English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 119
Total Replies: 227 536
Total Views: 82 271 565
topics: 398
replies: 3 875
views: 1 471 683
Talk about the current road conditions throughout the country

Phalaborwa hek oor Polokwane of Lydenburg

replies: 19
views: 295
09 Apr 2019 @ 07:11:51 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ons vertrek op 18 April na Letaba vir 5 nagte en sal by Palaborwa hek ingaan. Die laaste keer wat ek oor Lydenburg by Phalaborwa ingegaan het (twee jaar terug) was die pad nie te goed nie. Sal dit waardeer as daar van julle is wat in die laaste maand of twee die pad gery het en kan advies gee oor toestand van die pad? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2019 @ 07:34:32 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ry Pietersburg, Tzaneen, Gravelotte na Phalaborwa.

Buiten die slegte pad en gate werk hulle ook aan die pad van Hoedspruit na Phalaborwa en staan jy twee plekke vir 20 min. 

Was 15 Maart op daai pad. 

Welkom op die forum. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2019 @ 08:06:39 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Baie dankie Chuck. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 09:29:08 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6377
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Pad is ok jy kan maar ry slegte stukkie na Lydenburg maar ok as jy stadig ry het hom laas week gery en kinders gister

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 09:47:31 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2956
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

As jy via Polokwane ry,

Die verbypad om Polokwane se bouwerk staan nou seker 18 maande stil.(geen werk word gedoen nie) Die pad is egter in n goeie toestand en jy sal geen probleme he om te sleep nie.

Jy kan oor Magoebaskloof ry. Bly weg van Georgesvalley af. Pad uiters swak!!

MAAR!!!!!!!!!!!

Dis paasnaweek, VERMY die pad HEELTEMAL! Hier kom n paar miljoen mense Moria toe. Vermy ENIGE pad Polokwane se kant toe vanaf Gauteng. JY GAAN URE EN URE op die pad spandeer.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 11:08:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13735
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Gesien in die lig dat julle die 18de ry sal ek Hannes se raad volg bly weg van die N1 noorde toe daai tyd. Die stadig ry na Lydenburg gaan veel meer gemaklik wees as die verkeer Noorde toe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 13:10:28 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 754
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek hoor wat Hannes en Leon sê t.o.v. die N1 se besige verkeer oor die Paasnaweek. Maar ek het onlangs (Feb) vanaf Phalaborwahek (vanuit Shingwedzi) na Dullstroom gery. Ek het nie gesleep nie, maar op 'n ander forum so deeglik moontlik verslag probeer gee vanuit 'n slepers-oogpunt. Ek het o.a. die volgende geskryf: " 'n ou wat oorweeg om die roete oor Abel Erasmuspas via Orighstad en Lydenburg na Dullstroom met 'n karavaan aan te pak, moet sy kop laat lees. Dit is 'n nagmerrie op plekke, .... Dit is 'n absolute skande om die toestand van hierdie "scenic" roete te sien. Om deur Lydenburg te kom met 'n karavaan moet 'n skrikwekkende ervaring wees."

Ek het verder as volg verslag gedoen: " ... die pad aan die noordekant (m.a.w. waar jy afsak na Hoedspruit se rigting) is in 'n swak toestand. Van bo-af, in die rigting van Orighstad, is die padoppervlakte heel goed tot by laasgenoemde - selfs om 'n karavaan te sleep.

Vanaf Orighstad (rigting Lydenburg) is die eerste gedeelte swak. Tot waar jy die grens oorsteek na Mpumalanga. Daarvandaan is dit skrikwekkend tot in Lydenburg. Die strate in die dorp self is haglik. Die pad tussen Lydenburg en Dullstroom grens ook maar aan nagmerrie toestande. Beslis nie geskik vir 'n padkaravaan nie.

Ons is vanoggend uit Dullstroom weg onder uiterste digte mis. Die pad vandaar tot Belfast (en ook die strate in Belfast) is uiters treurig. Ek sal na my ervaring van gister en vanoggend nooit enigsins verder dink om dié roete te sleep nie. Ek sal dit nie eens weer wil ry net met die Hilux nie."

Dalk is ek te veel van 'n sissie om sulke paaie met my padkaravaan te ry. Ons ken egter nie sulke haglike paaie in die Wes-Kaap nie.

Ek wonder of dit nie maar beter sal wees om eerder BAIE vroegoggend N1-langs te ry en dan eerder van Polokwane af via Duiwelskloof (i.p.v. Moria/Magoebaskloof) Phalaborwa toe te ry nie.

Ekself sleep deesdae baie eerder via Duiwelskloof - oftewel deesdae Modjadjiskloof. Ek beplan om dit vanaf Almega op 29 April te sleep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 15:14:09 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2956
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Chris ek hoor wat jy se. Ek ken glad nie die paaie wat jy beskryf nie. 

