English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 986
Total Replies: 243 348
Total Views: 82 947 455
topics: 11 230
replies: 132 884
views: 39 171 870
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Probleme met kamera

replies: 29
views: 467
27 Oct 2019 @ 21:04:44 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 540
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n kamera, monitor en kabels in England gekoop toe ons daar op vakansie by my seun was.

Ewe skielik is daar nie meer ‘n beeld nie, die monitor gaan wel aan, daar is dus elektrisiteit.

Waar kan ek aanklop vir hulp asseblief, ek is aan die Wes Rand. Ek het die koppelings behoorlik skoon gemaak, maar sonder sukses.

My hele stelsel gebruik die koppelings soos op hierdie foto.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 06:32:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Eerstens moet jy Comunica of soortgelyke plek to gaan wat die koppelings verkoop.

Tweedens moet jy uitvind watter punt op die draad doen wat se werk.  Met ander woorde watter van die twee punte is die krag vir die kamera en watter 2 is die RCA video feed.

Dan koop jy 'n los kameratjie koppel dit op die koppelings en begin met fout na sporing.

Foute wat gewoonlik voorkom as die monitor blou beeld vertoon is basies 4.

  1. Die kamera kry nie krag nie maw kragdraad na kamera.  (2 punte van jou kabel)
  2. Die video terugvoer vanaf kamera se drade is U/S (Ander 2 punte van jou kabel)
  3. Kamera self is stukkend
  4. Video punt op die monitor U/S.  Die wat ek het, het twee video ports so ek gebruik net die ekstra RCA punt en kyk of dit werk.

Doen fout nasporing deur eers punt 4 te kyk as jy ekstra video punt het. Dan van 1 na 3

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 10:57:38 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 695
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Johan ek moes by Die Eiland ook my kamera se bedrading bietjie tweek. Die bedrading by die koppelpunt is bitter dun (vra maar vir Brommer) en een van hulle het hard geword en afgeknak. Ek het die volgende prosedure gevolg :

01 Skik 'n goeie Windhoek bier in 'n 500 milliliter glas

02 Kry 'n lekker stoeltjie wat die regte hoogte is

03 Verwyder enige sellusion tape versigtig

04 Neem n sluk bier 

05 Maak alle drade versigtig los waar hulle ook al vas mag wees

06 Kry die los draadjie en kyk waar hy eens vas was

07 Neem nog n slukkie bier

08 Verwyder enige vuilheid

09 Probeer die ekstra-dun draadjie weer vasdraai

10 Neem nog n groot sluk bier

11 Besluit of n tweede bier dalk OK sal wees

12 As die draadjie tevore vasgesweis was, draai hom ekstra-versigtig vas

13 Trek die kar nader, baie nader, sodat jy dit weer kan koppel

14 Dis tyd vir nog n sluk bier, die son brand

15 Skakel die kar aan, kyk of die kamera nou werk

16 Myne het gewerk

17 Ek het toe die bedrading ekstra dik verdraai met Duct tape

18 Maak die bier klaar

Waarskuwing : as jy bewe, of as jy n nr 4 bril dra of as jy nie tools het nie .... bel vir Brommer, hy is n ekspert. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 11:02:38 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Eerstens moet jy Comunica of soortgelyke plek to gaan wat die koppelings verkoop.

Tweedens moet jy uitvind watter punt op die draad doen wat se werk.  Met ander woorde watter van die twee punte is die krag vir die kamera en watter 2 is die RCA video feed.

Dan koop jy 'n los kameratjie koppel dit op die koppelings en begin met fout na sporing.

Foute wat gewoonlik voorkom as die monitor blou beeld vertoon is basies 4.

  1. Die kamera kry nie krag nie maw kragdraad na kamera.  (2 punte van jou kabel)
  2. Die video terugvoer vanaf kamera se drade is U/S (Ander 2 punte van jou kabel)
  3. Kamera self is stukkend
  4. Video punt op die monitor U/S.  Die wat ek het, het twee video ports so ek gebruik net die ekstra RCA punt en kyk of dit werk.

