English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 365
Total Replies: 263 766
Total Views: 83 634 114
topics: 819
replies: 13 236
views: 4 980 271
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Purple reverse camera ( clip on Mirror type)

replies: 38
views: 6493
18 Oct, 2016 @ 12:45:18 pm
OorlogVoŽl
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 21 Jul, 2016
Hello julle, ek het 'n LandRover Discovery en ek wil 'n reverse kamera op my karavaan sit om agter te kan sien as sleep. Wie ken hierdie produk en is dit aan te bevele?
Ek weet hy clip bo-oor die bestaande tru-spieel so daar is nie groot elektroniese aanpassings ens op my voertuig nie maar ek wonder maar net oor die beeld en ook of die screen groot genoeg is om mooi te kan sien wat agter aangaan?
Laat weet wat julle opinies is asb, ek waardeer dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2016 @ 13:11:23 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1914
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 51 years

Werk perfek en fantasiese diens.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2016 @ 13:24:32 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1586
Joined: 26 May, 2013
Experience: 47 years

Wat prys die eenheid?

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2016 @ 13:30:14 pm
Koos Mol
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 325
Joined: 12 Jul, 2014
Experience: 32 years
Hi Werner. Ek het 'n kamera by die china mark gekoop vir R350 plus extra kabel vir ongeveer R60 en die 7" skerm wat oor die truspieel vasknip deur die pos vanaf Just Electronics bestel teen R990. Maklik om self te installeer. Werk goed en goeie beeld.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2016 @ 13:31:04 pm
OorlogVoŽl
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 21 Jul, 2016
Ek is gekwoteer R6669 installasie en BTW ingesluit. Hulle kom installeer op my perseel.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2016 @ 14:01:19 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16678
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 57 years

Soos Koos tereg noem kan jy 'n baie goedkoper stelsel koop by Montana Traders. Kamera, Monitor en ekstra RCA kabel sal jou in totaal so om en by R800 kos.

Die stelsel wat ek op my Maia geinstaleer het is daar gekoop en werk puik. Die voordeel van die chinese parte is dis so goed koop sou jy 'n kamera of monitor verloor vir watter rede ookal kan jy dit maklik vervang want 'n kamera kos jou ongeveer R300 dan sluit dit die (Infrarooi beligting in wat help met terug stoot in die donker.

Die ekstra RCA kabel kry jy sommer met die kragkabel en al by vir die kamera in lengtes van 5m, 10m,15m en 20m

Jy kan Purple se produk koop maar daai duur koop is werklik nie waarde vir geld nie. Veral nie as jy soortgelyke produk vir minder as 'n sesde van daai prys kan kry nie.

Ek het twee kamp maats wat selfde produk as ek het en ook baie gelukkig is.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2016 @ 14:27:54 pm
Hein
Silver Member
70% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 16 Nov, 2013
Experience: 43 years
Werner, al bogenoemde is relevant: skerm wat oor spieel klip kom in twee variasies, of swart of silver en sou beide vervang met monitor want beeld is baie klein en as jy nie sleep nie is "tru spieel' baie donker. Het purple se produk en jy is welkom om kontak te maak(082 419 4111)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2016 @ 14:37:08 pm
BobMabena
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 01 Dec, 2014
Experience: 5 years
Campworld het die stel op promosie vir R2999
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2016 @ 14:44:11 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1914
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 51 years

Try to buy the Chinese unit from a shop in one of their Plaza’s and ask them to demonstrate your unit before you leave. I mail ordered one of the 7” units and sent it back twice. In the end I drove to their shop near the Dome. They no longer had stock of my model, and I had to take the one with blue tooth and SD card, which was more expensive. It now works in my other vehicle. Purple’s one works perfectly, no troubles.

Maybe I was just unlucky with the online Chinese one.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2016 @ 15:35:46 pm
JNS
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 289
Joined: 26 Sep, 2014
Experience: 33 years

Werner. Die skerm wat oor die spieel pas is nie duidelik in die dag nie want alles weerkaats/wys in die spieel. Ek het die skerm gaan koop (R400) wat so groot is soos 'n Garmin Nuwi en plak op paneelbord en werk soos 'n bom.

