English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 402
Total Replies: 232 435
Total Views: 82 430 117
topics: 94
replies: 1 480
views: 249 885

Permanent / Lang kamp

replies: 57
views: 1989
page 1 of 2
18 Aug 2017 @ 06:38:44 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14155
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Vir dié wat al ondervinding het...hoe lekker is dit wérklik om byvoorbeeld 3maande+ aaneen te kamp...of permanent? Vir my wat nog nie dit ervaar het nie, klink dit ideaal en soos hemel op aarde. Maar aan die anderkant wonder ek soms...raak te lank nie te veel nie? Mis mens nie maar na n tyd maar die gerief van jou eie huis nie? Ek wat nou nog net sommige naweke en vakansie tyd kan kamp....as mens die geleentheid kry, leef mens hom voluit aangesien tyd beperk is...soos braai elke aand...doen elke dag dinge wat mens gewoonlik net oor naweke sou doen...maar voel dat as mens so lang tye kamp, dit anders gaan wees?

Vertel asseblief hoe julle dit ervaar!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 07:07:16 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1216
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Goeie punt wat jy hieraan raak Geert. Ons wil self so oor twee jaar (DV) die pad vat. Het egter al self gewonder, hoe lank is lekker nog lekker. As ek sien hoe Flip en Tilla dit geniet kan dit net lekker wees. Ek vermoed dit is n nuwe leefstyl wat geen druk op jou plaas om enige iets dadelik te moet doen nie. Sal ons daarby aanpas? seker met tyd.

Ek dink Koos Mol en andere kan vir ons met eerstehandse ervaring toelig.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 07:43:52 am
Anonymous

Persoonlik dink ek dit hang van mense se gesondheid / uitkyk af, ek en my vrou soek daai sekeriteit van, "Daar is 'n huis wat vir jou oudag wag". Wat as jy of jou vrou se gesondheid vastigheid begin nodig kry.

Al advies wat ek hier kan gee is, behou jou huis, stoor jou meubels, verhuur jou huis uit, as jy wil, maar behou daai agterdeur, dit is klaar betaal en gee vir jou gerustheid.

Ek wou op 'n stadium baie graag verkoop en permanent op toer gaan,  maar hoe meer ons daaroor gepraat het, dit is ek en my vrou, hoe meer het ek besef,daai agterdeur moet daar bly.

Sal graag vir so twee tot vier maande wil toer, dan tetug kom vir 'n tyd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 08:29:44 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years
Lank Kamp verskil van persoon tot persoon en hoe jy jou kan aanpas met jou medekampers
In Rocky Bay is daar groepe wat jaarliks saam kamp hou straatbraaie , pannekoek aande ens.
Moet sê kan nie wag om volgende jaar weer te gaan kamp nie net vir die kamp gees
Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 08:36:30 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8196
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

My plan is om vir n maand te gaan toer, dan terug tekom en sien of dit die moeite werd is en dan daarom te beplan vir vorentoe.

Die maand toer in die begin is om weg te kom van die roetine wat ek vir 42jr aaneen elkedag beleef het.

Dan sien wat by die huis gaan my besig hou en so n plan werk om in n ander rigting te gaan verken met die wa.

Nie tyd gebonde te wees nie en die gejaag van 42jr te vermy.

Sal graag by ander wil leer wat dit reeds doen.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 08:58:05 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5638
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Toevallig praat ons vanmore daaroor.
Elma wil nie. Sy praat van hael. Reen. Wind. Elke dag dieselfde. Waarmee hou jy jou besig in n "een" vertrek huis. Siekte. As jy nou n "anti sosiale" mens is en nie deel wil wees van pannekoek dag, fafi en en en . Mooi dink.
Moeilike een hierdie. Beide man en vrou moet absoluut een wees met die besluit, anders werk dit nie.


I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
18 Aug 2017 @ 09:10:19 am
JAV
Silver Member
70% Profile Strength
Posts: 61
Joined: 09 Jun 2014
Experience: 10 years

MMM, wonder self oor die een.

Ons is nog bitter jonk, en het nog 25 jaar om te werk tot aftrede op 60! Nietemin dink en praat ons ook al oor eendag, as ons daar is.

Op die stadium van ons lewe kan ons nie sien dat die permanent kamp ding eendag vir ons sal werk nie. Ons wil beslis toer en ons mooi land sien, maar soos ons nou ons denke daaroor het en praat, is dit in die rigting van beplan n trip vir so 2 maande maksimum op n slag weg van die huis, staan so 15 dae op n plek, maw so 3 na 4 oorde in 2 maande en verken dan daai area op jou tyd, elke hoek en draai. Vat dan die pad huistoe en beplan die volgende trip, so 3 maande by huis en 2 maande maks op pad.

