Baie handig, dankie!!!
Sjoe, stel jou voor jy moet 'n nommer 25 vol kos kook. Jy gaan sweerlik 'n graaf nodig hê om dit te roer. En 'n baie lang opskeplepel om tot onder by te kom.
So dis hoekom ons nooit `n no. 3 kan opeet tussen 4 mense
Frieda jy roer met 'n spit graaf, en skep met 'n skopgraaf.
Met 'n skopgraaf vol kos, eet jy dan seker uit 'n skinkbord?
Of 'n emmer
Ons Kerk het gister n potjiekos kompetisie gehou. Omdat dit lockdown tyd is, het ons dit "online" gedoen.....elkeen vanaf sy eie huid. Dit was werklik n groot sukses gewees. Ons was deurgaans met mekaar in verbinding via WhatsApp boodskappe, foto's en videos...en dan het ons ook lekker gekuier via Zoom. Was regtig n spesiaale geleentheid gewees. Hier is die potte wat ingeskryf het.
Julle kan sommer noem wat julle dink die wenpot moes wees
Lekker, gewonder hoekom lyk van die potte of daar so min potjie in is, toe val dit my by minder mense by daai huis as gevolg van lock down, die pot wat vir my die lekkerste "lyk" is die no 4 "Beesrib in sjerriesous met soetpatat.
Ons gesin met al die kinders en kleinkinders het elke vrydagaand gebraai / potjie, nou het elkeen maar by sy huis gebraai en het ons die fotos vir mekaar gestuur - mekaar lekker lus gemaak!