Ek bly ook in in PTA en jy kan die spieel skerm verniet kom kry by my.

Professional Pensioner
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2016 @ 15:36:49 pm
Anonymous

Het twee kamera's met truspieel skerm, asook voldoende kabel gekoop by Montana vir R850. Dit is op perseel getoets dat alles werk. Het reeds een geinstalleer op bakkie en werk soos n droom. Moet nog net woonwa se een installeer. Sal baie moet breek voor ek by R6600 uitkom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2016 @ 17:52:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18826
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years
R6700 klink bietjie rof...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2016 @ 21:04:36 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct, 2013
Experience: 43 years
Bly maar stil...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2016 @ 06:52:24 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1604
Joined: 06 Jun, 2015
Experience: 47 years
Interesting!!!
The law states that you must have "Towing Mirrors" fitted or clipped on.
Will the cops accept a working camera system?
I have bust both my mirror mechanisms with the clip-on's. :-(
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2016 @ 07:21:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16678
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 57 years

Werner ek sien jy het 'n boot ook. Dit beteken dan net 'n ekstra kameratjie en draad vir onder deur die boot se sleepwa.

Die monitor wat op die spieel vas knip werk vir my weer puik. Ek hou van dit omrede dit mens se gewoonte is om middel spieel toe te kyk as jy wil sien wat agter jou aan gaan.  Dis ook die rede waarom ek die kamera op ongeveer spieel hoogte gemonteer het.

Om die weerkaatsing van die skerplig helder oor dag tee te werk kantel ek die spieel net effens na onder.  

 

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2016 @ 07:58:38 am
OorlogVoŽl
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 21 Jul, 2016
Dankie almal vir julle terugvoer sover... Dis maar 'n klomp geld om uit te haal! Ek besluit maar nog oor wat ek gaan moet doen...Ek sal die naweek bietjie na die Chinese goed gaan kyk ...Anders sal ek dalk maar John se aanbod vir sy spieel aanvaar en eers kyk ( Dankie vir dit John)

Leon , jy's ook reg met die ekstra draad vir my boot. Goeie idee dankie!

Hein , ek bel jou ook dalk bietjie later vanmiddag , dankie!

Dankie Bob, ek sal gaan kyk na Campworld se promosie( wat sluit dit als in want ek sien niks op hulle webwerf nie?)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2016 @ 08:52:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16678
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 57 years

Ander iets om na te kyk is die groote van die monitor.

Sommige hou van 'n redelike groot monitor ander weer klein. My denkwyse is:

  1. Ek kyk nie TV op hom nie dus moet hy net groot genoeg wees dat as ek vinnig na hom kyk moet ek kan sien of iets agter my is of nie. Ek wil nie weet of dit 'n Toyota Bakkie is met 'n 2.7 VVTI enjin nie. Dus!  Is daar iets en hoe vêr is dit PUNT! ! ! !
  2. Vir my is 'n baie klein montitor ongeveer 6cm x 7cm ook genoeg.
  3. As die monitor op die Dash board staan of aan spieel vas knip moet jy verkieslik die helderheid kan verstel tensy jy as reel net in die dag karavaan sleep. Want 'n helder monitor in die nag op daai posisies sal jou pla. Laer af posisie naby die rathefboom is dit nie so 'n probleem nie.

Ek het nie meer kinders in die voertuig om vir hulle 'n dvd te speel terwyl ons ry nie dus kan die monitor maar lekker klein wees. Op die ou einde hang dit af van jou huidige behoefte want die monitor kan vir entertainment ook gebruik word.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2016 @ 08:54:15 am
BobMabena
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 01 Dec, 2014
Experience: 5 years
Dit het ales...
2 kamera, spiel, en al die drade
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2016 @ 09:04:48 am
OorlogVoŽl
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 21 Jul, 2016
Ek sal gou vandag gaan kyk Bob...baie dankie!

Ek voel ook so Leon, my kar het dvd spelers in die kopstukke vir die passasiers so ek het dit nie nodig vir ekstra entertainment nie. Hulle is ook nou al tieners en speel eerder op hul fone in elk geval.