Doen fout nasporing deur eers punt 4 te kyk as jy ekstra video punt het. Dan van 1 na 3

Terloops ek het maar altyd 'n ekstra kameratjie byderhand om mense so te help met fout na sporing.

Die los kameratjie is 'n groot hulp wat dit help dadelik om te bepaal waar lê die fout by die huidige kamera of die monitor of die bedrading tussen in.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 12:43:22 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 540
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Dankie vir die hulp.

Leon, ek wens ek het naby jou gebly sodat ek jou kamera kon leen vir die toetswerk.

Damsan, ek weet nie waarna jy verwys as jy sê ek moet kyk by die "koppelpunt" nie, alles is geseël. Ek sal wel weer alles koppel en aan die koppelpunte se drade wikkel (miskien het ek dit al gedoen).

Dankie weereens.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 13:13:46 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dankie vir die hulp.

Leon, ek wens ek het naby jou gebly sodat ek jou kamera kon leen vir die toetswerk.

Damsan, ek weet nie waarna jy verwys as jy sê ek moet kyk by die "koppelpunt" nie, alles is geseël. Ek sal wel weer alles koppel en aan die koppelpunte se drade wikkel (miskien het ek dit al gedoen).

Dankie weereens.

Spuit bietjie spook pis in die koppelings. (Q20) dit kan dalk help met vuil puntjies.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 13:19:27 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Johan daar is weinig wat verkeerd kan gaan met die koppelings soos joune.  Gebruik 'n multi meter en stoets die kontinuteit tussen die twee punte van die kabel op jou foto.

'n Punt op die een kant moet verbind wees met 'n puntjie op die ander kant.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 14:15:35 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Johan ek het vir jou 'n tabel gestuur waarop jy die 6 blokkies se waardes vir my kan stuur dan kyk ek of ek iets kan uitmaak op grond v d lesings wat jy kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 14:45:16 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2073
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Terwyl julle manne so fluks help het,het ek ook n vraag. Van die kameratjie af kom twee drade. Een draad is wit met omhulsel om. As jy daardie draad koppel werk die kamera. Saam met die wit draad is nog n draad wat soos n "screening"draad lyk. Ek merk toevallig dat myne op die kamera nerens gekoppel is nie,en is stomp afgesny. Maak dit n verskil as daardie draad nie gekoppel is nie. Die kamera werk egter. Wat is die doel van daardie draad?. Dankie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 16:02:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8975
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Johan ek moes by Die Eiland ook my kamera se bedrading bietjie tweek. Die bedrading by die koppelpunt is bitter dun (vra maar vir Brommer) en een van hulle het hard geword en afgeknak. Ek het die volgende prosedure gevolg :

01 Skik 'n goeie Windhoek bier in 'n 500 milliliter glas

02 Kry 'n lekker stoeltjie wat die regte hoogte is

03 Verwyder enige sellusion tape versigtig

04 Neem n sluk bier 

05 Maak alle drade versigtig los waar hulle ook al vas mag wees

06 Kry die los draadjie en kyk waar hy eens vas was

07 Neem nog n slukkie bier

08 Verwyder enige vuilheid

09 Probeer die ekstra-dun draadjie weer vasdraai

10 Neem nog n groot sluk bier

11 Besluit of n tweede bier dalk OK sal wees

12 As die draadjie tevore vasgesweis was, draai hom ekstra-versigtig vas

13 Trek die kar nader, baie nader, sodat jy dit weer kan koppel

14 Dis tyd vir nog n sluk bier, die son brand

15 Skakel die kar aan, kyk of die kamera nou werk

16 Myne het gewerk

17 Ek het toe die bedrading ekstra dik verdraai met Duct tape

18 Maak die bier klaar

Waarskuwing : as jy bewe, of as jy n nr 4 bril dra of as jy nie tools het nie .... bel vir Brommer, hy is n ekspert. 