Sal ook nie die huis verkoop nie, ook nie uit verhuur nie, sal net lock up en go. As mens op daai ouderdom 2 maande weg gaan, sit jy sommer alles af, yskas/vrieskaste ook. Sit net alarm aan en laat weet die sekuriteits maatskappy dat jy vir daai tydperk weg gaan wees om ogie te hou.

Als sal fine wees, mens betaal darm duur vir versekering indien inbrake ens, maar daarvoor het jy ook jou sekriteit maatskappy op jou alarm wat jy sal laat weet in so geval, laat ook jou bure weet sodat hul ook n ogie kan hou.

Teen daai tyd is ons seun ook al 32 en kan ook n ogie hou, dalk oopmaak vir tuindiens ens.

Almal verskil maar, dus wat ons dink ons gaan doen eendag.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 09:13:10 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1774
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek dink dit is 'n baie persoonlike ding en daar is geen reg of verkeerd antwoord nie.  In my en my ander-helfde se geval geld die volgende :-

  • Ons is gek oor kampering met ons ou strydbul, die 12 jaar oue Exclusive
  • Die meerderheid van ons kampe is tussen twee en ses weke lank en dan begin ons terug verlang na ons huis, kinders en kleinkinders in Brackenfell
  • Die afwisseling tussen karavaan en huis vind ons ideaal en verfrissend
  • Ek kan nie te lank sonder my studeerkamer (beslis nie deesdae vir studies nie) of my werksbank in die woonwa-motorhuis klaarkom nie
  • My ander-helfde kan weer nie sonder haar kombuis en eetkamer klaarkom nie en onthaal graag
  • Die uitsien, beplanning en regmaak vir 'n volgende kampeer-vakansie is uiters opwindend, elke keer !
  • Met die terugkeer na elke kampering is dit heerlik ontspannend om teen 'n rustige tempo alles weer skoon en netjies te maak  -  ook om herstelwerk en instandhouding te doen aan die wa en sleepvoertuig waar nodig.
  • Ons is ook baie betrokke (en geniet dit) by aktiweiteite van ons kerk en sou nie graag dit wou prysgee nie

Geert, jammer dit beantwoord einlik nie jou vraag nie, maar ek wou tog maar net die anderkant van die muntstuk wys.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 09:13:49 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ons het 5 maande gekamp en dit baie geniet.  Ons het definitief nie die tyd omgewens en verlang om terug te keer huistoe nie.   Aan die ander kant, die dag toe ons wel huistoe gekom het, was ons baie bly om weer daar te kan wees.   Eers as jy, na 'n lang kamp, terug is by die huis, besef jy hoe jy tog jou "home comforts" mis.

Jy is baie rustiger as jy lank kamp.  Jy gaan nie elke dag uit en gaan doen dinge nie.  Jy wil nie die heeltyd rondry nie en om uit te gaan en dinge te doen, kos ook geld.   Jy kan nie elke dag 'n klomp geld gaan spandeer nie.   Dan het ons die TV, die internet, boeke, speletjies, sulke dinge waarmee jy jou "tuis" besig hou.   

Wat ons wel geleer het uit die ondervinding.  Ons sal nie permanent wil kamp nie.  Ek sou sê drie maande op 'n slag is lekker.  Net 'n maand gaan eintlik baie vinnig verby.  Ook om te trek van een kamp na 'n ander was vir ons lekker.  Jy het die verandering nodig, so ons sal nie die heeltyd net op een plek wil staan nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 09:27:08 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5638
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Dit is verblydende nuus Freda. As ek dit nou vir Elma voorlees, kamp ons dalk vir langer as 10 dae op n plek. Hehehehe.
Sal nou sien met ons desember plan hoe dit sal gaan. Sal n volle 30 dae weg wees. DV.
Op hierdie stadium weet ons nog nie verseker nie, maar ek het al my depositos betaal, so dit lyk belowend.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 10:02:56 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1011
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years
Ons persoonlik kan nie solank op een plek kamp nie, ek sal graag wil toer vir maand bv
die wiltuin,kaap ens,raak te gou vervelig.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 10:26:32 am
Anonymous

Hierdie draad is vir my sekerlik een van die belagrikste gesprekke rondom lank kampering.

