It looks like potholes on our roads are becoming like our daily bread. I have heard& read so many notices on claiming pothole damage from the local authority ( municipal, provincial, national , Sanral etc) , I haven’t heard anyone who’s claim has been paid by the relevant department.
Has anyone lodged a pothole damage claim successfully?
If the municipalities are bankrupt, then your claim will not be honored quickly. this is my view.
Maklikste is maar om by jou privaat versekeraar te eis
Easier to claim from your private insurance company
Nee wat gaan maar deur jou eie versekeraar jy gaan jou self baie tyd spaar sterkte
Moet erken ek was wél suksesvol, maar dit was 'n hele paar jaar gelede .... Slaggat by Bruma meer geslaan in die reen, uitgevind dat slaggate tenminste 500 meter vóór die gat 'n waaarskuwingsteken vereis, wat wel nie die geval was nie.
Eis ingestel ( band en velling beskadig en ook ondersoek na die Alfa se voorste suspensie) vir R11000, maar JHB het geskik - op die hof se stoep nogal! - vir R9000.
Maar, soos reeds genoem .... dit was in die verlede!!
Ek dink mens se versekerings premie is buitendien aangepas om voorsiening te maak vir eise van ons land se swak paaie
Eintlik moet jy by jou versekeraar eis. Jy betaal hulle om die risiko's te aanvaar. As hulle die eis aanvaar, is dit hulle reg om die skade te eis van wie die ookal veroorsaak het, so hulle kan dit van watter owerheid ookal 'n pad bestuur, probeer eis. Hulle het die personeel en die kundigheid om dit te doen. Daar is dus geen rede om selfs die werk te probeer doen nie, behalwe moontlik vir die bybetaling, maar dit kan maar afgeskryf word teen die moeite wat jy nie het nie en die baie vinniger uitbetaling van jou skade.
I did our pothole claim through the insurance, would not even bother to attempt to go through the local/provincial authority to claim. It will just give you more grey hairs.
Verloor jy jou geen eis bonus as jy pothole skade eis deur jou versekeraar?
Goeie vraag. Weet iemand dalk? Ek het gevind as jy eerlik is teenoor jou versekeraar, behandel hulle jou billik. 'n Enkele eerlike eis het ek gevind, het nie my geeneis bonus geraak nie, of eintlik, dit het nie my premie laat styg nie. Trouens, ek wonder of dit nog bestaan? My assuransie word jaarliks hersien maar daar word niks van so-iets gesê nie. Ek het ook al by so 'n geleentheid die saak met hulle opgeneem toe ek gevoel het ek betaal meer as wat ek behoort, en ek het 'n groot afslag- hier by 25%, gekry.
Ek sal in elkgeval eerder die geeneisbunus (as dit wel nog betaan) verloor of self die skade ly eerder as om met die eienaar van die pad te probeer onderhandel.
Die "Councill" is te "SLAPGAT" en sal jou ignoreer.
My huis is 2-jaar gelede verkoop en alle prosuderes is gevolg om grond belasting ens... oor te plaas, maar nogsteeds kry ek rekeninge wat ek blatant ignoreer.
Dennis, oor jou munisipale probleem: Ons het 'n eiendom in Pretoria verkoop en het dieselfde gevind. Dit blyk dat dieaanpasing by die munisipaliteit nie outomaries geskied nie, terwyl dit behoort te gebeur. Die nuwe eienaar registreer mos en dan behoort die oue van die stelsel verwyder te word anders is daar twee eienaars van die eiendom op hulle rekords. . Jy moet eerder maar self die kansellasie gaan doen. Soms is die oordragprokureur bereid om dit te doen teen 'n fooi, maar ons prokureur het gesê as gevolg van die lomp hantering daarvan by die munisipaliteit, is dit nie vir hulle die moeite werd om daarby betrokke te raak nie. Ek weet nie wat die gevolge kan wees nie, maar ek dink dis moontlik dat die nuwe eienaar dalk nie die rekenings kry nie as gevolg van die adminstratiewe probleem, dit dus nie betaal nie en dit kan dalk net gebeur dat jy uiteindelik aangespreek sal word vir die uitstaande munisipale fooie. Jy sal waarskynlik na baie moeite daar uit te kom, maar dit gaan baie frustrasie teweeg bring. Hoor gerus of jou eiendomsagent dalk instaat en bereid is om die nodige vorms te gaan invul of jou na iemand kan verwys wat dit sal doen. Dit sal jou 'n paar rand kos, maar wat my betref, ek betaal eerder as om die frustrasies te hanteer.

