Wie was al hier en hoe was julle ondervinding?
Die oord is n Forevever Resort in teen die KNP.
Dis n oord om te oorweeg as die KNP alewig nie verblyf het nie.
Dankie
Ek dink Willem kan vir ons meer info oor daai oord gee. Dis op sy voorstoep.
My broer gaan elke jaar soontoe, maar net as n oornag kamp voor hy ingaan Letaba toe....dan is hy lekker vroeg in. Blykbaar niks wow's nie. As dit maar net n oorslaap plek is om deur die dag as dagbesoeker die KNP te geniet, is dit seker okay. Ek persoonlik sal dit nie doen nie....as ek nie plek binne kry nie, gaan ek nie. As ek soms daai rye dagbesoekers voor die hekke sien....nee dankie, ek wil nie elke oggend eers in n ry staan nie. Maar dis hoe ek is.....ander sal weer gemaklik wees daarmee.
Ons het al 'n paar keer daar oornag om vroeg in KNP in te gaan. Verlede jaar so gemaak om vroeg te kon ry na Punda Maria.
So drie jaar terug daar vir 'n week gestaan juis toe KNP nie plek gehad het nie. Sodra jy daar aanland skakel Letaba kamp en jy kry dalk plek. Die mense oorkant ons het dit gedoen en was suksesvol.
Spar winkel net met die pad op en 'n swembad om in af te koel. Ablusies was piekfyn.
Geniet.
Het ook al daar oornag vir vroeg in na Letaba toe.
Het toe nog die explorer gesleep en hul ablusie gebruik wat heel netjies en skoon was.
Ander keer by vriende oorgestaan.
Sal weer daar staan.
Het al daar gestaan met die idee om vir die dag wildtuin to te gaan. Moes links draai weg van die hek af om in die ry te staan as n dagbesoeker in die wildtuin.
Ek het geen probleem met die kampplek gehad nie en die badkamers was goed.
Oornag daar gereeld. Het die een naweek daar gestaan naby die draad tussen hulle en die Weermagbasis. Die Saterdag middag en aand was raaserig van die basis se kant. Ek verstaan die kantien is naby. Hou dit in gedagte wanneer jy staan plek kies.

Die kantien is darm vêr van die draad, maar van die slaap kwartiere is teen die draad.
Dit hang maar af hoe die wind waai vir die klank. Darm Hou dit nie heelnag aan 2200 stilted en nie soos by Hartbeeshoek wat heelnag raas.