Dit gee elke persoon se opinie, en help dus om 'n ingeligte bedluit te kan neem, ek voel soos meerderheid hier, permanent kamp gaan nie vir ons twee wetk nir. Lank kamp en-sluit-en-ry, verseker gaan dit graag wil doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 11:05:10 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Nog iets wat ek nie bo aangeraak het nie, is wat is jou vermoëns om lank te kan kamp, as jy 'n huis het.   Daar is mense wat dit kan bekostig om maande te gaan kamp en hul huis net toe te sluit.   Vir ons is dit finansieel nie moontlik om lank te kamp, daardie koste te betaal en nog jou gewone uitgawes by die huis ook moet betaal nie.   In so geval moet jy dus jou huis verhuur.  Dit beteken alles oppak en stoor en dan huurders kry.   Dit wil ons nie graag doen nie.   In ons geval, nou, het my kinders ons huis gehuur en in dit gebly met al ons meubels ens. daarin.  

Die uiteinde van die saak, vir ons persoonlik, is dus dat ons die huis sal toesluit en dan 'n maand gaan kamp op 'n slag.

Maar, wat ek wel kan sê, dit is BAIE lekkerder om 'n maand te kamp as 'n week of twee.  Beslis!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 12:11:13 pm
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 692
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Nog iets wat ek nie bo aangeraak het nie, is wat is jou vermoëns om lank te kan kamp, as jy 'n huis het.   Daar is mense wat dit kan bekostig om maande te gaan kamp en hul huis net toe te sluit.   Vir ons is dit finansieel nie moontlik om lank te kamp, daardie koste te betaal en nog jou gewone uitgawes by die huis ook moet betaal nie.   In so geval moet jy dus jou huis verhuur.  Dit beteken alles oppak en stoor en dan huurders kry.   Dit wil ons nie graag doen nie.   In ons geval, nou, het my kinders ons huis gehuur en in dit gebly met al ons meubels ens. daarin.  

Die uiteinde van die saak, vir ons persoonlik, is dus dat ons die huis sal toesluit en dan 'n maand gaan kamp op 'n slag.

Maar, wat ek wel kan sê, dit is BAIE lekkerder om 'n maand te kamp as 'n week of twee.  Beslis!

Daar is ook die wat permanent kamp en nie `n huis het vir ekonomiese redes.

Ons rekord nog was 10 dae weg van die huis (en dit kon maar langer gewees het, maar permanent is vir die hardebaard kampeerderstongue-out)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 16:08:14 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Ons het ook al gekamp vir 6 weke maar is dan weer bly om by die huis te wees.

Ons sal nie permanent kamp nie maar verkies om gereeld te kamp.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 17:22:45 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 119
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years
Kamp is lekker , wat sal is die beplanning wees met die volgende:

Wat sal jou planne wees as jou wederhelfde ernstig siek word, en waar is die naaste ordentlike hospitaal?
Hoe vêr moet jy elke dag ry na die hospitaal?
Is daar enige spesialiste in daar omgewing of het jy net een opsie
Wat sal gebeur as jou wederhelfde gediagnoseer word met byvoorbeeld kanker. Chemo/bespraling en al die toetse gedoen moet word
'N mens wens dit niemand toe nie maar dit kan vinnig met elkeen gebeur
Ek dink dit is alles besluite wat geneem moet word en dit bly maar elkeen se keuse
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 18:26:48 pm
Tom Sainsbury
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 437
Joined: 03 May 2016
Lynette and I have been "on the road" for eight months. We plan to move into our flat at the beginning of December, by which time we will have had our dream year.
We have holidayed in the caravan for many years and longed to do a loooong tour. We thought it would be good but we were wrong. It has been WONDERFUL so far.
Us caravaners are spoilt for choice in RSA when it comes to good, safe caravan parks at a reasonable price. We have had the most delightful rest. Our old caravan (1993 Jurgens Classique) has been problem free & supremely comfortable. Towing has been a relished adventure.
We are both fairly reserved but in this relatively relaxed environment we have met and become friends with many interesting people.
For us, the few modifications we did to the van before we left were well worth it. The aircon is a must, as is our bigger fridge/freezer combination we had fitted.
The internal toilet has proved to be an absolute pleasure and (in my opinion is a must) for older people.
At the end of our year I will give a more detailed report.
I know that my redeemer lives.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 20:38:39 pm
Anonymous

Tom, looking forward to your detailed report, it sounds like you really enjoy what you have been doing.

Many people do enjoy their long / permanent camping, it is a choice that they have made, we will be doing two to three months travelling at a time.

