English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 783
Total Views: 82 283 728
topics: 101
replies: 1 564
views: 35 130
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Probleem met bedrading op Penta

replies: 30
views: 444
09 Jun 2019 @ 22:56:58 pm
Theuns
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Ek is besig met 'n 2014 Jurgens Penta wat ek voorberei vir 'n padwaardigheidstoets. Die regter parkeerlig werk egter nie. Ek het die gloeilamp en sy kontakpunte nagegaan, asook die bedrading voor by die sok. Ek het selfs my sleepvoertuig se sok nagegaan, maar die fout lê nie by een van hierdie items nie. Al wat ek nou kan dink, is dat die bruin draad wat die krag na die regter parkeerlig neem, iewers af is of 'n los konneksie het. Hoe stel 'n mens vas waar die probleem lê? Ek wil ook nie die hele draad van voor na agter vervang nie, want dit gaan 'n groot gespook afgee. Sou mens 'n ander bruin draad maar apart na agter moet aanlê? Ek sal graag raad wil ontvang van iemand wat weet hoe of selfs met so 'n probleem gesukkel het. Dankie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 06:12:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Goed as ander ligte op daai regter kant nie gewerk het nie was die oorsaak die aard draad. So die flikker en stop lig werk dus is hy uit die weg geruim.

Alles met fout nasporing werk gewoonlik makliker met 'n toets lampie.  Volg maar die drade na agter somtyds versprei die drade na die onderskeie kante L/R in die middel by doe agter kant van die karavaan en lê die oorsaak maar meestal daar.

Kyk of jy so konneksie sien en toets die ligte daar.

Anders is dit makliker om net 'n draad van die linker agter lig deur te vat na die regter kant.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 06:16:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Somtyds het die 7 koord draad beskadig geraak toe moes die draad korter geknip word.  Die gevolg is dat die draad nou te kort was om ordentlik by die voertuig se prop uit te kom.

'n Kort stuk 7 koord draad ongeveer 1.5m is toe gekoop en aan gelas. Daai las is dalk so ent terug getrek in die A-raam in.

Soek maar vir so addisionele konneksie Dalk is daar een...........

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 10:41:47 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1295
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Weet nie hoe die model se bedrading lyk nie maar kyk onder die wa naby die agterkant. Op my Fleetline is daar 'n choc blok waar die 7 draad koord van die prop voor opsplit na die afsonderlike drade vir al die agterligte. Het op'n stadium 'n soortgelyke probleem gehad en kon vir maande niks fout kry nie, totdat ek uit radeloosheid die choc blok met contact cleaner gespuit het en al die skroefies wat die drade vashou so 'n vinnige "check" vasdraai gegee het...en toe gevind die draad wat die probleem veroorsaak het se skroef is heel los. Vasgemaak en nooit weer 'n probleem gehad nie. Terloops Roadque verkoop so 'n magafter wat jy in die wa se prop indruk en die ding se knoppie druk wat dmv LEDs wys watter lig/draad 'n probleem het, myne sowat 3 jaar terug gekoop vir iets soos R280 op daai tyd

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 12:34:51 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 538
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years
Ek dink tog julle moet vir Brommer vra hoe om die probleem op te fix.
You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 12:48:34 pm
Anonymous

'n Eenvoudige manier om te toets of die draad iewers af is, is om 'n stuk draad vanaf die linker lig te brug na die regter lig.

Indien die regter lig dan werk, is die draad iewers in die bedrading lyn af.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 13:40:58 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 790
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Theuns, die parkeerligte of te wel die tail lights is apart bedraad na die 7 pin plug en daar word hulle gestrop (common). Iings pin 7, regs pin 5. Party woonwaens se bedraading maak staat daarop dat die strop (common) op die voertuig se female plug is. Ek dink dit is jou probleem, nerens gestrop nieembarassed

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 13:42:09 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 790
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Strop dit liewer op die voertuig.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 13:56:42 pm
Anonymous

'n Eenvoudige manier om te toets of die draad iewers af is, is om 'n stuk draad vanaf die linker lig te brug na die regter lig.

