Hallo almal. Ons dink daaraan om te gaan Kamp in Pilansberg Junie maand. Was laas daar seker 20 jaar terug. Ek lees nie onlangse goeie terugvoering van Manjane nie. Enige aanbevelings van iemand wat onlangs daar was.
Hi Shawn.
As jy die groen grasperk kampterrein, "nuwe ablusies" en puik park pad toestande van 20 jaar terug by die huis los en met 'n oop gemoed nou gaan, dan sal jy die park nog steeds geniet.
Genoeg wild om te sien deur die hele park / Manyane en of Bakgatla.
Wat ek kan onthou van ons voorlaaste Bakgatla besoek is dat die saal oor 'n naweek uitverhuur word vir funksies / troues en dan is dit nie lekker met die lawaai en vieslike ablusies nie want die gaste gebruik ook ons ablusies - geen kamp etiket nie. Verder het ons baie lekker gekamp - buiten daai een aand.
In Manyane stap die rooibokke nog steeds in die aand deur die park en tel die blare op rondom jou tent - baie lekker en rustig.
Ons geniet ook elke jaar Manyane. Soos Petrus noem hierbo....moenie groen gras staanplekke verwag nie. Grootste pyn vir my by Manyane is die tekort aan warm water....veral in winter is dit moeilik om koue shower te vang. Maar dit bly heerlik daar
Dankie julle vir die terugvoer. Ons sal Manjane doen. Sal kyk of ek plek kry. Wil die langnaweek in Junie gaan so 3 nagte
Very sad....We went every month in the early 80's with FOPS. Bowling green grass and Big Laz was in charge with an iron fist.
Dis hoe dit voor 94 daar gelyk het
Ons is tans in Bakgatla. Die kamp was vir 2 jaar met COVID gesluit. Dus is die staanplekke now weer meestal bedeck met gras. Die funksie gedeelte is nie beskikbaar nie maar die restaurant is oop. Ek glo nie die funksie gedeelte gaan ooit weer oop maak nie. Die geysers, krag borde (DB) en ligte is verwyder, gesteel?
Alles is skoon en netjies maar die tent kampeer sonder krag gedeelte en die Safari Tente is bevalle en nog toe.
Vandag is reedelik vol maar nie stam vol nie.
Ons kamp baia lekker en gaan volgende Dinsdag Manyane toe. Die kamp was oop geduurende COVID en dus is die grass nog dood.
Mooi gras bedekte staanplekke in die binnenland is skaars. Die mees populeere staanplekke wat skaduwee het en baia gebruik word kry die gras nie kans om te grooi nie. Ook as dit droog is is dit onbekostigbaar om dit nat te maak. Al doen hulle dit met ń boorgat.
Ons is tans in Bakgatla. Die kamp was vir 2 jaar met COVID gesluit. Dus is die staanplekke now weer meestal bedeck met gras. Die funksie gedeelte is nie beskikbaar nie maar die restaurant is oop. Ek glo nie die funksie gedeelte gaan ooit weer oop maak nie. Die geysers, krag borde (DB) en ligte is verwyder, gesteel?
Alles is skoon en netjies maar die tent kampeer sonder krag gedeelte en die Safari Tente is bevalle en nog toe.
Vandag is reedelik vol maar nie stam vol nie.
Ons kamp baia lekker en gaan volgende Dinsdag Manyane toe. Die kamp was oop geduurende COVID en dus is die grass nog dood.
Seker maar in n mate n verligting dat funksie saal nie meer funsioneer nie. Aaklig as jy daar sou bespreek en stilte van nag word versuur deur n deurnag partytjie van n troue of dergliks
Dankie julle vir die terugvoer. Ons sal Manjane doen. Sal kyk of ek plek kry. Wil die langnaweek in Junie gaan so 3 nagte
As jy by Manyane bespreek, maak seker jy bespreek n karavaan staanplek met krag. Jy kry 3x verskillende keuses....Kampeer sonder krag {vir tente}, Kampeer met krag {met tente}, Karavaan staanplekke met krag {Karavane}. Vriende van ons het laasjaar net gesê hul soek kampeer staanplek met krag.....toe kry hulle n tent staanplek met krag terwyl hul met karavaan daar is