English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 770
Total Replies: 269 429
Total Views: 83 848 933
topics: 1 037
replies: 14 794
views: 3 286 358
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Proton

replies: 9
views: 271
05 Jul, 2022 @ 17:00:34 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek sien Proton is terug in ons land en hulle lyk heeltemal skaflik.  Ek sou egter versigting wees en eers goeie navorsing doen voor ek ek nou oorweeg.  Ek het onlangs gehoor van 'n jong man wat een wou koop toe hulle vroeër hier was.  Die assuransie wat hy daarvoor sou moes betaal, was egter geweldig hoog, so hoog dat sy paaiment plus assuransie aansienlik hoër sou wees as die van die populêre voertuie plus hulle assuransie.  Ek weet nie wat die assuransiemaatskay se probleem daarmee was nie, dalk maar net onsekerheid oor min ondervinding met hulle, maar dalk het hulle iets geweet wat die man op straat nie geweet het nie. 

Sjinese voertuie verbeter beslis, dink maar aan die Cherry wie se klein sedan die onveiligste voertuie op ons paaie was en die SUV wat 'n regte bokwa was en tweedehandse waarde verloor het teen 'n ongelooflike tempo.  'n Persoon wat ek ken, het so 'n SUV sowat twaalf jaar gelede R200,000 gekoop en 'n jaar later, toe sy al hoogs ongelukkig daarmee was, slegs R100,000 daarvoor kon kry.  Die nuwes lyk nou aansienlik beter.

Ek dink ons vergeet om uit te vind wat die assuransie-posisie is voor ons teken, maar dis dalk iets wat ernstig in aggeneem moet word.  Ek het trouens nog nooit daarna gekyk voor ek gekoop het nie, maar gelukkig darem nog nooit 'n skokkende verrassing na die tyd gekry nie.  Ek sal voortaan beslis ook hierna kyk

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul, 2022 @ 23:22:06 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20014
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het laasjaar rondgeloer na DC bakkies. Vooraf het ek ook navraag gedoen oor versekerings kostes. Ek het gedink Hilux en Ranger sal ver bo ander geprys wees. Ek loer toe na n ander handelsnaam bakkie. Die verkoops persoon "brag" toe nog so deur te noem dat hulle baie veilig is want hulle word nie gesteel nie. Ek dog toe dit kan voordelig wees om lae risiko DC te koop, want dan hoort versekerings premie ook baie laer te wees. Lae premies was toe glad nie die geval gewees nie....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul, 2022 @ 23:34:22 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20014
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Rakende Proton karre. So 400m vanaf my huis was/is n Proton agentskap. Nooit eers so gekyk of hulle nog bestaan of nie. Ook nog nooit behoefte gehad om die agentskap te besoek, aangesien voertuie se voorkoms nog nooit my "taste buds" geprikkel het nie. Sal interesant wees wat hul bemarkings strategie en teiken mark nou is, want as hul dit in verlede nie gemaak het nie, wat gaan hul nou maak om dit beter te maak? Kompetisie is natuurlik altyd goed....so hoop maar vir die beste

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul, 2022 @ 13:58:56 pm
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 638
Joined: 04 Jan, 2021
Ek hou nogals van die Proton bakkies omrede hulle baie "Sporty" voorkom.
Met versekering sal ek eerder ń 3de party versekering uitneem, want ek reken paneel parte is sekerlik skaars en ek ry nie ń voertuig met "Body Putty" nie: PUNT.
Destyds met my GWM kon ek nie eens ń "Expansion Water" bottel by ń groot handelaar "spare shop" kry nie.
Hulle het aan my genoem dat hulle hou geen China parte in voorraad nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul, 2022 @ 15:24:33 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Dis iets om in ag te neem!  Ek wonder hoe geredelik beskikbaar onderdele vir ander Sjinese voertuie is.  Ek sou raai Indiese voertuie se onderdele is nie 'n probleem nie. Dit lyk vir my of hulle meer gevestig is en nie soos paddastoele opskiet nie. 

Was die waterbottel wel by die GWM beskikbaar?  Onthou dat onderdele vir groot gevestigde name ook maar nie altyd beskikbaar is by derde party verskaffers nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul, 2022 @ 17:03:17 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20014
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het lank terug 2x Conti motorfietse gekoop....daar was klompie handelaars wat dit verkoop het, maar toe dit by parte kom was daar niks beskikbaar nie. Conti het toe destyds klomp nuwe motorfietse begin strip net om parte aan kliente te kon verskaf. Daai reeling het nie lank gewerk nie....toe maak hulle heeltemaal toe. Ek moes motorfietse vir appel en ui verkoop....niemand wou dit hê nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul, 2022 @ 17:25:03 pm
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 638
Joined: 04 Jan, 2021

Dis iets om in ag te neem!  Ek wonder hoe geredelik beskikbaar onderdele vir ander Sjinese voertuie is.  Ek sou raai Indiese voertuie se onderdele is nie 'n probleem nie. Dit lyk vir my of hulle meer gevestig is en nie soos paddastoele opskiet nie. 