Indien die regter lig dan werk, is die draad iewers in die bedrading lyn af.

Verskoning, ek sien Leon het my raad alreeds genoem.

Indien die draad in die lyn af is en jy wil nie 'n nuwe draad deur lê nie, neem 'n toetslampie en kry agter onder die wa die linker lig se kragpunt.

Die regter lig se punt behoort dan nie ver van die linker lig se punt te wees nie.

Konnekteer 'n stukkie draad saam met die linker lig en brug hom so onder die karavaan.

Solank die ligte dan werk, kan hulle hom nie wegwys by die toetsgronde nie.

Dit is nie 'n baie veilige aspek nie omrede dit sou kom dat die sekering blaas vir een lig, hetsy links of regs, gaan jy geen parkeer/ryligte op die karavaan hê nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 13:58:31 pm
Anonymous
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 17:33:37 pm
Anonymous

Verskoning, ek sien Leon het my raad alreeds genoem.

Indien die draad in die lyn af is en jy wil nie 'n nuwe draad deur lê nie, neem 'n toetslampie en kry agter onder die wa die linker lig se kragpunt.

Die regter lig se punt behoort dan nie ver van die linker lig se punt te wees nie.

Konnekteer 'n stukkie draad saam met die linker lig en brug hom so onder die karavaan.

Solank die ligte dan werk, kan hulle hom nie wegwys by die toetsgronde nie.

Dit is nie 'n baie veilige aspek nie omrede dit sou kom dat die sekering blaas vir een lig, hetsy links of regs, gaan jy geen parkeer/ryligte op die karavaan hê nie.

 

So vinnige sketsie vir die "gypo" herstel.

Let wel, die aard wat in die middel is het ek net daar geskets, maar word ge-aard saam met elke afsonderlike lig, bv: flikker, stopligte ens..

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 19:32:08 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 790
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Het dit gewerk en nou werk dit nie meer nie?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 20:14:54 pm
Anonymous

Het dit gewerk en nou werk dit nie meer nie?

SEKER NIE.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 20:55:21 pm
Theuns
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Naand vriende, ek was so twee dae uithuisig en kon nou eers al julle kosbare raad lees. Ek sal die naweek eers tyd kry om dit toe te pas en ek is positief dat ek nou iewers iets sal opspoor waar 'n skroef en 'n draad los is! Ek waardeer die tyd wat julle afgestaan het om my van raad te bedien. laughingO ja, ek het die Penta gekry met die regter agterlig wat nie brand nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 22:59:42 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1644
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Theuns. Het jy al probeer om 5 en 7 (bruin en swart,) te bridge op jou plug. So n draadjie van 20mm lank sal die job doen om die 2 saam te laat werk.

Seker dit gaan jou probleem oplos.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 06:31:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Naand vriende, ek was so twee dae uithuisig en kon nou eers al julle kosbare raad lees. Ek sal die naweek eers tyd kry om dit toe te pas en ek is positief dat ek nou iewers iets sal opspoor waar 'n skroef en 'n draad los is! Ek waardeer die tyd wat julle afgestaan het om my van raad te bedien. laughingO ja, ek het die Penta gekry met die regter agterlig wat nie brand nie.

Heel maklikste vervang eers die gloeilamp voor jy swaar water maak met die soek.

laughinglaughinglaughing

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 08:57:46 am
Theuns
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Theuns. Het jy al probeer om 5 en 7 (bruin en swart,) te bridge op jou plug. So n draadjie van 20mm lank sal die job doen om die 2 saam te laat werk.

Seker dit gaan jou probleem oplos.

Baie dankie Bak oor, ek dink dit is die maklikste en vinnigste oplossing vir my probleem!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 09:00:15 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Theuns. Het jy al probeer om 5 en 7 (bruin en swart,) te bridge op jou plug. So n draadjie van 20mm lank sal die job doen om die 2 saam te laat werk.

Seker dit gaan jou probleem oplos.

