Beplan om in die Julie vakansie met die karavaan Swadini toe te ry.
Was nog nooit daar nie. Wat is die beste roete en pad toestande?
Is huidig hier staan tot Augustus is hierdie jaar my 37 ste jaar wat ek gedurende winter hier is .Toe my kinders in die skool was het ek Junie Julie vakansies gekom .Na my aftrede 11jaar gelede nooit korter as 3 maande in winter gestaan .Huidig beste pad Pietersburg oor Magoebaskloof Tzaneen,Gravelotte,Mica ,Hoedspruit,Swadini .Pad oor Leydenburg gladnie rybaar met n karavaan .

Ek stem saam met Willie, met een klein verskil. As ek vanaf Polokwane na Tzaneen ry, doen ek dit via die sogenaamde Duiwelskloof (oftewel deesdae Modjadjiskloof) roete. Ek het altyd via Magoebaskloof gesleep, maar deesdae doen ek dit slegs met die terugkeer (opgaan). Ek vind dat die karavaan druk te veel van agter af as ek Magoebaskloof afry. Selfs sommige plekke in eerste rat klink dit of die enjin wil uitklim en ek hou nie daarvan om so baie op die rem te ry nie.
Ek gaan 100% akkoord met die res van die roete wat Willie voorstel tussen Tzaneen en Swadini. Moet net nie die Dullstroom/Lydenburg/Orighstad-roete oorweeg nie - tensy jy nie omgee vir slaggate nie.
Ek ry op 30 April, vanaf Klein-Kariba via Polokwane, Modjadjiskloof/ Tzaneen/Gravelotte/Phalaborwa om die volgende dag by Phalaborwahek in te gaan wildtuin toe.

Ek kan sien dat jy nie meer kan wag vir hierde 4 maande (as ek reg is) wegbreek nie. Jy ry mos volgende week?

Ja Hennie, as alles volgens plan verloop, vertrek ons volgende Donderdag (15 Apr) op ons 4 maande trippie. Eers in die Karoo Nasionale Park vir 6 aande, dan een nag elk se oorslaap by onderskeidelik Gariepdam en Aldam voordat 7 nagte by Klein Kariba voorlê. Dan een aand se oorslaap by Phalaborwa Safari Park en die volgende dag (1 Mei) in die wildtuin in tot 15 Junie. Dan Eiland Spa toe tot 20 Augustus. Daarna sal ons maar laat gelei word of ons nog lus het vir kuier iewers en of ons gaan terugkeer huistoe.
Baie goed is reeds nagegaan en gepak - amper nog net die inlaai in die Hilux wat moet plaasvind. Jy's reg, ons kan nie meer wag dat ons vertrekdatum moet aanbreek nie - nog 8 slapies.
Ek stem saam oor die roete via Duiwelskloof, maar hulle herbou daai pad dit is sleg om daar tery pad is nou en stukkies grond pad .Dit is die rede waarom ek Magoebas ry .

Verlede jaar Oktober was daar net 1 stop en go en geen grond gedeeltes nie. Ek vermoed hulle is klaar.
Maar ek sal môre by my seun hoor, hy werk op Mooketsi en ry baie daai pad.

Blykbaar steeds so Willem, 1 stop en go, geen grondpad stukke nie.
Dankie julle vir die terugvoering. Lyk vir my die pad via Lydenburg is uit.
Kyk na die onder werp
Poor Road Conditions Belfast to Klasere.
Paaie daar lyk glad nie goed nie.