Ek het jou amper telig geving op die bier toe maak jy n tweede oop.

Job we'll done.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 21:24:17 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Terwyl julle manne so fluks help het,het ek ook n vraag. Van die kameratjie af kom twee drade. Een draad is wit met omhulsel om. As jy daardie draad koppel werk die kamera. Saam met die wit draad is nog n draad wat soos n "screening"draad lyk. Ek merk toevallig dat myne op die kamera nerens gekoppel is nie,en is stomp afgesny. Maak dit n verskil as daardie draad nie gekoppel is nie. Die kamera werk egter. Wat is die doel van daardie draad?. Dankie.

Piet jy noem nie of die "screen" wel aan die monitor kant aan die negatief verbind is nie. In meeste gevalle is die "screen" daar om steurings te verhoed. Dit is normale praktyk om so "screen" of ook 'n gronddraad nie aan albei kante te grond nie want dit opsig self kan veroorsaak dat daar krag in die gronddraad kan vloei as die 2 aardpunte nie baie goed aan mekaar verbind is nie. Ook kan gewone seine oorgedra word na die gronddraad met baie nadelige gevolge.

Siende dat jou kamera goed werk hou dit soos dit is.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 09:26:56 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2073
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Dankie Danie. Nee ek het nie gekyk aan die monitor kant in die Fortuner nie. Ek het dit toevallig opgemerk toe ek die kameratjie na n beter posisie agter die karavaan geskuif het. Ek het toe net gewonder of die "screening" nie dalk dwarsdeur vorentoe na die monitor toe gekoppel moes wees nie. 

Die vraag kom nou net by my op want ek het steurings op my radio as ek die kameratjie aanskakel. Kan dit dalk n oorsaak wees.?

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 10:38:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dankie Danie. Nee ek het nie gekyk aan die monitor kant in die Fortuner nie. Ek het dit toevallig opgemerk toe ek die kameratjie na n beter posisie agter die karavaan geskuif het. Ek het toe net gewonder of die "screening" nie dalk dwarsdeur vorentoe na die monitor toe gekoppel moes wees nie. 

Die vraag kom nou net by my op want ek het steurings op my radio as ek die kameratjie aanskakel. Kan dit dalk n oorsaak wees.?

Ek het nog glad nie die steurings op radio onder vind nie.  Maar dan moet ek by sê ek gebruik die gewone plug en play konneksies.  Die konneksies opsig self verseker dat al die negatiewe en positiewe konneksies reg werk van kamera af reg deur tot by die monitor.

Dalk moet jy kyk wat gebeur as jy daai gedeelte deur konnekteer of dselfs net aard.

Net as voorbeeld.   Ek het gekry dat die 12V toevoer op die kamera omgedraai is en as jy die drade kleur (Swart is - en rooi +) gewys reg koppel wil die kamera nie werk nie. Moes die kleure op toevoer om draai.  Gelukkig het meeste van die kameras beskerming in wat verkeerde polariteit akkomodeer.

So ek sou sê voer die afgeknipte draad deur tot by monitor.  Kanse is goed dat die steuring op radio weg gaan wees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 12:24:49 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Op grond van Johan se probleem het die lesings tabel wat hy vir my gestuur het getoon dat sy 12V v d motor na die kamera iewers onderbreek is. Hier is die tabel wat ons gebruik het. Wiskunde waarde tabel.

Net vir die wat wel belangstel wat gebeur as 2 aardpunte 'n ent van mekaar af nie op dieselfde zero volt t.o.v. negatief is nie.