Ons wat hier in Polokwane woon weet, jy ry NERENS heen op paas naweek nie.

n Rit van Pretoria af sonder om te sleep neem ongeveer 2 1/2 ure. Paasnaweek kan dit tot 8 ure en/of langer neem as daar nie ongelukke is nie. Daar kom derduisende busse, Trokke, Minibusse met Sleepwaens en gewone voertuie en almal moet deur die 4 Tolhekke gaan. Die R101 via Warmbad, Nylstroom, Naboomspruit en Potties lyk nog erger. Almal wat Tolgelde wil vermy en/of onpadvaardige voertuie ry gebruik daai pad.

Dan kom die N1 en R101 bymekaar uit (enkelpad) in Polokwane.  (By Meropa Casino op die onklaargeboude verby pad) Dan ry jy nog ongeveer 10km tot by die Tzaneen afrit en/of Duiwelskloof pad.

Onthou, nie almal gaan Moria toe nie. Hierdie is die Hoofroete Zimbabwe toe ook.

Enige iemand is welkom om die pad te ry. My vriende,familie en kinders weet ...dis verbode tyd om hierdie pad te ry.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 15:43:50 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ons vertrek op 18 April na Letaba vir 5 nagte en sal by Palaborwa hek ingaan. Die laaste keer wat ek oor Lydenburg by Phalaborwa ingegaan het (twee jaar terug) was die pad nie te goed nie. Sal dit waardeer as daar van julle is wat in die laaste maand of twee die pad gery het en kan advies gee oor toestand van die pad? 

Piet ry die 17 de en slaap in Phalaborwa oor. 

Ry Pietersburg oor en jy kom heel ander kant. 

Met die reën sien jy nie die gate in die pad nie. 

Moet ek vir jou reël vir plek. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 16:12:05 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 118
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Sjoe, julle almal maak my nou bekommerd, ek wou die 19de oor Lydenburg ry Swadini toe.

Ek kan nie vroeër ry nie, so wat is die beste alternatief?

Van Middelburg af met die R555 oor Stofberg en Burgersfort, dis dieselfde afstand, maar dan ry ek weer die pad soos hierbo beskryf van Ohrigstad af?

Of via Nelspruit met die R40 noord, dis so 50km verder?

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 16:24:43 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 865
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ry Pietersburg, Tzaneen, Gravelotte na Phalaborwa.

Buiten die slegte pad en gate werk hulle ook aan die pad van Hoedspruit na Phalaborwa en staan jy twee plekke vir 20 min. 

Was 15 Maart op daai pad. 

Welkom op die forum. 

Het ook in Maart hierdie roete gery - stem 100% saam.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 16:26:34 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Sjoe, julle almal maak my nou bekommerd, ek wou die 19de oor Lydenburg ry Swadini toe.

Ek kan nie vroeër ry nie, so wat is die beste alternatief?

Van Middelburg af met die R555 oor Stofberg en Burgersfort, dis dieselfde afstand, maar dan ry ek weer die pad soos hierbo beskryf van Ohrigstad af?

Of via Nelspruit met die R40 noord, dis so 50km verder?

Ry Nelspruit, Wit Rivier Bosbokrand. 

Pad is 100. 

Eerder laat as nooit  met 50km en ry n uur of half uur vroëer by die huis. 

Veilig sleep.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 17:15:56 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 118
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Ry Nelspruit, Wit Rivier Bosbokrand. 

Pad is 100. 

Eerder laat as nooit  met 50km en ry n uur of half uur vroëer by die huis. 

Veilig sleep.

Jy is reg Jin, dankie. Ek gaan oor Nelspruit ry.

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 00:29:28 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ry Nelspruit, Wit Rivier Bosbokrand. 

Pad is 100. 

Eerder laat as nooit  met 50km en ry n uur of half uur vroëer by die huis. 

Veilig sleep.

Ek bly in Malelane. Die paaie wat hier van gepraat word is my motorfiets speelplek.

Jin se voorstel die beste as jy eers Swadini toe gaan. N4 tot Nelspruit uitstekend (ook besig oor pase). Moenie oor Schoemanskloof sleep nie. Stop en ry. Neem die Ngodwana deel van N4. Een laaaang afdraende wat lekker sleep. Nuut oorgeboude pad met meer plek as Schoemanskloof om trokke verby te steek.

Nelspruit Witrivier uitstekende pad. Pasop net die spoedgrens en kameras. By Witrivier neem jy die R40 na Hazyview, redelik onlangs oorgebou. Hazyview oor Bosbokrand tot waar jy afdraai vir Swadini goeie pad. Nuut oorgebou. Spoedgrense wissel want jy ry 65km deur bewoonde (en beboude) gebied met beeste, mense op fietse en taxis. Ek val net by die "vibe" in en ry saam met die manne, net veiliger. Spoedgrense hier ook belangrik.