We want the security of a permanent "base" I for one would love to do a very long journey, but my wife is not too keen on the idea. If one does not wish to do it, it is a hopeless case.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2017 @ 09:50:23 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Ons het 5 maande gekamp en dit baie geniet.  Ons het definitief nie die tyd omgewens en verlang om terug te keer huistoe nie.   Aan die ander kant, die dag toe ons wel huistoe gekom het, was ons baie bly om weer daar te kan wees.   Eers as jy, na 'n lang kamp, terug is by die huis, besef jy hoe jy tog jou "home comforts" mis.

Jy is baie rustiger as jy lank kamp.  Jy gaan nie elke dag uit en gaan doen dinge nie.  Jy wil nie die heeltyd rondry nie en om uit te gaan en dinge te doen, kos ook geld.   Jy kan nie elke dag 'n klomp geld gaan spandeer nie.   Dan het ons die TV, die internet, boeke, speletjies, sulke dinge waarmee jy jou "tuis" besig hou.   

Wat ons wel geleer het uit die ondervinding.  Ons sal nie permanent wil kamp nie.  Ek sou sê drie maande op 'n slag is lekker.  Net 'n maand gaan eintlik baie vinnig verby.  Ook om te trek van een kamp na 'n ander was vir ons lekker.  Jy het die verandering nodig, so ons sal nie die heeltyd net op een plek wil staan nie.


Dankie vir die inligting Freda. Is bly dat julle weer in julle huis is en julle 5 maande kamp geniet het.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2017 @ 12:19:07 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year


Dankie vir die inligting Freda. Is bly dat julle weer in julle huis is en julle 5 maande kamp geniet het.

Dankie Piet.  Dit is baie lekker by die huis.  Veral met die koue weer wat ons die afgelope week het.

Liefdegroete vir jou en Susan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2017 @ 13:49:29 pm
Karel
Platinum Member
77% Profile Strength
Posts: 357
Joined: 17 Mar 2015
Experience: 44 years

Ons kamp vir die afgelope 5 jaar elke jaar sowat 8 maande, hoofsaaklik by Eiland Spa. Nog nooit verveeld geraak nie en ons het wonderlike vriende gemaak oor die jare. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2017 @ 18:10:38 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4342
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek sal maar nog moet wag vir daai groot lekker van mande lank kamp. Ek kan net se dit sal nie almal pas nie. Mense waqt gou verveeld voel en nie soos Sue en myself ons kan besig hou net waar ons is sal dit niks pla om weg te wees v d huis af. Ek sal my garage mis.

Hoekom se ek so? Het saam met 'n paar mense gewerk wat bv nie kon glo ek het met verlof by die huis gesit terwyl ek kon weggaan. Dit was heerlik om te doen net soos mens voel elke dag. Dis immers wat ek nou ook doen. Verder het ons al vriende wat saam met ons gaan kamp het. Elke keer dan se die vriendin dat hoe baie werk dit is om alles op hul plek te kry. Nou vir ons 2 is dit deel van dinge opstel soos mens dit wil he. Gee glad nie om vir die werk nie. Rus na alles gedoen is alhoewel ek die een is wat dit stadig op my tyd wil doen. Wil nie gejaagd wees nie. Het jare lank teen tyd alles moes doen. Nou is more nog 'n dag in alles wat ek doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2017 @ 23:43:22 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Wat kan ek sê......  voltyds kamp is sekerlik nie vir almal nie, slegs beskore vir die wat wil, 'n wilsbesluit is al wat nodig is, die res kom vanself. Dit was vir ons ook 'n groot besluit en daar was soms twyfel, maar na 17 maande op die pad geniet ons dit nog steeds.
Soos reeds gesê, is voltyds kamp seker nie vir almal soos vakansie kamp ook nie vir almal is nie.  Of jy nou met vakansie kamp of voltyds kamp dink ek almal stem saam, beide die huweliksmaats moet wil kamp. Ons het twee belangrike vereistes vir voltyds kamp daargestel: 1) ons moet dit altwee graag wil doen en sal werk daaraan om dit genotvol te maak en 2) ons verkoop nie ons huidige eiendom nie (daar is pensioenarisse wat weens finansiele redes nie andersins kan nie). Ons stoor ons huisraad, sal miskien nog alles verkoop as die rondryery lank aanhou. Die ekstra huurgeld bou ons neseier op om later ander lekker goed te doen. Sorg dat jy goeie huuragent het en jy het net "polifilla" en verf nodig om jou huis weer na jou sin te kry.
Om voltyds in jou wa te bly is 'n aanpassing en jy moet 'n kopskuif maak. Jou wa is klein en beknop in verhouding met jou huis, maar dan is jou wa ook meer snoesig (ek lê nou in die bed in 'n koel Richardsbaai met die reën wat kletter op die karavaandak, dis hemels.) Mens is verbasend goed aanpasbaar, jy kom vinnig met minder goed en spasie oor die weg. Dan kom jy agter hoe min jy nodig het. Ons het baie goed in die begin saamgery wat ons weer in ons stoorplek gaan bêre het.
Ja, daar is baie dinge waaraan jy moet dink as jou blyplek konstant verander en jy geen vaste blyplek het nie; banksake, fica, rekeninge, voertuig lisensies, verkryging van maandelikse medikasie ens. ens. Alles, ingesluit wat deur andere hierbo genoem is, is waar maar almal oorkombaar. Hospitale, dokters en ander nodige dienste is oral beskikbaar, soms bietjie verder as waar jy nou tuis is. Meeste goeie parke is in of naby groot stede. As jy met vakansie is en jy kry dringend mediese hulp nodig sit jy met dieselfde probleem. Ek het my huis by my en indien nodig sleep ek hom waar die dokter of nodige diens is. Met elektroniese kommunikasie is afstand ook nie meer 'n probleem nie.

