English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 292
Total Replies: 230 386
Total Views: 82 395 300
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 316 000
Share all those nice recipes with everybody...

Piesangslaai saam met Gammon

replies: 0
views: 978
19 Dec 2016 @ 14:36:14 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ek het elke Kersfees 'n Gammon in die yskas.  Dit is al tradisie en 'n moet dat die piesangslaai daarmee saamgaan.  Dit is ook lekker saam met soutvleis of sout tong.  Jy maak dit sommer vinnig 'n rukkie voor ete.

Maak jou slaaisous al 2 dae voor die tyd, sit in 'n fles en bewaar in yskas.  'n Rukkie voor ete, sny lekker ferm piesangs in skywe en meng van die sous daarby in.  

Sous:

Klits 3 eiers, 125ml asyn, 200gr suiker, 15ml mosterdpoeier en 'n knippie sout deeglik in 'n kastrol tot baie goed gemeng.  Verhit oor matige hitte, roer dikwels, totdat dit dik word.  Laat dit heeltemal afkoel.   Roer 'n 250ml blikkie ingedampte melk by.  Gooi in jou fles en sit in yskas.   Ek het die sous al lank in die yskas gehou. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required