Dis jammer dat die shebeens so baie oorde pla. Ons laaste besoek aan Bosveld Oase het ook tepaard gegaan met n gedoef doef die hele nag deur
Ek het oorkant die straat in die Bushveld Terrace Hotel gebly en as dagbesoeker elke dag ingery. Dit was baie nice en n lekker bederfie. Phalaborwa is beslis nie n slegte plek om the kuier nie
Ons staan dikwels by Phalaborwa Safari Park voor ons die Wildtuin binnegaan. Ons staan juis weer daar in Meimaand oppad Tsendze toe. Ons vind dit baie gerieflik en netjies vir oorslaap, maar ek is ook 'n ou wat binne-in die Wildtuin kamp en as ek nie plek kry nie, bly ek eerder by die huis.
We also use it as an overnighter in & out of the 'plaas'.
Makes it easier to get an early start in and on the way home.
All of the above is true.
Hulle vat maand staanders wat 6 maande staan kontrakteers en die kerke betaal ook vir mense sonder plek. maar vir oornag is dit baie lekker vernaam as die manne my nooi vir ons gaan nou braai.
Hulle vat maand staanders wat 6 maande staan kontrakteers en die kerke betaal ook vir mense sonder plek. maar vir oornag is dit baie lekker vernaam as die manne my nooi vir ons gaan nou braai.
Kontrakteurs? Nee wat....dan sal ek niks meer as om oord te gebruik om oor te staan met die doel om vroeg in die wildtuin te wees nie.
Mmmmm, ok, sal die oord dan net gebruik vir n hop over in Kruger in.
Ek is nogal geneig om met Len saam te stem, as jy nie plek kry in die wildtuin nie, bly dan eerder tuis.
Mmmmm, ok, sal die oord dan net gebruik vir n hop over in Kruger in.
Ek is nogal geneig om met Len saam te stem, as jy nie plek kry in die wildtuin nie, bly dan eerder tuis.
Ek kuier gereeld buite die Kruger en ry in as dag besoeker.
Goedkoper, beter akkomodasie, beter, restaurante buite, beter kos om te eet, baie meer gerieflik en met elke besoek is ek 90 persent suksesvol om die big 5 uit te krap.
Indien ek nie plek in die wildtuin kry nie gaan ek liewer vir daardie vakansie in n ander rigting. So verskil almal se idees en vereistes van n vakansie. Safari park sal ek ook net gebruik vir oornag stop om vroeg in die pad te val. Vir restautante en winkels is daar genoeg tyd by die huis. Sal n middag ete dalk hier en daar in die wilduin by n kamp eet maar hou van n brunch maak by n piekniek plek en vannand moet my bos TV lekker groot brand. Die lekker ding van binne in die park bly jy kan lekker vroeg uitgaan en jy kan ook net vir n vinnige 30min uit en in.
Ek waardeer dit dat daar tog talle Wildtuinliefhebbers is wat verkies om buite die Wildtuin tuis te gaan want dit skep meer verblyf-geleenthede vir ons outjies wat net binne MOET kampeer.
Ek respekteer ouens wat dit ten doel stel om die Groot Vyf tydens 'n besoek te moet sien. My Wildtuin-vakansie het 'n ander doel :-
Onthou, ek kritiseer nie ander vorme van voorkeure nie, ek wou net graag boekstaaf wat ek van 'n Wildtuin-vakansie waardeer.
Stem saam met Lennie.
Net die rustigheid van die wildtuin is hemels en as jy dan baie wild sien is dit 'n bonus.
Presies Lennie! Ons ry soms net tot ons iets interessants sien, soos 'n trop olifante, seekoeie of bobbejane, en parkeer dan onder 'n koelteboom en wees rustig. Ons neem ons piekniekbenodigdhede saam en kuier sommer so in die voertuig. Soms raak ons so rustig dat ek selfs insluimer- dis heerlik. Partymaal ry ons nie eers 20 kilos op 'n rit wat dalk die hele oggend duur nie. Die wildtuin is 'n ondervinding, nie net 'n besigtigings- of opvoedkundige toer nie (behalkwe natuurlik as eerstekeer-besoekers saam is, dan wil hulle soveel as moontlik sien.) Dit lyk nie vir my aantreklik om buite die wildtuin te bly en net daagliks in te gaan nie, dan besigtig jy maar jy mis die hele admosfees.
En dis ook nie net die groot diere wat interessant is nie. Identifiseer elke voël of boom wat jy sien ook.
Gesien daar nie veel meer oor Phalaborwa Safari Park geskryf kan word nie, sal ek ook inval by die huidige gesprek.
Ek stem saam dat 'n Kruger vakansie binne die park die lekkerste is, maar ek stem nie saam dat daar eerder weggebly moet word indien daar nie plek is nie.
Ons staan gereeld by Numbi Hotel in Hazyview (tot so lank as 3 maande) en geniet Kruger steeds. Die kort rit tot by Phabeni Hek voor sonop maak dat ons vinnig ingaan. Kort na die hek is daar 3 keuses van paaie en nog 'n klompie voor jy Skukuza bereik. Die paaie was nog altyd goed vir ons tov wildbesigtiging.
Die dae wat ons nie lus is vir Kruger nie bly ons in die kamp of gaan ry na Sabie of Graskop op die Panorama Roetes om die natuurskoon te bewonder.
HM, dit kan ook werk.
Al probleem wat ek nou opgelees het oor Phalaborwa hek is dat hy menigte dagbesoekers lok.
So, dalk is jou keuse die regte een want daai deel van Kruger by Phabeni is prime wildkyk gebied.
Ons wou voor ons na Letaba gaan, by Safaripark oornag.....maar ongelukkig moet mens nou minimum 3 nagte daar bly
Ons wou voor ons na Letaba gaan, by Safaripark oornag.....maar ongelukkig moet mens nou minimum 3 nagte daar bly
Hulle gaan baie besigheid verloor. Geld dit ook vir die chalets?
Ek weet nie. Lyk my dis ook net hulle, want by plek soos Blyderivier kan jy vir minder dae staan....nie n algemene Forever reel nie
Pity, we conveniently stayed there for 1 night in January enroute to Shingwedzi.
Ons wou voor ons na Letaba gaan, by Safaripark oornag.....maar ongelukkig moet mens nou minimum 3 nagte daar bly
Het ook al daar oornag. Dis jammer, is daar ander plekke naby wat n mens kan oornag?
Die minimum van 3 nagte is klaarbkyklik van toepassing op sekere tye van die jaar. Ekself moes verlede jaar vir 2 nagte bespreek het omdat ek slegs Vrydagaand 30 April daar wou oorstaan. Dit was toe hulle beleid vir naweke, wat verstaanbaar was.
Ek het byvoorbeeld nou probeer om vir 'n Dinsdagaand eerskomende Julie te bespreek, toe kom die minimum van 3 nagte se boodskap op. Toe ek dit doen vif 'n Dinsdagaand in Augustus, was daar nie 'n probleem nie.
Ek was nogal beïndruk met dié plek toe ons verlede jaar daar oorgestaan het. Ek het uiteindelik maar vir twee aande betaal, maar net een aand oorgestaan. Hul tariewe was toe baie billik.

Ja, dis seker verstaanbaar. Julie skoolvakansie is seker die populerste tyd in KNP.....daai tydperk word al die kampeer geriewe in KNP seker in n uur verkoop. Baie wat nie plek binne gekry het nie, soek alternatiewe buite. Safari Park lê ideaal en lang moontlike besprekings kan seker beinvloed word deur die een-een nag besprekings
Ja...dis net vir die Julie skool vakansie. As ek die datum insit na die vakansie, kan mens wel net 1x aand oorstaan. Dit werk seker goed vir hulle, want ek wou kyk of ek my planne sò kan aanpas dat ons vir 3x aande daar bly, maar hulle is vol bespreek.....het net nog n 2-bed chalet beskikbaar
Ja.....n mens kan hull seker nie kwalik neem nie.
Ons het al vir n' maand daar gebly en ander keere vir een nag.
Ek het hulle gebel. En die antwoord is "dit is nie n' vaste reel by hulle nie"! Bell hulle of e-pos hulle vir jou bespreeking en hulle sal jou vir een nag kampeering akomodeer. Wees net vrindelik.
On-line is 3 nagte minimum gedurende piek tyd by alle Forever Resorts. Bell hulle...moet nie on-line boek in piek tyd nie.
Maar jy gaan hoes in piek tyd. Ons het R800 per nag betaal by Pletenberg Forever Resorts in kerstyd December 2021. Maar hulle het my vir 3 nagte geakomodeer per telefoon (Kelly Hanno).