As jy die terme "maar wat van......" of "wat as dit of dat gebeur....." gebruik sal daar altyds verskonings wees hoekom om dit nie te doen nie.
Ek stem saam as jy 'n man is wat sy werkswinkel geniet of 'n vrou wat groot wil kook gaan jy kies om by jou huis te wees, dis elkeen se reg. Sommige soek die gerief van 'n huis, elkeen tot sy reg...... gerief is relatief, ons wa en tent is nou vir ons gerieflik en nou ons tuiste.
Wat is lekker van voltyds kamp:
* Dis 'n rustige en redelik sorgelose lewensstyl.
* By meeste kampe is my tuin om in rond te stap groter as 'n huis s'n.
* Ons het baie mense ontmoet en goeie vriende gemaak. Hier op Richardsbaai vir 3 wintermaande laasjaar en die jaar.
Ons het heelwat ander "fulltimers" (kan nie nou aan 'n beter beskrywende woord in Afrikaans dink nie) ontmoet wat al tussen 1 & 11 jaar voltyds trek en almal in die ouderdomsgroep van 70 plus, een paar 80 plus.
Ek wil nie alles wat ek onder my draad "Koos en Irene se aftreetoer" geskryf het hier herhaal nie, enige belangstellendes kan maar daar gaan deurlees.
Wat is vir ons die grootste nie-lekker (ek wil dit nie 'n nadeel noem nie) ding van voltyds trek............... weg van die kinders en kleinkinders, was gewoond om hulle gereeld te sien. Die oplossing is om maar naby hulle te gaan kamp.
Om op te som kan ek net sê om dit te doen is net of jy wil of nie, as jy wil sal dit werk, dis 'n baie lekker lewensstyl. Ander verskonings is oorkombaar.
NS. Elke keer is as ons die pad vat na 'n volgende kampplek sê ek vir Irene "hier gaan ons alweer op vakansie terwyl ons met vakansie is".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2017 @ 09:08:07 am
Anonymous

More sê Koos, dankie vir jou deuglike terugvoer, soos jy tereg noem, albei moet dieselfde liefde vir kamp hê, anders gaan dit nie werk nie.

Wat my betref, dit sal min kos om my te oortuig om permanent te gaan kamp, my vrou soek daai "huis toe gaan". Sy hou van die sekeriteit en gerief wat ons by ons huis het.

