English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 039
Total Views: 82 377 844
topics: 401
replies: 3 903
views: 1 473 085
Talk about the current road conditions throughout the country

Pta na Punda Maria

replies: 18
views: 1600
25 May 2017 @ 10:52:12 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Enige iemand wat onlangs soontoe gery het, wat kan help met die beste roete?

En veilige halfway stop waar mens kan breakfast eet?

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2017 @ 11:02:37 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Halo
Gaan julle direk Punda toe.
Danie slk van centurion is nou in wildtuin, lyk asof hulle N3 Pietersburg. Tzaneen gery het. Maar sal hom los om self te adviseur.
Daar kan natuurlik ander ook wees vi die beste pad aanwysings.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2017 @ 11:32:59 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years
"onlangs"? - Nee, 'n jaar gelede. Ons het via Louis Trichardt en Thohoyandou gery. Die N1 tot Louis Trichardt is puik. Vandaar via Thohoyandou lewer 'n paar frustrasies op - grootliks a.g.v. die lang gedeeltes met 60 kph spoedbeperkings en uiteraard die baie "villages" waardeur jy ry. Stel jou kop net reg in en geniet die reis.

Ons het vanaf Klein Kariba gery en by die Ultra City net voor Polekwane geëet.

Punda Maria - een van die wonderlikste dele van die Krugerwildtuin (as jou hoogste prioriteit nie is om die Big 5 so gou moontlik af te tik nie). 'n Kampie met 'n nostalgiese atmosfeer. Ek is inderwaarheid baie spyt ek kom nie vanjaar daar nie. Die hoogste is Tsendze - vanaf eerskomende Dinsdag. Intussen geniet ons nog Satara ten spyte van die feit dat hier (in teenstelling met sy reputasie) uiters min wild te sien is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2017 @ 12:05:15 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Sorry sorry.
Ek het gese N3 maar moet wees N1.
Dankie Chris.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2017 @ 12:37:27 pm
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Ai Chris, jy's gelukkig.  Ons gaan altyd suid, ek was nog Nooit noord nie, so dis 'n groot begeerte al vir jare lank.  Uiteindelik word dit nou bewaarheid.

So wil net begin als uitsort en reg kry.  Kan rerig nie meer wag nie.

Dis net ver pad en Mamma mos paranoies met kids ini kar so wil maar net hoor hoe en waar moet Pa ry.

Sal sien of Danie ook dalk hier kan insae lewer

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2017 @ 12:45:27 pm
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Skies ja, gaan direk Punda hek toe ry van Pretoria af

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2017 @ 12:58:51 pm
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 583
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 43 years

April 2017 Palma gesleep en vriende met Vista Motorhome gery vanaf Pretoria tot by Polokwane met N1, by Polokwane afgedraai opklein stukkie R71, toe op R81 na Mooketsi, Giyani tot by R524, regs na Punda. 507 km totale afstand.  Kyk maar net moooi, of volg GPS noukeurig by Polokwane anders 'verdwaal' jy en ry bietjie (±8km) grondpad....... Ons praat nie verder uit daaroor nie.....sensitiewe sakie!!!

Interessante roete, mooi omgewing - beleef Afrika. Gaan met positiewe gemoed (verbeel jou jy is 'n toeris) en ervaar die Afrika 'rural' gebiede. Mense is vriendelik, taxis is maar net hulself (en selfsugtig) - maar darem nie te veel gepla nie!!

Gestop by The Ranch naby Polokwane vir brandstof en verversings.

Kan beide die roete sowel as Ranch aanbeveel!! Pad was mooi, nie te besig nie en baie goeie toestand!

Punda is mooi omgewing ens.. maar die kamp se staanplekke is maar ongelyk en nie baie goed versorg nie - die wildetuin bly egter altyd 'n 'bargain' om na toe te gaan, maak nie saak waar in die 'tuin' nie!!!!

Geniet en veilig reis!!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2017 @ 19:06:10 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2692
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Chuck Norris ry daai pad seker jasrliks.
Hy sal seker nog antwoord...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 06:39:44 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years
Ons het in Maart van Johannesburg gery op pad na Punda. N1 tot by Louis Trichardt - daar by Zvakanaka oornag. Baie aangenaam. Die eienaars het vir ons aanbeveel om nie direk Punda toe te ry nie, maar om liewer tot by Pafuri te rei en van daar deur die wildtuin tot by Punda, wat ons wel gedoen het. Baie lekker gery. Blykbaar is die pad van Louis Richardt na Punda nie goed nie.
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 07:37:02 am
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 112
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years
Sjoe dis n baie lank pad dalk liewer oornag en dan kom julle vroeër in Punda aan en kry darem n lekker staanplek. Die kids sal dit ook waardeer om te ontdek langs die pad, dis maar my beskeie mening. Een ding is seker julle sal dit geniet in die willetuin.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 10:04:24 am
CJR
Bronze Member
48% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 10 Dec 2014
Het tot by Tshipise gery op die N1 en daar oornag. Lekker in die warm water gedryf en toe oor Pafuri gery. So 100km vanaf Tshipise. Eet ontbyt by Pafuri en ry dan na Punda. Geniet dit baie. Ek verstaan daar was onlangs bobbejaanstreke by Punda. Hoop dit is opgelos.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 11:43:09 am
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 399
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 42 years

Sien die kommentare van Punda toe ry met die roete oor Tshipise en Pafuri.