Dankie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2016 @ 10:45:06 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3355
Joined: 16 Jan, 2012
Experience: 54 years

Interesting!!!
The law states that you must have "Towing Mirrors" fitted or clipped on.
Will the cops accept a working camera system?
I have bust both my mirror mechanisms with the clip-on's. :-(

Hi John,

That is not correct - I stopped at a cop who told me the same and showed him legislation refers to seeing clearly to the left, right and behind - unfortunately I don't have the reference at the moment.

A second cop told me additional mirrors are not necessary, as my car is fitted with mirrors on both sides.

A third cop tried hiding behind the caravan and could not believe I could see him until I showed him the camera - he was impressed.

There you have three different opinions - they don't even know themselves!

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2016 @ 11:19:46 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1914
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 51 years

In other words, all vehicles which do not have see through like trucks, busses, pannel vans etc... are illegal. By law, side mirrors are all that is required. But they must be unobstructed.

"If you can not see my mirrors I can not see you"

That is why it is called a reversing camera. You don't have to see if there is a vehicle on your tail, it only makes it safer.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2016 @ 11:48:15 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1914
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 51 years

I must admit, of all the extras I have fitted the reversing camera had the least benefit. If I had to forget the clip on mirror at home, I would not turn back to fetch it. There is almost always some indication that there is someone on my tail, shadow, peeping past me or head lights at night. But that is me. Some will not tow without it.

The mover followed by the aircon are fantastic.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct, 2016 @ 11:58:15 am
OorlogVoŽl
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 21 Jul, 2016
Net so bietjie terugvoering: Ek het toe die "Purple" tru-spieel by Campworld gaan koop wat op special is verlede week vir R2995. Ek is 'n demonstrasie gegee in die winkel( Campworld Discovery -Waterkloof) deur Dane op die spieel en hy het sommer gereel met PurpleSA vir die installasie van R1600. Dit is toe nou giser gedoen hier by my kantoor.
Dis nou waar my ongelukkigheid vandaan kom... Die produk wat aan my in die winkel gedemonstreer is en wat ek oor navorsing gedoen het op PurpleSA se webwerf is NIE dieselfde as wat hulle geinstalleer het nie. Die spieel het sommer in 'n bruin boks gekom en nerens sien jy eers die Purple naam nie...dit lyk regtig soos 'n goedkoop chinese produk.

Gister toe ek nou die woonwa huis toe sleep ( want ons gaan hierdie naweek kamp) kon ek eers die kwaliteit van die ge-installeerde produk sien. Dit is regtig teleurstellend. Ek moet elke keer my donkerbril afhaal as ek in my spieel wil kyk anders kan ek niks sien agter die wa nie. Die beeld verdwyn heeltemal as ek my donkerbril ophet...

Ek was by Campworld vanoggend maar Dane is op verlof en Purple SA het my geskakel en probeer verduidelik en gesÍ hierdie spieels op special is 'n goedkoper produk as die een op hul webwerf( en die een op vertoning by Campworld!). Nerens op hul webwerf is daar enigsins melding van 'n goedkoper spieel nie...
Hulle wag nou maar totdat Dane terugkom van verlof af en dan gaan hulle kyk wat hulle vir my kan doen maar op hierdie stadium is ek nie gelukkig nie en dit ruik soos vals advertering vir my. Maar kom ons gee hulle die voordeel van die twyfel en kyk of hulle vir my 'n aanvaarbare oplossing kan bied...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct, 2016 @ 12:31:16 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 27 Jan, 2015
Experience: 15 years
Dis onaanvaarbaar. Hoop nie dis nodig vir te veel baklei nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct, 2016 @ 13:16:44 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2305
Joined: 12 May, 2015
Experience: 49 years
Wat van die verbruikerswet?. Ek sou hom laat verwyder en my geld terugeis. Moenie jou om die bos laat lei nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct, 2016 @ 19:19:37 pm
Anonymous