Was die waterbottel wel by die GWM beskikbaar?  Onthou dat onderdele vir groot gevestigde name ook maar nie altyd beskikbaar is by derde party verskaffers nie.

Ek kon die water bottel nie eens by GWM kry nie.
Ek het toe ń plan gemaak en ń VW Golf se water bottel in te "Modify" wat presies dieselfde job gedoen het.
Ek is net dankbaar dat ek ontslae is van daai "S#t".
My broertjie het die Steed 6, 2lt VGT sonder enige probleme en ń wonderlikke voertuig.
Ek seker die probleem kind van GWM gekoop??
As jy China koop, koop eerder nuut.
Vermy aanloklikke pryse 2nd-hand.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul, 2022 @ 10:24:06 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1878
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Daar word gesê dat slegte ondervinding hoofsaaklik te danke is aan verkeerde besluite.

Al wat ek oor hierdie onderwerp te sê het is dat ek geleer het om herverkoop as een van die besluitnemingsfaktore te oorweeg wanneer dit by die aankoop van huise of voertuie kom, en dat ondervinding geleer het dat goedkoop koop duur koop is.

Koop 'n produk waarvan die aanvraag swak is tydens die aankoop, en jy kan seker wees jy sal dit omtrent moet weg gee wanneer jy die dag daarvan ontslae wil raak.

Waarom koop die polisie nie meer Tata bakkies as diensvoertuie nie? My inligting is dat hulle meer tyd in werkswinkels spandeer as in gebruik. Mens sien hulle nie meer as polisie voertuie nie.

Waarom koop Taxi eienaars die duurste Taxis in plaas van goedkoop Chinese alternatiewe?  Ondervinding het vir hulle geleer dat die duur keuse maak vir hulle baie meer geld maak deur te hou en hou en hou ongeag die daaglikse mishandeling.

Ek koop enige dag 'n populere top verkoper voertuig tweedehands as 'n nuwe Chinese produk wat dieselfde kos.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul, 2022 @ 10:53:16 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ja, beslis n bewese naam as iers onbekends. Ek kyk gereeld na die nuwe voertuie op die make en lees of kyk na hulle padtoetse. Al wat dit egter voor goed is, is om te sien wat hulle bied. Die beter aanduiding van kwaliteit is eerder om na verbruikerskommentaar te kyk. En nie Suid Afrikaanse kommentare nie. Ons is almal, ek ook, geneigd om te glo my keuse is die beste, seker omdat my oordeel so goed is. Ons is ook, lyk dit my, om eenmaal n opinie te vorm en dan nie verder te dink nie maar altyd daarby te bly.  Dink maar aan die mense wat sweer by n spesifieke soort brandstof hoewel hy geen ondervinding met ander soorte het nie. Die Aussies het ek gevind, is meer krities oor hulle produkte en nie blind vir hulle tekortkominge nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul, 2022 @ 14:39:23 pm
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 638
Joined: 04 Jan, 2021

Daar word gesê dat slegte ondervinding hoofsaaklik te danke is aan verkeerde besluite.

Al wat ek oor hierdie onderwerp te sê het is dat ek geleer het om herverkoop as een van die besluitnemingsfaktore te oorweeg wanneer dit by die aankoop van huise of voertuie kom, en dat ondervinding geleer het dat goedkoop koop duur koop is.

Koop 'n produk waarvan die aanvraag swak is tydens die aankoop, en jy kan seker wees jy sal dit omtrent moet weg gee wanneer jy die dag daarvan ontslae wil raak.

Waarom koop die polisie nie meer Tata bakkies as diensvoertuie nie? My inligting is dat hulle meer tyd in werkswinkels spandeer as in gebruik. Mens sien hulle nie meer as polisie voertuie nie.

Waarom koop Taxi eienaars die duurste Taxis in plaas van goedkoop Chinese alternatiewe?  Ondervinding het vir hulle geleer dat die duur keuse maak vir hulle baie meer geld maak deur te hou en hou en hou ongeag die daaglikse mishandeling.

Ek koop enige dag 'n populere top verkoper voertuig tweedehands as 'n nuwe Chinese produk wat dieselfde kos.

Dit is hoekom ek ń X-Trail ry.

As die polisie die fabrikaat nie stukkend kan ry nie, sal ek ook nie: LOL.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required