English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 307
Total Replies: 250 380
Total Views: 83 153 050
topics: 11 433
replies: 137 648
views: 39 291 254
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

R36 Vanaf Witbank na Swadini

replies: 7
views: 331
14 Mar 2020 @ 14:01:24 pm
Dolrik
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 02 Apr 2016
Experience: 35 years

Ek will graag weet wat is die toestand van die pad vanaf Witbank, Belfast, Dullstroom, Lydenburg, Ohrigstad na Swadini asseblief. Sleep natuurlik karevaan soontoe aan begin Mei hopenlik. By voorbaat Dankie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 19:57:34 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 171
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 44 years

Ek sal nooit daai pad ry .Die mense breek hulle karavane daar ,dit is net nie die moeitewerd Ek het al hoevele mense gesien wat in Swadini aankom met groot skade aan hulle karavane en bande afgeskryf Ek self het n kas losgeslaan op daai pad .Ek gaan Polokwane ,Tzaneen ,Gravelotte ,Hoedspruit Swadini dit is n baie mooi pad .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 07:00:25 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1240
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek het daardie pad 'n jaar gelede gery - in die teenoorgestelde rigting en sonder om te sleep.

Abel Erasmuspad se toestand, komende vanaf die noordekant was swak. As jy begin afsak na Orighstad raak dit ierswat beter.

Sodra jy die provinsiale grens tussen Orighstad en Lydenburg oorsteek, word die padoppervlak 'n nagmerrie. Ek sal nooit oorweeg om 'n karavaan daarlangs te sleep nie. Inteendeel, ek wil dit nie weer ry sonder om te sleep nie. Lydenburg se strate was inderwaarheid skrikwekkend.

Tussen Lydenburg en Dullstroom is daar 'n geringe verbetering, maar nog steeds vol slaggate. Tussen Dullstroom en Belfast was hulle besig om swak oppervlaktes te herstel.

Dit is inderwaarheid só jammer!! Dit is, wat natuurskoon aanbetref, só 'n mooi roete om te ry. Maar tot tyd en wyl ek ander inligting kry (dat die padoppervlakte verbeter het) sal ek dit vermy om ooit weer daarlangs te ry. Ek bejammer die mense wat daar woon en nie 'n ander keuse het nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 08:59:05 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2207
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ons is paas naweek in Swadini voordat ons Kruger besoek. Van Durban na Ermelo. Carolina, Machadodorp, Schoemans kloof, Sudwala grotte en dan Sabie waar ons by Merry Pebbles oornag. 

Van daar na Graskop, Bosbokrand na Swadini.

Het dit voorheen so gery en pad redelik stil. Glo van Witbank af kan dit werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 10:31:18 am
Dolrik
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 02 Apr 2016
Experience: 35 years

Duised dankie vir die goeie terugvoer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 13:24:42 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Jan Meyer se roete is goed behalwe vir al die passe tussen Sudwala en Bosbokrand.

My voorstel is bly op N4 tot in Nelspruit. Ry dan op R40 na Witrivier, Hazyview, Bosbokrand en dan Swadini.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 14:39:16 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1240
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Jan Meyer se roete is goed behalwe vir al die passe tussen Sudwala en Bosbokrand.

My voorstel is bly op N4 tot in Nelspruit. Ry dan op R40 na Witrivier, Hazyview, Bosbokrand en dan Swadini.

Ek het ookal meermale die roete, wat HM voorstel, gery tussen Orpen en Nelspruit. Dit is 'n heel aanvaarbare sleeproete, maar die gedeelte tussen Bosbokrand en Acornhoek kan by tye maar frustrerend wees.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 11:25:53 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4661
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Bosbok rand is soos die naam se kyk uit vir bokke en taxi en 10 op daai pad ja veral in Lydenburg is pad baie sleg

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za