Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Potchefstroomdam
Weet iemand hoe dit deesdae by Potchefstroomdam lyk? Veiligheid vir oornag oorstaan?
Johan, daar was so paar mense op die forum van daai omgewing, hoop maar iemand kan jou help.
Vergeet wie. Maar daar bly n forum lid op potch. Die man wat n fleetline gemodify het met rooi deure met tema vuurtoring. Ek dink mnr. Dippenaar.
Hy kan ve ons sê hoes dit daar.
I love camping all year round

My pa was laasnaweek daar, en oornag in die rondawel waar ons 36 jaar terug vir 6maande saam met karavaan in gebly het. Beter toestand nou as toe, en hy was baie tevrede. Weet egter nie van die kampterrein verder in nie. Jy sou bv in rondawel kan oornag en woonwa langsaan parkeer, uit die pad van dag en nagbesoekers.
Het lekker memories van daai kamp saam die boot
Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble

Sal ook meer wil weet gaande die oord. Was jare terug daar met die boot toe ek nog in Bloemfontein gebly het.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Het ook in die 80 s laas daar gekamp.
Al weer oppad iewers heen.

Johann,
Jammer, ek was die naweek in Potch by PUK krieketveld (baie naby) en kon gaan kyk het, maar nie geweet van die draad nie.
Ek was ook lank laas daar. Maar wat ek nog opgemerk het, is Oord lê 'n entjie weg van paaie met sekuriteit toergang en nie maklik om van buite af in te kom nie. Oord is bekend vir visvang.
Ek het gou 'n kollega gou gebel - hy sê die oord is heeltemal omheinging en behoort met boom toegang en behoort gord te wees. Die karavaanpark is agter nog 'n heing om dag besoekers weg te hou. Ongelukkig kan hy niks sê oor ablusies nie. Hy weet van geen slegte terugvoer nie.
My eerlike opinie is dat daar niks beter is in Potch om met karavaan te oornag nie - as jy kan sê van waar af jy kom en op pad waarheen, kan ek dalk ander dorpe eerder aanbeveel, uit eie ondervinding.
Ek hoop lid waarna julle verwys kan ook iets bydra.
DR DRAKE GP
not a Doctor nor a GP
stem met Dr Drake. sal nie daar gaan staan nie. was so 2 jaar laas daar met dogter se gradeplegtigheid in een van die "chalets" (as jy dit 'n chalet kan noem" en dit lyk maar oes by kampering se ablusie geriewe. ek dink nie jou wederhelf sal dit like nie.
Die volgende is goed met beste eerste - hang af wat jy daar wil hê (almal in omgewing van 50km weg):
Weltevrede (spotless ablusies) - Parys
Eastco (netjies met 2 skoon swembaddens naby) - Parys
Rietspruit dam - Ventersdorp
Klub Louico - Stilfontein
Iemand kan dalk help - ek dink die pad van Stilfontein is die beste en dan Venterdorp.
Twee by Parys het 'n paar km se grondpad in.
DR DRAKE GP
not a Doctor nor a GP
Ek bly in Potch en sal dit nie aanbeveel nie. In die ou jare was dit nog baie lekker. Die plek word veral op naweke oorgeneem deur groepe net soos hulle die trimpark oorneem. Veiligheid definitief nie gewaarborg nie. Al is daar veiligheids drade en beheerde ingang, is jou groot probleem 'mede' kampeerders/dagbesoekers.
Johann L,
Wanneer oorweeg julle om soentoe te gaan?
Ek het die naweek goeie tergvoer gekry oor Limerick Lodge, 27 km vanaf Potch en as ons planne uitwerk wil self die naweek te gaan kyk (het reeds gevra dat skeidsregters my op Witrand of PUK oval plaas Saterdag).
DR DRAKE GP
not a Doctor nor a GP
Dr Drake
Teen die einde van Maart. Waar is Limerick?
Was nog nie daar nie - hopelik more aand - volgens web 27 km suid van Bloem af - as ons daar was sal ons op forum terugvoer gee (maar is nie op reort lys nie)
DR DRAKE GP
not a Doctor nor a GP
Hi Johann,
Ek kan Limerick aanbeveel - Baie netjiesegeteelde ablusies met spuite in al die toilets (wat ook matte en sitplek omhulsels het) en seep bottels by elke wasbak - as jy nader stap, ruik dit sommer aangenaam. Daar is twee aparte badkamers (multi seks) - mans het twee storte, twee toilets, 3 wasbakke en drie urinale (een laer vir kinders) - ek verstaan by Hester die dames was soortgelyk behalwe laasgenoemde, natuurlik.
Twee stelle skoon en netjiese skottelgoed wasbakke - klere wasbakke ook, maar weet nie hoeveel nie.
500 meter se grond pad - skat minder as 30 kilometer teerpad suid van enige plek in Potch (selfs die Universiteit) langs Vaal rivier op Viljoenskroonpad.
Staanplekke met skadu en redelike goeie gras meeste het skoon heel baksteen braai geriewe langs staanplekke met kragpunte, kraan en vullisdrom. Staanplekke is 'n bietjie skuins, gelukkig in wa se lengte en kan maklik met Jockey compenseer.
Groterige skoon swembad met glybaan vir jinders, maar dalk te diep vir jonges wat nie kan swem nie - ek skat so omtrent 5 voet gelyk deur - baba poel - Put-put bietjie anders en lyk moeiliker as die algemene bane - rivier naby, maar was nie daar nie - kinder speelpark met skoppelmaaie (een stukkend) en trampolien - geskenkwinkel met algemene benodighede (behalwe vars soos brood).
Bediendes kom in die oggend om om skoon te maak en vullis op te laai.
Daar was net een dagbesoeker, maar is nie toegelaat by kamp area nie.
Sover sekuriteit aangaan, kan ek nie kommentaar lewer nie - daar is 'n boom wat slegs sekere tye oop is, maar dan nie beman nie - bygesê ons het geen probleem gehad nie - as ek nou 'n skelm was, sou ek nie daar wou in gaan om te steel nie - dis te oop tot by buite drade.
Ek sou beslis eerder hiernatoe as Potch dam, alhoewel ek dink vir 'n oord was 'n bietjie duur en is dalk die rede hoekom hy nie goed ondersteun is nie (ons was 'n groep van 14 karavanne en tente plus een in 'n chalet.
DR DRAKE GP
not a Doctor nor a GP
Hierdie is screenshots van n video wat iemand op lankstaan kampers se fb blad geplaas het. Skande....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dit was duidelike 'n goeie ablusieblok. Dit sal sekerlik nie 'n fortuin kos om dit te herstel nie- as iemand net die wil sou hê om dit te doen. Darem tragies hoe bates verlore gaan omdat mense wat aangestel word om n werk te doen, net belangstel in die tjek aan die einde van die maand maar nie bereid is of die insig het, om die werk te doen nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
