English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 119
Total Replies: 227 539
Total Views: 82 271 913
topics: 398
replies: 3 875
views: 1 471 695
Talk about the current road conditions throughout the country

R 524 (LOUIS TRICHARDT NA PUNDA MARIA)

replies: 8
views: 256
05 May 2019 @ 07:46:39 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

Goeie Dag,

Ek wil graag weet wat is die toestand van die R 524 (Louis Trichardt / Punda) pad, of sal julle eerder aanbeveel dat ek die Messina / Tshipise pad na Punda ry?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2019 @ 08:48:00 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 531
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ons beplan ook om die Punda Messina-pad te ry. Ons het nog nie slegte nuus oor daai pad gehoor nie. Ons gaan by Tsipise oorbly. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2019 @ 11:11:36 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1075
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Dagsê Jan.   Ek volg hierdie gesprek daar ons van 3 Junie vir 4 aande by Punda kamp.  Op die oomblik is die plan om oor Phalaborwa te ry en te oornag by Forever Safari Park.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2019 @ 13:59:16 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het Maart maand al daai paaie gery. 

Hier en daar n lelike plekkie maar niks ernstig. 

Van Giyani na Malamolele pad mooi. 

Baie verkeers polisie. Hou maar by spoed.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2019 @ 18:04:16 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 754
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek kamp tans by Punda. Ek het hierdie keer by Phalaborwa ingekom, 3 jaar gelede via Louis Trichardt/Thohoyando en 5 jaar terug via Tshipise/Pafuri. Mense wat tot vandag agter ons gekamp het, het vanaf Mapangubwe via Pafuri tot hier gery en genoem die pad is goed. Dit was ook my ervaring 5 jaar gelede.

Toe ons 3 jaar terug via Thohoyando gery het, het ons geen probleme ervaar nie. Dit is net 'n stadige roete a.g.v. 'n menigte 60 kph spoedbeperkings. En laasgenoemde en Giyani-roetes word kort-kort geraak deur protes-aksies.

As jy egter die Phalaborwa-roete wil gebruik, moet jy in gedagte hou dat dit 'n lang trek deur die wildtuin @ maksimum 50 kph is. Selfs al handhaaf jy daardie spoed (en mis gevolglik menige "sightings") kom jy laterig by Punda aan. Met die ongekende toename in gewildheid van Punda, sal jy dan moet vat wat jy kry t.o.v. staanplek. Ons is vanaand ons vierde aand hier - en die kamp is aand na aand tot oorlopens vol. Ek weet nie wat die presiese rede is nie (hetsy Sanparke se besprekingstelsel wat op die koffie is of mense wat sonder krag bespreek het en nou skielik 'n kragpunt annekseer nie), maar hier is aand na aand 'n tekort aan kragpunte. My raad - sorg dat jy vroeg hier is. Daarom het ons vanaf Eiland Spa tot Letaba gery vir slegs een aand, toe ns Shingwedzi vir nog 'n aand en Donderdagoggend (na 'n rustige 25 kph reis en pragtige "sightings") om 11:00 hier aangekom - en steeds moes soek vir 'n lekker staanplek en kragpunt vir ons 8 aande.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2019 @ 05:58:33 am
Bushbaby
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 152
Joined: 21 Jun 2017
Experience: 34 years

Departing tomorrow  on Tuesday for Tshipise,N1 from Alberton  and right onto R525. A bit on the long side for me(approx 530 Km) but we will take it esay.

Saturday Punda Maria(4days) therafter Shingwedzi(6 days) at the fence (will see if this works out) Tsendze (4 days site 24) Satara (7days) C bridge (5 Days) thereafter home.

As already mentioned earlier the park is full, mostly campers ,even Skukuza/Berg en Dal etc ,must be the 40% discount . So perhaps in the future I should change my bookings to include full price periods and enjoy the tranquility?????

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2019 @ 12:33:30 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Kruger bly maar een van die top ervarings.

Kampervaring hang ongelukkig af van spesifieke kampe. Jammer almal nie op een standaard nie. Bv Shingwedzi en Letaba se kampterreine is afgemerk. Dit help baie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2019 @ 16:39:15 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1075
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Daar is nou al weer moeilikheid by Vuwani area.   Miskien moet mens die paaie na Punda Maria wat Noord en Suid van Vuwani geleë is, vermy.   Ten minste tot goed na die verkiesing.   Die betogings hou weer verband met die munisipale afbakening waar die gebied weg geneem is van Makhado en destyds tot 20 skole afgebrand is. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2019 @ 22:59:41 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1637
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Wees net versigtig vir diere in die pad

 Jare terug het dit so hand uit geruk dat die vee in die pad geskiet was deur die plaaslike owerheid.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required