by Villiers en so 31 km is die Wilge Tolplaza.
Die pad is so 10 km verder as die R54, maar baie baie beter om te ry.
Hoop dit help.
Ek wil net bietjie die inligting opdateer met hoe die roete tans lyk.
Die pad is mooi tot 'n hele ent na die kruising.
19 km voor die N3 begin jy diep slaggate kry, maar hulle is wyd verspreid en jy kan hulle maklik mis ry.
9 km voor die N3 begin daar meer slaggate opduik. Dis by die graan silo's en die 1ste een sit net na die treinspoor. Dis steeds rybaar.
4 km voor die N3 begin die baie gate, mens moet stadig ry. Sommige sit in die koelte wat die bome langs die pad maak en sal jy dit te laat sien as jy vinnig ry. Die laaste gat is 800 m voor die N3.
Ek ry steeds liewer die pad voor ek die R54 ry.