Ek neem aan dat julle ook weet dit is 134Kilometer verder.

Van Pretoria af beteken dit 636km of direk vanaf Louis Trichardt na Punda net 502km.

In my verwysing 'n halwe dagreis te perd verder 

Vra maar net ???

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 11:53:09 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years
Daar's niks fout met die padoppervlakte (vir sleepdoeleindes) tussen Louis Trichardt en Punda Mariahek nie. Soos reeds genoem, vorder jy net stadiger as gewoonlik danksy die lang ente 60 kph spoedbeperkings. Ons het ook nog lekker aangevul met papajas en avo's by 'n markie langs die pad. Ons het dit as "scenic" roete beleef.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 13:32:02 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years
Chuck Norris ry daai pad seker jasrliks.
Hy sal seker nog antwoord...

Die pad is oop. Pasop net vir die beweginde stoppe. Bokke en beeste.
En ry 60/80/100/120 anders gaan jy gevang word.
Ry die roete soos hierbo genoem.
Ry veilig en geniet dit.


As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 13:37:48 pm
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 399
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 42 years

Baie dankie Chris,

Ek het in my tyd as Bevelvoerder SMG daardie pad oor Tohoyandou redelik gereeld gery en onthou hom steeds as 'n uitstekende voorbeeld van 'n "Afrika" pad maar met 'n redelike padoppervlak en nie noemenswaardige gate nie.

Man hou sommer vakansie daar van Levubhu af en verbeel jou jy moet Wildtuin spoed ry, dan maak daai klomp Venda's jou nie onnodig kwaad nie.

Sal dit nie oor my hart kan kry om 134km verder te ry op 'n 500km pad nie.

Beplan om einde September in Punda (3) en Shingwedzi (5) nagte te gaan "bedaar"

Hoop jou Laaaaaang vakansie verloop nog voor die wind

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 18:47:08 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Kitty, soos Chris Boucher hierbo beskryf het ons ook verlede jaar vanaf Pretoria tot by Punda oor Louis Thrichardt gery.  Wat my aanbetref die beste roete en probleemvry.  Ons het egter baie vroeg uit Pretoria weggespring en ontbyt geniet by Lalapanzi Hotel, 'n klein hotelletjie anderkant Pietersburg, by Bandelierskop.  Die hotel is reg langs die N1 aan die regterkant.

As julle voldoende tyd beskikbaar het, sou ek baie sterk aanbeveel julle ry 'n dag vroeër en oornag by Lalapanzi en dan gaan julle redelik vroeg by Punda aankom vir 'n lekker staanplek. Hulle het ook 'n klompie karavaan staanplekke. 

Kyk by www.lalapanzihotel.co.za/

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 21:21:06 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ai Chris, jy's gelukkig.  Ons gaan altyd suid, ek was nog Nooit noord nie, so dis 'n groot begeerte al vir jare lank.  Uiteindelik word dit nou bewaarheid.

So wil net begin als uitsort en reg kry.  Kan rerig nie meer wag nie.

Dis net ver pad en Mamma mos paranoies met kids ini kar so wil maar net hoor hoe en waar moet Pa ry.

Sal sien of Danie ook dalk hier kan insae lewer

Aangesien ek 1e na Letaba is het ek via Tzaneen/Phalaborwa gery. As ek Punda toe moes gaan sou ek oor Louis Trichart ry en dan die R524. Ek glo die antwoord sal gegee word of mens die R524 ry van Louis Trichard en of mens vanaf Polokwane die R81 vat wat dan later aansluit by die R524.

Stop gerus by die The Ranch Caltex vulstasie vir ontbyt/brunch ongeag watter roete gery word.

My rit vanaf Pta na Phala was 'n gemaklike 1 dag rit met gereeld stop langs die pad en 7 ure se ry. Nie baie verkeer gehad op 'n saterdag.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2017 @ 07:55:43 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

baie dankie vir al julle inligting, sal mooi vir pa gaan gee sodat hy kan besluit hoe hy wil ry.

Oornag is ongelukkig nie vir ons moontlik nie, so ons gaan maar baie vroeg ry en dinge rustig vat. Haal klaar vir boetie 'n week voor die skool sluit uit die skool, so wil nie push met nog 'n dag nie.

Baie dankie, inligting baie waardevol!

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2017 @ 22:58:43 pm
Gadgets
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 27
Joined: 08 Jul 2014
Experience: 50 years
Het self in die afgelope 10 jaar 'n paar keer al die Pretoria - Punda Maria pad gery, maar het oor Tzaneen na die Eiland gery en daar oornag. Het dan die volgende oggend vroeg gery en vroeg op Punda Maria aangekom om 'n goeie staanplek te kry.
Ek het die voorreg gehad om Punda Maria die eerste keer in 1969 te besoek - dit was maar primitief in daardie jare. In die vroeër tyd, tydens die somermaande, was die kamp toe gewees weens die gevare van malaria.
Dit bly steeds vir my 'n voorkeurkamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required