Pasop waar hulle die nuwe mall bou so 50 km van Hazyview af noord. Daar is spoedwalle en mense het al hulle karavane daar seergemaak. Ry die spoedgrens en kyk uit vir alles en almal.

Bosbokrand is nie so erg as wat mense dit uitmaak nie, dis sommer bietjie sports ook. Die taxis en trokke is nogal bedagsaam met karavaanslepers. (Ook wanneer ek op my Harley daar ry, dan moet ek heeltyd by die robotte ref dat die manne die fiets se stem kan hoor.) Van daar af soos Willem sê is die pad oor Hoedspruit na Phalaborwa nie groot issue nie.

Miskien 'n stop en ry, maar die kontrakteurs werk nie oor pase nie en sal dit nie groot probleem wees nie.

Veilig ry. Daar is nou amper onder elke brug op die N4 en ander paaie van die nou wettige spoedkameras (geel boks) en tussenin nog die ou bemande kameras ook.

Pasop vir aanloop tot tolhekke waar spoedgrens 60 is. Dis waar hulle openlik sit en die ouens op strepe vang.

Geniet die laeveld. Hy is tans besonder mooi groen en welig.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 07:05:46 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Dankie aan almal vir all die inligting. Chuck, dankie vir die offer,  ek het n plek op Negester net buite Warmbad en die idee was om daar te oornag die 17de (kyk of alles nog in orde is) en dan weer die 18de vroeg oggend te vertrek Phalaborwa hek toe. Ek het juis verlof gevat die 18de sodat ek die paasnaweek se druk verkeer kan mis die 19de. Maar, dit lyk my  Pietersburg oor (selfs n dag voor paas begin) is nie n goeie idee nie. Ek trotseer eerder n slegte pad as daardie druk verkeer en die gestoei met die taxies by die tollhekke op die N1. Sal dan eerder baie vroeg vertrek van Germiston op die 18de een dit rustig vat oor Lydenburg. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 08:46:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13735
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Julle het nou so lekker gesels oor die paaie daar in Nelspruit hazeyview omgwing ek sleep sommer soontoe om na die Eiland aan die einde van die maand..

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 09:01:45 am

Dankie Pottie vir jou volledige verslag.laughing

Julle het nou so lekker gesels oor die paaie daar in Nelspruit hazeyview omgwing ek sleep sommer soontoe om na die Eiland aan die einde van die maand..

Ek ook Leon.laughing

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 14:13:22 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Julle het nou so lekker gesels oor die paaie daar in Nelspruit hazeyview omgwing ek sleep sommer soontoe om na die Eiland aan die einde van die maand..

Leon,

Uiteraard makliker vir ons om te doen, en korter en platter pad, is om deur Kruger te sleep.

Plan nou so dat jy via N4 ry. Slaap oor bv Nelspruit direkte omgewing

Volgende aand bv Bergendal en druk so deur tot by Phalaborwa uit.

Ons spring 06:00 in die pad by Malelane hek en kom so 15:00 by Phalaborwa uit. Stop net vir leeus en tiers. 

Slaap oor sommer by die Forever oord by die hek en dan volgende dag tot by Eiland.

Wildtuin geen berge oor nie, redelelik platpad tot by Phalaborwa, jy ry stadig en spaar baaaaaaie brandstof.

Dis nou tipies pensioenaris manier, en lekker.

Terugry ry ons vroeg by Eiland, 07:00 by Phalaborwa in en 16/17:00 by die huis in Malelane.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 16:10:00 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13735
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja kyk dit is een manier om dit te doen. As ek daar gebly het sou ek presies dieselfde gedoen het.  Word mos nie verniet die laeveld genoem nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 20:55:23 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 118
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Dankie aan almal vir all die inligting. Chuck, dankie vir die offer,  ek het n plek op Negester net buite Warmbad en die idee was om daar te oornag die 17de (kyk of alles nog in orde is) en dan weer die 18de vroeg oggend te vertrek Phalaborwa hek toe. Ek het juis verlof gevat die 18de sodat ek die paasnaweek se druk verkeer kan mis die 19de. Maar, dit lyk my  Pietersburg oor (selfs n dag voor paas begin) is nie n goeie idee nie. Ek trotseer eerder n slegte pad as daardie druk verkeer en die gestoei met die taxies by die tollhekke op die N1. Sal dan eerder baie vroeg vertrek van Germiston op die 18de een dit rustig vat oor Lydenburg. 

Herman, as jy toe wel oor Lydenburg gery het, wil jy nie asb hier  sê  oor hoe die pad is nie. Jy't mos dan nou op datum kennis.

Ek dink nou alweer om so terug te ry want ek is Nelspruit oor maar die pad vanaf Hazyview tot Klaserie was nie vir  my aangenaam nie.

Die enigste positiewe van die pad vir my is dat daar miskien soos 2 slaggate is en hulle is nog bymekaar ook.

Die ander padgebruikers egter.yell

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required