Heelwat beskikbaar op wiki rondom die aspek van "ground_loop". Dis ook dieselfde rede hoekom mens nie jou N op 'n huis MAG grond nie en net 1 grond gebruik word en dit is aan die voorsiener se kant.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 13:23:18 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Op grond van Johan se probleem het die lesings tabel wat hy vir my gestuur het getoon dat sy 12V v d motor na die kamera iewers onderbreek is. Hier is die tabel wat ons gebruik het. Wiskunde waarde tabel.

Net vir die wat wel belangstel wat gebeur as 2 aardpunte 'n ent van mekaar af nie op dieselfde zero volt t.o.v. negatief is nie.

Heelwat beskikbaar op wiki rondom die aspek van "ground_loop". Dis ook dieselfde rede hoekom mens nie jou N op 'n huis MAG grond nie en net 1 grond gebruik word en dit is aan die voorsiener se kant.

So word mens iets wys.  Dis maar hoekom ek gesê kyk of daar "continuity" is tussen punt een op die eenkant van die kabel en punt 1 aan die ander kant. So al vier punte toets.

Ek het die RCA kabel van my eie stelsel eenkeer in die Tipper se agter klap vas geslaan.  Moes 'n nuwe kabel in sit.

Dus is die fout ..... krag toevoer na die kamera.  Gedink dis iets kleins.  Die goed breek nie sommer net nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 14:09:42 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 540
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Die kabel aan die agterkant van die Pajero las naby die fuse box, dieselfde inskroef manier as agter. By die kabel by die fuse box split die lot, 12v krag, grond, reverse (nêrens gekoppel nie), kabel na agter en kabel na die monitor.

Géén krag by die plug wat na agter gaan nie. Ek vermoed daar is ‘n probleem by punt waar alles bymekaar kom (die swart gedeelte by die geel en swart plugs).

Ek wil ‘n nuwe kabel koop, maar weet nie wat dit genoem word nie, het op internet gesoek, maar kry net volledige stelle.

Weet een van die slimmes wat dit genoem word, soos in ‘n vorige pos genoem, die plug aan die monitor se kant het 8 pins?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 14:50:20 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

As ek die spulletjie so vinnig opsom en bekyk maak daai kabel  Wat 'n geel plug met 4 puntjies het en 'n swart plug met 4 puntjies het voorsiening vir twee afsonderlike kameras.

Die geel een is vir die kamera op die agterkant van jou wa en die swart een vir nog 'n kamera agter op jou voertuig wat die sleep haak cover as voorbeeld.

Dit is baie moeilik om so op fotos te kyk want mens wil meer sien dit wat voor by die pedale is en dit wat agter by fuzebox is bv.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 14:51:10 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Johan hier is die 2 ente v d 8 pen mikrofoon konneksies. Kry dit by Communica. Watsaap my as jy meer spesifieke inligting soek. Hulle het soldeer konneksies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 17:20:34 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2073
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Dankie vir die raad sover. Dit lyk my ek sal maar n dag moet afknyp en daardie "screening" cable van een punt tot die ander moet koppel of seker maak dit is gekoppel van agter tot voor. Dit kan tog nie kwaad doen nie en as dit steurings veroorsaak is dit mos maklik om dit net weer te knip op n plek.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2019 @ 09:19:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Johan hier is die 2 ente v d 8 pen mikrofoon konneksies. Kry dit by Communica. Watsaap my as jy meer spesifieke inligting soek. Hulle het soldeer konneksies.

Ek het dieselfde konneksie punte by die huis met net 4 punte in en nie 8 nie.  Ook by Comunica gekoop.