Dis waar......................... as jy die brug werk op die voertuig se plug doen dan behoort jy uitgesorteer te wees met al die bedrading van verskeie S/waens.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 11:55:18 am
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 790
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Strop pin 7 & 5 op die voertuig.

Ek glo dit is wat ek 2 dae terug voorgestel het?kiss

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 12:28:17 pm
Theuns
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Strop pin 7 & 5 op die voertuig.

Ek glo dit is wat ek 2 dae terug voorgestel het?kiss

Jy is reg Paul, ek het net nie die term "gestrop" mooi verstaan nie. Nou het ek iets geleer!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 12:50:59 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 790
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Theuns, I really will be surprised if this is not your problem. My Gypsey had this problem and I strapped pin5 & 7 on my Pejero and never had a problem with any trailer or new caravan again. The manufacturers assume the vehicle has the strap or the parking lights are indeed wired independantly as is the case on Mercedesbenz. The idea is that if the caravan/vehicle is parked on the left side of the street only the right side parking light should be on and visa versa.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 12:53:28 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 790
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Laat asb weet wat die uitslag is.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 20:54:15 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1644
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Jy is reg Paul, ek het net nie die term "gestrop" mooi verstaan nie. Nou het ek iets geleer!

Ja nee, daai woord (gestrop) ek het dit nog nooit van gehoor. Sorry ou maat dat my afrikaans nie so updated is. Trofy is joune met daai woord.

Ek join of bridge n ding. Anners connect en trou ek die dinges dinges met mekaar. Solank ou Theuns net geholpe raak.

 

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2019 @ 07:13:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek self ken ook nie die woord "gestrop" in die gebruikte betekenis nie.

Het nog al die jare die woordjie "Brug" gebruik soos in "brug die twee punte uit".

 

Maar ja mens kan seker gebruik wat jy wil soos ek maar die woord "Chapperig" gebruik vir alles wat reg, mooi, goed of manier is waarmee ek saam stem.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 15:15:26 pm
Theuns
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Middag al my hulpvaardige vriende. Ek het goeie nuus: die probleem is opgelos en die lig brand nou al te lekker! Maar eers, baie dankie vir almal se raad en hulpvaardigheid - ek waardeer dit baie. Hoewel ek nie die raad wat julle gegee het nodig gekry het nie, het dit my in elk geval 'n paar dinge geleer laughing. Die probleem het toe gelê daar waar die drade agter die woonwa verdeel na die linker- en regterkant. Die bruin draad het daar by die sok (of wat jy die ook al noem) uitgetrek. Toe die draad weer lekker ingedruk is, het die lig helder geskyn! Dit was wel 'n bietjie gesukkel om daardie sok uit die kanaal waar dit lê, ver genoeg uitgetrek te kry om die drade daar te inspekteer. Nou kan ek die woonwa hierdie week laat toets skryf. Geniet julle vakansiedag verder. Baie groete, Theuns.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 15:24:10 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Goed as ander ligte op daai regter kant nie gewerk het nie was die oorsaak die aard draad. So die flikker en stop lig werk dus is hy uit die weg geruim.

Alles met fout nasporing werk gewoonlik makliker met 'n toets lampie.  Volg maar die drade na agter somtyds versprei die drade na die onderskeie kante L/R in die middel by doe agter kant van die karavaan en lê die oorsaak maar meestal daar.

Kyk of jy so konneksie sien en toets die ligte daar.

Anders is dit makliker om net 'n draad van die linker agter lig deur te vat na die regter kant.