Ek stoor die meubels en verhuur die huis uit soos jy dit doen, en daar gaan ek. Ma sê nee, sy wil die ruimte en vastigheid hê.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2017 @ 09:51:18 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2541
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ons het verskeie Desembers vir 'n volle vier weke gaan toer en dit was heerlik.  Om egter vir lang tye op een plek te bly is nie vir ons nie.  Beide van ons moet besig bly- nie noodwendig produktief nie, maar dinge doen wat ons graag wil.  Vroulief is bv gedurig besig met iets skeppend soos skilder of "scrapping"- ek in my werkswinkel, of iets aan die huis verander of wat ookal my aandag op die stadium trek. Ek dink nie ek sal 'n maand lank op een plek kan uithou nie.  Gelukkig is almal verskillend anders sou dit maar 'n vervelige wêreld gewees het!  Ons toer steeds baie, maar nie meer vir 'n maand op 'n slag nie, en dis regtig TOER- so 'n dag of twee-drie op een plek.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2017 @ 10:55:47 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Koos dankie vir die verslag. Dit is n groot besluit en altwee moet saam stem anders sal dit nie werk nie.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2017 @ 11:01:35 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Ons het verskeie Desembers vir 'n volle vier weke gaan toer en dit was heerlik.  Om egter vir lang tye op een plek te bly is nie vir ons nie.  Beide van ons moet besig bly- nie noodwendig produktief nie, maar dinge doen wat ons graag wil.  Vroulief is bv gedurig besig met iets skeppend soos skilder of "scrapping"- ek in my werkswinkel, of iets aan die huis verander of wat ookal my aandag op die stadium trek. Ek dink nie ek sal 'n maand lank op een plek kan uithou nie.  Gelukkig is almal verskillend anders sou dit maar 'n vervelige wêreld gewees het!  Ons toer steeds baie, maar nie meer vir 'n maand op 'n slag nie, en dis regtig TOER- so 'n dag of twee-drie op een plek.

Fred ons het baie so getoer, 1 tot 4 dae bly op n plek. Dis baie lekker en jy sien baie maar jy bly aan die gang. Was party keer tot 6 weke weg van die huis. Na so lang tydperk is jy weer bly om by die huis te wees.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2017 @ 11:02:34 am
Anonymous

Ek lees nou van bo af, en sien ek het 'n kritieke spelfout begaan, geskryf die draad is "belaglikste" moes lees belangrikstelaughing

Fred, dit is ook een van die dinge wat my vrou gebruik om my te oortuig van maande lank weg wees. Ek is lief vir houtwerk (geen formele opleiding gehad nie) en natuurlik my tuinwerk, ek sal dalk vir 'n maand kan sit, maar dan gaan tyd my begin vang.

Ook baie lief daarvoor om dinge self te doen in my "workshoppie" diens al my grassnyer, blaas/suig masjien en randsnyer self. Help die kinders met hul verbouings ens. in hul huis doen omtrend alle instandhouding in die huis self.

Sedert ek op pension gegaan het,  het ek my horlosie weg gebêre en nog nooit was 'n dag te lank nie. In teendeel, dit is asof tyd nou te vinnig omgaan, my dae het te min ure in.

Ek gaan wel, sodra my vrou volgende haar met pension gaan,vir twee maande Australia toe om vir ons kinders en ander familie daar te gaan kuier,  dan sal ons die eerste winter noord trek en oom Paul se plaas en omgewing gaan kuier. Daarna net midweeks doen, soveel moontlik.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2017 @ 14:05:32 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1774
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Koos, sal jy asseblief nou ophou om van al daardie lekker dinge van langkamp te praat, jy is besig om my te laat twyfel oormy sienswyse !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2017 @ 15:49:14 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4456
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Ek en Berdien sien uit daarna om so lank te kamp verseker moet jou kop skyf. Gaan ook huis verhuur ek is n besige ou so sal moet aanpas om net lekke te rus
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2017 @ 07:30:58 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1216
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Koos dankie vir die terugvoer. Ek gaan solank die woonwa pak vir ons aftrede of eerder uittrede. Lol.

Kan my vereenselwig met jou inset hier.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2017 @ 13:27:29 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Sit nou hier in die sonnetjie na 3 dae se groot reëns hier op Richardsbaai, toe die volgende my tref.

Vir lankkamp moet jy bereid wees om niks te doen.......... vir làaaaaaaaang periodes.

Ek dink een van die groot verskille tussen vakansiekamp en langkamp is dat met 'n kort kamp probeer jy moontlik so veel as moontlik inpas in die kort tydjie terwyl jy met langkamp jou tyd kan vat en net rustig wees.

Aan die begin was "besig wees" 'n probleem want na 45 jaar se werk wil jou brein jou wysmaak jy raak nou nutteloos en jy moet besig wees anders is jy niks werd. Dis waar die kopskuif inkom, ek het vir myself gesê ek het nou die voorreg om stil te sit en om niks te doen. Lees baie (google), gesels baie met mede kampers, jy hoor interressante lewensverhale en deel opinies met andere, leer ook ander mense beter ken want onder die kampers is daar net een klas of stand en dis pensioenarisse, geen dr die en professor daai of generaal nie. Soms dink ek jou gesondheidstoestand, fisies en geestelik (jou kop) bepaal die verskille. Man, dis net lekker en opbouend. Dis baie vars lug en vriendskappe. 