Ek is gekwoteer R6669 installasie en BTW ingesluit. Hulle kom installeer op my perseel.
sjoe, n klient het my nou gevra om vir sy discovery en karavaan ook so stelsel soos myne in te sit... sien brommer kamera of so iets? Het nou die dag n toyota en exclusive gedoen... 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct, 2016 @ 07:39:36 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18826
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years
Net so bietjie terugvoering: Ek het toe die "Purple" tru-spieel by Campworld gaan koop wat op special is verlede week vir R2995. Ek is 'n demonstrasie gegee in die winkel( Campworld Discovery -Waterkloof) deur Dane op die spieel en hy het sommer gereel met PurpleSA vir die installasie van R1600. Dit is toe nou giser gedoen hier by my kantoor.
Dis nou waar my ongelukkigheid vandaan kom... Die produk wat aan my in die winkel gedemonstreer is en wat ek oor navorsing gedoen het op PurpleSA se webwerf is NIE dieselfde as wat hulle geinstalleer het nie. Die spieel het sommer in 'n bruin boks gekom en nerens sien jy eers die Purple naam nie...dit lyk regtig soos 'n goedkoop chinese produk.

Gister toe ek nou die woonwa huis toe sleep ( want ons gaan hierdie naweek kamp) kon ek eers die kwaliteit van die ge-installeerde produk sien. Dit is regtig teleurstellend. Ek moet elke keer my donkerbril afhaal as ek in my spieel wil kyk anders kan ek niks sien agter die wa nie. Die beeld verdwyn heeltemal as ek my donkerbril ophet...

Ek was by Campworld vanoggend maar Dane is op verlof en Purple SA het my geskakel en probeer verduidelik en gesÍ hierdie spieels op special is 'n goedkoper produk as die een op hul webwerf( en die een op vertoning by Campworld!). Nerens op hul webwerf is daar enigsins melding van 'n goedkoper spieel nie...
Hulle wag nou maar totdat Dane terugkom van verlof af en dan gaan hulle kyk wat hulle vir my kan doen maar op hierdie stadium is ek nie gelukkig nie en dit ruik soos vals advertering vir my. Maar kom ons gee hulle die voordeel van die twyfel en kyk of hulle vir my 'n aanvaarbare oplossing kan bied...

Vir my ook baie onaanvaarbaar! Weet nie hoekom daar gewag moet word vir n persoon wat met verlof is nie...iemand moet mos beheer kan oorneem. Dis mos eenvoudig....jy het nie gekry wat jy bestel het nie en die storie werk buitendien nie reg nie. R4600 is baie geld. Hou ons op hoogte van verwikkelinge. Sterkte!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct, 2016 @ 11:39:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16678
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 57 years

Ek is baie jammer. Dit wat geadverteer is. Is wat verskaf moet word vir daai prys. Maak nie saak wat nie. As jy bewys kan lewer dat die produk wat aan jou gedemonstreer is vir die betrokke prys die een is wat op purple se webblad is moet die handelaar bestuurder maar pa staan vir hulle fout. En dit moet sommer gou gou gefix word nie eers as die verkoper terug kom van verlof af nie. Hy het mos 'n telefoon hulle kan hom bel.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct, 2016 @ 12:02:58 pm
Hein
Silver Member
70% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 16 Nov, 2013
Experience: 43 years
Hallo Werner,

Met wie het jy by Purple onderhandel?
Aanbod staan nog om my te kontak vir hulp/inligting.

Groetnis Hein(082 vier,een nege-vier111)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct, 2016 @ 17:34:27 pm
Anonymous