Die idee was om my plug en play standaard konneksies na dit toe verander tussen die karavaan en sleep voertuig.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2019 @ 12:57:11 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Johan is jou kamera uitgesorteer.  Ek kamp die naweek by Kleinparadys in Brits.  Kan plan maak om jou te help volgende naweek iewers.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2019 @ 15:39:18 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 540
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Leon,Ek het nou net hierdie WhatsApp aan Danie-SLK gestuur:
Die kamera werk weer. Ek weet nie presies wat verkeerd was nie, ek het die 4-pin kabel oopgemaak en die positief direk aan die fuse box gekoppel en die negatief direk aan die Pajero se body. Iets moes in die “klos” waar al die drade bymekaar kom, verkeerd gegaan het.
Dankie weereens dat julle aangebied het om hiermee te help, ek waardeer dit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 14:25:25 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek is bly jy het reggekom en die kamera werk weer.  Ek glo hy sal nou stap sonder probleme.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2019 @ 07:21:47 am
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 540
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Dit is hoe my kamera opset lyk.

Ek hoop die probleme is nou heeltemal opgelos.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2019 @ 07:22:28 am
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 540
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Eich!

Verskoning vir die dubbel oplaai van die foto.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2019 @ 08:21:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Baie dankie vir die terugvoer met dit wat jy gedoen het om die stelsel weer aan die gang te kry.  Daar is regtig bittermin wat kan verkeerd gaan.  Ek sal wel aanbeveel dat jy vir jou 'n ekstra kameratjie kry.  Dit help baie met fout nasporing op die stelsel.

Laat die wiele rond bly en geniet die sleep.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2019 @ 09:25:45 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5759
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek het 2 kameras op die wa.  As ek kry dat die een nie werk nie verander ek die AV op die monitor na die ander kamera so kan ek sien of dit die kamera is of die krag toevoer.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2019 @ 09:28:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja jy sien dit help al klaar.  Daar is regtig min dinge wat kan fout gaan met die kamera stelsels.

Oorgrote meerderheid is dit 'n draad wat of af is of nie mooi kontak maak nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2019 @ 12:04:51 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3050
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Johan ek moes by Die Eiland ook my kamera se bedrading bietjie tweek. Die bedrading by die koppelpunt is bitter dun (vra maar vir Brommer) en een van hulle het hard geword en afgeknak. Ek het die volgende prosedure gevolg :

01 Skik 'n goeie Windhoek bier in 'n 500 milliliter glas

02 Kry 'n lekker stoeltjie wat die regte hoogte is

03 Verwyder enige sellusion tape versigtig

04 Neem n sluk bier 

05 Maak alle drade versigtig los waar hulle ook al vas mag wees

06 Kry die los draadjie en kyk waar hy eens vas was

07 Neem nog n slukkie bier

08 Verwyder enige vuilheid

09 Probeer die ekstra-dun draadjie weer vasdraai

10 Neem nog n groot sluk bier

11 Besluit of n tweede bier dalk OK sal wees

12 As die draadjie tevore vasgesweis was, draai hom ekstra-versigtig vas

13 Trek die kar nader, baie nader, sodat jy dit weer kan koppel

14 Dis tyd vir nog n sluk bier, die son brand

15 Skakel die kar aan, kyk of die kamera nou werk

16 Myne het gewerk

17 Ek het toe die bedrading ekstra dik verdraai met Duct tape

18 Maak die bier klaar

Waarskuwing : as jy bewe, of as jy n nr 4 bril dra of as jy nie tools het nie .... bel vir Brommer, hy is n ekspert. 

Ek het dieselfde gedoen 

Al verskil is ......

Ek het nooit by die kamera stelsel uit gekom nie🤣🤣🤣🤣🤣

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2019 @ 12:30:56 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Baie dankie vir die terugvoer met dit wat jy gedoen het om die stelsel weer aan die gang te kry.  Daar is regtig bittermin wat kan verkeerd gaan.  Ek sal wel aanbeveel dat jy vir jou 'n ekstra kameratjie kry.  Dit help baie met fout nasporing op die stelsel.

Laat die wiele rond bly en geniet die sleep.

Baie goeie raad Leon. As mens eers gewoond geraak het aan die kamera wil mens dit met so min as moontlik moeite weer regkry en bepaal watter v d 2 dele het 'n probleem.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First