Pak jou wa en vat die pad.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2017 @ 13:57:20 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Sit nou hier in die sonnetjie na 3 dae se groot reëns hier op Richardsbaai, toe die volgende my tref.

Vir lankkamp moet jy bereid wees om niks te doen.......... vir làaaaaaaaang periodes.

Ek dink een van die groot verskille tussen vakansiekamp en langkamp is dat met 'n kort kamp probeer jy moontlik so veel as moontlik inpas in die kort tydjie terwyl jy met langkamp jou tyd kan vat en net rustig wees.

Aan die begin was "besig wees" 'n probleem want na 45 jaar se werk wil jou brein jou wysmaak jy raak nou nutteloos en jy moet besig wees anders is jy niks werd. Dis waar die kopskuif inkom, ek het vir myself gesê ek het nou die voorreg om stil te sit en om niks te doen. Lees baie (google), gesels baie met mede kampers, jy hoor interressante lewensverhale en deel opinies met andere, leer ook ander mense beter ken want onder die kampers is daar net een klas of stand en dis pensioenarisse, geen dr die en professor daai of generaal nie. Soms dink ek jou gesondheidstoestand, fisies en geestelik (jou kop) bepaal die verskille. Man, dis net lekker en opbouend. Dis baie vars lug en vriendskappe. 

Pak jou wa en vat die pad.

 

Koos jou laaste sin klink soos 'n opdrag. Al wat ek kan sê staan by ek is oppad. Ons il ook soos julle die lang kamp ding doen........................................................

Maar voor dan wil ons nog baie kamp.  Ek het juis my wa al so ingerig dat alles op mens se ou dag maklik is om te hanteer.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2017 @ 13:58:27 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ongelukkig of eerder gelukkig nog 'n paar jaar om te oefen.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2017 @ 15:30:11 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Leon.

Nou dat ek afgetree is, is daar niemand meer aan wie ek opdragte kan gee nie, selfs die kleinkinders trek 'n "ignore" op oupa. Kan net opdragte ontvang.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2017 @ 17:22:27 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Leon.

Nou dat ek afgetree is, is daar niemand meer aan wie ek opdragte kan gee nie, selfs die kleinkinders trek 'n "ignore" op oupa. Kan net opdragte ontvang.

Koos dit klink nie so lekker nie. Is dit wat nog vir ons wag?

Oud word is nie vir sissies nie.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2017 @ 11:15:47 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2541
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Johann, Ja, daardie tyd wat so vinnig vlieg as jy afgetree het....... Ek vermoed daar is een of ander sameswering of miskien sit die Guptas daar agter!  Ons is nou so lank afgetree- dis nou as jy op die almanak kyk- as wat ek in die hoërskool was, en ek WEET egter ons is baie korter as vyf jaar by die huis- iets is beslis verkeerd, maar ons is seker maar to oud en dom om agter te kom presies wat.  Ja, ek sit ook net my horlosie so nou en dan as juweliersware aan as ons iewers deftig heen gaan, en dit gebeur maar min- nou wonder ek of hy ooit nog loop.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2017 @ 12:27:17 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4342
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek is bly om te sien party ander mense het ook nie meer 'n horlosie 24/7 aan hul arm nodig nie. Ek sit myne sowat 1 keer elke 3maande op per spesifieke geleentheid.

Ken mense wat voel hulle is half aangetrek as hul nie 'n horlosie dra nie. So voel ek weer as ek nie my beursie by my het nie. Ek voel as iets onvoordsiens gebeur het mens so paar $ nodig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2017 @ 12:57:52 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon.

Nou dat ek afgetree is, is daar niemand meer aan wie ek opdragte kan gee nie, selfs die kleinkinders trek 'n "ignore" op oupa. Kan net opdragte ontvang.

Dis mos dan die lewe. 

Niks jaag jou nie niks gaan aan nie en dan hou dit nog heeldag aan ook.

Enjoy

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2017 @ 09:36:27 am
Mudshark
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 31 Aug 2017
Hi all
My wife and I just bought our 4th caravan and we are medically boarded. We are putting our stuff in storage and travelling for at least 2 years around the country. Anyone got any advise or reccomendations as well as good camp sites for bellies. Thank you
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2017 @ 09:36:48 am
Mudshark
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 31 Aug 2017
Hi all
My wife and I just bought our 4th caravan and we are medically boarded. We are putting our stuff in storage and travelling for at least 2 years around the country. Anyone got any advise or reccomendations as well as good camp sites for ballies. Thank you.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2017 @ 10:37:29 am
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Hi Mudshark.