So word mens maar gevang

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct, 2016 @ 08:35:11 am
OorlogVoŽl
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 21 Jul, 2016
Hello julle, net so bietjie verdere terugvoer.
Hein, die ou by Purple se naam is Carlo. Hy het wel aangebied om vir my die ander spieel vrydagmiddag gou te kom laat installeer maar dit sou 'n uur neem en soos julle weet was ek oppad om te gaan kamp en ek wou nie te laat wegkom nie so ons het dit toe gereel vir hierdie week...
MAAR daar het nog GROTER problem ontstaan uit hierdie installasie uit. Ek wou so 3pm wegkom. Ek het die wa gehaak en als gekoppel en was besig om die jockey wiel vas te maak toe my seun uit die kar uit skree iets brand?!
Daar kom toe bolle rook uit my kar uit agter waar hulle die drade deurgetrek van voor na agter toe. Sit toe als onmiddelik af maar die drade het reeds gesmelt.
Toe is ek nie meer dik van die lag nie en bel vir Carlo by Purple. Hulle arriveer toe( Moses, die installeerder en Carlo volg kort op sy hake)...dis duidelik dat die drade nie goed ge-isoleer was by die geseelde fabrieks-eenheid waar die kabels bymekaar ingedruk word nie want dis waar die kortsluiting begin het. Dit brand toe deur na 'n volgende geseelde ding wat in my kar se pilaar ingebou is( ook hulle drade) Ek het fotos van dit geneem. Gelukkig het geen van my kar se bedrading seer gekry nie!
My kommer is dat dat hulle nie 'n smeltdraad/fuse ingebou het het nie! Volgens my moet hierdie stelsels elk sy EIE fuse hÍ ? Wat dink julle?

Ek laat hulle toe al die bedrading maar weer uittrek want ek wou geensins ry met drade wat net afgebind is nie en dalk verdere kortsluitings maak nie.
Ek moet sÍ dat Carlo van Purple baie apologeties was en onderneem het om alles teen hulle kostes te kom vervang , met die duurder spieel, installasie kostes ens.
Hulle sit egter nou met 'n probleem oor hulle "goedkoper" weergawe van die spieels , so ek wonder of hulle al diť produkte wat aan Campworld verskaf is gaan onttrek uit die mark weens veiligheids kwessies en of ek maar net die "dud" gekry het...
Hulle kom nou Woensdag die her-installasie doen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct, 2016 @ 20:44:35 pm
Anonymous

Ek sal bietjie fotos laai van hoe werk gedoen word hier buite..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct, 2016 @ 22:31:45 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18826
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years
Eish....wat n affÍre!! Sterkte!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov, 2016 @ 19:19:14 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16678
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 57 years

Ek is net baie bly jy het nie erger skade gekry as gevolg van die instalasie nie. Op die ou einde is alles dalk .................... for the better!?!?

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2016 @ 16:21:50 pm
OorlogVoŽl
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 21 Jul, 2016
net weer so bietjie terug voer...
Purple het toe verlede Woensdag die her-installasie kom doen. Nuwe bedrading reg deur, met 'n smeltdraad hierdie keer soos moet wees.Nuwe spieel , soos aan my gedemonstreer by Campworld is ook opgesit.Die beeld is verseker beter as die "cheapy".
Sover lyk alles okay, my kar het nog nie weer amper aan die brand geslaan nie. hehe

Ek moet sÍ dat Carlo van PurpleSA uit sy pad uit gegaan het om my tevrede te kry...En ek sÍ dankie daarvoor.
Dankie vir julle almal se insette ook, ek waardeer dit opreg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2016 @ 16:36:26 pm
Tom Sainsbury
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 437
Joined: 03 May, 2016
Hi Warner, thanks for the feedback. It is good to know they care enough to fix the flop properly.
I know that my redeemer lives.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2016 @ 16:47:59 pm
Hein
Silver Member
70% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 16 Nov, 2013
Experience: 43 years
Beide Carlo en sy broer Jacques(eienaar) is baie aangename hulpvaardige mense.Ek sukkel egter nog met die radio ontvangs veral as jy trurat selekteer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2016 @ 17:57:59 pm
Anonymous

Werner, baie bly dat PurpleSA hul goed  kom reg maak het, en verbeter het, dis goeie diens, maar hul moes, na mymrning, in die  eerste plek behoorlik getoets  het.

@ Hein, ek neem aan jy het die wifi?

Jammer my opinie is dat daai wifi baie probleme gee, veral in stedelike  gebiede waar daar baie radio ens seine is.

Dis maar wat ek ondervind het, andersins, sal ek nie weer donder kamera dleep nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov, 2016 @ 07:53:26 am
Hein
Silver Member
70% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 16 Nov, 2013
Experience: 43 years
Hi Johann, nee dis die draad stelsel,my beskeie mening is dat die lugdraad konneksie en die kamera boksie te naby aan mekaar is bokant die spieel in die dak beleining
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za