Ons moes R6k betaal tot en met registrasie afgehandel is.
Die "proks" het dokumente na agentskap gestuur waarna die agentskap ons gekontak het om dokumente te teken.
Daar was ook gevra of hulle die dokumente moet neem na die munisipaliteit of wil ons dit eerder self doen?
Met my "stress" vlak het ek genoem dat ons dit self sal indien en die bewys van kanselasie terugbesorg aan hulle wat ons presies gedoen het.
Mettertyd het die nuwe eienaars nie hulle deel gedoen nie en al ons krediet van R6k gebruik.
Die huis was binne 1-week ge-registreer omrede dit ń kontant koper was.
Op daardie stadium toe kamp alreeds vir 2-maande wat ons genoem het dat hulle mag intrek sonder okkupasie huur, maar water, eletrisiteit en grond belasting uitgesluit.
Die proks het ń kontrak opgestel waarna beide partye dit so aanvaar het.
Simpatie Dennis. Hoop julle kry dit uitgestryk. Toe ons na n paar maande nog n munisipale rekening gekry het het ons prokureur, wat nie onderneem het om die kansellasie te doen nie en waarmee ons tevrede was want ons het gedink die muns sal die regte ding doen, n agent gekry om dit namens ons te doen. Die probleem is vinnig opgelos.
Ons meenthuis kompleks is gebou op 'n redelike groot standplaas (met die nodige aansoeke, regte ensovoorts uitgeklaar). Elke eenheid het sy eie watermeter en vooruit betaalde kragrekening. Grondbelasting edm. ook elke individuele eienaar se plig, tesame met die kompleks heffings ens. ens.
Groot verbasing toe ons hele kompleks se krag so 2 jaar gelede gesny is a.g.v. 'n onbetaalde munisipale rekening. Groot bakleiery, want ons kon nie verstaan hoe die hef in die vurk steek nie - dié rekening is geensins die van enige van die kompleks eiendomme s'n nie. Na heelwat drama, oor-en-weer beskuldigings, kopkrappery, en natuurlik, die munisipaliteit wat aandring dat die rekening van R202 000+ (weens rente vermeerder dit elke maand!) betaal moet word om verdere krag afsluitings - wat so elke maand of twee toegepas is - te verhoed, is bevind dat die oorspronklike rekening nooit gekanselleer is nie. Blykbaar prokureurs se skuld, maar dit het groot ongelukkigheid veroorsaak. Sulke foute kan dus wel insluip!!
Simpatie Dennis. Hoop julle kry dit uitgestryk. Toe ons na n paar maande nog n munisipale rekening gekry het het ons prokureur, wat nie onderneem het om die kansellasie te doen nie en waarmee ons tevrede was want ons het gedink die muns sal die regte ding doen, n agent gekry om dit namens ons te doen. Die probleem is vinnig opgelos.
Dit lyk of dit so 50/50 uitsorteer is, maar ek kry nogsteeds SMS kennisgewings dat die balans ?? betaalbaar is.
Tans wys hy nou in krediet waar hy so paar maande gelede agterstallig was wat beteken dat die nuwe eienaar begin betaal het, maar nie by die kontrak ooreenkoms gehou het nie.
Dit is net weer ń bewys dat ń munisipaliteit werknemer nie sy werk behoorlik uitgevoer het nie.
Wat my kwaad maak is dat die nuwe eienaar eers my krediet uitgebuit het en toe hulle water en krag gesny word het hulle vinnig betaal.
Ek het dit met die prok bespreek en alle SMS's is deurgestuur.
Terugvoering is dat hulle, (prok firma) sal die saak hanteer en waarborg nie tenvolle krediet terugbetaling nie.
Moontlik slegs ń % daarvan.
Mens dink altyd "Cash Buyers" het geld, maar eintlik die grootste "BULLSHITTERS".
ń Mede agentskap eienaar wat ook ń "permie" is reken ek moet dit ASAP uitsorteer omrede dit my in slegte omstandighede kan plaas.
Ek gaan volgende week JHB toe vir karavaan lisensie hernuwing en dan sommer 2x Vlieê met slegs een klap, klap.
Hi Rare, my apologies for "Grabbing" your topic.
Just an example how "SLAPGAT" the council is regarding your question.
I am Kool 😎!
Neewat Dennis, hierdie is 'n gespreksforum, en dit gaan mos maar so met 'n gesprek om die braaivleisvuur: een onderwerp lei tot 'n ander en ons leer steeds van mekaar se ondervindings.