Read the threads on the full timers forum, you'l pick up  a lot of tips and info.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2017 @ 13:10:22 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14155
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek sien julle is van Natal. Hoekom begin julle nie by Fairhills in Ramsgate nie? Hulle bied puik maand tariewe aan vir pensioenarisse. Flip en Tilla is huidiglik nog daar....julle kan dan sommer lekker met hulle gesels oor wat julle beplan....Flip en Tilla het baie jare se ondervinding hiervan

Hi all
My wife and I just bought our 4th caravan and we are medically boarded. We are putting our stuff in storage and travelling for at least 2 years around the country. Anyone got any advise or reccomendations as well as good camp sites for ballies. Thank you.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2017 @ 10:40:32 am
Otot
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 24 Jan 2017
Experience: 44 years
So sit ek nou hier en dink - More is my laaste dag na 43 Jaar in die klerebedryf. My vennoot neem nou die leisels oor en ek en Dalene gaan nou begin oefen vir ons Laaang kamp. Gaan eers vir 5 weke Ballito toe, dan 3 weke terug by die huis en dan 'n 5 weke kamp oor Desember by Merry Pebbles. Ons het so uitgesien na hierdie dag en tog is dit nou moeilik vir my. Hoe gouer ek aan die gang kom hoe beter - Ballito hier kom ons !!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2017 @ 10:53:55 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4342
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Gert ek hoop jy gaan die nuwe bedeling gate uit geniet. Ja na soveel jaar is dit bepaald 'n aanpassing maar hoop dit gaan 'n goeie aanpassing wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2017 @ 11:22:53 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14155
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
So sit ek nou hier en dink - More is my laaste dag na 43 Jaar in die klerebedryf. My vennoot neem nou die leisels oor en ek en Dalene gaan nou begin oefen vir ons Laaang kamp. Gaan eers vir 5 weke Ballito toe, dan 3 weke terug by die huis en dan 'n 5 weke kamp oor Desember by Merry Pebbles. Ons het so uitgesien na hierdie dag en tog is dit nou moeilik vir my. Hoe gouer ek aan die gang kom hoe beter - Ballito hier kom ons !!!

Geniet dit Gert! Gaan julle Dolphin toe? Hou ons asseblief op hoogte hoe julle die lang kamp ervaar!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2017 @ 11:37:46 am
Otot
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 24 Jan 2017
Experience: 44 years
Dankie vir die goeie wense Danie en Geert. Jip - ons gaan Dolphin toe - sien baie uit daarna.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2017 @ 12:10:26 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 530
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years
Gert, jy gaan die aftrede so geniet en gaan wens dat jy al 42 jaar terug die leisels oorhandig het. Sorg net dat jy besig bly met dinge wat jy geniet en nie altyd die nodige tyd daarvoor gehad het nie. Dit is ook nou die tyd om nuwe dinge te prober doen, het sy stokperdjies of die aanleer van 'n nuwe sprotsoort. Geniet elke oomblik daarvan.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2017 @ 15:42:24 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Gert, geniet jou aftrede en baie kamp. Dis lekker om te rus na 'n lang werkslewe en om te doen waarvoor jy lus is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2017 @ 07:32:29 am
Otot
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 24 Jan 2017
Experience: 44 years
Dankie vir die insette Chris en Koos. Ek gaan 'n moerse poging aanwend om dit te geniet.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2017 @ 10:10:08 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2541
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Gert, Die vooruitsig van aftrede maak 'n mens maar benoud. Gaan ons onsself kan besig hou? Gaan ons aftreegeld voldoende wees, gaan ek nie nutteloos voel nie en nog baie ander vrese.  Ek het gevind toe die dag aanbreek was dit nie naastenby so traumaties as wat ek verwag het nie.  Ons is ook onmiddelik weg op 'n lang vakansie wat ek dink 'n goeie oorbruggingstyd was.  Jy kom weg van jou tot dusver normale lewe en as jy terugkom, het jy al amper daarvan vergeet.  'n Mens kry ander dinge om jou besig te hou en jy kom agter jou uitgawes word wonderbaarlik minder sodat jou geldelike vrese blyk onnodig te wees.

Ek en my beste sal nie eers daaraan dink om weer vir 'n inkomste te werk nie.  Sy, synde 'n onderwyseres, het al 'n hele paar versoeke gekry om te gaan aflos, maar ons het by ons besluit gehou: Dis nou ONS tyd. Geniet julle aftrede met oorgawe- 'n mens het lank gewag vir die tyd wat jy die meer vir 'n baas werk nie- al was jy ook self die baas.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2