Bly jy het daai split van die drade gekry daar aan die agter kant. Probleem opgelos

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 15:33:39 pm
Theuns
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Leon, ja sowaar, jy het gesê ek moet kyk na waar die drade verdeel. Ek het vasgehaak by die raad om nr 5 en 7 te brug. Dankie nogeens!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 18:40:03 pm
globaljaco
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 13 Apr 2019
Experience: 5 years

Ek het nou al die kommentare gelees om te bepaal of dit dalk my probleem is maar ek het ietwat van n ander probleem lyk dit my. My 1998 Palma se ligte het sedert ek hom Feb gekoop het 100% gewerk op my Chev Trailblazer. 2 weke gelede is ons op KNP toe sonder probleme maar  Vrydag toe ons by die Eiland haak werk geen ligte nie. Ek het al die konneksies op die wa se plug en kar oopgemaak en nagegaan en geen los konneksies gevind nie. Die volgende is egter baie baie eienaardig. As ek my wa by my skoonpa se Hilux inplug werk die ligte. Dit het my laat dink goed die probleem lê by my kar, maar as ek my skoonpa se Sprite of sy trailer by my kar inplug werk alles. Ek het toe selfs die plugs oopgemaak en die drade van die wa en kar aanmekaar gekoppel maar niks wil werk op die Palma nie, maar op die Sprite werk als reg. Ek is toe na n auto electrician en hul toetsliggie het gewys daar kom geen krag deur tot op die kar se plug nie??? Die module boksie op die harnas is toe getoets en ek kon sien iets is fout. Die krag wat deurkom is ‘intermittent ‘. Die boksie is toe vervang en glo dit of nie, dieselfde probleem. Boksie is weer uitgehaal en relays is ingesit. Daarna het die krag 100% deurgekom tot op die kar se plug en op 3 verskillende waens reg gewerk, behalwe my Palma. Nouja dit maak vir my geen sin nie en ek is raadop. Selfs nou na die boksie verwyder is, en alles werk op enige wa werk dit nie op die Palma nie, maar die Palma se ligte werk 100% op skoonpa se Hilux.

Het enigiemand al so gemors beleef?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 21:11:40 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1644
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Jaco. Ek het n soortgelyke probleem op my Grand Cherokee gehad. Die towbar module in die kattebak het die gees gegee. Gelukkig het Jeep dit onder waarborg vervang. Ook maar goed want die module was so  R11 000.00

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 21:59:06 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4164
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Jaco om te poog om te help moet ons die volgende inligting kry.

  • Het die Palma LED ligte of gloeidraad
  • Het die Sprite LED ligte of gloeidraad
  • Het die Venter LED ligte of gloeidraad
  • Het die auto-elek die punte op die Chev getoets met 'n multimeter/LED toetser of het hy 'n filament gloeilamp gebruik om vas te stel daar is nie krag nie.

Sou die Palma LED ligte he kan mens deur 'n los gloeilamphouer soos op die foto gebruik en soos volg koppel met 'n 21W gloeilamp in.

  • Sit die Chev se linker flikker aan en koppel die 2 drade v d los gloeilamphouer op punte 1 en 3 op die Chev se prop - kyk of dit werk
  • Sit die Chev se regterflikker aan en koppel dan die los gloeilamphouer se drade op punte 4 en 3 - kyk of dit werk.
  • Sit die Chev se remlig aan en sit die los gloeilamphouer se drade op punte 6 en 3 - kyk of dit werk.
  • Sit die Chev se agterligte aan en koppel die gloeilamphouer op punte 5 en 3 - kyk of dit werk.

Sou die ligte werk met die los gloeilamphouer is dit moontlik soos John genoem het die Chev se module. Die module verwag bv 21W las en omdat die LED ligte op die Palma dalk 3-6W is sien die module dit as 'n oop stroombaan en laat nie krag deur nie.

Oom Jeep het onlangs 'n probleem gehad met LED ligte op die Jeep en na hy so paar dinge gedoen het soos ek voorgestel het het hy die probleem opgelos. In sy geval is 'n ekstra filament gloeilamp bygesit vir elke LED lig op die Skipper sodat die Jeep meer as bv 15W sien en dit intrepeteer as nie 'n oop stroombaan nie en dan werk alles.

Met jou nodige antwoorde kan ons verder die probleem probeer identifiseer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 18:45:04 pm
globaljaco
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 13 Apr 2019
Experience: 5 years

Dankie Danie, ek sal jou verduideliking goed deurgaan en die naweek hierna kyk. Ek sal laat weet wat ek vind.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required